GRAAD 12
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1 NOVEMBER 2010 ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1
VRAAG 1:
2 NSS – Addendum
DBE/November 2010
WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) SE BETROKKENHEID IN DIE VIЁTNAMESE OORLOG?
BRON 1A Die volgende bron bestaan uit twee standpunte oor die VSA se toetrede tot die oorlog in Viёtnam. Dit is geneem uit The Making of the Modern World deur C Condon. Standpunt 1: 'n Uittreksel uit die toespraak wat president Johnson op 7 April 1965 by die John Hopkins Universiteit gelewer het. ... Oor hierdie oorlog, en die hele Asiё, hang die donkerwordende skaduwee van Kommunistiese China. Die leiers in Hanoi word deur Peking aangemoedig. Hierdie regime (regering) het vryheid in Tibet vernietig, Indiё aangeval en is deur die Verenigde Nasies vir sy aggressie in Korea veroordeel. Dit is 'n nasie wat die magte van geweld op byna elke kontinent help. Die stryd in Viёtnam is deel van 'n wyer patroon van aggressiewe doelwitte. Hoekom is hierdie realiteite ons saak? Hoekom is ons in Suid-Viёtnam? Ons is daar omdat ons 'n belofte het om na te kom. Sedert 1954 het elke Amerikaanse president sy steun aan die mense van Suid-Viёtnam beloof. Ons het gehelp om te bou, en ons het gehelp om te verdedig. Dus, oor baie jare heen, het ons 'n nasionale belofte gemaak om Suid-Viёtnam te help om sy onafhanklikheid te beskerm. En ek is van plan om ons belofte na te kom. Om daardie belofte nie na te kom nie, om hierdie klein en dapper landjie aan sy vyande oor te gee en aan die terreur wat moet volg, oor te laat, sal 'n onvergeeflike wandaad wees ... Standpunt 2: 'n Uittreksel uit 'n boodskap wat deur Ho Chi Minh, leier van Noord-Viëtnam, op 15 Februarie 1967 aan president Johnson van die VSA geskryf is. ... Viёtnam is duisende myle van die VSA af. Die Viёtnamese mense het die VSA nog nooit enige leed aangedoen nie. Maar in teenstelling met die beloftes wat deur sy verteenwoordigers by die 1954-Geneefse Konferensie gemaak is, het die VSAregering onophoudelik in Viёtnam ingemeng; hulle het die oorlog van aggressie in Suid-Viёtnam ontketen en verskerp met die doel om die verdeling van Viёtnam uit te rek en om Suid-Viёtnam in 'n neokoloniale en militêre basis te omskep ... Die VSA-regering het oorlogsmisdade gepleeg, misdade teen vrede en teen die mensdom. 'n Halfmiljoen VSA-soldate het van die onmenslikste wapens en mees barbaarse oorlogsmetodes, soos napalm ('n brandchemikalie), giftige chemiese stowwe en gasse, gebruik gemaak om ons landgenote te vermoor, gewasse te vernietig en dorpies te vernietig. In Noord-Viёtnam het duisende VSA-vliegtuie honderde bomme laat val en stede, dorpies, fabrieke, paaie, brûe, damwalle, damme en selfs kerke, pagodes, hospitale en skole vernietig … Die mense van Viёtnam sal hulle nooit aan geweld onderwerp nie, hulle sal nooit samesprekings onder die dreigement van bomme aanvaar nie … Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1
3 NSS – Addendum
DBE/November 2010
BRON 1B Hierdie bron bestaan uit twee foto's wat die gevolge van die VSA se betrokkenheid by die oorlog in Viёtnam toon. Foto 1: Die volgende foto is deur Associated Press se fotograaf, Nick Ut, geneem. Dit toon Viёtnamese kinders en Kim Phuc, 'n negejarige dogtertjie, wat naak hardloop na 'n napalmbomaanval naby Trang Bang op 8 Junie 1972. Napalm is 'n brandchemikalie-gifstof (gasreёn) wat die VSA-weermag uit militêre vliegtuie op die Viëtkong-weermag en hulle skuilplekke gespuit het. Geneem uit The Twentieth Century World deur P Mantin.
