Sanlam mUSiekfeeS 146
SANLAM MUSIEKFEES PRODUKSIE
DAGPROGRAM
VENUE
DATUM
'n Dag in tyd
Drostdy Teater
7, 9 Maart
'n Koffer in Berlyn
kykNET Fismer
8, 10 Maart
8 Misses Croon: Op 'n stasie
Drostdy Teater
2, 10 Maart
Afrikaan
Adam Small Ouditorium
4, 6, 7 Maart
Albert Hammond
Spier Amfiteater
3, 4 Maart
Alla wêreld
Weltevreden Restaurantteater
1, 10 Maart
Amanda Strydom
Stadsaal
4 Maart
Amazink Live: Season 6
Amazink Restaurant
1, 8, 9 Maart
André Terblanché Albumbekendstelling
Weltevreden Restaurantteater
7, 8 Maart
Appel & Elandré Schwartz
Jan Marais Natuurreservaat
6 Maart
Basson Laubscher: Testify
Visuele Kunste Vierkant
4 Maart
Bombshelter Beast
Jan Marais Natuurreservaat
5 Maart
Casper Ace
Weltevreden Restaurantteater
1, 2 Maart
Desmond & The Tutus met Jackal & The Wind
Jan Marais Natuurreservaat
9 Maart
Die eggo van jou oë
kykNET Fismer
1, 2, 3 Maart
Die Wasgoedlyn
Visuele Kunste Vierkant
3 Maart
Digters, wyn & lied
Weltevreden Restaurantteater
4, 5 Maart
Early B
Jan Marais Natuurreservaat
8 Maart
Elvis Blue: Stories
Spier Amfiteater
7 Maart
Essence of Spring
Weltevreden Restaurantteater
2, 3 Maart
Francois van Coke Akoesties
Stadsaal
7 Maart
Frieda van den Heever: Kleinode
Weltevreden Restaurantteater
3, 4 Maart
GoodLuck
Jan Marais Natuurreservaat
7 Maart
Grethe van der Merwe: Inversie
Drostdy Teater
9, 10 Maart
Haar Blues / Her Blues
Drostdy Teater
2, 5 Maart
Harrebaard
Visuele Kunste Vierkant
9 Maart
Jak de Priester: Kyk in my oë
Weltevreden Restaurantteater
5, 6 Maart
Jazz in Kayamandi
Amazink
2 Maart
Jazz in the Quad: Kalahari Connection
Visuele Kunste Vierkant
6 Maart
Jazz in the Quad: Kyle Shepard
Visuele Kunste Vierkant
7 Maart
147
148
produksie
venue
datum
Jazz in the Quad: Ramon Alexander & Band
Visuele Kunste Vierkant
8 Maart
Jazz in the Quad: Schalk Joubert & Band ft. Sima Mashazi
Visuele Kunste Vierkant
9 Maart
Jazz in the Quad: Steve Newman Trio
Visuele Kunste Vierkant
5 Maart
Jo Black: Bring die hoop weer terug
Spier Amfiteater
5 Maart
Joshua Na Die Reën: Someraarde
Stadsaal
6, 7 Maart
Klinkklaar klanke
Spier Amfiteater
1 Maart
Kortpad / Langpad
Stadsaal
3 Maart
KROG
kykNET Fismer
1, 7, 8 Maart
Lepeltjie vol snare
Weltevreden Restaurantteater
8, 9, 10 Maart
Met slenterslag na Sjanghai
kykNET Fismer
2, 9 Maart
Musiek en Liriek: 40 Jaar later
Spier Amfiteater
8 Maart
Ons Klyntji-bekendstelling met The Buckfever Underground
Visuele Kunste Vierkant
3 Maart
Pure Coenie
Stadsaal
2, 4 Maart
RADEMAN
Weltevreden Restaurantteater
6, 7, 9 Maart
Sanlam Open Mic
Visuele Kuns Vierkant
2 Maart
Soweto String Quartet ontmoet Loki Rothman
Spier Amfiteater
2 Maart
Spoegwolf
Stadsaal
9 Maart
Tarryn Lamb & Die Big Band
Spier Amfiteater
6 Maart
The 27 Club
Drostdy Teater
1, 9 Maart
The Soil
Jan Marais Natuurreservaat
10 Maart
The Steezies
Visuele Kunste Vierkant
6 Maart
The Vanilla
Visuele Kunste Vierkant
9 Maart
Theuns Jordaan
Jan Marais Natuurreservaat
4 Maart
Toe ek 20 was
Spier Amfiteater
9, 10 Maart
Uncle Cal & the 3 Tons of Fun
Stadsaal
10 Maart
Uncle Spike
Visuele Kunste Vierkant
8 Maart
USK Open Mic
Visuele Kunste Vierkant
10 Maart
Wolkedans
kykNET Fismer
4, 5 Maart
SANLAM MUSIEKFEES
Amazink Live Foto: Trude Gunther
ADAM SMALL OUDITORIUM Die Adam Small Ouditorium (voorheen bekend as die HB Thom) is die afgelope twee jaar opgeknap en met die nuutste tegnologie toegerus. Voor en ná vertonings kan drankies in die swierige foyer geniet word.
