Afrikaans Augustus 2013
PERSOONLIKE FINANSIES Testamente: jou idee is dalk R2 000 werd Doen ons vasvra en wen koopbewyse van Reality
wen
IN HIERDIE UITGAWE
Laat promosiegeskenke vir jou werk Skakel jou SanFin-data om Wen R10 000 met Bloudruk
‘Wat keer ons om Makelaar Distribusie se bydrae te verdubbel oor die volgende paar jaar?’
JACQUES COETZER, NUWE HB
Ons is eerste! Drie nuwe produkontwikkelings deur Sanlam is baanbrekers
GAAN OP ’N GROEN TOER VAN GLACIER SE NUWE GEBOU BEPLANNING VIR SELFBESOLDIGDES, SO MAKLIK SOOS 1-2-3
INHOUD
DIE BESIGHEID
IN DIE NUUS
DIE MENSE
1 In die nuus
Ontmoet Arthur Zerf, nuwe Hoof: Verkoopsaansporings en Erkenningsgeleenthede by SPF Distribusie Ondersteuning, bekyk Glacier van Sanlam se nuwe ‘groen’ gebou van naderby, omkring die Komkamp-datums en wen pryse vir jou idees
16 V&A
Jacques Coetzer onthul sy wenplanne vir Makelaar Distribusie
26 Adelaars
In SPF gesels met die nuutste Adelaars, die raakvatter Willie Koen en die presteerder Johan Bothma, oor die geheim van hul sukses deur die jare
4 Cumulus Echo
Sanlam neem leiding in die mark met sy nuwe Cumulus Echoaftreespaarprodukreeks
28 Distribusie-uitslae
Die nuwe Arende en Komkamp-konvensievoorlopers
6 Sanlam vir Gegradueerdes
Dié nommerpas-produk het ’n unieke siektevoordeel om in jou kliënte se behoeftes te voorsien
8 MIV Matrix
Sanlam haal die nuusopskrifte, dié keer as die eerste versekeraar wat MIV by sy lys versekerbare chroniese siektes voeg
30 Club Izikhulu-uitslae
Kyk wie mik na Izikhulu-toekennings
31 Die maand in foto’s
Kyk wie is die afgelope maand waar gesien
Arthur Zerf verlede November by die World Trade Centergedenkteken in New York.
10 SFA op koers
SFA is stewig op pad om vanjaar goeie groeisyfers te behaal
12 SFA-handves
Lees oor SFA se Kode van Professionele Gedrag vir adviseurs
Verkoopsaansporings en Erkenningsgeleenthede by SPF Distribusie Ondersteuning het ’n nuwe stuurman met opwindende planne om die wêreld te verken, maar wie se fokus vir eers op die uitdagings van sy nuwe rol is.
Goeie ondersteuning in druk tye
14 BlouSter
Yadah BlouSter onthul hoekom ’n praktykbestuurder noodsaaklik is
‘E
k wil graag ’n omgewing bevorder waar my span waardevolle en doeltreffende ondersteuning aan Distribusie sal bied,’ sê Arthur Zerf, nuwe Hoof: Verkoopsaansporings en Erkenningsgeleenthede by SPF Distribusie Ondersteuning. Arthur, wat ’n graad in Aktuariële Wetenskap (Kwantitatiewe Finansies) aan die Universiteit van Kaapstad verwerf het, het in sy finale studiejaar ’n beurs van Sanlam ontvang. Hy het in 2008 by Aktuarieel in Sanlam begin werk. Die afgelope twee jaar het hy in die waarderingsomgewing gewerk, met die waarderings
Hoekom was dié man onlangs in die nuus? Kry ’n binnekykie.
15 SanFin
Hoe jou data-oordrag sal werk en wat jy moet doen
18 Cobalt 1-2-3 vir die Professionele Praktyk
LEES OP BLADSY 8
Leer hoe dié webgebaseerde finansiële ontledingsinstrument jou kan help
20 SkyView
Kyk watter voordele Sanlam Sky Solutions se nuwe intranet inhou
21 TCF
Sanlam se strategiese doelwitte te bereik,’ sê Arthur. ‘Ek is gelukkig dat ek ’n span talentvolle en vaardige individue het, en sien daarna uit om alle uitdagings saam met hulle aan te durf.’ Arthur is ’n ywerige reisiger – hy het die laaste paar jaar reeds verskeie oorsese bestemmings besoek en wil die wêreld selfs wyer gaan verken. Hy geniet ook fiksheidsaktiwiteite en speel in die WP-muurballiga, neem deel aan verskeie padwedlope van WP-atletiek en stap gereeld Tafelberg uit. Hy is ’n geesdriftige WP- en Stormers-ondersteuner en bring gedurende die rugbyseisoen baie tyd by Nuweland deur.
van die groeprisiko- en reversionêrebonus-besigheid as sleutelverantwoordelikhede. Arthur lê tans die professionele eksamen van die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika af om as aktuaris te kwalifiseer. Die ondersteuning wat sy span aan Distribusie gaan bied, is vir hom kritiek. ‘Aangesien Distribusie ’n hoëdruk-omgewing is, gaan dit vir ons uiters belangrik wees om nie net ons funksies akkuraat en betyds uit te voer nie, maar dit ook só te doen dat dit die unieke druk op die mense in dié omgewing in ag sal neem. Ons sal ook gehalteverhoudinge met alle betrokke belanghebbendes bou sodat ons kan saamwerk om
Só implementeer Sanlam Sky Solutions TCF
22 Bloudruk vir Sukses
’N AFSPRAAK MET KOMKAMP
Die tweede meting vir Sanlam se Bloudruk vir Sukses vind vandeesmaand plaas
25 SAF
Kyk hoe die Sanlam Adviseursforum jou bevoordeel
InSanlam Persoonlike Finansies is die maandelikse tydskrif vir Sanlam InsideSanlam Personal FinancePersoonlike is the Finansies. Het jy magazine enige nuusfor ofSPF. kommentaar? Ons monthly Do you have verwelkom jou comments? insette – stuur ons ’n e-pos na news or any Wevir welcome your input
[email protected] – send your emails to
[email protected]
FOTO JAN RAS
Haal die beste uit jou besigheid met Sanlam se opwindende reeks promosiegeskenke
Afrikaans Augustus 2013
PERSOONLIKE FINANSIES
Vir Sanlam
Hoof: Groepkommunikasie Ainsley Moos Senior Bestuurder: Kommunikasie, Sanlam Segmentoplossings Esann de Kock Kommunikasiebestuurder: Sanlam Beleggings Thaniah Toefy Adres Sanlam-hoofkantoor, Strandweg 2, Bellville, Suid-Afrika
Vir New Media Publishing
Hoofredakteur Trudie Myburgh Besturende Redakteur Melanie Farrell Redaksionele bydraers Janine Oelofse, Marga Scheffler, Una Nieuwoudt, Karin de Beer, Elmi Gous, Marelize Visser, Vicky Hunter, Pieter Vermaak, Loraine West, Linda Uys Ontwerp Christopher Evans, Nita Nagar, Carlyle Meder Rekeningdirekteur Melissa Cumming
Testamente: jou idee is dalk R2 000 werd Doen ons vasvra en wen koopbewyse van Reality
Inhoudshoof Adelle Horler Hoofbestuurder: Kliënte Andrew Nunneley Drukmaatskappy CTP Web Gepubliseer vir Sanlam deur New Media Publishing Adres New Media House, Breestraat 19, Kaapstad Telefoon 021 417 1111
wen
IN HIERDIE UITGAWE
Laat promosiegeskenke vir jou werk Skakel jou SanFin-data om Wen R10 000 met Bloudruk
‘Wat keer ons om Makelaar Distribusie se bydrae te verdubbel oor die volgende paar jaar?’
JACQUES COETZER, NUWE HB
Voorblad-kunswerk Christopher Evans
Ons is eerste! Drie nuwe produkontwikkelings deur Sanlam is baanbrekers
FOTO’S GETTYIMAGES.COM EN VERSKAF
24 Dis ’n geskenk
Komkamp-konvensiewenners kan na ’n onvergeetlike geleentheid in 2014 uitsien! Omkring die volgende datums en draai die krane oop om vir die Komkamp-aansporings te kwalifiseer … Makelaar Distribusie-konvensie Wes-Mediterreense vaart (een nag in Barcelona, viernagvaart) 12 tot 19 Mei SFA Elite-konvensie Amsterdam (vier nagte)
26 April tot 1 Mei
SFA Nasionale Komkamp-konvensie Amsterdam (drie nagte) 27 April tot 1 Mei
GAAN OP ’N GROEN TOER VAN GLACIER SE NUWE GEBOU BEPLANNING VIR SELFBESOLDIGDES, SO MAKLIK SOOS 1-2-3
Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 1
Glacier doen dit groen
Testamente in visier
Wen R2 000 met ’n uitvoerbare idee oor hoe Sanlam Trust sy testamentbesigheid in die welvarende mark kan uitbrei.
S
anlam Trust mik daarna om sy aantal teikenmark-testamente, met ’n spesifieke fokus op welvarende kliënte met boedels van meer as R2,5 miljoen, te verhoog. Sulke kliënte sal normaalweg vaste eiendom, voertuie en aandele besit, en aansienlike lewensdekking hê. Opbrengste wat uit pensioen- of voorsorgfondse of uittree-annuïteite ontvang word, maak nie deel uit van ’n kliënt se boedel nie.
kantoorruimte wat met
Associated Insurance Brokers Reënwateren Santam gedeel word benutting vanaf
plat gebou-oppervlakke na spoeltoilette wat vraag met 85% verminder
Lizelle Petersen van SILSS: PAC ‘Eksterne boedels – doodseise-webruimte’
watervoorsieningsbehoeftes in ontwerpte tuine.
Uitheemse plante is verwyder en inheemse
Sammy Rambali van Distribusie Ondersteuning ‘Eksterne boedel-leidrade via sakekamers’
Verf en kleefstowwe met baie lae vrystellingsvlakke van volatiele organiese verbindings is binne gebruik om hoë binnenshuise luggehalte te verseker
Sammy het ’n aankondiging of aanbiedinge voorgestel, en dat Sanlam Trust se profiel op provinsiale sakekamers se webruimtes aangebring word om netwerkgeleenthede en Sanlam Trust se boedelportefeulje uit te brei (300 enkosi).
WEN
1. Noem twee opwindende nuwe produkte wat Sanlam bekend gestel het.
2. Watter persentasie van SFA se nuwe besigheid word deur BlouSter- en professionele praktyke bygedra?
3. Hoeveel promosie-items het Sanlam in sy reeks?
Sanlam het sy Groepbeleid vir die Groepskema tussen Sanlam Ontwikkelende Markte en die trustees van die Kganya Benefits Fund Trust hernu, en DIE VERHOUDING TUSSEN SANLAM EN DIE NUUT GEKONSOLIDEERDE KGANYA INSURANCE ADMINISTRATORS (PTY) LIMITED VERSTEWIG. Die skema verskaf dekking aan sowat 700 000 Zion Christian Church-lidmate. Bo is Johan van Zyl, Groep Uitvoerende Hoof, en biskop dr. Barnabas Lekganyane. Die beeld, met ’n gedenkplaat met die woorde ‘Soaring to new heights’, simboliseer die hernuwing van die verhouding.
SKETS VERSKAF DEUR DIE GROENGEBOU-KONSULTANTE PAUL CAREW CONSULTING
E-pos jou slim idees oor die volgende tema, Teikenmark-testamente, na
[email protected] Lees ‘Testamente in visier’ boaan vir meer besonderhede van die teikenmarktema.
Twee gelukkige lesers kry ’n kans om elkeen ’n R500-koopbewys van Woolworths los te slaan, met vergunning van Reality. Al wat jy moet doen, is om die Augustus-uitgawe van In Sanlam Persoonlike Finansies te lees en die volgende drie vrae te beantwoord:
2 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
Endemiese plante met lae
Lizelle het voorgestel dat inligting oor Sanlam Trust se dienste by die doodseisevorm ingesluit word, of dat ’n skakel op die aanlynvorm aangebring word vir ’n aanbod om die oorlede kliënt se boedel te beredder (4 000 enkosi).
LEES IN SPF EN
Die kompetisie sluit op 10 September 2013. E-pos jou antwoorde na
[email protected] Wenners sal per e-pos in kennis gestel word.
4 ster van die Groen Bouraad van SA
kleedkamers en teekombuise wat vraag met 39% verminder
Dié Sanlammers is beloon vir hul innoverende idees om Sanlam Trust se aantal eksterne boedels te laat groei – die kompetisietema vir Junie.
Die SPF Kliëntekontaksentrum (KKS) wil hê tussengangers moet weet dat belangrike en interessante besigheidsverwante nuus wat met die KKS verband hou, tweeweekliks in die elektroniese nuusbrief In Sanlam Distribusie verskyn. As jy deel van SPF Distribusie is, is jou e-poskopie van die digitale In Sanlam Distribusie-nuusbrief ’n noodsaaklike hulpmiddel om jou sukses te verseker. Dit is vol produk-, proses- en bedryfsnuus, en bevat ook die jongste fondsprestasietabelle. Moenie dit misloop nie!
Teiken ’n
Green Star SAgradering:
lacier van Sanlam se indrukwekkende nuwe hoofkantoor in die Tygervallei-omgewing van Kaapstad is deel van ’n ekovriendelike gebouontwikkeling ter waarde van R216 miljoen – een van die groenstes in die Wes-Kaap. ‘Ons wou ons personeel in ’n gebou akkommodeer wat ons korporatiewe filosofie van omgewingsvolhoubaarheid sterk weerspieël,’ sê Anton Raath, Uitvoerende Hoof: Glacier. ‘Een van ons sleuteldoelwitte is om die omgewingsimpak van al ons aktiwiteite deurlopend so laag as moontlik te hou. Dié gebou bied aan ons werknemers en kontrakteurs in alle opsigte ’n groen omgewing.’
Waterdoeltreffende toebehore in
Innovasies om te vertrou
SPF KKS wil hê jy moet weet …
G
10 544m²
Help ons om ’n manier te kry sodat Sanlam Trust met dié potensiële kliënte in verbinding kan tree of hulle kan oorreed om hul testamente op te stel of te hersien. Stuur jou idee voor die einde van Augustus deur SanPort of per e-pos na
[email protected] Vir meer inligting oor teikenmarktestamente, tree in verbinding met Albie Janse van Rensburg van Sanlam Trust by 021 947 6364 of Ann Nel by 021 947 6354.
Energiedoeltreffende beligting, insluitend outomatiese
plante word deur omheining beskerm.
Veilige fietsparkeerplek, kleedkamers en stortgeriewe vir werknemers wat per
fiets werk toe ry
Die verhitting-,
ventilasie- en Hoëwerklugversorgingstelsel verrigting-glas kontroles wat perimeter-soneligte het wisselende om skerp sonlig en afskakel wanneer genoeg natuurlike spoedwerking wat opbou van sonhitte lig voorkom en kontroles om ligte te hitteherwinning moontlik te verminder verdof tot vlakke wat net genoeg is om natuurlike lig aan te vul
maak en die gebou help om energieverbruik te verminder
Eksterne skadunette en hoëprestasie-glasuring op die oostelike en westelike fasades om ’n balans met verhoogde natuurlike lig en
toegang tot buiteuitsigte te skep
’n Hoëwerkverrigting-fasade
met ’n groot betondak, balkonne en diep gebou-oorhange wat
beskerming teen direkte sonstrale bied Sal jaarliks sowat 200 ton
koolstofvrystellings uitskakel Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 3
DIE BESIGHEID
CUMULUS ECHO
Eggo ons sukses Sanlam se nuwe Cumulus Echo-aftreespaarprodukreeks het ’n unieke benadering tot die lojaliteitsbonuskonsep – die Echo Bonus, ontwerp om ongeëwenaarde waarde tot kliënte se aftreespaargeld toe te voeg.
