125
HOOFSTUK VYF
-DIE GEBRUIK VAN JUNGIAANSE INSIGTE IN DIE ONTSLUITING VAN DIE KOMPLEKSITEIT VAN DIE VROUFIGURASIES. 5 . 1 INLEIDING
Die gedig is 1 n appel; jy kan hom van alle kante bekyk, dit het met ander woorde nie net een kant nie. Jy kan random hom loop, hom omdraai. As appel het dit die argetipiese van die hemelliggame (son, maan, aarde, ander planete). Dit het die vorm van ons oog; omdat dit rand is, kan jy nie 1 n tau daaraan vasmaak nie. Jy kan hom eet en op een of ander manier tog in jouself behou (Cloete, 1994a).
In hoofstuk twee (p.26-28) word verwys na die Bakhtin-groep se bydra tot die ontwikkeling van 1
houdinge waarin
1
n teorie oar verskillende ver-
n teks funksioneer. Vanuit hierdie standpunt
veronderstel die teks
1
n oop gesprek. Taal, as sosiale en in-
tersubjektiewe gegewe waarbinne die subjek vorm aarineem,
is
vir die Bakhtin-groep die grondslag van die onbewuste. In die lig hiervan word intertekstuali tei t
omskryf as " 1 n vorm van
intersubjektiwiteit" (sien p. 27). Die gedig is dus
1
n interteks
op die vlak van die wisselwerking tussen teks en leser.
Du
Plooy (sien p.27) wys daarop dat "intertekstualiteit berus op die subjek se vermoe om intertekste bymekaar te bring en bulle in verband met
1
n bepaalde teks te bring". Sy sluit aan by die
beskouing van Kristeva wat die teks omskryf as translinguis-
126
tiese handeling waarin die subjek voorafgaande en kontemporere tekste ondersoek, sommige bevestig en ander ontken in die opeis -van die reg om self te praat.
Intertekstualiteit veronderstel in der waarheid die uitwis van grense (binne- en buite-tekstueel). Die teks le self verbande na buite.
Teoreties is die vertrekpunt dat die teks "oop plekke" (Iser, 1978:112) laat wat die leser moet vul. Dit kan aileen geskied op grand van die leser se lewens- en leeservarings: a piece of writing must be understood as the product of a person or persons, at a given point in human history, in a given form of discourse, taking its meaning from the interpretive gestures of individual readers using the grammatical, semantic and cultural codes avail.abl.e to them (Scholes, 1982:15).
Die aansluiting van die teks by sy kontekste,
die verbande
tussen die diskoerse van die gedig en die van sy kommunikasieruimte op 'n gegewe moment, kan slegs deur die leser geskied wat daardie landskap deurreis met "divided psyches, traversed by codes" (Scholes, 1982:14). Wat die skeppers van literere kunswerke as teks produseer, geskied deur bulle: acceptance of the constraints of generic or discursive norms. Through them speak other voices - some cultural and public, some emerging distorted from those aspects of private need repressed as the price for attaining a public subjectivity in language (Scholes, 1982:14).
127
Die gedig word dus as diskoers gelees en die teks as die sentrum waarin verskillende taalkodes mekaar ontmoet. Die leser -ontsluit oak die teks deur van verskillende kodes gebruik te maak: dit maak die betekenis van die teks 'n oneindigheid. Sonder dat die binne-struktuur van 'n gedig dus totaal afgewys word, word die teks-/gediggrense ad infinitum verskuif.
In die oeuvre van Cloete is dit opmerklik dat 'n kategorie gedigte 'n bewussyn van die primordiale (dit wat dieper, onder die oppervlakte verskuil le)
suggereer.
Di t
wil oak vir my
voorkom asof daar 'n raakpunt tussen die vroulike kode en verwysings in bogenoemde kategorie gedigte is.
Jung (1963:80) se uitspraak dat "poetry evokes out of words the resonance of the primordial world" weerklink net te sterk in baie van die gedigte van Cloete dat 'n mens dit kan negeer.