AFRIKAAN Skrywer en regisseur: Deon Opperman Musiek: Janine Neethling Met: Stephanie Baartman, Wessel Pretorius, Dizu Plaatjies & vriende, Akustika Kamerkoor, Janine Neethling & vriende Vervaardiger: Jam Events In 2012 het Janine Neethling en haar man, Deon Opperman, saamgespan om die eerste volwaardige Afrikaanse oratorium, Die Skepping, op die planke te bring. Deon het die libretto geskryf en Janine het die musiek, vir beide orkes en stem, gekomponeer. Nou het Janine en Deon weer talente saamgespan om spesifiek vir Woordfees 2019 ’n nuwe werk te skep – Afrikaan. Die stuk het sy wording gehad in ’n enkele vraag: “Wat beteken dit om te sê: ‘Ek is ’n Afrikaan?’ ” Met haar toonsetting van Deon se libretto vir Afrikaan word Janine Neethling se veelsydigheid as komponis ten toon gestel – soms a capella, soms met orkestrale onderskraging en begeleiding, maar altyd, soos net Janine kan, ontroerend, opheffend en musikaal skouspelagtig. Die aanslag is kontemporêr en toeganklik, maar die fondament is klassiek.
4 Maart 20:30 | 6 Maart 15:00 7 Maart 16:00 70min | Adam Small Ouditorium | R100 - R180 | R200 by die deur
A
AMAZINK Amazink is ’n outentieke townshiprestaurant-teater in Kayamandi waar jy kan smul aan inheemse kos met ’n yskoue bier of glas wyn in die hand. Wanneer dit skemer word, is daar geen mooier uitsig op Simonsberg as van Amazink se agterstoep af nie.
AMAZINK LIVE: SEASON 6 Ondersteun deur Distell Regisseur en skrywer: Ilana Cilliers en geselskap Met: Anelele Mirali, Khanyiswa Joyi, Nomsa Wini Koro, Lelethu Lungulethu, Sive Ngwexna, Unathi Umsongelwa en Sibongiseni Wani Kom ervaar Afrika in die hart van die Boland met die eerste townshiprestaurant-teater-aanbieding in die land. Amazink Live stel veelsydige plaaslike talent ten toon in ’n uitbundige, interaktiewe verskeidenheidskonsert. Dis ’n kleurryke kombinasie van Xhosa-kultuur, hartlike tradisionele kos en humoristiese sketse oor die lewe in Kayamandi, voorgesit saam met aansteeklike sang en dans.
1 Maart 20:00 | 8 Maart 20:00 9 Maart 13:00 149
60 min | Amazink Restaurant | R350 (ete ingesluit) | R380 by die deur (ete ingesluit) X E
jazz in kayamandi
Met: Babalwa Mentjies & Little Giants Babalwa Mentjies is een van Suid-Afrika se voorste jong jazz-sangeresse. Saam met haar op die verhoog is die Little Giants – ’n groep jong musikante, tussen die ouderdomme van 15 en 20 jaar, uit die townships van Kaapstad onder leiding van die legendariese pianis George Werner.
2 Maart 20:00 60 min | Amazink Restaurant R80 | R100 by die deur
E
Hierdie teater bied ’n gemaklike, intieme omgewing vir gehoor en kunstenaar(s). Kom geniet iets te drinke by die kroeg voor of ná die vertoning.
8 MISSES CROON: OP ’N STASIE Met: Madri Gerber (sopraan), Elizbé van der Colff (sopraan), Chrisna de Wet (sopraan), René Venter (sopraan), Elizca Mulder (sopraan), Talita Olivier (alt), Bettie Breytenbach (alt), Manina Pretorius (alt) en Alana van den Berg (contra-alt) In hierdie uitbundige produksie neem die a capella-damesgroep 8 Misses Croon jou met ’n musiektrein van stasie tot stasie deur ’n ryk verskeidenheid stemmings en style – van jazz, mash-ups en Afrikaanse volksliedjies tot klassieke en spirituele musiek.
2 Maart 18:00 | 10 Maart 19:00
150
Vervaardiger en musiek: Grethe van der Merwe Met: Grethe van der Merwe (sang en klavier), Gideon Lombard (kitaar), Babette Viljoen (baskitaar en trekklavier), Matthew Fischer (perkussie), Kyle Seconna (sang) Met Inversie deel Grethe van der Merwe liedjies van haar eerste twee albums, Ver van hier (2014) en Jy weet (2017). Sy sing alles van pop tot die blues en vervleg dit met stories oor die wêreld in en om ons. Tussen haar eie komposisies sing sy ook ’n paar covers wat vernuwend verwerk is.