S
Dit bied ongeëwenaarde waarde vir geld vir alle kliënte deur: • van die laagste verminderings in opbrengs in die mark
persentasie wees. ‘Ons illustreer deur die duur van die polis vir kliënte die opgehoopte Echo Bonus tot op die huidige datum, asook die Echo Bonus – gebaseer op die bydraes tot op datum – wat na verwagting op die beplande aftreedatum bygevoeg sal word,’ sê Tiaan. ‘Laasgenoemde, wat ’n aansienlik hoër bedrag sal wees, sal duidelik die krag van saamgestelde rente toon. Die voordeel om deurlopend bydraes te betaal en die aftreespaargeld onaangeraak te hou, sal dus
CUMULUS ECHO-KENMERKE
• geen wysigings heffing wat by vroeë beëindiging, of indien premies gestaak of verlaag word, van die fondswaarde afgetrek word nie
Die Cumulus Echoprodukreeks bestaan uit: Cumulus Echo UittreeAnnuïteit
‘Die Cumulus Echo-produkreeks bevat die Echo Bonus – nog ’n eerste van Sanlam in die Suid-Afrikaanse mark wat uitmuntende waarde tot kliënte se aftreespaargeld toevoeg,’ sê Tiaan Fourie, Produkaktuaris: Spaar by Sanlam Persoonlike Finansies. Die Echo Bonus word bereken as ’n persentasie van die fondswaarde op die tydstip van berekening, vermenigvuldig met ’n faktor. Die persentasie hang af van die termyn wat die polis teen aftrede of beëindiging van krag was. Hoe langer die termyn, hoe hoër sal dié
Cumulus Echo Pensioen/ Voorsorg Beskermer
4 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
• bekostigbare minimum bydraes
Die Cumulus Echo-produkreeks bied die volgende mededingende opsies: • Die Basiese opsie, slegs beskikbaar vir die Uittree-Annuïteit, is ’n meer vaartbelynde, kostedoeltreffende • Die Omvattende opsie bied opsie met ’n enkele fonds wat teen groter buigsaamheid. Dit is uiters lae fooie toegang tot van die beskikbaar vir beide die Uittreevoorste batebestuurders bied. Hierdie Annuïteit en Beskermerplanne fonds, bekend as die Cumulus Echo en bied ’n geselekteerde reeks Leeftyd Beleggingsopsie, verseker gehaltebeleggingsfondse dat kliënte se aftreespaargeld om van te kies. Binne die optimaal bestuur word. Dié opsie Omvattende opsie kan ’n kliënt bied ’n allesomvattende finansiële Omvattende R28 kies wat behoefte-ontleding, aansoekvorm, slegs Regulasie 28-nakomende adviesrekord en aansoekproses. Die beleggingsfondse bied, Basiese opsie het ook laer minimum insluitend die Cumulus Echo bydraevereistes. Leeftyd Beleggingsopsie.
Wie behoort in Cumulus Echo te belê? Aftreespaargeld is daarop gerig om lang termynwaarde aan kliënte te bied en Cumulus Echo is spesifiek ontwerp vir kliënte wat: • beoog om op lang termyn by Sanlam te belê, verkieslik tot aftrede; en • toegang tot unieke beleggingsfondse wil hê wat die maatskappy beskikbaar het (die Leeftyd Beleggingsopsie, SIM Reg28 Property Equity Fund en Sanlam Escalating-fondse). Cumulus Echo is nie geskik vir kliënte wie se wisselende inkomste hulle nie in staat sal stel om hul maandelikse bydraes te betaal nie.
GEVALLESTUDIE Emma beoog om op 60 jaar af te tree en dra deurlopend by totdat sy aftree, soos beplan. Let in die illustrasie hier onder op die uitwerking wat die ouderdom waarop sy met haar bydraes begin, op die Echo Bonus het.
Emma begin op ouderdom 20
Emma begin op ouderdom 35
Emma begin op ouderdom 50
O H S EC NU BO
A SP FT A RE A E RG EL D
O H S EC NU O B
Besoek SanPort vir volledige brosjures oor die Cumulus Echoprodukreeks vir jou en jou kliënte.
A SP FT A RE A E RG EL D
10%
Echo Bonus
50%
Echo Bonus ‘Die Cumulus-produkreeks was tot dusver ’n skitterende presteerder vir Makelaar Distribusie omdat dit spesifiek enkelpremiebeleggings gelok het. Met die produkverbeterings wat by die Cumulus Echo-nuwegenerasieprodukreeks ingesluit is, is ons regtig optimisties dat dit in die afsienbare toekoms sal voortduur en selfs kan uitbrei. Die byvoeging van Cumulus Echo het beslis die waardeproposisie aan die kliënt verbeter, wat deesdae die enigste manier is om volhoubare nuwebesigheidsgroei te verseker. Dit help ook dat ons mededingers se aanbiedinge in dié area ver te kort skiet vergeleke met wat Cumulus Echo bied! Makelaar Distribusie is opgewonde om dit na die mark te neem!’ JACQUES COETZER, HOOFBESTUURDER: MAKELAAR DISTRIBUSIE
‘Die Cumulus Echo-produkreeks is ’n splinternuwe konsep waarin Sanlam vooruit gedink en ’n nuwe dimensie tot aftreevoorsiening toegevoeg het. Ek glo tussengangers en hul kliënte gaan opgewonde wees oor Cumulus Echo en dat die produkreeks ons sal help om ons leierskapsposisie in die mark selfs verder te vergroot wat aftreevoorsiening betref.’
JACO COETZEE, HOOFBESTUURDER: SANLAM FINANSIËLE ADVISEURS
O H S C E NU BO
- D EE EL TR RG AFPAA S
anlam se gewilde Stratus- en Cumulusprodukreekse het ’n lang geskiedenis van aftreespaarprodukte wat waarde vir geld aan kliënte bied. Nou is die suksesse van elkeen geneem en die voordele uitgebrei om ’n nuwe produkreeks te skep – Cumulus Echo. Die uitsonderlike kenmerk van dié produkreeks is sy uitstekende waarde vir geld wat deur sy unieke Echo Bonus moontlik gemaak word – ’n lojaliteitsbonuskonsep wat ’n bykomende voordeel toevoeg om kliënte se aftreespaargeld te versterk.
beklemtoon word. Dis belangrik dat kliënte sien hoe langer hul spaargeld belê word en hoe hoër die bedrag van die bydraes oor die termyn van die plan, hoe groter sal die Echo Bonus in die algemeen wees.’
110%
Echo Bonus
Dit is duidelik dat Emma ’n groter Echo Bonus sal ontvang indien sy op ouderdom 20 in die Cumulus Echo Uittree-Annuïteit begin spaar. Om op dié ouderdom in die Cumulus Echo Uittree-Annuïteit te begin spaar beteken boonop dat haar Echo Bonus haar aftreespaargeld gaan oortref!
Wat gebeur indien Emma op 60 jaar aftree, maar slegs die helfte van haar bydraes lewer? Emma begin op ouderdom 50
Emma begin op ouderdom 35
Emma begin op ouderdom 20 Uit dié illustrasie is dit duidelik dat die Echo Bonus kleiner sal wees omdat Emma slegs die helfte van haar gekontrakteerde bydraes betaal het. Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 5
DIE BESIGHEID
SANLAM VIR GEGRADUEERDES
Bereik nuwe h oogtes Betree die mark vir gegradueerdes met Sanlam vir Gegradueerdes – ’n produkreeks eksklusief vir gegradueerdes met ’n unieke siektevoordeel wat rondom jou kliënt se behoeftes gestruktureer kan word. kliënte in die middel- en gegoedemark te lok.’ Nishen sê die gegradueerde mark het van 1995 tot 2011 verdubbel. ‘Saam met ’n indiensnemingskoers van 94% is dit ’n hoogs aantreklike en winsgewende segment vir Sanlam.’ Navorsing toon gegradueerdes het lae vervallingskoerse en bly in die algemeen vir langer lojaal as ander kliënte in die groeimark (oftewel middelmark). Gegradueerdes het hard gewerk en opofferings gemaak om ’n tersiêre kwalifikasie te bekom. Volgens Nishen het Sanlam dié aanbieding geskep, beskikbaar vir alle gegradueerdes met ’n driejaargraad of vierjaardiploma, om hulle te erken en beloon. Sanlam vir Gegradueerdes is ’n unieke reeks risiko- en beleggingsprodukte wat ontwerp en saamgestel is om gegradueerdes te help om hul finansiële mylpale te bereik en aan hul veranderende leefstyl te voldoen. Nishen sê na gelang van die kliënt se finansiële en leefstylbehoeftes sluit aftree-oplossingsprodukte wat in dié pakket aangebied word die Cumulus Echo Uittreeannuïteit vir Gegradueerdes in. Risiko-oplossingsprodukte sluit die Siektevoordeel vir Gegradueerdes en die Matrix vir Gegradueerdes-reeks in, met onder meer ’n inkomstebeskermer en dekking vir ongeskiktheid, ongelukke, gevreesde siekte en
SANLAM VIR GEGRADUEERDES-KLIËNTE JONG GEGRADUEERDES GEVESTIGDE GEGRADUEERDES Ouderdom 20 – 35 jaar 35+ jaar Inkomste R10 000 – R25 000 p.m. R25 000+ p.m. Huwelikstatus Enkel/In ’n verhouding Getroud/Getroud met ’n gesin Beroepstatus Begin beroep In ’n gevestigde beroep 6 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
ongeluksverwante dood. Kliënte se beroep en pligte sal bepaal of hulle vir die siektevoordeel kwalifiseer en watter wagtydperke van toepassing sal wees. Sodra die aansoek om Sanlam vir Gegradueerdes goedgekeur is, sal ’n verandering in leefstyl of beroep nie bestaande dekking of koerse beïnvloed nie. Sanlam is die enigste versekeraar in SuidAfrika wat dié gemoedsrus bied.
Besigheidsgeleenthede vir tussengangers Om die siektevoordeel aan die gegradueerde mark bekend te stel, bied ’n geleentheid aan tussengangers om met hul bestaande gegradueerde kliënte oor dié nuwe aanbod te praat en skep ’n kruisverkoopsgeleentheid, sê Nishen. Benewens dat nuwe kliënte gelok word, bied dié volledige mandjie produkte ’n groter geleentheid vir ’n kliënt om die voordeel van meer as een produk te geniet – iets wat die tussenganger se verhouding met die kliënt verder kan versterk. ‘Deur op ’n bepaalde segment te fokus, kan tussengangers ook aktief instellings, werkplekke en professionele liggame teiken waar dié individue hulle bevind. Dit bied dus uitstekende geleenthede vir werkplekbemarking.’
FOTO’S GETTYIMAGES.COM EN VERSKAF
S
anlam se nuutste brandpunt-innovasie stel tussengangers in staat om gegradueerdes, een van die vinnigs groeiende marksegmente in die land, met vertroue te lok. Sanlam vir Gegradueerdes is ’n eksklusiewe reeks mededingend geprysde produkte wat ontwerp is om in die unieke behoeftes van nuwe en huidige gegradueerde kliënte te voorsien. Dit bevat nóg ’n eerste in die mark – ’n siektevoordeel wat aangepas kan word om in jou gegradueerde kliënte se unieke omstandighede en behoeftes te voorsien. ‘By Sanlam het ons besef ons tussengangers hanteer ’n toenemende besigheidsuitdaging,’ sê Nishen Naidoo, Oplossingsbestuurder: Groeimarkoplossings by Sanlam Individuele Lewens en Segment Oplossings. ‘Benewens ’n kliëntebasis wat verouder, is daar ’n groot behoefte om herhalendepremie-besigheid van
‘Gegradueerdes is een van die marksegmente in die land wat die vinnigste groei – die totale aantal gegradueerdes het van 1995 tot 2011 verdubbel.’
DIE SIEKTEVOORDEEL Dié voordeel is vir die eerste keer aan individue met ’n driejaargraad of vierjaardiploma bekend gestel, wat potensiële verkoopsgeleenthede vir tussengangers laat toeneem. Die kenmerke van die voordeel sluit in: • ’n Wagtydperk van 14 of 30 dae geld. • Eise kan ná 14 of 30 dae siekteverlof ingedien word (’n dokter moet die pasiënt met siekte afboek). • Tot 24 maandelikse betalings per siekte of besering kan geëis word. • ’n Gedeeltelike voordeel word betaal indien die kliënt na die werk terugkeer, maar vir die res van die 24 maande-tydperk nie sy of haar verpligtinge ten volle kan nakom nie. • Die voordeel word vir elke siektedag ná die wagperiode, insluitend naweke en openbare vakansiedae, betaal. • ’n Beëindigingsouderdom van 65 of 70 kan gekies word, laasgenoemde onderworpe aan sekere voorwaardes. • Die voordeel vul die werkgewer se siekteverlofvoordele aan. • ’n Keuse van betalingsperiodes word gebied: drie, ses, 12 of 24 maande. Dit bied buigsaamheid wanneer ’n kombinasie van die wag- en betalingstydperk gekies word en maak dit meer bekostigbaar. • Die voordeel is vir gesalarieerde én selfbesoldigde gegradueerdes beskikbaar.
VAN DIE KWALIFISERENDE BEROEPE Aankopers Administratiewe personeel/bestuurders Bestuurskonsultante Boekhouers Boere/wynmakers/keldermeesters Chiropodiste Data-analiste Eiendomsagente Eiendomsontwikkelaars Eise-assessors Higiëne-tandartse IT-/rekenaarpersoneel Kantoorbestuurders Kleinhandelaars/konsessie-eienaars Kliënteskakelbeamptes MH-bestuurders/betaallysbestuurders Middelbestuurders Opleidingsbeamptes Plaaslike regering: openbare werke/skoolinspekteurs Radiografiste Sekretaresses Skakelbestuurders Uitgewers/redakteurs Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 7
M AT R I X V I R M I V
MIV in die Matrix Sanlam het weer eens die leiding geneem – dié keer deur MIV as ’n versekerbare chroniese siekte te aanvaar. Mense met MIV wat aan die nodige keuringsvereistes voldoen, sal dus voortaan toegang tot tradisionele lewensdekking hê.