Kim Phuc
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1
4 NSS – Addendum
DBE/November 2010
Foto 2: Hierdie foto toon 'n Amerikaanse student wat by die Kent Universiteit in 1970 geskiet is tydens 'n betoging teen Amerika se betrokkenheid in Viёtnam. Geneem uit The World Since 1914 deur J Scott.
BRON 1C Die tabel hieronder verskaf inligting oor die totale getal Amerikaanse soldate wat in die oorlog in Viёtnam gesterf het. Geneem uit Vietnam War – Participants and Casualties deur R Kolb et al. Datum onbekend. AMERIKAANSE SOLDATE WAT TYDENS MILITÊRE DIENSPLIG GESTERF HET 30 950 65% LEËR 13 091 28% SEESOLDATE 1 744 4% LUGMAG 1 628 3% VLOOT 47 413 100% TOTAAL
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1
VRAAG 2:
5 NSS – Addendum
DBE/November 2010
WATTER ROL HET JOMO KENYATTA IN DIE VERANDERING VAN KENIA VAN 1960 TOT 1970 GESPEEL?
Kenia was 'n Britse kolonie. Wit setlaars het die vrugbare 'wit hooglande' beset wat tot baie konflik en woede onder inheemse Keniane gelei het. Jomo Kenyatta het die beweging vir Kenia se onafhanklikheid gelei. Hy is later vir sy rewolusionêre aktiwiteite tronk toe gestuur. Kenyatta is in 1961 vrygelaat en het in 1963 die eerste demokraties verkose leier van Kenia geword. BRON 2A Die uittreksel hieronder verduidelik die gemoedstemming in Kenia na Kenyatta se vrylating. Geneem uit Britain's Gulag: Brutal End to Empire in Kenya deur C Elkins. Vir duisende Kikuyu was Kenyatta se vrylating in Augustus 1961 heuglik: 'Ek het gehuil, ek het van vreugde gehuil,' het 'n voormalige gevangene getuig. 'Ons het gedans en feesgevier ... Ons leier was vry en hy sou ons van die koloniale onderdrukkers bevry.' Kenyatta het triomfantlike optredes gemaak en deur die land getoer. Hy het ook 'n merkwaardige indruk op die Britse publiek gemaak toe hy tydens sy BBC-onderhoud in die televisiereeks Face to Face miljoene kykers in hulle sitkamers aangegryp het. Mense is onkant gevang deur hierdie man wat welsprekend was en 'n Westerse pak gedra het. Dit het aan almal al hoe duideliker geword dat hierdie 'leader to darkness and death' [leier na duisternis en verderf] (soos beskryf deur die Britse Goewerneur van Kenia, Patrick Reninson) of groot staatsman van Afrika, niemand was op daardie tydstip seker watter een van die twee nie, Kenia se eerste president sou word. … Vanaf die oomblik dat Kenyatta uit aanhouding vrygelaat is, het hy sy bes gedoen om die vrese van die Britse regering en die wit setlaars te besweer deur hulle te verseker dat 'n onafhanklike Kenia die verlede sou vergewe en, nog belangriker, nie hulle grond sou vat nie. Kenyatta het na die hartland van die wit setlaars, Nakuru, gegaan waar hy die wit, vyandige skare oortuig het. Hy het aan hulle gesê: 'Ons gaan die verlede vergeet en na die toekoms kyk … Laat ons hande vat en tot voordeel van Kenia werk. Ons wil hê dat julle in hierdie land moet bly en voortgaan om goed te boer ...' Aan die einde van die samekoms het die setlaars – dieselfdes wat Kenyatta vir jare verdoem het, hom op die rug geklop en geskree: 'Harambee' of 'Laat ons almal saamwerk' …
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1
6 NSS – Addendum
DBE/November 2010