9 Maart 20:30 | 10 Maart 15:30 60 min | Drostdy Teater | R130 | R150 by die deur Taal: Hoofsaaklik Afrikaans, met sommige lirieke in Engels
DROSTDY TEATER
85 min | Drostdy Teater | R130 | R150 by die deur
GRETHE VAN DER MERWE: INVERSIE
A E
HAAR BLUES / HER BLUES Regisseur: Richard H Nosworthy Skrywers en beligtingsontwerp: Richard Nosworthy en Luna Paige Musiekregisseur: Simon Orange Ontwerp, kostuums en verhoogbestuur: Iluminar Productions Met: Luna Paige (sangeres), Simon Orange (klawerbord, sang), Sean Sanby (kontrabas, elektriese baskitaar), Michael Bester (elektriese en akoestiese kitaar), Kevin Gibson (tromme), Zeke le Grange (saksofoon), Lorenzo Blignaut (trompet), Siya Charles (tromboon), Adelia Douw (agtergrondstem) Vervaardiger: Luna Paige en Iluminar Productions Her Blues gaan oor die koninginne van die blues – hulle lewensverhale en liedjies. Luna Paige sing van hierdie ikoniese blues-sangeresse se bekendste liedjies en voer die luisteraar mee na die eras van Bessie Smith, Lady Ella, Etta James, Aretha, Janis en Nina Simone onder begeleiding van ’n vuurwarm orkes.
Sanlam mUSiekfeeS
2 maart 20:30 | 5 maart 20:30 110min | Drostdy Teater | R130 | R150 by die deur Geen o/14
7 maart 20:30 | 9 maart 14:00 90min | Drostdy Teater | R130 | R150 by die deur
a e
e
tHe 27 ClUB ’n dag in tyd Regisseur: Matthys Maree Skrywer: Donae Brazer Ontwerp: Dalene van Niekerk Met: Willem Venter (sang), Michelle Nel (klavier), Elna Durr (dwarsfluit), Pieter-Jans Durr (sang en kitaar), Donae Brazer (sang), Rinette von Mollendorf (sang), Matthys Maree (akkordeon en klavier), Mathys Roets (sang en kitaar), Nic de Jager (woordkuns), Vernon Swart (perkussie) en Kevin Leo (sang). Vervaardiger: Rinette von Mollendorf & Kopskuif Produksies ’n Dag in tyd is ’n spesiale ervaring. Kom geniet hierdie kopskuif-kaleidoskoop-aand saam met uiters begaafde opkomende kunstenaars – elk met hul eie drome, passie en uitdagings. Hulle deel die verhoog met befaamde kunstenaars: Matthys Maree, Mathys Roets, Nic de Jager, Vernon Swart (perkussie) en gaskunstenaar: Kevin Leo.
Vervaardiger en regisseur: Vasti Knoesen Musiek: Verwerkings deur Graeme Lees en Matthijs van Dijk Met: Vasti Knoesen (sang), David Lubbe (klavier), Graeme Lees (elektriese kitaar), Lilavan Gangen (tromme) The 27 Club is geïnspireer deur die ikoniese groep musikante – Amy Winehouse, Jimi Hendrix, Kurt Cobain, Brian Jones, Janis Joplin en Jim Morrison – wat almal tragies op die ouderdom van 27 oorlede is. Musiek van hierdie kunstenaars is nuut verwerk deur die komponiste Graeme Lees en Matthijs van Dijk met elemente van jazz, dissonansie, rock en teksture van klassieke musiek.
1 maart 20:30 | 9 maart 17:00 75min | Drostdy Teater | R130 | R150 by die deur
a e
Haar Blues
151
JAN MARAIS NATUURRESERVAAT
Early B – Jan Marais Natuurreservaat
4 Maart
18:30
Theuns Jordaan
R100 | R120 by deur
5 Maart
18:30
Bombshelter Beast
R100 | R120 by deur
6 Maart
18:30
Appel
R100 | R120 by deur
Elandré Schwartz
R100 | R120 by deur
7 Maart
18:30
GoodLuck
R100 | R120 by deur
8 Maart
18:30
Early B
R100 | R120 by deur | R80 leerders
9 Maart
18:30
Jackal & The Wind
10 Maart
152
Kom geniet ’n buitelugkonsert in dié pragtige Stellenbosse park en kry iets te ete by die kosstalletjies. Onthou net om iets om op te sit en ’n trui of baadjie saam te bring.
18:30
Desmond & The Tutus
R100 | R120 by deur
The Soil
R120 | R140 by deur
SANLAM MUSIEKFEES
kykNET FISMER kykNET Fismer is deel van die US Konservatorium wat ook die kykNET Endler huisves. Kom gerus ’n bietjie vroeër om ’n glasie wyn voor die vertoning te geniet.
DIE EGGO VAN JOU OË Regisseur: Jannie du Toit & Susan Mouton Met: Jannie du Toit (sang en kitaar), Susan Mouton (tjello) Vervaardiger: Jannie du Toit Jannie du Toit en Susan Mouton bederf die gehoor in Die eggo van jou oë met Jannie se jongste liedjies en gunstelinge uit sy jeugjare – van die Afrikaanse kunslied, wêreldpop, folk van die sestigeren sewentigerjare en die beste uit die Europese kleinkunstradisie. Dis Dylan tot Doep en die Beatles tot Brel saam met enkele instrumentale werke vir tjello en kitaar.