M
IV is jare gelede by Kliënt X gediagnoseer. In daardie stadium is hy as ’n hoërisiko-geval beskou en was lewensversekering buite die kwessie. Toe hy uiteindelik die geleentheid kry om ’n taamlik duur ‘spesiale’ polis uit te neem, moes hy halfjaarliks deur bloedtoetse bewys dat hy streng by die voorgeskrewe behandeling hou en dat die siekte voldoende onderdruk word. Die gevaar dat hy sy dekking kon verloor, het soos ’n swaard oor sy kop gehang. Sanlam het nou ’n revolusionêre stap gedoen deur tradisionele Matrix-lewensdekking aan mense soos Kliënt X beskikbaar te stel. Dit sal ’n enorme impak hê op duisende mense wat met MIV leef, sê dr. Pieter Coetzer, Sanlam se Hoof Mediese Adviseur. ‘Sanlam se filosofie is om almal ’n billike kans te gee – insluitend diegene met MIV. Ons onderskrywing word op wetenskaplik gepubliseerde studies gegrond. Niemand word toegang tot versekering geweier nie tensy dit onmoontlik is om lewensverwagting te voorspel of
8 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
lewensverwagting sodanig ingekort is dat die premie onbekostigbaar is. ‘Hoewel ons nog altyd mense met MIV wou verseker, moes ons vir voldoende wetenskaplike data wag sodat lewensverwagting en ’n gepaardgaande premiestruktuur bereken kon word,’ sê Pieter. ‘Ons doen voortdurend navorsing en woon internasionale kongresse by om by vordering op die gebied van MIV-behandeling en -voorkoming by te hou.’ Die afgelope twee jaar het dit begin blyk dat MIV uiteindelik as ’n chroniese siekte gekategoriseer kan word danksy doeltreffende behandelingsmetodes, veral die nuwegenerasie antiretrovirale terapie (ART), en beter beskikbaarheid van MIV-klinieke landwyd. Voor vanjaar was daar nie voldoende plaaslike studies beskikbaar om die doeltreffendheid van die jongste antiretrovirale middels en samewerking van pasiënte te bepaal nie. ‘Dis belangrik om te besef dat die bevindings van studies in Eerstewêreldlande nie altyd toepaslik is in ontwikkelende lande nie. Faktore soos verskille in demografie, behuisingstandaarde, toegang tot mediese sorg, voedingstatus en die voorkoms van aansteeklike siektes soos tuberkulose het ’n groot invloed op die bevindings van sulke studies.’ Maar twee belangrike publikasies vroeër vanjaar het dit moontlik gemaak om deur middel van aktuariële modelle ’n langtermyn-bepaling te doen van die lewensverwagting van plaaslike MIV-lyers op ARTbehandeling, sê Pieter. ‘Danksy die jongste beskikbare middels hoef MIV-lyers nou daagliks net een kombinasietablet te neem. Omdat dit meer bekostigbaar is en minder newe-effekte as vorige behandelingsmetodes het, toon pasiënte ook beter samewerking. ‘Dit het ons baie opgewonde gemaak dat ons uiteindelik gewone lewensversekering vir mense met MIV kan aanbied.’ Omdat Kliënt X voortaan ‘normale’ lewensversekering kan uitneem, sal hy ook beter finansiële beplanning vir sy gesin kan doen en vir finansiële transaksies soos ’n huisverband of lening vir persoonlike of besigheidsbehoeftes oorweeg kan word. Die maksimum versekerde bedrag sal aanvanklik beperk word tot R5 miljoen per lewe. ‘As dit duidelik is dat Kliënt X verantwoordelik is met die behandeling van sy siekte, en die siekte medies onder beheer is, sal hy voortaan dieselfde toegang tot lewensversekering hê as ander mense met chroniese siektes. Soos met enige ander chroniese siekte sal mense met MIV wat vir Matrix-lewensdekking kwalifiseer, eenmalig onderskryf word en gemoedsrus hê dat die dekking nie sal verval nie. ‘Selfs met ’n mediese belading behoort die premies vergelykbaar te wees met dié vir ander chroniese siektes.’ Pieter beklemtoon dat nie alle aansoeke van mense wat met MIV leef, sal slaag nie. Sanlam se risiko-onderskrywingsbeleid sal aangepas word om mense met MIV volgens gesonde beginsels te keur. Net soos aansoekers met ander chroniese siektes soos diabetes of hartkwale op grond van sekere kriteria oorweeg word, sal faktore soos die stadium van die siekte, mediese geskiedenis (aantal infeksies en hospitaliserings), mate van beheer van die siekte en samewerking met behandelingsriglyne in ag geneem word. Dié beginsels geld deurgaans wanneer mense met chroniese siekte om lewensdekking aansoek doen. Hoewel die basispremie dieselfde as dié van tradisionele lewensversekering is, sal ’n mediese belading geld wat volgens bogenoemde faktore bereken word, sê Pieter. Matrix-versekering vir mense met MIV vervang nie die spesiale produk wat tot dusver beskikbaar was nie. Diegene wat nie vir Matrix-versekering kwalifiseer nie, sal steeds toegang tot spesiale versekering hê, met voortgesette onderskrywing. ‘Natuurlik hoop ons die stap om MIV as ’n chroniese, behandelbare siekte te klassifiseer, sal die stigma rondom die siekte help verwyder. Die sukses van die jongste ART-behandeling behoort vir almal as bykomende aansporing te dien om vas te stel wat hul MIV-status is en vir behandeling aan te meld.’
‘Dit het ons baie opgewonde gemaak dat ons uiteindelik gewone lewensversekering vir mense met MIV kan aanbied.’
DR. PIETER COETZER, SANLAM SE HOOF MEDIESE ADVISEUR
MATRIX IN ’N NEUTEDOP
FOTO JAN RAS
DIE BESIGHEID
1. Onderskrywing word eenmalig in die aansoekstadium gedoen. Daar is dus geen risiko dat die dekking weens komplikasies sal verval nie. 2. Mense met MIV word nie meer almal oor dieselfde kam geskeer nie. Elke individu word volgens die status van sy of haar siekte onderskryf. 3. Dis helelewensdekking en nie slegs vir ’n gedefinieerde tydperk geldig nie, dus bied dit beter finansiële voordele. 4. Die premies vergelyk gunstig met dié van ander chroniese siektes. 5. Dis nie spesiaal ontwerp vir mense met MIV nie. Só beklemtoon Sanlam die feit dat MIV soos enige ander chroniese siekte gehanteer moet word. Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 9
DIE BESIGHEID
S FA
SFA OP KOERS!
SFA is stewig op pad om vanjaar goeie groeisyfers te behaal. Daarby beloof opwindende produkbekendstellings en ander inisiatiewe om produksie ’n verdere hupstoot te gee.
10 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
FOTO’S GETTYIMAGES.COM EN VERSKAF
S
es uit ses! Sanlam Finansiële Adviseurs (SFA) het in elk van die eerste ses maande van vanjaar sy doelwitte oorskry – en dit ondanks ’n tekort aan mannekrag. Volgens Jaco Coetzee, Hoofbestuurder: SFA, is dit die eerste keer in die geskiedenis dat SFA sy doelwitte bereik met te min mannekrag aan boord. ‘Dit beteken ons bestaande mannekrag is baie meer produktief. Ons begin ook daarin slaag om ervare mense van elders in die bedryf aan te stel. Sowat ’n derde van ons aanstellings vanjaar is adviseurs met ervaring wat baie vinniger as ander nuwelinge gevestig raak en produksie begin lewer.’ ’n Groot deel van SFA se sukses is te danke aan BlouSter-besighede wat, getrou aan hul naam, skitterprestasies lewer. ‘Waar SFA in die geheel vir die eerste ses maande ’n groei van 15% teenoor verlede jaar toon, het BlouSter-besighede met 20% gegroei. Hulle het verlede jaar dubbel soveel as die res van SFA gegroei. BlouSter-besighede en professionele praktyke bring tans 49% van SFA se nuwe besigheid in.’ Sowat 620 van die 1 850 adviseurs in SFA werk in ’n BlouSter-besigheid of professionele praktyk. Laasgenoemde is besighede wat nie tans die BlouSter-handelsmerk gebruik nie, maar al soos ’n besigheid funksioneer. Jaco sê wat die rekrutering van mannekrag betref, het SFA sy visier nou meer op die senior mark gerig en minder op die massamiddelmark. ‘Ons probeer meer senior adviseurs aanstel wat in BlouSter-besighede kan werk. Omdat dit moeiliker is om senior aanstellings te doen, het ons nie soveel adviseurs soos wat ons graag sou wou hê nie, maar ons behoort teen die einde van die jaar ’n goeie groei in mannekrag te toon.’ Die strenger rekruteringstelsel bring ook mee dat minder adviseurs as in die verlede aangestel word. ‘In 2011 is sowat 25% van die mense wat met die takseerproses begin het, aangestel. Dié syfer is nou 15%. Ons maak ook seker dat die nuwelinge wat ons aanstel die moeilike RE-eksamen sal kan slaag.’
Die toekoms Ondanks die tekort aan mannekrag behoort dit ’n goeie jaar vir SFA te wees, meen Jaco. ‘Ek is baie tevrede met hoe dit tot dusver gaan en opgewonde oor die nuwe inisiatiewe wat in die tweede deel van die jaar voorlê.’ Nuwe produkbekendstellings – die grootste in
dekades! – is deel van dié opwindende inisiatiewe. ‘Die Echo RA is ’n fantastiese produk wat goed sal vaar en saam met Sanlam vir Gegradueerdes behoort dit vir ons ’n goeie hupstoot in herhalendepremiebesigheid te gee. Dit bied aan adviseurs die geleentheid om afsprake te maak met kliënte by wie hulle nie andersins sou uitkom nie.’ Ook opwindend is die implementering van SanFin, want dit gaan aan adviseurs die mees professionele tegnologie gee om finansiële advies te kan verskaf. ‘Dit ondersteun ons visie om die mees professionele finansiële-adviesverkoopsorganisasie te wees. SanFin gaan vir adviseurs groot oorhoofse kostebesparing teweeg bring omdat dit nuwebesigheidsprosesse baie goedkoper maak.’ Nog ’n komende nuwigheid is ’n administratiewe stelsel vir korttermynbesighede wat prosesse gaan vergemaklik. (Hou die September-uitgawe van In SPF dop vir volledige inligting daaroor.) Die grootste uitdaging is egter die implementering van die Treating Customers Fairly-beginsels (TCF) op 1 Januarie 2014. Aangesien kliëntgerigtheid deel van SFA se visie is en prosesse reeds bestaan om dit uit te voer, voorsien hy egter nie probleme om die TCF-beginsels na te kom nie, sê Jaco. ‘Ons sal adviseurs ondersteun met dit wat hulle nodig het om bewys te kan lewer dat ons besigheidsbeleid en -prosesse aan TCF voldoen.’ Hy sê sedert SFA se nuwe visie vroeër vanjaar bekend gestel is, is dit baie positief deur adviseurs ontvang omdat die elemente van die visie nie net vir SFA sinvol is nie, maar ook vir adviseurs se eie praktyke of besighede.
‘Ek is baie tevrede met hoe dit tot dusver gaan en opgewonde oor die nuwe inisiatiewe wat in die tweede deel van die jaar voorlê.’ JACO COETZEE
SFA se syfers vir eerste ses maande |
Enkelpremiebesigheid Glacier SILSS Sanlam Kollektiewe Beleggings
GROEI OP 2012
|
PERSENTASIE VAN DOELWIT
145% 114% 127%
116% 102% 124%
Herhalendepremie-besigheid Bruto 101% Vervallings* 86% Netto 104% DIF (Distribusie-inkomstefooi) 115%
95% 83% 97% 104%
* Die lae vervallingspersentasie dui daarop dat minder vervallings voorkom teenoor 2012 en waarvoor begroot is.
Só vaar die streke … STREEK
Noordland Wes-Kaap Gauteng-Sentraalwes Gauteng-Suidoos Gauteng-Noord Sentraal KwaZulu-Natal
|
GROEI OP 2012
124% 119% 116% 120% 113% 109% 101%
|
PERSENTASIE VAN DOELWIT
106% 108% 108% 106% 107% 100% 92%
Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 11
S FA
Nuwe Kode van Professionele Gedrag vir SFA-adviseurs Sanlam Finansiële Adviseurs (SFA) het sy Gedragskode vir adviseurs en bestuur hersien om sy visie te ondersteun. Die Kode van Professionele Gedrag vir SFA-adviseurs behels die volgende ...
S
FA-adviseurs is altyd bewus van ’n professionele beeld wat hulle moet uitdra in alle aspekte van skakeling met kliënte. Adviseurs is ook deeglik bewus daarvan dat hul optrede die beeld van Sanlam Lewens en spesifiek dié van SFA beïnvloed, en daarom sal ’n adviseur: • in alle omgang en interaksies met kliënte, hetsy deur hom- of haarself of sy of haar eie personeel en/of administratiewe kantoor, seker maak dat kliënte werklik Sanlam se kultuur van kliëntgerigtheid en billike behandeling van kliënte soos vasgelê in toepaslike Sanlam-kodes en SFA-handveste ervaar • by geen aktiwiteit betrokke wees wat Sanlam Lewens se integriteit, respek vir diversiteit, onpartydigheid of goeie naam in gevaar sal stel nie • ’n kultuur van nakoming toon wat wetgewing betref, asook Sanlam Lewens en SFA se interne reëls en ander eksterne/statutêre reëls wat op adviseurs van toepassing is • altyd optree volgens Sanlam Lewens se Etiese Kode en die bykomende interpretasie hier onder, soos van toepassing op adviseurs in SFA • verseker dat eie personeel en/of administratiewe kantore op so ’n manier ingelig, opgelei, bestuur en ontwikkel word dat hul eie gedrag altyd dié beginsels ondersteun, asook die verbintenisse hier onder, soos en wanneer dit op hulle van toepassing is.
Verbintenis deur SFA-adviseurs
Ter ondersteuning van Sanlam Lewens se doel van etiese en professionele bemarking en in belang van al sy kliënte, verbind adviseurs hulle tot die volgende beginsels van SFA, wat volledig by die beginsels van Sanlam Lewens aansluit:
12 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
R
ONS VERBIND ONS DAARTOE … Om die visie van SFA ten volle te onderskryf en uit te leef: om die mees professionele en kliëntgerigte finansiële-adviesverkoopsorganisasie in Suid-Afrika te wees wat kliënte billik behandel terwyl besigheid winsgewend en volhoubaar gedoen word.
EERLIKHEID EN OPREGTHEID
SFA SE BEELD, ASOOK DIÉ VAN DIE ADVISEUR
Om absolute eerlikheid en opregtheid in besigheids- en professionele onderhandelings te handhaaf en nie feite buite konteks aan te bied, wanvoorstellings te gee of feite te verberg of verdraai en sodoende verwagtinge by kliënte te skep wat vals, misleidend of onbereikbaar deur Sanlam se normale aanbiedinge en prosesse sal wees nie.
Om nougeset in besigheid, professionele verhoudinge en omgang met kliënte op te tree, en só eie professionele beeld en dié van SFA te bevorder deur daarna te streef om die standaarde wat deur SFA gestel is te bereik en diensooreenkomste met kliënte te eerbiedig.
HOFLIKHEID EN HULPVAARDIGHEID
INTEGRITEIT Om die hoogste vlak van respek, eer en integriteit teenoor kliënte te handhaaf en hul belange voor eie te plaas.
Om hoflik en hulpvaardig teenoor kollegas en kliënte te wees, ook nadat transaksies met kliënte afgesluit is.
FINANSIËLE ADVIES AAN KLIËNTE • Om voortdurend eie kennis van produkte, toepaslike wetgewing, die bedryf en die ekonomie by te werk, en kwalifikasies te verbeter om professionele advies aan kliënte te verbeter. • Om aan kliënte die gehalte en tipe finansiële advies en diens te verskaf wat ’n mens self in dieselfde situasie sou wou ontvang. • Om objektiewe, gebalanseerde finansiële advies aan kliënte te verskaf en nie opsetlik bevooroordeeld teen ander persone, instellings en/of organisasies te wees of hulle in eie belang in ’n swak lig te probeer stel nie. • Om advies en diensprosesse by SFA se reëls en standaarde te laat aansluit, onder meer die bekende sesstap-adviesproses, asook behoorlike, uitvoerbare testamente vir kliënte op te stel.