BRON 2B Die bron hieronder bestaan uit 'n geskrewe bron en visuele bronne wat die hoogtepunte van Kenia se Onafhanklikheidsdagviering uitlig. Geskrewe bron: Hierdie bron verduidelik die gebeure wat plaasgevind het toe Kenia op 11 Desember 1963 van Brittanje onafhanklik geword het. Geneem uit Britain's Gulag: Brutal End to Empire in Kenya deur C Elkins. In minder as twee jaar nadat Kenyatta weer aan die wêreld bekendgestel is, het hy op die podium van Nairobi se Uhuru-stadion gestaan. Kenyatta het 'n ekstatiese skare van ongeveer veertigduisend toegespreek en die volgende gesê: 'Dit is die belangrikste dag in Kenia se geskiedenis en die gelukkigste dag van my lewe.' … Kenyatta was 'n betowerende spreker wat geweier het om sy voorbereide toespraak in Engels te lees. Hy het sy toespraak dramaties eenkant toe gegooi en die skare in KiSwahili toegespreek – die skare was feitlik onbeheerbaar. Saam met hom was daar hooggeplaastes vanoor die hele wêreld wat almal op daardie dag na Kenia toe gegaan het om te aanskou hoe Kenia sy onafhanklikheid van Europese oorheersing verkry het. Toe, om middernag, na ure se seremonies en gedans, het 'n kollig geval op die Union Jack wat besig was om gestryk te word, en op Kenia se nuwe vlag, wat vir die eerste keer gehys is. Visuele bronne: Foto 1: Die foto hieronder toon Jomo Kenyatta wat Kenia se onafhanklikheid van Brittanje in Desember 1963 in Nairobi se Uhuru-stadion vier. Geneem uit History For You: Twentieth Century World deur J Ray en J Hagerty.
Jomo Kenyatta Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1
7 NSS – Addendum
DBE/November 2010
Foto 2: Die foto hieronder toon hoe die polisie probeer om die skare, wat die Onafhanklikheidsdagvieringe in Nairobi se Uhuru-stadion bygewoon het, te beheer. Geneem uit East African Standard Newspaper, 'n Keniaanse koerant, 1963.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1
8 NSS – Addendum
DBE/November 2010
BRON 2C Die volgende uittreksel uit The State of Africa deur M Meredith fokus op ontwikkelings in Kenia ná onafhanklikheid. In teenstelling met die sosialistiese programme wat in daardie tyd in Afrika gewild was, het Kenyatta kapitalistiese beleid aangehang en beide inheemse private ondernemings en buitelandse beleggings aangemoedig. Met die ondersteuning van die regering het 'n ontluikende swart middelklas geleenthede in die staatsdiens, landbou, handel en nywerheid aangegryp. Kenyatta se regering was ook kragtig in die bevordering van plaaslike selfhelp-ontwikkelingsorganisasies, bekend as Harambee – 'n KiSwahili-woord wat 'Laat almal saamwerk' beteken – verantwoordelik vir die oprig en bedryf van skole, gesondheidsklinieke en watervoorsiening … Wit boere is deur beide kleinboere en ander Afrika-eienaars, dikwels lede van Kenia se elite, uitgekoop. Teen 1970 is 'n totaal van 1,5 miljoen akker grond bekom vir nedersettingskemas wat sowat 500 000 mense betrek het. Afrikane het ook die eienaars van korporatiewe veeplase en koffieplantasies geword … Nairobi, Kenia se hoofstad, het die groeiende voorspoed van Kenia weerspieёl. Dit het as 'n internasionale sake- en konferensiestad gefloreer en die stad se silhoeёt het met die oprig van nuwe hotelle en kantoorblokke verander. Buitelandse toeriste het na die land se skouspelagtige wildparke en strandoorde gestroom, wat 'n groot bron van inkomste was. … tog was daar groot verskille: terwyl die rykes ryker geword het, het die vlak van plattelandse armoede toegeneem en ten spyte van die grondoordragprogram het die probleem van grondhonger bly voortbestaan. Kenyatta se kapitalistiese strategie het sterk teenkanting uitgelok … Oginga Odinga, vir wie Kenyatta na onafhanklikheid as visepresident aangestel het, het uit die regering bedank en 'n opposisieparty gestig. Hy was 'n voorstander van vrye distribusie van grond wat aan wittes behoort, en het ook 'n program van nasionalisering van buitelandse ondernemings en 'n verskuiwing in buitelandse beleid, weg van Kenia se noue bande met Westerse lande ten gunste van nuwe bande met die Oos-Europese lande, bepleit … Kenyatta was meedoёnloos in sy hantering van enige uitdaging van sy gesag. In 1969 is Odinga gearresteer en sy party is verban …