1 Maart 18:30 | 2 Maart 20:30 3 Maart 20:30 60min | kykNET Fismer | R130 | R150 by die deur Taal: Afrikaans, Engels, Frans, Nederlands
KROG Met: Babette Viljoen (stem, trekklavier, baskitaar, perkussie), Hilandi du Toit (stem, kitaar, baskitaar), Olga Leonard (stem, klavier, trekklavier) Antjie Krog se digkuns is dekades reeds innig geliefd en gereeld omstrede. In hierdie produksie span Babette Viljoen, Olga Leonard en Hilandi du Toit saam om Krog se gedigte in ryk melodieë opnuut te laat opklink. Gedigte soos “Ma”, “Êrens is jy”, “Fughetta vir drie stemme” en “My mooi land” word liedere onder begeleiding van klavier, trekklavier en ’n kas vol kitare.
1 Maart 14:00 | 7 Maart 20:30 8 Maart 11:00 60 min | kykNET Fismer | R130 | R150 by die deur Geen o/16
A
MET SLENTERSLAG NA SJANGHAI Met: Emma van Heyn (klavier, klawerbord en sintetiseerder) Emma van Heyn neem jou met haar stem, klavier en verrassende elektroniese klanke saam op haar fassinerende, jaar lange ontdekkingsreis deur China. Sy vertel stories, sing haar eie komposisies, gee ou bekendes ’n nuwe gedaante en ruk aan jou hart.
2 Maart 14:00 | 9 Maart 20:30 70 min | kykNET Fismer | R130 | R150 by die deur
A E
’N KOFFER IN BERLYN Skrywer: Jani Greeff Met: Jacobi de Villiers (sang) en Danie Theron (pianis) Vervaardiger: Rumoer Produksies ’n Suid-Afrikaanse vrou vind ’n vreemde tas in haar hotelkamer in Berlyn. Daaruit haal sy herinneringe en liedere vol heimwee en moed – van Bach se “Bist du bei mir” en Richard Strauss se “Morgen!” en “Allerseelen” tot Marlene Dietrichtreffers. Die mezzo-sopraan Jacobi de Villiers verweef hierdie klassieke liedere met ’n onmiskenbaar Suid-Afrikaanse ervaringswêreld.
8 Maart 14:00 | 10 Maart 16:00 60 min | kykNET Fismer R130 | R150 by die deur Taal: Afrikaans en Duits
153
Soweto String Quartet
wolkedanS
Spier amfiteater
Teks & musiek: Leon Gropp en Zander van der Westhuizen Stel- & beligtingsontwerp: Zander van der Westhuizen Met: Pierre Breytenbach (musiek en dramatisering), Leon Gropp (musiek en dramatisering) en Zander van der Westhuizen (musiek en dramatisering) Vervaardiger: Jonkman Produksies
Kom geniet ’n somersaand effens weg van die gedruis in Spier se lieflike opelugteater met musiek wat oor verskillende genres strek. Maak vooraf ’n draai by Dine33 vir cocktails en canapés en onthou om ’n warm ding saam te bring – dit raak koel wanneer die son gesak het.
’n Man is vasgevang in die verstikkende ritueel van ’n provinsiale lewetjie en ontken die sluimerende digter in homself. Onverwagse interaksies met kleurryke karakters konfronteer hom egter met ’n keuse: Sal sy verlede hom vashou of die eerlike waarheid hom bevry? Wolkedans is ’n musiekgedrewe teaterstuk wat lirieke met diepgang en elemente van folk, jazz en kabaret kombineer om gestalte te gee aan die worsteling van ’n hedendaagse karakter.
4 maart 12:00 | 5 maart 20:30 60 min | kykNET Fismer R130 | R150 by die deur Geen o/13
Tarryn Lamb
a
klinkklaar klanke Musiekverwerkings: Kristi Boonzaaier Met: Hoërskool Durbanville Koor o.l.v. Maria Rademan-Viviers & Hoërskool Durbanville Blaasorkes o.l.v. Suretha Theron met Daneel Wasserfall (elektriese kitaar), Hugo Veldsman (baskitaar), Joganan Geldenhuys (perkussie), Elmien Truter (klavier) Klinkklaar klanke is aweregse SuidAfrikaanse musiek met klassieke kinkels. Liedere van kunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Deon Meiring, Koos du Plessis, Karen Zoid en Spoegwolf word uitgevoer as koormusiek in ’n produksie wat gebind word met vers- en blaasensemble-interludes. Die bindingsteks word deur Johan Rademan voorgedra. Dis ’n viering van byderwetse nostalgie en ’n musiekreis tussen die hede en verlede rondom temas soos Afrika, landskap, dieper denke en liefde.