VERTROULIKHEID Om kliënte se inligting met die uiterste vertroulikheid en streng volgens die voorskrifte van SFA te hanteer. ILLUSTRASIE GETTYIMAGES.COM
DIE BESIGHEID
LOKMIDDELS Om nooit enige kliënt te probeer oorreed om enige transaksie af te sluit deur finansiële of enige ander tipe lokmiddel aan te bied nie.
OM KLIËNTE VIR EIE GEWIN TE OORREED Om nie ’n kliënt te probeer oorreed om bestaande besigheid toe te laat om te verval, dit volopbetaald te maak of dit tot eie voordeel van die adviseur te laat beëindig nie.
MANIPULERING VAN SFA SE STELSELS EN KOMPETISIES Om SFA se stelsels en kompetisies op geen wyse te probeer manipuleer deur besigheid te koop of verkry wat afwyk van wat normaalweg van ’n adviseur verwag word nie.
LANGTERMYNVERHOUDINGE Om volgehoue, langdurige verhoudinge met kliënte as hul vertroude finansiële adviseur te bou, deur opreg hul belange op die hart te dra, hulle voortdurend ingelig te hou oor sake wat vir hulle tersaaklik en van wesenlike belang is, en hulle waar moontlik te help met kwessies wat hul besigheid met Sanlam betref.
NAKOMING VAN REËLS Om alle reëls en voorskrifte van SFA in eie prosesse en werkmetodes vas te lê en te verseker dat dit te alle tye nagekom word; en ook die verantwoordelikheid te aanvaar om eie personeel op die hoogte van dié sake te hou en nakoming te verseker wat hul prosesse, standaarde en algemene optrede betref. Let wel: Die beskrywing ‘kliënte’ beteken alle persone en/of entiteite met wie Sanlam reeds bestaande besigheidsverhoudinge het, asook diegene met wie adviseurs skakel met die voorneme om besigheidsverhoudinge te vestig, dus klante/potensiële kliënte. Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 13
DIE BESIGHEID
SANFIN
B LO U S T E R - B E S I G H E I D
Yadah-ster skitter
SanFin
Elmaréza Bester, Praktykbestuurder: Yadah BlouSter, regeer haar koninkryk met ’n ysterhand en warm hart. In SPF het haar gevra hoekom haar rol noodsaaklik is in ’n BlouSter-besigheid.
’N
Die groot omskakeling Is jy bekommerd oor wat met jou S.net Spotlightdata gaan gebeur wanneer dit van S.net na SanFin omgeskakel word? Jy kan die volgende verwag …
J
y kan in ’n helikopter óf vliegtuig van punt A na punt B vlieg. Die twee maniere van vervoer stem ooreen, maar hoe hulle vlieg en jou ervaring as ’n passasier verskil grootliks. Dit geld ook vir SanFin en S.net Spotlight – die twee kan nie met mekaar vergelyk word nie. Albei is advieshulpmiddels, maar die werkmetodes en jou gebruikerservaring sal verskil. Groot sorg is getref om te verseker dat die korrekte inligting uit elke veld in S.net Spotlight na ’n ooreenstemmende veld in SanFin oorgedra word. Sekere inligting sal egter nie omgeskakel word nie, en ander sal elders in SanFin gehuisves word. Jy sal betyds ingelig word wanneer dit tyd is vir jou omskakeling.
Hoekom is hierdie posisie noodsaaklik?
Eienskappe van ’n goeie praktykbestuurder • Passie, energie, toewyding en uithouvermoë. • Doelgerigtheid, selfvertroue en kennis van waarheen die besigheid op pad is en hoe om daar te kom. • Kundigheid en ervaring van die finansiëlediensteen versekeringsbedryf (veral Sanlam). • ’n Praktykbestuurder moet met hart en siel deel van die besigheid wees. • Hy of sy moet ’n aanleg vir syfers en kennis van rekenaarprogramme soos Pastel, MS Word en Excel hê. • Kennis van menslike hulpbronne is ’n aanbeveling.
14 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
Wie en wat sal nie van S.net in SanFin omgeskakel word nie? 1. Alle kliënte onder ‘Deleted Items’ in
ILLUSTRASIE GETTYIMAGES.COM
Elmaréza Bester, Praktykbestuurder (middel voor), met (van links) Amanda Kleinhans, Risiko-assistent (Robertson); Johan Barnard, Prinsipaal en Beleggingsbeplanner (Robertson); Charlene Lötter, Beleggingsassistent (Robertson); en Carl Nel, Prinsipaal en Risikobeplanner (Paarl).
• ’n Prinsipaal kan lei, maar nie noodwendig bestuur nie. Die praktykbestuurder moet prosesse in werking stel en handhaaf, en eenvormigheid implementeer. Prinsipale het nie altyd ervaring van en tyd vir administratiewe take nie. • Dissipline en orde is slegs moontlik as daar ’n beleid is en reëls neergelê word. • Goeie kommunikasie is die ruggraat van ’n suksesvolle besigheid en een van die belangrikste take van die praktykbestuurder. • Werksetiek moet gemonitor word om professionalisme te verseker. • Die praktykbestuurder kontroleer die besigheid se visie en waardes, waarsonder groei en sukses nie moontlik is nie.
FOTO SHAVAN RAHIM
Skilpad kom nêrens tensy hy sy kop uitsteek nie en ’n vlieër styg op met die wind van voor. Dís Elmaréza Bester se filosofie vir haar rol as praktykbestuurder van Yadah BlouSter, wat verlede jaar ’n BlouSter Besigheid van die Jaar-finalis was en tweede in die kompetisie geëindig het. Yadah (Hebreeus vir ‘lofbetuiging’) is op Robertson gevestig, maar het ook ’n subkantoor in die Paarl. Elmaréza, ’n voormalige verkoopskonsultant in SFA se Global-eenheid, het kragte met die prinsipale Johan Barnard en Carl Nel saamgesnoer om Yadah in Junie 2011 te begin. ‘Ek het aanvanklik nie geweet hoe om ’n praktyk te bestuur nie en moes myself bemagtig en die posisie myne maak. Boonop was daar twee kantore, dus ’n verdeelde span en geen duidelike roluitklarings nie. Maar ek het vas geglo ek kan ’n verskil maak,’ sê Elmaréza. Nou is sy die volwaardige stuurman van die Yadah-skip. Sy ‘bestuur’ haar prinsipale se dagboeke; implementeer en wysig besigheidsprosesse; doen begrotingsbestuur, beplanning, aankope, uitbetalings en salarisinvoere; hanteer verlofaansoeke; rekonsilieer maandstate; skeduleer vergaderings en gespreksessies en veel meer. Kortom: Sy sorg dat Yadah se wiele geolie bly! Volgens Johan is die praktykbestuurder die hartklop van ’n BlouSter-besigheid. ‘Een van Elmaréza se belangrikste take is om toe te sien dat ons besigheid se standaard deurentyd gehandhaaf word – die groei van Yadah se voetspoor na buite is háár verantwoordelikheid.’ Elmaréza is vol lof vir haar prinsipale en skryf haar sukses as praktykbestuurder grootliks daaraan toe dat hulle haar die vryheid gegee het om te probeer en te fouteer totdat sy met ’n wenresep vorendag kon kom. By Yadah geld dieselfde reëls vir almal. Maandvergaderings en tweeweeklikse gespreksessies is ononderhandelbaar, en elkeen het ’n geskeduleerde datumlys vir die hele jaar. Dissipline en ’n geordende struktuur is uiters belangrik in dié soort besigheid. ‘John Rockefeller het gesê: “Die sleutel tot sukses is om gewone dinge buitengewoon goed te doen.” Dit is my leuse, want as jy nie na volmaaktheid streef nie, sal jy nooit uitnemendheid bereik nie,’ sê Elmaréza.
DIE BESIGHEID
S.net Spotlight 2. Leidrade (rooi vouers) 3. ‘What if’-kliënte (groen vouers) 4. Private briewe in ‘Editor’ 5. Kliëntedokumente wat in c:\My Documents\My Clients gestoor is. Jy kan dié dokumente na SanFin oplaai wanneer jy dit nodig kry.
Wat sal op ’n ander plek gehuisves word? 1. ‘User-defined’-velde Dié data is eie
aan elke S.net-gebruiker en kan nie op dieselfde manier as in S.net vertoon word
S.net
nie. Dit sal na ’n ‘Notes’-area verskuif word waar jy die data kan besigtig. 2. Weeskliënte (pers vouers): Dit sal in normale kliënte omgeskakel word en nie meer as weeskliënte aangedui word nie.
Wat jy voor die oordrag moet doen 1. Elkeen wat toegang het tot die S.netdatabasis moet ten minste daagliks sinchroniseer. 2. Rugsteun elke Vrydag al die data op jou rekenaar, insluitend SanTrust-, SanTaxen SanQuote-databasisse. 3. Ongewenste kliënte op jou kode moet via jou lynbestuurder na ’n ander tussenganger oorgedra word. 4. Vra jou plaaslike tegnologiekonsultant vir bystand, indien nodig.
Vrae wat dikwels gestel word V: Sal my konnektiwiteitskoste styg wanneer ek SanFin gebruik? A: Die aanvanklike ramings is dat dié koste nie meer behoort te wees as dié van die data wat jy vir S.net-sinchronisasie gebruik nie. Dit sal gemonitor word. V: Het ek ’n draadlose konneksie nodig om op SanFin te werk? A: Enige internetkonneksie sal geskik wees om op SanFin te werk. V: Hoe gou sal my sekretaresse veranderings kan sien wat ek aan kliëntebesonderhede aangebring het? A: Sodra jy die veranderings in SanFin gestoor het. Wees op die uitkyk na meer oor SanFin in toekomstige uitgawes van In SPF.
Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 15
DIE MENSE
V& A
Nuwe kaptein wil aanhou wen Jy is pas as Hoofbestuurder: Makelaar Distribusie aangestel. Hoe voel jy oor dié uitdaging?
Dis wonderlik om deel van die Sanlam-span te wees. Ek is bevoorreg om saam met ’n baie kundige span in Makelaar Distribusie te werk. Wat ek nog moet leer, het hulle al vergeet! Dis ook ’n opwindende tyd om in Makelaar Distribusie te wees. Ek glo die teenpool van teëspoed is geleenthede. As ons teen die probleme vaskyk, mis ons die geleenthede. Ek is baie opgewonde dat ons nou die regte goed kan begin doen om te sorg dat die bedryf oor drie tot vyf jaar gesond is en dat ons bydrae tot Sanlam se resultate meervoudig groei. Die groot uitdaging is om te verseker dat die makelaarsbedryf in die toekoms standhoudend gaan bly. As die gemiddelde makelaar 49 jaar oud is en daar’s nie genoeg mense wat aan die onderkant inkom nie, wat gaan oor 10 jaar met makelarye gebeur as ons nie daarna kyk nie? ’n Ander uitdaging is die feit dat makelaars oorwegend wit en manlik is – waar is die vroue en anderskleuriges? Die mark is tog daar. Ek dink daardie verskuiwing gaan nou begin plaasvind. Nog ’n uitdaging is om te verseker dat die onafhanklike advies wat net ’n makelaar kan gee, vir die wye spektrum van die mark beskikbaar bly. ’n Groot aantal makelaars het internasionaal uitgeval omdat hul diens vanweë regulasies baie eksklusief geraak het sodat net ’n klein persentasie van die toppunt van die mark ’n makelaar kan bekostig. Hul diens- en fooimodelle het verander. Ek dink nie dis wat ons in Suid-Afrika wil sien gebeur nie. Ons moet dus seker maak dat ’n makelaar se praktyk sinvol, toeganklik en relevant bly, gegewe die risiko’s wat hy loop.
Wat is jou visie vir Makelaar Distribusie? Jacques Coetzer, ’n ywerige seiljagvaarder, gaan vaar dikwels naweke op sy jag.
16 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
Ons moet makelaars help om nie net te oorleef nie, maar te floreer. En ons moet seker maak dat hul onafhanklike advies op lang termyn steeds vir die breë spektrum
Hoe gaan dit tans met Makelaar Distribusie – hoe lyk die eerste ses maande se produksiesyfers?
As jy die nuwe afrigter van ’n rugbyspan is wat nog altyd verloor het, dan hoop almal jy gaan die situasie omdraai. In my geval het ek ’n wenspan gekry! Die uitdaging is om dit so te hou. Ons het die regte spanlede en hulle speel in die regte posisies – die grootste fout wat ek nou kan maak, is om daaraan te verander.
Ons produksie vir die eerste deel van die jaar is baie goed – die afgelope agt maande het ons elke maand ons doelwitte bereik. Ek dink dit gaan oorkoepelend ’n goeie jaar wees. Wat enkelpremiebesigheid betref, oortref ons ons doelwitte gemaklik, maar wat herhalendepremie-besigheid betref, is daar ’n paar uitdagings. Ek is egter vol vertroue dat die nuwe produkte wat nou bekend gestel word met die kompetisie wat daarop volg en die prysaanpassings aan risikoprodukte ’n verskil gaan maak. Hoewel die syfers goed lyk, is die mengsel van produkte en deur watter deel van die kanaal dit verkoop word nog nie na wense nie. Ons moet ons risikoproduksie verhoog om meer winsgewend te wees. Wat dit betref, het ons nog werk om te doen. Ons moet ook ons voetspoor uitbrei waar die geleenthede is – veral in Johannesburg, KwaZuluNatal, Oos-Kaap en dele van die Wes-Kaap. Wat dit moeilik maak in die makelaarsmark is dat jy nie ’n resep wat vir een gebied werk op ’n ander kan dupliseer nie. Die gebiede verskil fundamenteel van mekaar en moet verskillend benader word. Maar daar is wel geleenthede.
Hoekom sukkel herhalendepremiebesigheid?
Dis baie moeilik om herhalendepremieprodukte te differensieer. Sterk pryskompetisie kom in dié mark voor, veral wat lewensversekering betref. Sanlam se onderskrywingsreëls is ook van die strengste in die bedryf, maar dis goed so, want wanneer eise uitbetaal moet word, is daar dan nie probleme nie. Ek glo as ons die ‘gesprek’ met die mark en die makelaars
Goeie syfers vir eerste ses maande GROEI OP 2012
PERSENTASIE VAN DOELWIT
SILSS
136%
129%
Sanlam Kollektiewe Beleggings
109%
107%
Glacier
141%
120%
Bruto
97%
94%
Vervallings*
74%
78%
Netto
101%
96%
DIF (DISTRIBUSIE-INKOMSTEFOOI)
116%
106%
ENKELPREMIEBESIGHEID
FOTO’S JÉAN DU PLESSIS AND JAN RAS
Jacques Coetzer, nuwe Hoofbestuurder: Makelaar Distribusie, is vuur en vlam vir die uitdaging wat voorlê. Hy sê daar is baie geleenthede vir sy wenspan om hul seile na die wind te span en vóór te vaar.
van kliënte toeganklik bly. Dit gaan oor hoe makelaars na hul besigheid en kliënte kyk – om ’n lewenslange verbintenis en verhouding met hul kliënte te hê. Hulle moet fundamenteel die regte dinge vir hul kliënte, maar ook vir hulself doen. My pa het byvoorbeeld sy lewe lank vir oom Frans Geldenhuys as makelaar gehad. En toe sy dogter later sy praktyk oorneem, het my pa steeds by die praktyk gebly omdat oom Frans ’n lewenslange verhouding met sy kliënte gehad het. Ons moet makelaars ondersteun en bemagtig om daardie tipe verhouding met hul kliënte te hê. Jou kliëntebasis is van kardinale belang vir enige besigheid wat wil oorleef en groei. Dit sluit ook aan by wat die Treating Customers Fairly-beginsels van ons vra. Kom ons maak seker dat ons vir ons kliënte doen wat ons veronderstel is om te doen. Dis niks nuuts nie – ook nie moeilik nie. Sanlam is bekend daarvoor dat hy na sy kliënte se belange omsien – ons is ons mededingers ver voor wat kliëntetevredenheid en lojaliteit betref. Dis tyd dat ons dié posisie vir onsself toeëien.