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1
VRAAG 3:
9 NSS – Addendum
DBE/November 2010
HOE HET DIE OPMARS NA DIE LINCOLN-GEDENKTEKEN MOMENTUM OPGEBOU IN DIE STRYD OM BURGERREGTE IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) IN DIE 1960's?
BRON 3A Die volgende bestaan uit 'n geskrewe en 'n visuele bron oor die opmars na die Lincolngedenkteken. Geskrewe bron: Hierdie is 'n gedeelte van die toespraak wat Martin Luther King Junior op 28 Augustus 1963 op die trappe van die Lincoln-gedenkteken gelewer het. Geneem uit Black Peoples of the Americas deur J Shuter et al. '… Vandag sê ek vir julle, my vriende, al staar ons die probleme van vandag en môre in die gesig, het ek steeds 'n droom. Dit is 'n droom wat diep in die Amerikaanse droom gewortel is. Ek het 'n droom dat hierdie nasie eendag sal opstaan en die ware betekenis van sy geloofsoortuigings sal uitleef. Ons glo dat hierdie waarhede vanselfsprekend is, dat alle mense gelyk geskape is. Ek het 'n droom dat, op die rooi heuwels van Georgia, die seuns van voormalige slawe en die seuns van voormalige slawe-eienaars eendag saam aan die tafel van broederskap sal kan sit …' Visuele bron: Die lugfoto hieronder toon sowat 250 000 mense wat op 28 Augustus 1963 die opmars na die Lincoln-gedenkteken meegemaak het. Geneem uit Studies in 20th Century World History deur S Harrison.
Die Lincolngedenkteken
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1
10 NSS – Addendum
DBE/November 2010
BRON 3B Die volgende hoofartikel (redakteur se kommentaar oor sake van die dag) uit The New York Times van 29 Augustus 1963 lewer kommentaar op die opmars na die Lincolngedenkteken. Geneem uit The Modern World 1914 – 1980, deur N Kelly. WASHINGTON Meer as 250 000 Amerikaners, die meeste van hulle swart, maar ook baie wit, het vandag hier betoog vir 'n volledige en spoedige program van burgerregte en gelyke geleenthede. Dit was die grootste samekoms vir 'n regstelling van 'n grief wat hierdie hoofstad nog ooit beleef het … Daar was geen bewyse van pogings om die betoging te stuit nie. Inteendeel, by tye was daar 'n atmosfeer van feestelikheid daaroor soos wat groepe skoolkinders hande geklap en spontaan bekende vryheidsliedere gesing het. Alhoewel die skare gemoedelik was, was die onderliggende toon egter een van dodelike erns. Die klem was op 'vryheid' en 'nou'. Terselfdertyd het die leiers, teenstellend, maar tog realisties, beklemtoon dat die stryd nou eers begin het. Op Capitol Hill (tuiste van die Amerikaanse Kongres) was opinies verdeeld oor die impak van die betoging om kongres-aksie oor burgerregtewetgewing te stimuleer. Maar in die Withuis het president Kennedy verklaar dat die saak van 20 000 000 Negers deur die opmars bevorder is … 'Die inwoners van die land,' het die president gesê, 'kan waarlik trots wees op die betoging wat vandag hier plaasgevind het.' BRON 3C Die volgende uittreksel is deel van president JF Kennedy se reaksie oor die opmars na die Lincoln-gedenkteken, gelewer in 1963. Geneem uit Studies in 20th Century World History deur S Harrison. Ek hoop dat elke Amerikaner … 'n ruk sal stilstaan en sy gewete sal ondersoek … Ons is vandag verbind tot 'n wêreldwye stryd om die regte van almal wat vry wil wees, te bevorder en te beskerm. Wanneer Amerikaners na Viёtnam of Wes-Berlyn gestuur word, vra ons nie net vir wit mense nie … Die tyd het nou aangebreek dat hierdie land sy belofte nakom … Die vure van frustrasie en onenigheid is besig om in elke stad, Noord en Suid, te brand … Ons staan dus voor 'n morele krisis … dit is tyd dat daar in die Kongres opgetree word ...