1 maart 20:30 60 min | Spier Amfiteater R80 - R120 | R140 by die deur
154
a
Sanlam mUSiekfeeS
Soweto String qUartet ontmoet loki rotHman
5 maart 20:30
Met: Soweto String Quartet en Loki Rothman (sang en kitaar)
90 min | Spier Amfiteater | R120 - R180 | R200 by die deur
In hierdie opwindende musikale gebeurtenis skud Madiba se gunsteling-groep, die Soweto String Quartet, blad met die liedjieskrywer en kitaar-towenaar Loki Rothman. Rothman, wat bekend geword het in die eerste reeks van SA’s Got Talent, sal ’n paar van sy eie vuurwarm komposisies vertolk voor hy sy snare saam met die SSQ-manne s’n laat sing en dans. Die SSQ gaan die voete laat jeuk en die hart laat jubel met die kwelas en ritmes waarvoor hulle wêreldberoemd is.
2 maart 20:30
90min | Spier Amfiteater R120 - R180 | R200 by die deur
stuur elke luisteraar met ’n warm hart en nuwe hoop huis toe.
a e
alBert Hammond Met: Albert Hammond Wanneer Albert Hammond “Get out, damn it, close the door, don’t slam it” sing, verskyn ’n breë glimlag op jou gesig. Maar “The Peacemaker” is nie sy enigste immergroen treffer nie. “The Free Electric Band”, “The Air that I Breathe” en “It Never Rains in Southern California” is almal in dieselfde klassieke klas. En nou het jy die geleentheid om hierdie legende onder die sterre op ’n someraand te beleef.
a
tarryn lamB & tHe Big Band Musikale regisseur: Janine Neethling Met: Tarryn Lamb, Mihi-Tuwi Mashangana, Francis Bowers, Anneli Kamfer en Universiteit Stellenbosch Jazz Band o.l.v. Felicia Lesch Vervaardiger: JAM EVENTS Die US Jazz Band vier hulle 10de bestaansjaar met ’n groot makietie onder die sterre en ’n rits sangers wat by hul energieke styl pas. Die gewilde, SAFTAbekroonde Tarryn Lamb, BlackByrd se voorsangeres, word bygestaan deur Mihi-Tuwi Mashangana (van Bombshelter Beast), Anneli Kamfer (van Manouche) en Francis Bowers, wat naam gemaak het in The Voice. Konsertgangers sal op ’n verskeidenheid lekkertes soos “Walking on Sunshine”, “Valerie”, “Vier woorde”, “Natural Woman” en allerhande Big Band-treffers getrakteer word. Trek gerus jou dans-skoene aan. Jo Black
3 maart 20:30 | 4 maart 20:30 90 min | Spier Amfiteater | R400 - R500 | R550 by die deur
e
jo BlaCk: Bring die Hoop weer terUg Met: Jo Black en band Jo Black kombineer roerend eerlike pub rock met inspirerende boodskappe. Hy
155
Vervaardiger: US Woordfees en Cape Town Music Academy
6 Maart 20:30 90 min | Spier Amfiteater R120 - R160 | R200 by die deur
A E
ELVIS BLUE: STORIES Beligtingsontwerp: Duane Brown Met: Elvis Blue (sanger en verteller) begelei deur topmusikante op klavier, saksofoon, tromboon en tromme Vervaardiger: Elvis Blue Music CC “Stories“ word dieselfde gespel in Engels en Afrikaans en dit beteken dieselfde in albei tale. Dit is dus die ideale titel vir Elvis Blue, wat groot treffers in beide tale geskryf het. Met Stories deel hy grepe uit sy eie lewensverhaal en sing hy ook sy eie verwerkings van internasionale treffers uit sy vormingsjare soos “The Living Years” en “Wild World”.
7 Maart 20:30 90min | Spier Amfiteater R120 - R180 | R 200 by die deur
A E
musiek-en-liriek: 40 jaar later Musiekregie: Schalk Joubert Met: Anton Goosen, Jannie du Toit, Zolani Mahola, Valiant Swart, Sima Mashazi, Herman Kleinhans, Laurinda Hofmeyr en ander
Amanda Strydom
As daar een jaar was wat as ’n waterskeiding vir musiek in Afrikaans beskou kan word, is dit 1979, toe die Musiek-enliriek-beweging ontstaan het. Anton Goosen het die eerste kunstenaar geword wat ’n album in Afrikaans vrygestel het waarvan hy al die musiek en lirieke self geskryf het. Dit was deels ’n teenreaksie teen die vertalings van oorsese spookasemtreffers. Die Musiek-en-liriekbeweging aan die einde van die 70’s en die begin van die 80’s het die weg gebaan vir die bevryding van Afrikaans. Kunstenaars soos Anton Goosen, Laurika Rauch, Mynie Grové, Jannie du Toit, Koos du Plessis, Coenie de Villiers en Clarabelle van Niekerk was toonaangewend. Veertig jaar later, deel hierdie legendes saam met opwindende jong talent die verhoog en bring hulde aan immergroen treffers soos “Kruidjie-roer-my-nie”, “Sprokie vir ’n stadskind”, “Toemaar die donkerman” en “Liedjie vir jou”.