HERHALENDEPREMIE-BESIGHEID
* Die lae vervallingspersentasie dui daarop dat minder vervallings voorkom teenoor 2012 en waarvoor begroot is.
fokus op wat werklik belangrik is, kan ons ‘n wesenlike verskil hieraan maak.
Julle het 2012 op ’n hoë noot afgesluit deur vir die tweede agtereenvolgende jaar jul doelwit te bereik. Gaan julle dit vanjaar drie uit drie maak?
Ek dink so – ons projeksies lyk goed. Maar dit gaan oor meer as produksie – dit gaan eintlik oor winsgewendheid. Wat dit betref, kan ons verbeter.
Wat is die grootste uitdagings wat voorlê?
Om ons besigheidsmengsel reg te kry, om seker te maak genoeg makelaars kom in die mark in, om goeie makelaars in die mark te hou en om geleenthede te benut. Ek dink veral daar is baie geleenthede by korporatiewe makelarye wat ons nie raaksien en ondersoek nie. Nog ’n groot uitdaging is om Makelaar Distribusie se inkomste oor drie jaar te verdubbel. Ek sien geen rede hoekom dit nie kan gebeur nie.
Wat is jou boodskap aan personeel?
My boodskap aan almal in Sanlam is: As julle gedink het Makelaar Distribusie gaan mettertyd irrelevant raak, dink weer. Ons gaan die uitdagings in geleenthede omskep – en soos ’n wenspan nie net verdedigende spel speel nie, maar ook aanvallende spel. Ons het beslis die regte mense. Die passie en energie is daar, ons moet net die geleenthede aangryp.
Oor Jacques • Jacques is mal oor die buitelewe en aktief wees – hy ry bergfiets, gaan gim toe, seil en speel gholf. En so nou en dan spring hy uit ’n vliegtuig vir die lekker daarvan! • ‘Ek glo as jy nie jou enjin gebruik nie, gaan hy breek. Ek hou ook van goeie kos – as ek dus nie aktief is nie, gaan ek dalk rol!’ • ‘Ek het baie tyd nodig met myself om my energievlakke op te hou, so ek stap graag op die strand, loop op Tafelberg of lees boeke. Of doen waarvoor ek ook al lus is.’ Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 17
DIE BESIGHEID
CO B A LT 1 - 2 - 3 V I R D I E P R O F E S S I O N E L E P R A K T Y K
Hulle kan dan aanbevelings doen om die besigheid se bates en die finansiële stabiliteit van die kliënt se afhanklikes te beskerm indien hy of sy nie meer ’n inkomste kan verdien nie. As ’n besigheidsversekerings hulpmiddel is dit uniek in Suid-Afrika vanweë die manier waarop die besigheidsversekeringsbehoeftes geprioritiseer en verpak word, sê Deon. ‘Dit kan vooraf ingevulde aansoekvorms en Rob Barge kwotasies genereer, en gebeurlikheids- of koop-en-verkoopsooreenkomste opstel – dienste wat duur kos indien dit deur ’n prokureur verskaf word. Die hersieningsproses is ook makliker omdat al die inligting op dié webgebaseerde hulpmiddel gestoor word. Adviseurs kry toegang tot die hulpmiddel en bekom die verslag.’ Omdat dit webgebaseer is, bied dit beskerming teen veranderings in wetgewing. ‘Die hulpmiddel werk die inligting outomaties by. Die verslag sluit ook waardevolle belastinginligting in wat aan die kliënt se ouditeur gestuur kan word.’ Dis ’n allesomvattende hulpmiddel, sê Deon. ‘Dit dek die adviseur, selfbesoldigde professionele persoon, regsooreenkomste en selfs die ouditeur van die besigheid of praktykeienaar.’ Volgens Rob Barge, Segmentspesialis: Sanlam Professionele Mark, dien die Cobalt 1-2-3 vir die Professionele Praktyk-verslag as die Adviesrekord wat volgens die algemene Gedragskode vereis word.
SO MAKLIK SOOS Lamborghini of Citi Golf? Dis ’n uitgemaakte saak! Dieselfde geld vir die keuse tussen die Cobalt 1-2‑3 vir die Professionele Praktyk en konvensionele besigheidsmetodes. Danksy dié webgebaseerde finansiële ontledingsinstrument kan adviseurs wat in die selfbesoldigde professionele mark werk vaartbelynde, professionele en tyddoeltreffende diens lewer.
D
ie Cobalt 1-2-3 vir die Professionele Praktyk is geskep om dit vir adviseurs makliker te maak om besigheid te doen, sê Deon Theunis, Hoof: Distribusie Ondersteuning by Sanlam Besigheidsmark. ‘Dis vinniger, akkurater en fasiliteer baie van die adviseur se werk wat per hand gedoen word. Met dié hulpmiddel stof ons ons mededingers met vinnige kliëntediens uit.’ Deon Theunis Selfbesoldigde professionele persone besef nie altyd dat ’n dag dalk kan aanbreek wanneer hulle vanweë permanente ongeskiktheid, of selfs dood, nie meer sal kan werk nie. Hul afhanklikes en persoonlike boedel, vennote en werknemers loop almal die risiko om deur so ’n gebeurlikheid geraak te word. Volgens Deon is daar groot geleenthede om besigheidsversekering vir selfbesoldigde professionele persone te skryf. ‘Slegs 5% van die risikobesigheid wat vir ’n selfbesoldigde professionele persoon in dié mark geskryf word, is besigheidsversekering. Ek meen dit moet hoër wees, want die professionele persoon bestuur ’n besigheid.’ Deur die Cobalt 1-2-3 vir die Professionele Praktyk te gebruik, kan adviseurs die belangrikste finansiële beplanningsrisiko’s van ’n professionele kliënt se besigheid of praktyk identifiseer en kwantifiseer.
18 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
Produkkenmerke • Dis ’n webgebaseerde ontledingshulpmiddel wat finansiële beplanningsrisiko’s en besigheidsversekeringsbehoeftes van ’n professionele praktyk identifiseer en kwantifiseer. • Dit verskaf ’n omvattende verslag wat die risiko’s en aanbevelings rakende dekking verduidelik, asook die struktuur van dekking wat op risiko’s sal fokus en besigheidsbates sal beskerm. • Dit verskaf regsdokumente wat gereed moet wees om die oplossings te implementeer. • Dit verseker die finansiële stabiliteit van die kliënt se besigheid, afhanklikes, persoonlike boedel, vennote en werknemers.
Gevallestudie: Evert is aan boord
Hoe dit werk ’n Kort vraelys word gedurende ’n aanvanklike onderhoud met die kliënt ingevul. Indien die besigheid in geval van dood sal voortgaan, moet gebeurlikheidsverpligtinge, herstel van die kredietleningsrekening en die koopen-verkoopsooreenkoms ondersoek word. Indien die besigheid nie sal voortgaan nie, sal gebeurlikheidsverpligtinge, beskerming van die besigheid se oorhoofse koste en inkomstevervanging aandag kry. Ná die onderhoud sal die adviseur ’n profielvorm invul en die hulpmiddel stel dan ’n verslag saam. Gedurende ’n ondervragingsessie daarna sal die kliënt en adviseur konsensus oor die geïdentifiseerde risiko’s en toepaslike oplossings bereik.
FOTO’S DESMOND SCHOLTZ EN JÉAN DU PLESSIS
1-2-3
‘Die adviesrisiko (wat Fais betref) word van die adviseur verwyder en berus nou by Allegiance Consulting (Pty) Ltd, ’n private prokureursfirma wat in die ontleding van besigheidsversekeringsrisiko spesialiseer. ‘Enige adviseur kan nou besigheidsversekering met professionele persone doen, met die gerusstelling dat die aanbevelings geskik en korrek vir die omstandighede is. Dié aanbeveling sal sonder uitsondering Cobalt Oplossings vir Professionele Persone-dekking insluit met ongeëwenaarde premiekoerse wat slegs professionele persone by Sanlam geniet. ‘Die Cobalt 1-2-3 vir die Professionele Praktyk is in ’n klas van sy eie,’ sê Rob. ‘Dis so te sê uniek deurdat dit slegs op professionele praktyke fokus met spesifieke behoeftes en risiko’s wat nie deur ander besigheidsentiteite gedeel word nie.’
Hoe dit adviseurs help Tyddoeltreffend vanweë eenvoud en maklike gebruik • Doen al die nodige finansiële berekeninge • Kan vooraf ingevulde aansoekvorms en kwotasies genereer, en gebeurlikheids- of koop-en-verkoopsooreenkomste opstel • Maklike hersieningsproses aangesien die hulpmiddel webgebaseer is • Beskerm adviseurs teen risikofaktore
Evert Potgieter, Onafhanklike Finansiële Adviseur van Mosselbaai, Suid-Kaap-streek, het onlangs dié hulpmiddel met groot sukses gebruik om ’n ontleding vir ’n bekende optometriegroep op George te doen. Die vennote van die maatskappy het Sanlam genader nadat Koos du Plessis, ’n markspesialis, einde 2012 ’n aanbieding oor Cobalt Oplossings vir Professionele Persone gedoen het. ‘Finansiële state is van hul ouditeure verkry en ’n ontleding is gedoen. Ons het gedurende ons aanbieding op tekortkomings in hul besigheidsversekering gefokus. Hulle was verras deur die tekortkominge wat in ons verslag blootgelê is en het die oplossings aanvaar wat ons vir
hulle aangebied het,’ sê Evert. Volgens hom is ’n groot voordeel van die Cobalt 1-2-3 vir die Professionele Praktyk die vermoë om aan jou kliënt gemoedsrus te gee met ’n dokument wat hom of haar in staat stel om risikofaktore uit te skakel en die kontinuïteit van die besigheid te verseker. ‘Dié hulpmiddel help ook die adviseur om ’n professionele beeld te skep en maak dit moeiliker vir opponente om ’n voet in die deur te kry.’
‘Dié hulpmiddel help ook die adviseur om ’n professionele beeld te skep.’
EVERT POTGIETER
Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 19
DIE BESIGHEID
TC F
S A N L A M S KY S O L U T I O N S - I N T R A N E T
Skakel op die net
TCF-uitkoms 2: Produkte en dienste wat in die kleinhandelmark bemark en verkoop word, word ontwerp om in die behoeftes van geïdentifiseerde kliëntegroepe te voorsien en word daarvolgens geteiken.
SkyView – Sanlam Sky Solutions se nuwe intranet – is ontwerp om kommunikasie, samewerking en produktiwiteit te verbeter, en sal mettertyd die kernkommunikasiehulpmiddel vir die besigheid wees.
O
m ’n beter kommunikasiekanaal te skep het baie dinkwerk geverg oor die metodes wat tans gebruik word. ‘Ons moes identifiseer wat werk en wat nié en waaraan mense gewoond geraak het,’ verduidelik Hayley Kuhn, Hoof: Bemarking en Kommunikasie. ‘SkyView is ontwerp om kommunikasie binne die besigheid te verbeter en alternatiewe metodes om vas te stel wat die beste sou werk, verder te ondersoek. Dit sal vir mense ’n tydjie duur om dié nuwe manier van kommunikasie te ondersoek en aanvaar, maar ons sien reeds positiewe verandering.’ Die eerste fase van die projek was daarop gerig om ’n platform te vestig wat nie net goed lyk nie, maar ook funksioneel en gebruikersvriendelik is en gebruikers in staat stel om ‘mede-outeurs’ te word, sê Gary Ashby, besigheidsintelligensie-argitek en eienaar van die SkyView-projek. Om dit met sukses te bewerkstellig is ’n Intranetgemeenskap van Praktyk (Icop) tot stand gebring. ‘Die Icop bestaan uit opgeleide leiers uit elke afdeling wat bemagtig is om hul afdelingsruimtes op SkyView te skep en aan te pas. Die hooffunksie van die gemeenskap is om mekaar konstant te ondersteun en dit as ’n platform te gebruik om inligting te deel. ‘Hulle het die groot taak onderneem om al hul dokumente na die nuwe intranet te migreer en sal SkyView aanhou onderhou en verbeter.’
Hoekom SkyView? Dit het gedurende werksessies waartydens vereistes bespreek is, geblyk dat twee kwessies opgelos moes word. Eerstens het niemand inhoud besit nie of dit is deur die verkeerde mense besit. Tweedens het alle
Hayley Kuhn, Hoof: Bemarking en Kommunikasie.
afdelings inhoud gedeel met geen eenvormige standaard oor hoe om dit te stoor nie. Op SkyView word alle inhoud deur ’n spesifieke persoon besit en almal kan sien wie ’n bepaalde dokument besit. Dit stel nie net die eienaar in staat om te verseker dat die regte inhoud gebruik en gereeld bygewerk word nie, maar help gebruikers ook om met die eienaar in verbinding te tree indien hulle navrae het. ‘Die idee is dat dit samewerking tussen die verskillende afdelings sal verbeter en tyd sal bespaar om die regte persoon te probeer opspoor,’ sê Gary. Die intranet het ook ’n sosiale aspek aangesien die verskillende afdelings foto’s en stories kan deel en meer oor kollegas te wete kan kom.
Ignoreer hulle! Jy’t die regte produk vir jou behoeftes gekies. Jy sal die vrugte pluk!
Moenie moeite doen nie, ou maat! Een produk is so goed soos ’n ander!
Nou dís wat ek ’n suksesresep noem ... ’n produk wat presies vir ’n kliënt se behoeftes ontwerp is!
Die voordele van SkyView
Gary Ashby, eienaar van die SkyView-projek.
DIE BESIGHEID
Sanlam Sky Solutions hoop die volgende kan bereik word deur volledige benutting van wat SkyView bied: • Minder e-posuitsendings • Minder stuur van aanhegsels via e-pos • ’n Verminderde behoefte om inhoud in ’n gebruiker se profiel te stoor • Minder persoonlike afskrifte van maatskappydokumente • Beter kennis en deel van inligting • Om ’n kultuur van innovasie te skep • Beter kommunikasie, medeskepping van materiaal en om ingelig te word.
Voeg die daad by die woord Sanlam Sky Solutions vorder goed om Treating Customers Fairly te implementeer. Hier is meer besonderhede.