Een van ,die
(talle)
gedigte wat
as voorbeeld kan dien,
"Karooklip" (Driepas:154): Die ewigheid is vatbaar naby: gaan na die drif in die Dwyka gaan kyk hoe die morene deur die gletser gedra die harde rots geskuur het - batter deur 'n harde skaarlem geskraap - en hoe in 'n klip 'n mosasourus 'n ewigheid reeds swem. Laat die erosie in die Visrivier loop, dit hou God se bewaarde geskiedenis in n 000 000000 jaar aarde swygend voor ons oe oopgespoel oop.
is
128
Ons eksistensiele sake van die dag die nietige kramp is om heilige stadige klip te word te sag en voos te bedompige damp en die meeste vlees en belewe duur te kort is te teer en te efemeer om van die essensiele klipewigheid van die litosfeer deel te word. Gaan by die Dwyka hier naby staan, gaan kyk: die siel van die siel word steen word fossiel. Die slapende dromende klippe getuig hulle roep swygsaam God se werk uit met 'n klipharde gejuig met klippe se goddelike langsame geluid.
Daar is 'n parallel tussen klippe en poetiese taal omskryf in terme van die gepersonifieerde "slapende dromende klippe" wat "praat". Dit herinner baie sterk aan Leopold se verwysing na die digterlike denke as dromende denke. Dit laat die suggestie dat ook in poesievorm en -inhoud iets van die oeroorspronklike gefossileer le.
Soos die klippe, was taal (1 Joh.1:1) van die begin van die skepping daar. Taal vertoon, ook soos klippe, die verbrokkeling en verweer wat oor die jare oor die oeroorsponklike geharmonieerde geheel/volkomendheid gespoel het. Tog is daar ook in taal, soos in die klipgroewe, waarskynlik iets van die oeroorspronklike gefossileer -
juis daarom ook die verwondering
aan die groefgeskuurde klippe (of as parallel: aan die "afgeskuurde/gegroefde" digterlike woord).
129
Juis deur die verwysing na die gekraakte oppervlakte aan die buitekant met 'n dieper, versteende beeld van die oeroorspronklike daaronder, word in konteks met die verwysing na "siel", volgens my, spore gelaat wat die leser lei om te delf na dit wat onder die oppervlak le: die kollektiewe onbewuste wat terugdateer tot die oeroorspronklike -
'n aspek wat met behulp
van 'n Jungiaanse leesstrategie in die gedigte van Cloete leesbaar word.
Juis die verwysing na "siel" in strofe ses, open 'n deur tot 'n Jungiaanse insig. Dis onwaarskynlik dat die klip 'n siel kan he maar wat wel moontlik is, is dat die siel, soos die klip - soos taal, veral in digterlike vorm ook iets van die primordiale in gefossileerde vorm (kollektiewe onbewuste) kon bewaar bet.
"New Science"-studies wat die oorsprong van menslike instellings deur die mees primitiewe volke bestudeer maak 'n gevolgtrekking dat die eerste mense in digvorm gepraat bet. Dit verklaar waarskynlik waarom daar soveel natuurlike versmakers in oorspronklik besbewaarde tale/dele soos Eskimo is. Ook bet die eerste skrywers in Spaans, Frans, Italiaans en in ander tale in verse geskryf. Dit laat 'n mens onwillekeurig dink dat poetiese taalgebruik dalk tog iets van die oeroorsponklike gefossileer hou. Woordkuns is heel waarskynlik "the magic in the mind" en in die konteks van die studie is die volgende uitspraak nog belangriker: "Mighty magic is a mother" (Rochenberg, 1983:3).