8 Maart 20:30 90min | Spier Amfiteater R120 - R180 | R 200 by die deur
A
TOE EK 20 WAS Met: Amanda Strydom, Joshua Na Die Reën, Corlea Botha, Elvis Blue, Akustika Kamerkoor Musikante: Janine Neethling, Juan (Floors) Oosthuizen, Kevin Gibson, Shaun Johannes en ander Vervaardiger: JAM EVENTS Toe ek 20 was, bring die uitmuntende soliste Amanda Strydom, Corlea Botha, Elvis Blue en Joshua Na Die Reën die heel eerste keer op een verhoog saam. Dis ’n nostalgiese terugblik op die musiek wat die kunstenaars self, asook hul musiekhelde, gesing het toe hulle in hul twintigs was. Hulle word bygestaan deur 14 lede van die wêreldbekroonde Akustika Kamerkoor vir ’n bietjie swing
156
SANLAM MUSIEKFEES Joshua Na Die Reën en baie pret. Die program sluit liedjies deur die kunstenaars self in, soos “Ek loop die pad” en “Toe ons jonk was”, maar ook Bob Seger se “We’ve Got Tonight”, skreeusnaakse Hennie Aucamp en musiek van The Beatles en Simon & Garfunkel. Janine Neethling wys haar slag met a cappella- (en ander) verwerkings van gunstelinge uit haar jeug, soos Elton John, The King’s Singers, Vangelis en liedjies uit die Voëlvry-beweging. Verwag geliefde musiek met briljante harmonisering en unieke en sielvolle interpretasies.
9 Maart 20:30 | 10 Maart 20:30 90 min | Spier Amfiteater R120 - R200 | R220 by die deur
A E
STADSAAL
FRANCOIS VAN COKE AKOESTIES
Die Stadsaal lê in die hartjie van die dorp. Hier kan jy voor en ná elke musiekvertoning in die foyer iets te ete en te drinke geniet.
AMANDA STRYDOM Met: Amanda Strydom (sang) begelei deur Coenraad Rall (klavier) Amanda Strydom is volksbesit. Sy vier in 2019 vier dekades in die vermaaklikheidsbedryf. In hierdie konsert sing sy liedjies uit haar groot repertoire van haar albums en ook ballades in Frans, Engels en Nederlands. Oudergewoonte verweef sy stories en poësie met die musiek en dek sy die hele spektrum van die skreeusnaakse tot roerende patos.
4 Maart 20:00 60 min | Stadsaal R100 - R150 | R170 by die deur
Met: Francois van Coke (sang), Jedd Kossew (kitaar) en Richard Onraet (kitaar) Onder intieme begeleiding van twee gesoute kitaarspelers sing Francois van Coke gestroopte weergawes van sy gewildste liedjies – treffers wat hy saam met Karen Zoid, Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Laudo Liebenberg en Die Heuwels Fantasties geskryf het.
7 Maart 20:00 60 min | Stadsaal R100 - R150 | R170 by die deur
A
JOSHUA NA DIE REËN: SOMERAARDE Met: Joshua Na Die Reën en band
A E
“Someraarde” is die titelsnit van Joshua Na Die Reën (Jacques de Villiers) se nuwe album wat in 2019 uitgereik word. Dié liedjie is geïnspireer deur sy broer Pierre en dis die perfekte titel vir JNDR se soel somerse mengsel van aansteeklike musiek en introspektiewe lirieke.
157
6 Maart 20:30 | 7 Maart 11:00 60min | Stadsaal | R100 - R150 | R170 by die deur
2 Maart 20:00 | 4 Maart 11:00 A
70min | Stadsaal | R100 - R150 | R170 by die deur
A
kortpad / langpad
SPOEGWOLF
Musiekegisseur: Matthys Maree Beligtingsontwerp, tegniese versorging en verhoogbestuur: Johan Hendriksz Met: Koos Kombuis, Herman Kleinhans, Bottomless Coffee & Johrné van Huyssteen as aanbieder Vervaardiger: Optog!
Met hul mengsel van aansteeklike, aweregse folk-rock en digterlike lirieke is Spoegwolf al beskryf as die gesig van die alternatiewe Afrikaanse musiekbeweging. Daar is ’n nuwe album op pad en hul vertoning in die Stadsaal beloof om een te wees waaroor mense, van oud tot jonk, nog lank gaan praat.
Dié produksie is ’n viering van Afrikaanse folk-musiek en die lang pad wat gestap is sedert die Voëlvry-beweging van die 80’s. Koos Kombuis het baie myle sedert daardie opspraakwekkende kampustoere gereis en op hierdie verhoog kruis sy pad met die jongelinge, Herman Kleinhans en Bottomless Coffee – kortpad-reisigers op ’n nuwe teerpad. Maar net soos Koos destyds, is hulle besig om met musiek en liriek weer nuwe bakens en rigtingwysers langs ons landspaaie in te kap.