20 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
ILLUSTRASIE FRANS GROENEWALD
FOTO’S VERSKAF
D
ie uiteindelike doel van Treating Customers Fairly (TCF) is dat kliënte oortuig moet voel dat in hul finansiële behoeftes voorsien word en hulle met ’n maatskappy skakel waar billikheid ’n kerndeel van die personeel se kultuur is. ‘TCF-bewustheid het ons personeel help verstaan hoe om kliënte billiker en meer konsekwent te behandel,’ sê Cita Penn, Hoof: Kliënteoplossings by Sanlam Sky Solutions. ‘Ons het opbouende gesprekke aan die operasionele kant van die besigheid, veral onder personeel wat direk met kliënte skakel, oor hoe om billike behandeling te verseker.’ Sanlam Sky Solutions volg die Sanlam-groep se benadering om TCF toe te pas en het goed gevorder om die uitkomstes by nuwe produkontwikkelings én opleidingsmetodologie te inkorporeer. ‘Sanlam Sky Solutions dra tot die werkstrome van die groter Groep by om te verseker dat die besigheid die TCF-implementering volgens die Groep se vereistes kan doen,’ sê Cita. Die besigheid het die TCF-projek begin voordat Deloitte ’n gapingsontleding gelewer het om alle moontlike tekortkomings per uitkomste in
die Groep te identifiseer, asook spesifiek dié van Sanlam Sky Solutions. ‘As deel van ons besigheid se projek het ons werksessies gehou om ons eie tekortkomings op grond van ons begrip van die uitkomstes te identifiseer. Deur dié werksessies te hou en opvolggesprekke te voer, het mense besef dat TCF daaroor gaan om die regte ding vir ons kliënte te doen. Baie veranderings het plaasgevind aan die manier hoe ons hulle behandel, sonder dat mense eens besef het dit was TCF-spesifiek. Dit het uitstekende bewusmaking geskep,’ sê sy. Sanlam Sky Solutions het die behoefte geïdentifiseer aan ’n nuwe opleidingsmetodologie in die mark om verkoopsmense te help om die behoeftes van die kliënt, asook die mees geskikte produk vir hom of haar, te verstaan en identifiseer. Een groot verbetering in die besigheid se opleiding wat grootliks uit TCF voortvloei, is in produkopleiding, waar die konsepte van rolspel en gevallestudies bekend gestel is. Dit het ’n groot uitwerking gehad op die verkoopsmag se begrip van die produkte, asook hul vermoë om ware lewensituasies op hul onderrig toe te pas. Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 21
DIE BESIGHEID
B LO U D R U K V I R S U K S E S
Bloudruk in aksie Jou stem tel! Dis nóú die tyd om jouself te laat hoor. Die tweede meting vir Sanlam se Bloudruk vir Sukses gaan in Augustus plaasvind en jou deelname sal help om dit selfs meer suksesvol en omvattend te maak. As ’n ekstra insentief het Sanlam Persoonlike Finansies (SPF) ’n kompetisie met prysgeld van R10 000 vir die besigheidseenheid met die hoogste deelname bekend gestel.
J
y het verlede jaar saam met jou kollegas in die Groep bygedra om Sanlam se Bloudruk vir Sukses te ontwerp deur 12 kernaspekte te help identifiseer wat besigheid bevorder (positiewe elemente) en 12 wat besigheid belemmer (negatiewe elemente). Dit beliggaam die gesamentlike visie vir Sanlam se toekomstige sukses. Al die besighede in SPF het sedertdien volstoom aan inisiatiewe gewerk om Bloudruk vir Sukses van stapel te stuur en te implementeer. In die Mei/Junie-uitgawe van In SPF kon julle lees dat
SHERLOCK HOLMES-STYL VIR DVA
Distribusie Vergoedingsbeleid en -administrasie (DVA) ondersoek Bloudruk vir Sukses se positiewe en negatiewe elemente deur ’n prettige, innoverende speletjie, sê Vandena Daya, Hoof: DVA. Spanne moet leidrade oplos wat aan die positiewe en negatiewe Vandena Daya, Hoof: DVA. elemente gekoppel is. Die speletjie word aangebied en bestuur via ’n Bloudruk-ruimte wat op SharePoint geskep is. Leidrade word daagliks om 15:00 op dié ruimte uitgereik en spanne het tot 15:00 die volgende dag om die antwoord te ontsyfer. Die speletjie
die span van Polisadministrasie & Eise (PAC) selfs Bloudruk ’n vaste agendapunt op elke bestuurder se spanvergadering gemaak het. Hul benadering is gerig op ’n kultuur van dink en selfondersoek onder hul personeel om hul spangedrewe plan van aksie uit te voer. Gereelde metings is noodsaaklik om te wys hoe Sanlam as maatskappy vorder om sy doelwitte te bereik. Aanvaar die uitdaging dié Augustus, laat jou stem hoor en word deel van dié dinamiese proses om Sanlam se visie en toekoms verder te definieer.
moedig werknemers aan om hul Bloudruk-boek te lees en hulself vertroud te maak met die gewenste gedrag om Sanlam se prestasie te verbeter. Spanne deel hul gedagtes op gespreksborde op die Bloudruk SP-ruimte. Dit dra tot debat by, inspireer verandering en genereer vars idees. Die proses moedig volwasse leerwerk aan waar personeel hul eie begrip van gewenste gedrag moet kry. Personeel kan ook hul idees na ’n Ideesbank op die ruimte stuur. Hul deelname en bydrae word deur ‘bluebucks’ erken wat in die Blue Bank gestoor word. ‘Personeel het pret terwyl hulle die speletjie speel en sien uit na die uitreiking van die leidraad. Die speletjies het die spanne nuwe energie gegee en bevorder ’n gesonde gees,’ sê Vandena.
Beplan vir sukses Baie van die strategieë was reeds by Sanlam Sky Solutions (SSS) ingestel, maar dit het nuwe momentum gekry danksy Bloudruk vir Sukses se positiewe en negatiewe elemente, sê Kelvin Forbay, Bestuurder: MHkonsultasie by Sanlam Sky Solutions. Hulle fokus op die volgende:
Kelvin Forbay, Bestuurder: MH-konsultasie by Sanlam Sky Solutions.
Om positiewe elemente te verbeter • Belegging in ons mense deur bewustheid van die Investors in People-standaard (IiP) onder alle bestuurders te skep en die ontwikkeling van al die personeel en veral diensbillikheidstalent te bevorder. • Bevordering van spanwerk deur John Maxwell se The 17 Indisputable Laws of Teamwork toe te pas, spanwerk ’n bykomende kategorie vir erkenning in die Amawina-program te maak en spanbou-inisiatiewe vir afdelings te beplan. • Die skep van toegewyde, betrokke Sanlammers deur samewerking in die besigheid met vennote in ander dele van die Groep en bevordering van deursigtige, proaktiewe prestasie-ontwikkeling en Working4Me-inisiatiewe. Om negatiewe elemente te verminder of uit te skakel • Verlies van sleuteltalent – Future Fitness-sessies 22 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
en Managing your Career-werksessies, inisiatiewe vir opvolgingsbeplanning, en hoogvlieër- en bestuursontwikkelingsprogramme. • Begunstiging en diskriminasie – streef daarna om onmiddellike terugvoering op versoek aan personeel oor werkaansoeke, areas vir verbetering of enige griewe te gee, asook voortgesette opvoeding van bestuur oor die beste praktyk vir mensebestuur en personeelontwikkeling. • Burokrasie en rompslomp – verseker strukture is platter om besluitneming te versnel. Die Jaco Boëttger Future Fitness-program is uitgesonder as ’n groot sukses om die verlies van talent-element te beperk. Dié halfdagwerksessie rus personeel toe om veranderings- en toekomsfiks te wees, en beheer te neem van hul eie lotsbestemming. SSS-werknemers het die volgende gesê: ‘Ek sien daarna uit om die beginsels wat oorgedra is te lees, internaliseer en toe te pas.’ – Carlos Allan, Makelaarskonsultant: Oos-Londen ‘Ek het nooit besef hoeveel my eie optrede en dié van ander die kultuur en atmosfeer in die kantoor beïnvloed nie.’ – Magda van Dyk: Programbestuur ‘Soos die fasiliteerder gesê het: Kultuur begin by elkeen en het ’n domino-uitwerking. Dis ’n gesamentlike weerspieëling van ons houdings, aksies en gedrag.’ – Theresa de Lange: Groepvoordele, Pretoria
SPF SE DRIE GROOTSTE POSITIEWE ELEMENTE
SPF SE DRIE GROOTSTE NEGATIEWE ELEMENTE
• Belegging in ons mense • Spanwerk • Toegewyde, betrokke Sanlammers
• Verlies van sleuteltalent • Begunstiging en diskriminasie • Burokrasie en rompslomp
DOTSS ... DIE MANIER OM DIT TE DOEN!
FOTO’S VERSKAF
GEEN GRENSE VIR SANLAM SKY SOLUTIONS
By Distribusie Tegnologie-oplossings en Ondersteuning (DOTSS) het die Bloudruk-inisiatief bewusmaking in die span verhoog en ook die positiewe element van spanwerk in die DOTSS Hulplynomgewing versterk, sê Willie Smit, Senior Bestuurder: DOTSS. Spanwerk is die grootste positiewe Willie Smit, Senior element van die Hulplynspan en Bestuurder: DOTSS. gaan vir hulle waardevol wees om die uitdaging van verandering wat tans plaasvind te help hanteer. ‘Ons is met ’n groot projek besig om al die huidige programmatuur van adviseurs deur webstelsels te vervang. Volgehoue deel van inligting tussen ons opleiers en tegnologiekonsultante is noodsaaklik. Die DOTSS Hulplyn sal slegs deur spanwerk vir dié verandering gereed wees.’
Belegging in mense is as die grootste positiewe element in die tegnologiekonsultantspanne geïdentifiseer en weeklikse ‘power hours’ help om dit te bevorder, sê Willie. ‘Weeklikse vergaderings is onmoontlik aangesien die werknemers in verskillende dele van die land is. Ons het ’n weeklikse telekonferensie begin waartydens ’n spesifieke span al die belangrike e-posboodskappe en kwessies van die week sal bespreek. Ons het ook weekliks persoonlike gesprekke met bestuurders sodat hulle terugvoering oor hul vordering kan gee.’ Burokrasie en rompslomp en begunstiging is die grootste negatiewe elemente, sê Willie. ‘Ons het ’n opname oor begunstiging gedoen en die bestuurspan was geskok deur die resultate. ’n Dokument met al die anonieme kommentaar is saamgestel, asook die bestuurspan se reaksie. Dit is met die betrokke spanne bespreek. Dié proses werk oënskynlik en sal ook op ander negatiewe elemente toegepas word.’ Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 23
DIE BESIGHEID
SAF
PROMOSIEGESKENKE
LAAT GESKENKE VIR JOU WERK
Om ’n verskil te maak ...
1. Vertoon die handelsmerk goed by geleenthede. Dit maak jou maklik identifiseerbaar sodat mense jou gedurende pouses kan nader om hul eie behoeftes te bespreek of vrae te stel.
2. Hou dit sigbaar – eenvoudige lessenaar-items met die maatskappy se handelsmerk, soos koffiebekers, is ’n vinnige, maklike manier om seker te maak die handelsmerk is altyd sigbaar en byderhand.
3. Dink aan ’n promosiegeskenk wat jý ontvang en gehou het. Het jy ander daarvan vertel? Het jy dit gebruik? Pas
nou dié manier van dink toe op die items wat jy aan jou kliënte gee.
4. Beloon jou lojale kliënte. Sê dankie met ’n produk van
Die Sanlam Adviseursforum (SAF) kan vir adviseurs help om makliker by veranderings in die bedryf aan te pas. SAF is as ’t ware die besem wat die pad vir adviseurs gelyk vee, sê Danie Gerber, nuutverkose ondervoorsitter van SAF.
goeie gehalte wat nie noodwendig duur is nie en ’n baie positiewe uitwerking op die langtermynverhouding met jou kliënte kan hê.
5. Sorg dat die geskenk nommerpas vir die geleentheid, individu en selfs die seisoen is. Hoe meer funksioneel die item, hoe meer sal die ontvanger dit waardeer en gebruik.
D
‘Ek gebruik dikwels waterbottels as pryse wanneer ek ’n aanbieding doen. Ná die aanbieding stel ek vrae aan die gehoor oor wat ons pas bespreek het en dié wat reg antwoord, wen ’n waterbottel.’ SHAANAZ VAN WYK, Finansiële Adviseur: Prosperitas, Wes-Kaap
’N
Finansiële adviseur wat sy handelsmerkhemp gedra het, het op ’n dag vinnig uitgeglip om middagete te gaan koop. Terwyl hy in die ry gestaan het, het ’n vreemdeling wat finansiële advies nodig gehad het, hom genader. Dié vreemdeling het ’n kliënt geword. Hierdie ware storie illustreer die trefkrag van ’n herkenbare handelsmerk – en wat kan gebeur wanneer jy jou handelsmerk in die openbaar vertoon, sê Elena Meyer, Senior Bestuurder: Borgskappe en Promosies. ‘Jy kan selfs sê promosie-items dien as noodsaaklike, bekostigbare bemarkingshulpmiddels.’ Sanlam het ’n wye reeks promosie-items met die handelsmerk om finansiële adviseurs
te help om die maatskappy se handelsmerk, sy waardebate, doeltreffend by konferensies en ander geleenthede aan te wend. Dié items help ook om adviseurs toegang tot nuwe markte te gee en bestaande markte ’n hupstoot te gee. Nuwe items word konstant by die reeks van meer as 400 gevoeg. Die nuutstes sluit in ’n magnetiese papierklemhouer, ’n reserwebattery vir mobiele toestelle, ’n aardbolpapiergewig en ’n selfoonluidspreker-versterker. Plaas jou bestelling aanlyn by www.sanlampromo.brandnamemarketing.co.za of deur die Sanlam-intranet. Om op jou Sanlamkommissiekode te koop gebruik asseblief SanPort (voorheen die Sanlam Adviseusweb).
189 adviseurs het 118 960 kliënte en voornemende kliënte bereik deur 321 konferensies en promosiegeleenthede by te woon. 118 916 items met die Sanlam-handelsmerk is na die mark gebring. JANUARIE TOT MEI 2013
24 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
‘Promosiegeskenke help soms om kliënte meer lojaal te hou. Ek hou daarvan om geskenke vir skool- en liefdadigheidsdae te gebruik, veral gholf-items en penne. Die Victorinoxsteakmesse is ’n treffer, en ek gebruik ook graag Carrol Boyes-items. Hoe groter die besigheid, hoe groter is die geskenk gewoonlik!’ WILLMINE LEWIS, Onafhanklike Senior Finansiële Beplanner: Noord-Noordwes ‘Ek gee die sakke, T-hemde, keppies en ook skootrekenaarsakke aan my mees gewaardeerde kliënte. Ek gebruik sulke geskenke om nuwe besigheid te ontgin. Ek kan die items aan die MH-bestuurder van ’n besigheid gee waar ek ’n aanbieding gaan doen.’ GILMORE MANDINGWA, Senior Finansiële Beplanner: Constantiakloof FA, Gauteng-Sentraal
FOTO’S GETTYIMAGES.COM EN JÉAN DU PLESSIS
Die regte promosiegeskenk kan handelsmerk-erkenning bou, jou bestaande kliënte bedank én nuwes lok.
‘My kliënte hou daarvan om iets te ontvang – veral die penne, rugsak, koordsak en plaknotas is gewild. Hulle vra my dikwels of hulle maar die pen mag hou. Ek hou dus altyd ekstra penne in my sak.’ CALVIN WINDVOGEL, Assosiaat-adviseur: Walkin BlouSter, WesKaap
FOTO’S SHAVAN RAHIM
Promosietrefkrag!