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1
VRAAG 4:
11 NSS – Addendum
DBE/November 2010
HOE HET STEVE BIKO EN DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN DIE SOWETO-OPSTANDE VAN 1976 BEÏNVLOED?
BRON 4A Hierdie bron bestaan uit twee standpunte oor Swart Bewussyn. Standpunt 1: Die volgende is Biko se siening van Swart Bewussyn. Geneem uit I Write What I Like deur S Biko. Alles tesame het die swart man 'n dop, 'n skaduwee van 'n man geword, heeltemal verslaan, besig om in sy eie ellende te verdrink, 'n slaaf, 'n os wat die juk van sy onderdrukking bedees dra. Dit is die eerste waarheid, hoe bitter dit ook mag wees, wat ons moet erken voordat enige program om die status quo te verander, ingestel kan word. Dit het nodig geword om die waarheid, soos dit is, in te sien, as jy besef die enigste middel tot verandering is hierdie mense, wat hulle persoonlikheid verloor het. Die eerste stap is dus om die swart man na homself te laat terugkeer; om weer lewe in sy leё dop te blaas; om hom met trots en waardigheid te vul, om hom te herinner aan sy aandadigheid aan die misdaad om hom te laat misbruik en dat hy sodoende toegelaat het dat die bose hoogty in sy geboorteland vier. Dit is wat ons bedoel met 'n proses om na binne te kyk. Dit is die definisie van Swart Bewussyn. Standpunt 2: Die volgende is 'n artikel wat deur Harold Pakendorf, die redakteur van die Afrikaanse koerant, Die Vaderland, geskryf is. Dié koerant was die mondstuk van die Transvaalse Nasionale Party. Ek het geen geskil met Swart Bewussyn as sulks nie; daar is niks daarmee verkeerd nie. Dit is deel van 'n nasionalistiese gevoel en dit is verstaanbaar en ons behoort nie negatief daarop te reageer nie. Ons behoort positief daarop te reageer. Dit sal dwaas wees om nie te erken dat daar griewe is en dat daardie griewe die beste deur 'n nasionalistiese organisasie gehanteer kan word nie. As dit 'n nasionalistiese organisasie is wat homself op kleur baseer, maak dit dit net soveel makliker.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1
12 NSS – Addendum
DBE/November 2010
BRON 4B Hierdie bron bestaan uit twee uittreksels oor die Soweto-opstande. Uittreksel 1: Die volgende uittreksel is kommentaar deur die geskiedkundige C Glaser op die invloed van Swart Bewussyn in skole in Soweto. Geneem uit Youth Culture and Politics in Soweto, 1958 – 1976 deur C Glaser. Hoёrskoolstudente was teen die middel van die 1970's in 'n unieke posisie om politieke leierskap in Soweto oor te neem. Sekondêre skole … het 'n verenigende invloed gehad. Hulle het die geletterde jeug, met dieselfde ervarings en griewe, op groot skaal byeengebring. Hoёrskole … was ontvanklik vir die ideologie van Swart Bewussyn … Skoolstudente, met energie en onafhanklikheid, en propvol selfvertroue wat deur Swart Bewussyn geïnspireer is, het die politieke leemte wat deur die verbode Kongresbewegings gelaat is, gevul. Uittreksel 2: Teboho Mohapi, 'n studenteleier, lewer kommentaar op hoe SASM georganiseer