3 Maart 16:00 & 19:00 60min | Stadsaal | R100 - R150 | R170 by die deur
A
PURE COENIE Met: Coenie de Villiers en Mauritz Lotz (kitaar) Hierdie is Coenie de Villiers vir die fynproewer. Pragtige Afrikaanse musiektekste in kombinasie met Coenie se eiesoortige klank. Dié stuk wys waarom hy een van die land se mees bekende en geliefde musikante is. Kritici het dit beskou as die beste musiekvertoning van die KKNK 2018. Die vertoning bevat musiek opgeneem vir Coenie se nuwe CD, Pure Coenie. Dit is stil en stem tot nadenke. Kitaarmeester Mauritz Lotz roer sy eie towerkuns by.
158
9 Maart 17:00 60 min | Stadsaal | R100 - R150 | R170 by die deur
UNCLE CAL & the 3 TONS OF FUN Regie, verwerking en ontwerp: Calvin Peters Met: DJ Uncle Cal (DJ/MC), Sexy Sthe (sang), Beautiful Bee (sang), Mysterious Michelle (sang) en The Elastic Band: Jason Delaney (kitaar), Cameron Jacobs (klawerbord) en Jason Ward (perkussie) DJ Uncle Cal en die sangtrio 3 Tons of Fun verwerk ou en kontemporêre afropoptreffers met behulp van The Elastic Band tot een groot saamsingen-danspartytjie.
10 Maart 16:00 70min | Stadsaal | R60 - R100 | R120 by die deur
A E
Sanlam mUSiekfeeS
1 maart 19:00 | 10 maart 13:00 80 min | Weltevreden Restaurantteater R130 | R150 by die deur a
andrÉ terBlanCHÉ – alBUmBekendStelling
Pure Coenie
weltevreden reStaUrantteater By Weltevreden se intieme restaurantteater kan jy geurige bistroetes saam met die konsert geniet, of net agteroor sit en luister. Dis altyd goed om jou ete vooraf te bespreek, maar as jy op die laaste nippertjie van plan verander, kan jy hulle net laat weet wanneer jy aankom.
alla wÊreld Vervaardiger, regisseur & musiek: Leon Oosthuizen Met: Leon Oosthuizen (trekklavier) en die Sibanye-orkes: Harold Schenk (klavier), Skhumbuzo Qamata (tromme) en Tiana Amari (baskitaar) Alla wêreld bring vir jou musiek van dwarsoor die aardbol na een verhoog. Leon Oosthuizen en die Sibanye-orkes speel wêreldmusiek van talle lande. Bekende deuntjies, nuwe komposisies en selfs ’n paar impromptu-skeppings word verweef in ’n betowerende tapisserie van genres en style. Kom saam op ’n eksotiese toer – om die musiekwêreld en terug na Mzansi in 80 minute.
Musiek: André Terblanché en Wilken Calitz Met: André Terblanché (stem, kitaar) Wilken Calitz (kitaar, viool) Pieter van Helslandt (klavier, klawerbord, trekklavier) Vervaardiger: Prima Produksies André Terblanché het al die verhoog gedeel met topkunstenaars soos Danie Niehaus, Pedro Kruger en Anna Davel. Hy het ’n indrukwekkende stemomvang en is tuis in enige genre. Met sy debuutalbum, Pop culture bekeerdes, skep hy saam met die bekroonde komponis-musikant Wilken Calitz gestroopte, liriekgedrewe akoestiese musiek.
7 maart 13:00 | 8 maart 19:00 60 min | Weltevreden Restaurantteater R130 | R150 by die deur a e
CaSper aCe Met: Casper Ace (stem & kitaar), Justin Jefthas (kitaar & trekklavier), Cornel Masson (klawerbord), Josh Prinsloo (baskitaar), Mario de Abreu (tromme) Casper Ace het voor sy solo-loopbaan gereeld saam met Valiant Swart en Koos Kombuis opgetree. As solo-kunstenaar het hy sy eie fyn balans tussen bitter en soet, speels en ernstig gevind en as hy sing, luister jy – graag.
1 maart 13:00 | 2 maart 19:00 45 min | Weltevreden Restaurantteater R130 | R150 by die deur a e
159
DIGTERS, WYN & LIED Skrywer en regisseur: Mel Botes Stelontwerp: Henko Kleingeld Beligtingsontwerp: Andrew Nezar Musiek: Mel Botes en Simon Orange Kostuums: Martelle Slabber Met: Mel Botes (stem, kitaar, klavier en mondfluitjie), Simon Orange (klavier, Hammond-orrel en agtergrondstem), Schalk Joubert (baskitaar, tromme), Eric Valliers & Stephen Aiken (klavier, klawers en saksofoon) en Hansie Roodt (kitaar en agtergrondstem) Vervaardiger: Storm Produktionz In Digters, wyn en lied vier Mel Botes die liedere van ’n verskeidenheid legendariese liedjieskrywers soos Leonard Cohen, Bob Dylan, Simon & Garfunkel, Mark Knopfler en Rodriguez. Daarmee saam sing Mel van sy eie liedjies sowel as sy toonsettings van klassieke gedigte deur CJ Langenhoven.