DIE BESIGHEID
anie sê Sanlam Finansiële Adviseurs (SFA) staan voor ’n geweldige kruispad vanweë nuwe regulasies en wetgewing. ‘SAF kan en wil ’n belangrike rol speel om adviseurs by die veranderings te help aanpas. Ons is daar om na hulle om te sien en hul belange te bevorder.’ ’n Belangrike verandering is dat die klem deesdae nie meer op verkope val nie, maar op diens. Daarom verwelkom hy SFA se nuwe visie wat kliëntgerigtheid, doeltreffendheid, diensbaarheid en professionalisme nastreef, sê Danie. ‘As SAF daartoe kan bydra dat adviseurs dié visie hul eie maak, het ons ’n wen-wen-situasie.’ Buiten die ondersteuning aan adviseurs, het SAF as adviserende liggaam ook ’n rol om Sanlam en spesifiek SFA in sekere prosesse te ondersteun, sê Danie. ‘Adviseurs is die sintuie van die maatskappy daarbuite en hoor die publiek se behoeftes. Dis dus belangrik dat Sanlam na sy adviseurs luister wat betref die samestelling van produkte en reëls hoe die publiek genader moet word. Ons kan ’n bydrae lewer om die regte besluite te help neem. ‘Enige besluit het ’n koste-uitwerking wat afgewentel word. As dinge nie reg loop nie, gaan dit uiteindelik in Sanlam se aandeelprys weerspieël word en bemoeilik dit die taak van ons adviseurs. As die regte besluite geneem word en ons goeie produkte het, maak dit ons werk makliker.’ Hy sê SAF se mening het nog altyd gewig gedra by Sanlam se bestuur; die adviseurskorps is vir Sanlam belangrik. ‘Ons handhaaf ook uitstekende verhoudinge met topbestuur en kan met vertroue kwessies bespreek wat adviseurs raak.’ SAF verteenwoordig tans sowat 50% van die adviseurskorps. Een van die doelwitte is om adviseurs van Sanlam Sky Solutions by SAF te betrek, sê Danie. Nog ’n doelwit is om opleidingsprogramme en hulp aan te bied vir adviseurs wat sukkel om ’n sukses van hul praktyke te maak. ‘Verder sal ek ook wil sien dat adviseurs hulself as sakemanne en -vroue beskou met professionele praktyke gegrond op gesonde besigheidsbeginsels.’ Om SAF-verteenwoordiging in die SFA-raad te hê is ook op die agenda. ‘Ons wil graag insette lewer voordat belangrike besluite geneem word om te verseker dat adviseurs te alle tye diensbillik behandel word.’ Hy sou graag wou hê dat die publiek adviseurs sien as mense wat ’n verskil maak, sê Danie. ‘Ons is die mense wat die gemoedsrus gee wanneer daar ’n krisis in iemand se lewe ontstaan. Ons moet ons kliënte professioneel behandel, hulle met ons goeie diens aan ons vasbind en altyd met integriteit en menswaardigheid optree.’
Danie Gerber, ondervoorsitter van SAF.
Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 25
DIE MENSE
ADELAARS
As jy jou op iets toespits …
Johan skitter op 75 jaar!
Veelsydig, bekwaam, ’n raakvatter soos min – en iemand wat oral respek afdwing. Dís Willie Koen, jare lange voorsitter van die Sanlam Adviseursforum, wat pas vir die Adelaar-toekenning gekwalifiseer het.
As jy terugkyk op jou loopbaan, waarop is jy trots? Ek is veral trots dat ek elke kliënt met wie ek deur die jare besigheid gedoen het steeds in die oë kan kyk. En ek is trots op my 34 IQA’s (International Quality Awards).
En dankbaar? Teenoor my Hemelse Vader wat my krag en gesondheid gegee het om suksesvol te kan wees, my vrou vir haar ondersteuning en my gesin wat my altyd bygestaan het.
Is daar nog iets wat jy wil bereik?
Willie was op sy dag ’n provinsiale tafeltennisspeler, hy bespeel verskeie musiekinstrumente en het sy doktorsgraad met ’n tesis oor die geskiedenis van Sanlam behaal. In een stadium het hy in 34 besture gedien en was voorsitter van meer as die helfte! Hy’t op die dorpie Memel in die Oos-Vrystaat afgetree.
Dat eerlikheid altyd die langste duur en goeie diens aan jou kliënte hulle aan jou bind en selfs jou vriende maak.
Watter goue reëls pas jy toe? Ek probeer altyd alles wat ek onderneem gestand doen en elke belofte nakom. En elke kliënt behandel soos ek graag behandel sou wou word.
Wat het jou suksesvol gemaak?
Watter rol het Sanlam in jou sukses gespeel?
Doelwitstellings, harde werk en omgee vir my kliënte se behoeftes.
Sanlam bied wonderlike geleenthede aan adviseurs wat ernstig is oor hul loopbaan.
26 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
Jy was jare lank voorsitter van die Sanlam Adviseursforum. Hoe sien jy die rol van SAF in SPF? SAF se rol is onontbeerlik, want dit dien as skakel om adviseurs se belange op die hoogste vlak onder senior bestuur se aandag te bring. My 13 jaar as nasionale voorsitter van SAF het my lewe verryk.
FOTO’S INGA HENDRIKS EN VERSKAF
Dit span die kroon op ’n lang loopbaan van byna 37 jaar by Sanlam. Ek het nie regtig gedink ek sal dit bereik nie, maar verlede jaar in November het Piet Craven, Streekhoofbestuurder: KwaZulu-Natal, vir my gesê hy wil graag hê ek moet ’n Adelaar kry. Toe hy laat weet hoeveel produksie ek nog kort, het ek besef dis tog haalbaar. So, Piet het die saadjie gesaai en met my vrou, Elize, se aanmoediging, het ek ’n doelbewuste poging aangewend om dit te behaal.
Sanlam het my deur die jare deurgaans met respek behandel en dit vir my maklik gemaak om te presteer. Die stelsel van erkenning vir prestasie is uitstekende motivering om sukses na te streef.
Aangesien dit een van die hoogste toekennings is wat ’n mens by Sanlam kan verwerf, moet dit seker wys dat ‘sometime, someday, someplace, I must have done something good’.
Hoe lank is jy by Sanlam? Sedert 1 Augustus 1981 – dit is dus nou presies 32 jaar.
gedryf dat ons die werklike sin van die lewe verloor. Die lewe is baie kort en gaan bitter vinnig verby. So baie mense het dit al gesê, en steeds glo ons dit nie. Die Latynse spreekwoord carpe diem (gryp die dag) is deel van voluit leef, en die kuns van om ’n sukses van elke dag te maak wat gratis aan jou gebied word. Of jy lag of werk of huil of speel – carpe diem! Om dus op my oudag volmaak gelukkig te kan wees moes ek die dag gryp toe die geleentheid na my gekom het.
Wat het jou suksesvol gemaak?
Is jy nog voltyds besig met bemarking?
Moenie dat pessimisme jou oorval en jou knieë lam maak nie.
As jy terugkyk op jou Sanlam‑ loopbaan, waarvoor is jy dankbaar?
Watter goue reëls pas jy toe?
Vir die gesondheid wat ek geniet het om my daaglikse taak te kon volbring.
Volg gereeld met jou kliënte op sodat jy die verhoudinge lewendig kan hou.
Is aftrede in jou visier?
Waarmee hou jy jou nog besig? Wat is die belangrikste les wat jy deur die jare geleer het?
Wat beteken die Adelaar-toekenning vir jou? Is dit ’n droom wat waar geword het?
Ek sal graag vir my vrou, kinders, kleinkinders en gemeenskap ’n nalatenskap wil laat as iemand wat ’n verskil gemaak het in hul lewe en in die samelewing. Ek was en is steeds betrokke in die samelewing.
Wat Sanlam betref, net deeltyds. Ek en my vrou het so drie jaar gelede ’n konsessie gekoop wat hoërskoolleerders met hul vak- en loopbaankeuses help en leervaardigheidsprogramme aan leerders bied. Ek is wel intensief betrokke by die bemarking van dié produk by ’n hele aantal skole in KwaZulu-Natal en Mpumalanga.
Wat beteken die Adelaar vir jou?
Hy’s 75 jaar oud, maar aan aftree dink Johan Bothma, finansiële beplanner van Limpopo SFA, nog lank nie. As ’n onlangse Adelaar glo hy daaraan om voluit te leef.
Ek preek die afgelope vyf jaar Sondae in die Hervormde kerk op Memel en ook dikwels in die NG kerk en APK. Sommige Sondae hou ek drie dienste ná mekaar! Om dit vir myself interessant te hou, berei ek vir elke gemeente sy eie preek voor. En as die orrelis die dag nie daar is nie, speel ek sommer ook die orrel. Ek maak graag musiek. Vir Memel se 100-jarige feesvieringe in Oktober vanjaar rig ek ’n mannekoor en boeremusiekorkes af. My vrou sê ek het gejok toe ek gesê het ek tree af! Verder ontspan ek graag in die natuur en hou veral daarvan om 4x4-roetes te verken. Ek lees ook nuus, veral sakenuus, en biografieë en mis nie ’n wedstryd van die Blou Bulle op die kassie nie!
Opregte menseverhoudinge, positiwiteit en harde werk.
Watter rol het Sanlam in jou sukses gespeel?
Wat is die belangrikste les wat jy deur die jare geleer het?
Sanlam het my baie geleenthede gebied.
Wat is jou motto? Ons fokus so op sukses en word so deur syfers
Indien die Goeie Gewer van al die genadegawes my nog krag en gesondheid gee, nie in die volgende vyf jaar nie.
Johan is sedert sy skooljare ’n vegter en presteerder. Hy was ’n leier op skool en kranige sportman wat jare lank Vrystaat-kampioen in naellope was. Op die rugbyveld het hy as vleuel en senter vir sy skool, Suidoos-Vrystaat, Suidwes en Wes-Rand uitgedraf. Deesdae ontspan hy graag op die gholfbaan.
Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 27
DIE MENSE
KO M P E T I S I E - U I T S L A E
André loop weer voor! Komkamp-konvensies
Kompetisie vir topadviseurs
VERKOOPSKONSULTANTE 1. Madelyn Scheepers (Limpopo SFA) 2. Vinette Carstens (Suid-Kaap-streek)
ADVISEUR EENHEID André Blignaut E² Solutions Martin Herbst E² Solutions Jannie Davel E² Solutions Chris Groenewald Nova BlueStar Monti Coetzer E² Solutions Werner Bessinger E² Solutions Cecilia Rossouw Suid-Vaal Stef Henning E² Solutions Koos Malan E² Solutions Johan Janse van Rensburg FA Oos-Rand Piet van Rooyen Suidoos-Kaap Fred du Plessis E² Solutions Dorothy Davies Limpopo SFA Judy van Freden E² Solutions Neels Myburgh FA Oos-Rand Michael Atti Suid-Vaal Praveen Gopee Professional Fin Services Vimlesh Rajbansi Professional Fin Services Kobus Mccabe Limpopo SFA Johan Smith Global BlueStar Bharat Desai Professional Fin Services Johan Barnard Global BlueStar Gilmore Mandingwa Constantiakloof FA Helgard Truter Bloemfontein Louis Fouché FA Oos-Rand Chris van Zyl Global BlueStar Leon Rossouw Global BlueStar Johan Krebs E² Solutions Jeán le Roux Global BlueStar Abie Koekemoer E² Solutions Johann Steyn Global BlueStar Hennie Jonker FA Oos-Rand Theunis Steyn Global BlueStar Richard Henry Oos-Londen George de Kock Global BlueStar Gys Rossouw Global BlueStar Mimi Korb E² Solutions Phill Ryan FA Oos-Rand Rian Janse van Rensburg Platinum Werner Vosloo Suidoos-Kaap Raoul van der Walt E² Solutions Alexander Rautenbach E² Solutions Liezl Jansen van Rensburg Bloemfontein
* Voldoen nie aan die minimum norme vir 2013 nie.
* Voldoen nie aan die behoudsindeks-persentasienorm nie.
André Blignaut
Martin Herbst
Werner Vosloo
Kompetisies vir bestuurders BESIGHEIDSBESTUURDERS GROEP 1 1. Karl Parks (Nova BlueStar) * Marius van der Ryst (Constantiakloof FA) GROEP 2 1. Willem Barnard (Limpopo SFA) 2. Wouter Badenhorst (Noordwes) MARKSPESIALISTE GROEP 1 1. Malcolm Berry (FA Oos-Rand) 2. Chris Grimbeek (Suidoos-Kaap) GROEP 2 1. Bennie Coetzee (Noord-Noordwes) 2. Koos du Plessis (Suid-Kaap-streek) ONTWIKKELINGSBESTUURDERS GROEP 1 1. Reyad Ally (Sanlam ICS) 2. Martin Steyn (Constantiakloof FA) GROEP 2 * Kreesan Pillay (FA Oos-Rand) * Wessel van der Westhuizen (Constantiakloof FA)
28 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
BLOUSTER-BESIGHEID Blignaut BlueStar Flexfin BlueStar Point Blue BlueStar Dimension Wealth BlueStar Immo Vero BlueStar JBM Consult BlueStar Armachel BlueStar Persisto BlueStar Abacon BlueStar BSD BlueStar Duxfin BlueStar FinPrufe BlueStar Finstop BlueStar Findel BlueStar Werner Vosloo BlueStar
POSISIE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 * 10 * 11 12 13 14 15 * 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40
FOTO’S VERSKAF
Die Komkamp-kompetisie raak nou opwindend, want André Blignaut en Martin Herbst veg om die eerste plek! André is weer voor met Martin op sy hakke. Werner Vosloo het vir ’n Adelaar gekwalifiseer. Só staan sake ná die Julie-vervaltrek.