130
Die volgende interessante weergawe van die "wete" van 'n Eskimo-vrou via haar oom Unaraluk,
die sjamaan,
oar die oar-
-sprang van alles het opnuut my belangstelling geprikkel. Daar word veronderstel dat deur poetiese sleutels gepoog kan word om tot die verre verlede deur te dink met behulp van "dromende/ poetiese" denke -
juis so word die ideaal van veelvormigheid
waarna ook Cloete (Jukstaposisie:42) in sy verse streef, moontlik: In the very earliest time, when both people and animal lived on earth a person could become an animal if he wanted and an animal could become a human being. Sometimes they were people and sometimes animals and there was no difference. All spoke the same language. That was he time when words were like magic. The .human mind had mysterious powers. A word spoken by chance might have strange consequences. It would suddenly come live and what people wanted to happen could happen all you had to do was say it. Nobody could explain this: That's the way it was. (Rochenberg, 1983:3) Jung se teorie is gegrond op sy opvatting dat universele primordiale ervarings in die kollektiewe onbewuste gesetel is. Hierdie onbewuste inhoude word as argetipes of primordiale simbole spontaan gemanifesteer in drome, fantasiee en mitiese projeksie.
In hoofstuk drie is daarop gewys dat die verwysings na onder andere
Anna
en die onbenoemde "sy" nie net as verwysings na
konkrete figure gelees moet word nie. Vanaf hoofstuk twee, en
131
veral in hoofstuk vier is daar toenemend verwys na 'n proses van "ontsel(f)ing" (Met die aarde praat:96) wat skynbaar oar -die boeg van die ses bundels in die gedig "Opruim" (Met die aarde praat:96) tot voltooiing gegroei het. Is dit moontlik dat die "ek", as deel van die inkyk en insien in die groot skepping van God, dalk ook in deur die
vrou~ike
sy
deurkyk van -, inlewing met - en kyk
tot ontselwing (oplos van die enkel manlike
"ek" om so deel te word van 'n grater geheel) kon kom? As dit so is, watter denkraamwerk spreek die kwessie van integrasie tussen manlike en vroulike teenpole in die individu aan? Ek kon, met behulp van Jung se individuasieteorie so 'n psigologies-fisiologiese oplossing/opruiming/ontsel(f)ingsproses aantoon.
In die eerste plek word daar in hierdie hoofstuk enkele Jungiaanse konsepte soos kollektiewe onbewuste, anima, individuasie en self kortliks omskryf.
Daarnaas word, met behulp van gediganalise, ondersteuning gebied aan die argument dat:
die vergestalting van die vroulike in die psige van die "ek" intratekstueel van bundel tot bundel "groei";
daar verstegniese vergestaltings is waarin die manlike en vroulike, jukstaponerend versoen word. Dit ondersteun die veronderstelling dat daar van 'n proses van
132
onselwende heelwording(individuasie), as versoening tussen teenoorstaandes, sprake is.
Daar word ook 'n inventaris van die verskillende animavergestaltings
in die verskillende stadia van die individuasie-
proses opgestel.
5 • 2 • DIE KOLLEKTIEWE ONBEWUSTE
Wat die struktuur van die onbewuste betref, onderskei Jung tussen 'n persoonlike en 'n kollektiewe bewussyn. Die kollektiewe onbewuste verteenwoordig die oorgeerfde potensiaal wat van vorige geslagte oorgedra is. Dit is 'n soort duimdruk, nie spesifiek van die individu nie, maar universeel van alle mense. Dit is ook onafhanklik van die persoonlike onbewuste en die bewussyn: it is not made up of indivi dual and more or less unique contents but of those which are universal and of regular occurrence (Jung, 1963:390).
Die kollektiewe onbewuste bestaan uit instinkte en argetipes. Instinkte verwys skynbaar na fisiologiese oorgeerfde impulse wat gedrag bepaal sonder bewustelike motivering. Argetipes of primordiale beelde word beskou as aangebore psigiese predisposisies of "intuisies" wat die persoon beinvloed om op 'n bepaalde wyse waar te neem en beelde te vorm. Die argetipes vorm die basis van menslike denke en is "the whole treasure-house of
133
mythological motifs" (Jung, 1963:310).
-Argetipes kan uitgedruk word as simbole ('n simbool verteenwoordig altyd iets wat nie direk waarneembaar is nie). Dit is in die analisering en interpretasie van simbole -
soos di t
voorkom in drome en die kunste - wat die kollektiewe onbewuste en die argetipes geanaliseer en begryp kan word.