4 Maart 13:00 | 5 Maart 19:00 110 min | Weltevreden Restaurantteater R130 | R150 by die deur A E
ESSENCE OF SPRING Skrywer: Ibrahim Khalil Shihab Regisseur: Ramon Alexander Beligtingsontwerp: Iluminar Productions: I-studios & Iluminar Productions Met: Ibrahim Khalil Shihab (klavier), Ramon Alexander (klavier), Ruby Truter (sanger), Keanu Harker (sanger), Chadleigh Gowar (baskitaar), Bradley Prince (kitaar), Annemie Nel (tromme), Zeke le Grange (saksofoon) Kostuums en vervaardiger: I-Studios & Iluminar Productions Die legendariese pianis en komponis Ibrahim Khalil Shihab, voorheen bekend as Chris Schilder van Pacific Express, het groot treffers soos “Give a Little Love” en “I Hear Music” geskep. By die Woordfees vier hy die bekendstelling van sy jongste album, Essence of Spring. Luisteraars kan uitsien na ou gunstelinge,
160
splinternuwe komposisies en ’n baie spesiale klaviersolo.
2 Maart 13:00 | 3 Maart 19:00 75min | Weltevreden Restaurantteater R130 | R150 by die deur A E
FRIEDA VAN DEN HEEVER: KLEINODE Met: Frieda van den Heever (klavier en sang), Sven Blumer (kitaar), Francois van der Merwe (baskitaar), Rico Wessels (perkussie), Marina Louw (altviool) Frieda van den Heever bring hiermee ’n innige klein ode aan haar kleinode – tydlose liedjies. Die program bestaan uit nuwe liedjies uit haar eie pen asook verwerkings en vertolkings van ou gunstelinge, sowel inheems en uitheems. Kom vind uit hoekom sy en hierdie begaafde groep musikante verlede jaar ’n WoordTROfee-nominasie vir die beste musiekgedrewe produksie ontvang het.
3 Maart 13:00 | 4 Maart 19:00 80 min | Weltevreden Restaurantteater R130 | R150 by die deur
JAK DE PRIESTER: KYK IN MY OË Met: Jak de Priester (sanger), Hoenderboer (trekklavier, klavier) In hierdie vertoning kyk die gehoor diep in Jak de Priester se binneste met liedjies soos “Kyk in my oë”, wat hy vir sy sesjarige dogtertjie ná ’n brandongeluk geskryf het. Maar daar sal, soos altyd, ook humor wees met nommers soos “Die pasop-liedjie” en “My lewe moet gecharge word”.
5 Maart 13:00 | 6 Maart 19:00 90min | Weltevreden Restaurantteater R130 | R150 by die deur A
Sanlam mUSiekfeeS Lepeltjie vol snare
lepeltjie vol Snare
rademan
Regisseur: Amelda Brand Teks en musiekregie: Frazer Barry Met: Hannes “Slide Spoon” Coetzee, Frazer Barry, Deniel Barry, Earl Witbooi, Loit Sôls Produksiehuis: OEPS Ons Eie ProduksieS Vervaardiger: Kunste Onbeperk
Met: Niël Rademan (klavier en sang), Louis Jones (perkussie), Corneil Müller (tjello en sang) en Lucas Heinen (klavier en trekklavier)
Lepeltjie vol snare vier snaarinstrumente in tradisionele Suid-Afrikaanse folk en volksmusiek – met die Boesman-boog, banjo, blikviool, akoestiese kitaar en natuurlik die teelepel. Hannes Coetzee (van Karoo Kitaar Blues-faam) is internasionaal bekend vir sy besonderse manier van kitaar speel met ’n teelepeltjie in sy mond. Frazer Barry (Tribal Echo) is deur Oom Hannes touwys gemaak, maar Frazer het sy eie styl met ’n lepel en banjo ontwikkel. Kom geniet roerende storie-liedjies en warm klanke so inheems soos biltong en beskuit.
In RADEMAN vervleg gesoute musikante pop en teatermusiek en swaai gemaklik tussen sigeunerklanke, ligte rock, klassiek, tango en selfs volksmusiek met kort, vermaaklike vertellings tussendeur. Die produksie sluit oorspronklike komposisies deur Niël Rademan en Neil McDonald in, asook ikoniese ou bekendes deur Koos Kombuis, Christa Steyn, Hennie Aucamp, Carlos Gardel en Jacques Brel.
6 maart 13:00 | 7 maart 19:00 9 maart 19:00 60 min | Weltevreden Restaurantteater | R130 | R150 by die deur | Taal: Afrikaans met lirieke in Afrikaans, Engels, Nederlands en Spaans
8 maart 13:00 | 9 maart 13:00 10 maart 17:00 90min | Weltevreden Restaurantteater R130 | R150 by die deur a
161