Kompetisie vir BlouSter-besighede
Arende
BLOUSTER-BESIGHEID Blignaut BlueStar Immo Vero BlueStar Flexfin BlueStar Point Blue BlueStar Evagor BlueStar Dimension Wealth BlueStar Armachel BlueStar KallisNel BlueStar BSD BlueStar Duxfin BlueStar JBM Consult BlueStar Abacon BlueStar Threeway BlueStar Imperium BlueStar Persisto BlueStar Findel BlueStar Finstop BlueStar NCC BlueStar Conradie BlueStar Good Forsure BlueStar Timios BlueStar FinPrufe BlueStar Werner Vosloo BlueStar Soetdoring BlueStar Mereo BlueStar Qfin BlueStar Agathos BlueStar Gladiator BlueStar Servi BlueStar Dito BlueStar Profex BlueStar Stellar BlueStar Carpe Vita BlueStar Ori-Vaal BlueStar Albatros BlueStar Plan-B BlueStar Adarma BlueStar Lighthouse BlueStar Contineo BlueStar Bluefin BlueStar Boland BlueStar Pro-Q BlueStar Highveld BlueStar Baviaans BlueStar Bosbok BlueStar Wealthvision BlueStar
ADELAAR Werner Vosloo (Suidoos-Kaap)
GEMAGTIGDE PRINSIPAAL POSISIE André Blignaut 1 Stef Henning 2 Chris Groenewald 3 Monti Coetzer 4 Hein Coetzer * Werner Bessinger 5 Johan Janse van Rensburg * Marius Nel 6 Bharat Desai 7 Jeán le Roux 8 Koos Malan 9 Fred du Plessis * Theuns Saayman 10 Jurie Engelbrecht 11 Piet van Rooyen 12 Mimi Korb 13 Gys Rossouw 14 * Lood Conradie 15 Barry Saayman 16 Corrie Pieterse 17 Theunis Steyn 18 Werner Vosloo 19 Bennie Pieters 20 Deon Mulder * Liezl Ellis * Andries Maree 21 Johan Louw * Stefaan Bouwer 22 Adri Klindt * Johan Bester 23 Anneline Horn 24 Paul de Kock 25 Gert Jacobs 26 Francois du Preez * Jaco van Schalkwyk 27 André Solomon 28 Nicky White 29 Leon Noemdo * Mike Bridle * Philip Barnard 30 Riaan Vermeulen * Chris Els 31 Stephen Moore * Maritz van Heerden * Jake Mokwene *
SILWER Flip Swart (Noordwes) Frikkie Smit (Platinum) BRONS Gunther Schutte (Hoëveld)
Simon Tlhapane (Platinum) Denton Wilmot (Suidoos-Kaap) Barend Spies (FA Windhoek, Namibië) YSTER Marisa Schoeman (FA Windhoek, Namibië) Willem Bruwer (F&I Services, Namibië) Erickson Kaindume (FAR North, Namibië) Herman Redelinghuys (Hyde Park FA)
Kompetisies vir Makelaar Distribusie MAKELAARSKONSULTANTE TOPKONSULTANTE (VOLUME) 1. Pieter Mans (MD Wes-Vaal) 2. Dirko Lourens (MD Mopani) 3. Michele Papenfus (MD Wes-Vaal) 4. Helena Belling (MD Oos-Rand) 5. Anita Smit (MD Tygerberg) VOLUME DIF (GROEP 1) 1. Pieter Mans (MD Wes-Vaal) 2. Dirko Lourens (MD Mopani) 3. Michele Papenfus (MD Wes-Vaal) 4. Helena Belling (MD Oos-Rand) 5. Anita Smit (MD Tygerberg) VOLUME DIF (GROEP 2) 1. Ralf Hoeflich (MD Cape Focus) 2. Marna Engelbrecht (MD Mopani) 3. Rozanne Briers (MD Noordwes) 4. Leigh Zweers (MD Invictus Durban) 5. Anusha Mudaliar (MD Dunkeld) VOLUME DIF (GROEP 3) 1. Marco le Grand (MD Oos-Rand) * Linda Naidoo (MD Oos-Rand) 2. Monyah Davids (MD Peninsula) * Sean Moynihan (MD Suid-Durban) 3. Rhoda James (MD Suid-Durban)
DIF TEEN DOELWIT (GROEP 1) 1. Dirko Lourens (MD Mopani) 2. Helena Belling (MD Oos-Rand) 3. Mai-Li Cannone (MD Cape Focus) 4. Willem Badenhorst (MD Noordwes) 5. Michele Papenfus (MD Wes-Vaal) DIF TEEN DOELWIT (GROEP 2) 1. Marna Engelbrecht (MD Mopani) 2. Rozanne Briers (MD Noordwes) 3. Anusha Mudaliar (MD Dunkeld) 4. Ralf Hoeflich (MD Cape Focus) 5. Claire Steyn (MD Invictus Johannesburg) DIF TEEN DOELWIT (GROEP 3) * Sean Moynihan (MD Suid-Durban) 1. Danielle Conradie (MD Cape Focus) 2. Monyah Davids (MD Peninsula) * Ravin Govender (MD Invictus Durban) 3. Marco le Grand (MD Oos-Rand) STREEKBESTUURDERS GEWEEGDE PUNTE 1. Wimpie de Klerk (MD Oos-Rand) 2. Chris Scheepers (MD Cheeqwa) 3. Riaan Warner (MD Cape Focus) 4. Zandberg Louw (MD Noordwes) * Lesiba Tsebe (MD Invictus Johannesburg)
DIF = distribusie-inkomstefooi * Voldoen nie aan die minimum norme vir 2013 nie. Die volledige uitslae is op MIS Analyzer beskikbaar.
* Voldoen nie aan die behoudsindeks-persentasienorm nie.
Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 29
DIE MENSE
C LU B I Z I K H U L U
VOORLOPERS
DIE MAAND IN FOTO’S
Club Izikhulu (wat ‘baie belangrike mense’ beteken) is die top-erkenningsprogram binne Agentskapdistribusie by Sanlam Sky Solutions. Dit erken die topverteenwoordigers, -verkoopsbestuurders, -takbestuurders en -ondersteuningspersoneel op grond van hul verkope, gehalte van nuwe besigheid en kliëntebehoud. Só staan sake ná die Julie-afsnytyd: Verkoopsbestuurders # 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14
TAK Rustenburg Rustenburg Rustenburg Port Shepstone Mthatha Port Shepstone Port Elizabeth Bloemfontein Stanger Oos-Londen Stanger Port Elizabeth Durban Kaapstad
NAAM Tebogo Leburu Boikie Moyo Barend du Plessis Perumal Moonsamy Maxwell Arosi Mlamuli Msezane Juanita Johannes Martinus van Rooyen Precious Ngubane Darryn Marshall Nonhlanhla Gumede Nomhle Mgidlana Nosipho Xoseka Bradley Talmarkes
Veldbestuurder # 1
TAK Northam
NAAM Gysbert Gouws
Kyk wie is die afgelope maand waar gesien.
Deel gerus jou foto’s met ons. E-pos hulle na
[email protected]
Takbestuurders # 1 2 3 4 5 6
TAK Stanger Port Elizabeth Port Shepstone Mthatha Kaapstad Oos-Londen
NAAM Mpilonhle Dlamini Nanette Rawlings Tony Govender Nolitha Nayager Monwabisi Gubesa Mervyn Peters
1
Streekhoofbestuurder # 1
TAK Kusstreek
NAAM Hillary Hack
26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50
Witbank Newcastle Kaapstad Port Shepstone Port Shepstone Port Shepstone Mthatha Port Elizabeth Rustenburg Northam Oos-Londen Polokwane Rustenburg Springs Northam Kokstad Rustenburg Port Shepstone Mmabatho Queenstown Lusikisiki Northam Newcastle Kroonstad Estcourt
Alpheus Xaba Petros Sibisi Cebisa Nkewana Zilondele Mseleku Patricia Momoti Cetyiswa Mayekiso Shepherd Ndendela Mzukisi Ndongeni Lebogang Mpete Kediabetswe Rakgomo Bennet Ameyah William Khoza Anna Madutlela Unathi Gazi Busisiwe Majodina Patrick Njimba Naletsana Mogofe Philisiwe Khawula Maria Leburu Nokonwaba Bonde Nonesi Mvane Ellen Nyaphule Mbali Mngadi Teboho Motebang Dudu Zuma
Verteenwoordigers TAK Kaapstad Mthatha Rustenburg Mthatha Port Shepstone Oos-Londen Pongola Mthatha Oos-Londen Witbank Rustenburg Oos-Londen Rustenburg Port Shepstone Krugersdorp Rustenburg Rustenburg Northam Bloemfontein Kokstad Rustenburg Krugersdorp Port Elizabeth Queenstown Bloemfontein
NAAM Xolani Konza Zukile Mziba Mongezi Diniso Mzwanele Makhabane Nomfundiswa Nzimande Zameka Mdoko Mbali Nkosi Phindile Wayile Tandie Mbawu Precious Mndebele Lydia Matabane Nomawetu Tsoanyane Olebogeng Gabanakgosi Thobeka Ntshangase Lekebe Diobe Tshegofatso Motshudi Ipeleng Mogakabe Khomotso Kgatla Padi Motseki Coceka Gule Junior Letimela Kefilwe Molotsi Vuyisile Pita Mandisa Penxa Christie Bester
30 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
2
FOTO’S JÉAN DU PLESSIS EN VERSKAF
# 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25
3
4 1 By die Uitvoerende Hoof-promosietoer by die Elangeni Hotel in Durban is (van links) makelaars Nishwan Suresh, Nishan Singh, Rajen Moodley en Gordon Govindsamy. 2 Johan van Zyl, Groep Uitvoerende Hoof, het die Uitvoerende Hoof-promosietoer by die Elangeni Hotel in Durban bygewoon. Van links is Jay Deonarain, Streekhoofbestuurder: MD KZN; Roy Pillay, onafhanklike makelaar; Johan; en Jacques Coetzer, Hoofbestuurder: Sanlam Makelaar Distribusie.
3 Vyftien topkliënte van Glacier is op ’n ontbyt by die Umfolozi Casino and Resort in KwaZulu-Natal getrakteer en Kiru Padayachee, Besigheidsontwikkelingsbestuurder by Glacier, het hulle toegespreek. Hier oorhandig Kiru ’n prys aan die gelukspryswenner Bongani Mbuyazi (regs).
4 Stigterslede van die streek FA Johannesburg het onlangs in Centurion byeengekom vir die 29 jaar-reünie van dié streek wat in 1984 onder leiding van Desmond Smith, Voorsitter van Sanlam, gestig is. Spesialisstreke is destyds in ’n paar groot stede gestig om die senior mark te bedien. Streng kriteria vir onder meer toelating, nommerpas-opleiding en gefokusde ondersteuningsdienste het verseker dat dié uitsoekspanne groot sukses behaal het. Van links is Desmond; Johan Malan; Leon Venter; Pieter Kruger; Kobus Vlok, Uitvoerende Hoof: SPF Distribusie; en Oubaas van Wyk. Augustus 2013 // Sanlam Persoonlike Finansies 31
DIE MENSE
D I E M A A N D I N F OTO ’ S
5
6
11
12
13 7
8 14 11 Die onafhanklike Durbanse makelaar Roy Pillay (links) ontvang ’n spesiale toekenning nadat hy die hoogste aantal Diamant-kwalifikasies van Sanlam behaal het. Roy het met sukses 5 17 agtereenvolgende jare vir die gesogte Diamant-toekenning gekwalifiseer. Jay Deonarain, Streekhoofbestuurder: MD KZN, oorhandig die toekenning aan hom. 12 MD KZN het in Mei R10 000 vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) deur die Sanlam Kanker-Uitdaagreeks ingesamel. Jay Deonarain, Streekhoofbestuurder: MD KZN, oorhandig ’n tjek aan Jean van der Merwe, Kansa-verteenwoordiger. 13 By die Sanlam-stalletjie op die All Man and Motor Show in die La Lucia Mall in KwaZulu-Natal is (van links) Justin Evans, Assosiaat Finansiële Adviseur; Sonja du Toit, Finansiële Adviseur; Mlamuli Mbambo, Assosiaat Finansiële Adviseur; Sian Rose, wenner van die R1 000-prys van Woolworths wat deur Sanlam geborg is; en Mannie Kambourakis, Bemarkingspesialis.
15
16
14 Marilize Coetzee, Doodseisespesialis: Poliseise, het die sesde plek op die wêreldranglys in gewiggooi en die sewende plek vir die gewigsvyfkamp behaal. Sy het drie goue medaljes gewen en twee Suid-Afrikaanse rekords by die SA Meesterskampioenskappe opgestel. Sy hoop om in Oktober aan die Wêreldmeesters in Porto Alegre, Brasilië, deel te neem. 15 Mlamuli Mbambo, Assosiaat-adviseur: Professional LifePlan, het die nasionale Financial
9
Literacy Advocate Award by die Future Leaders Youth Awards 2013 gewen. Dié toekenning erken mense wat begryp hoe belangrik finansiële geletterdheid is en ander help leer om hul geld te bestuur.
10
16 Sanlam Kimberley het twee toekennings van PMR Africa losgeslaan. Die toekennings, wat Anton van Niekerk, Streekbestuurder: Sanlam Kimberley, trots vertoon, word oorhandig aan organisasies wat vir hul uitstekende dienste en produkte deur die publiek erken word.
5 Tommie Moolman van Bronkhorstspruit ontvang sy 50 jaar-dienssertifikaat van Willem van Zyl, Streekhoofbestuurder: Noordland. Van links is Albert Coetsee, Besigheidsbestuurder: Mpumalanga; Annette en Tommie Moolman; en Willem. 6 Kobus Schutte, Adviseur: Catalyst BlouSter op Nelspruit (middel), ontvang sy 25 jaar-dienssertifikaat van Albert Coetsee, Besigheidsbestuurder: Mpumalanga. By hulle is Kobus se vrou, Johanna. 7 Ewie Saunders, Prinsipaal: Mikrofin BlouSter in Standerton, ontvang sy 25 jaar-dienssertifikaat. Van links is Albert Coetsee, Besigheidsbestuurder: Mpumalanga; Willem van Zyl, Streekhoofbestuurder:
17 Yadah BlouSter het in Junie ’n seminaar op Robertson vir kliënte in die landboubedryf
Noordland; Ewie, en sy vrou, Martie.
8 Charlotte Pollard, Besigheidsanalis: PAC, het op 1 Julie 25 jaar diens by Sanlam gevier. Haar bestuurder, Gerhard Strauss, wens haar geluk. 9 Rina Burger, Tegnologiekonsultant: DOTSS in Bloemfontein (links), het op haar verjaardag op 5 Julie 25 jaar diens gevier. Haar lynbestuurder, Theresa Stacy van DOTSS Gauteng, wens haar geluk. 10 Willie Hansen, Opleidingskonsultant: Distribusie Akademie in Midrand (regs), ontvang sy 25 jaar-dienssertifikaat van André Cilliers, Hoof: Distribusie Akademie. By hulle is Willie se vrou, Margreet.
32 Sanlam Persoonlike Finansies // Augustus 2013
17
aangebied. Van links is Carl Nel, Prinsipaal en Risikobeplanner: Yadah BlouSter; Johan Willemse, kliënt; Philip Baumgardt, Fondsbestuurder: SPI; Rico Basson; Uitvoerende Direkteur: VinPro; Piet Willemse, kliënt; en Johan Barnard, Prinsipaal en Beleggingsbeplanner: Yadah BlouSter.
SANLAMBESIGHEIDSGIDS BESIGHEIDSEENHEID
E-POS
TELEFOON
Polisse Alle polisverwante inligting en navrae oor bestaande polisse
[email protected] [email protected] (vir polisse wat met 04 begin)
021 916 5000 0860 SANLAM 0860 726 526
Kunsgalery
[email protected]
021 947 3359
Eisekontaksentrum
[email protected] [email protected] [email protected]
021 916 1710
Nakoming
[email protected]
Werknemerskemas
[email protected]
021 916 3805
Glacier
[email protected]
Afrikaans: 021 917 9000 Engels: 021 917 9002
Beleggersverhoudinge
[email protected]
021 947 1873
Multi-Data
[email protected]
021 947 2117
Sanlam Direk Bemarking & Verkope
[email protected]
0860 000 121 Verkoopsverwante inligting: 0860 223 390 Diensverwante inligting of inligting oor bestaande polisse: 021 916 5000 0860 SANLAM 0860 726 526
Persoonlike lenings
[email protected]
0861 08 08 88
Sanlam Besigheids- & Professionele Markte
[email protected]
0860 100 539
Sanlam Kollektiewe Beleggings
[email protected]
021 916 1800/1900
Sanlam Hoofkantoor
[email protected]
021 947 9111
Sanlam Liquid
[email protected]
021 916 2100 0860 LIQUID 0860 547 843
Sanlam Sky Solutions
[email protected]
0861 235 433
Aandele (individuele aandeelhouers)
[email protected]
021 916 3115
Testamente Trusts Boedels
[email protected]
021 947 5673 021 947 1959 021 947 6372
Ander navrae
021 947 9111