was. Geneem uit Soweto: A History deur P Bonner en L Segal. SASM (Suid-Afrikaanse Studentebeweging) het 'n punt bereik waar dit nie meer vir studente kon wegkruip nie en ons het gaandeweg al hoe meer in die skole op die voorgrond getree … Teen die einde van my Standerd 8- (Graad 10-) jaar, het ons duidelik 'n groot aantal studente by my skool byeengehad. Party van ons het van skool tot skool geroteer om met die studente te praat. Ons het oor Bantoe-onderwys gepraat as 'n gif wat ons verslaaf het. Dit was die kern van die verpolitisering en beïnvloeding van studente. Dit was hoe ons SASM tot 'n volwaardige organisasie ontwikkel het.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1
13 NSS – Addendum
DBE/November 2010
BRON 4C Hierdie is 'n foto wat op 16 Junie 1976 deur P Magubane geneem is. Die opskrif van die foto is 'Die Jong Leeus van Soweto, 16 Junie 1976'.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1
14 NSS – Addendum
DBE/November 2010
ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende bronne geneem: Bartels, J et al. 2006. Shuters History (Shuter & Shooters Publishers) Berry, A. 1989. Act by Act 40 Years of Nationalist Rule in South Africa (Jonathan Ball) Biko, S. 1978. I Write What I Like (Heinemann) Bonner, P et al. 1998. Soweto: A History (Maskew Miller Longman) Bottaro, J et al. 2006. Oxford in Search of History Grade 12 (Oxford University Press) Clark, JF. 2002. The African States of the Congo War (Palgrave) Condon, C. 1987. The Making of the Modern World (Macmillan Australia) Culpin, C. 2000. South Africa Since 1948 (John Murray) Elkins, C. 2005. Britain's Gulag: Brutal End to Empire in Kenya (Jonathan Cape) Frederikse, J. 1987. South Africa: A Different Kind of War (Ravan Press) Glaser, C. 1994. Youth Culture and Politics in Soweto, 1958 – 1976 (Cambridge University: PhD dissertation) Govender, SP et al. 2006. New Generation History Grade 12 (New Generation) Graves, F et al. 2006. Moments in History (Juta Gariep) Harrison, S. 1988. Studies in 20th Century World History (Oxford University Press) Kelly, N et al. 1996. The Modern World (Heinemann) Kolb, R et al. 1997. Vietnam War – Participants and Casualties (Oxford University Press) Mantin, P. 1987. The Twentieth Century World (Hutchinson Education) Meredith, M. 2005. State of Africa: History of Fifty Years of Independence (Jonathan Ball) Ndlovu, SM. 1998. The Soweto Uprisings (Raven Press) New Generation History Grade 12 Study Guide (New Generation Publishing Enterprises) Nugent, P. 2004. Africa Since Independence (Palgrave) J Ray and J Hagerty. 1991. The Twentieth Century World (Stanley Thornes) Roberts, M. 2001. South Africa 1948 –1994 (Maskew Miller Longman) Scott, J. 1989. The World Since 1914 (Heinemann) Shuter, J et al. 1990. Black Peoples of the Americas (Stanley Thornes) Smith, N. 2000. The USA 1917 – 1980 (Oxford University Press) Waugh, S. 2001. Essential Modern World History (Canale) East African Standard Newspaper 1963
Kopiereg voorbehou