In die gedig "Karooklip" (Driepas:154) is daar, volgens my mening, 'n parallel tussen die "ons", die klippe, en ook die taal (of gedig): iets van die "ewigheid"/ oeroorspronklikheid (reel een) le daarin vasgevang - dit is net die taak van die werklikheids(in)kyker om dit raak te sien. Enersyds moet die hand van God in die skepping (en ook taalskepping) raakgelees word, maar andersins ook die herontdek van die "trigloop in teen die groot vergeet". Hierdie terugloop veronderstel ook 'n kyk na die siel wat iets van die oeroorspronklike gefossileer het. Ek verwys in hierdie verband na die HAT-omskrywing van "siel": "lewende beginsel van Goddelike oorsprong wat as onsterflik beskou word".
Volgens Jung (1963) se teorie is daar in die psige van die mens 'n drif om 'n oorspronklike harmonie/eenheid/ as teenpool van die gebrokenheid van bestaan te bewerkstellig. Vir die Christen beteken hierdie toestand gemistifiseerde eenheid met God.
'n
Mens kan se dat beide hierdie gedagtes versoenbaar is met die tema van "Karooklip". Die religieuse verwysings in die gedigte van Cloete is in talle studies (sien hoofstuk een) breedvoerig
134
uitgewerk.
5 • 3 . DIE PROSES VAN "ONTSELFING"
Daar word in gedigte verwys na 'n
proses van "ontselfing" (Met
die aarde praat:96) as strewe om uit die enkelheid deel te word van die veelheid om so nader aan die oeroorspronklike te kom: ons eksistensiele sake van die dag die nietige kramp is om heilige stadige klippe te word en sag en voos te bedompige damp "Karooklip" (Driepas:154)
Die vraag is of daar 'n verband is tussen hierdie soeke na die oeroorspronklike (herstel van eenheid vroufigurasies.
deur selfverlies) en die
'n Antwoord is vir my moontlik gelee in die
harmonisering tussen die manlike en die vroulike. Hierdie proses word in die gedigte van Cloete 'n medium waardeur tot iets van die oeroorspronklike deurgekyk word.
Begrip vir hierdie
proses vereis eerstens verheldering oar hoe Jung die term self omskryf.
Die self is die argetipe wat die mens motiveer om die verskillende komponente van die psige te integreer in 'n harmonieuse geheel. Dit verteenwoordig die mens se strewe na eenheid, integrasie en volheid.
Die self tree na vore wanneer die bewuste en die onbewuste nie !anger in opposisie teenoor mekaar staan nie, wanneer dit gein-
135
tegreer is in 'n geheel.
Volgens Jung is die
se~f
die sentrale argetipe en vorm dit die
kern van die persoonlikheid waarrondom die ander sisteme sentreer: The self is not only the centre, but also the whole circumference which embraces both conscious and unconscious; it is the centre of this totality, just as the ego is the centre of consciousness (Jung, 1953:41). Alhoewel Jung nooit baie duidelik se hoe die
se~fontstaan
nie,
blyk dit dat die ontwikkeling daarvan aangewakker word deur 'n religieuse instink en 'n transendentale funksie wat die psige dwing om die teenoorstaande pole te versoen in 'n nuwe balans en eenheid. Jung (1953:42) se: Religion ... is an instinctive attitude peculiar to man, and its manifestations can be followed all through human history .. Its evident purpose is to maintain the psychic balance.
Die transendentale funksie is vir Jung 'n ontwikkelingsbeginsel aan die hand waarvan hy wil illustreer hoedat die psige, na differensiasie in verskillende sisteme weer tot 'n eenheid kan ontwikkel.
Sy opvatting oor die kollektiewe onbewuste waarin die argetipes funksioneer ten opsigte van die psigiese drif in die mens om die oorsponklike harmonie te herstel, dui op 'n proses/stryd om onversoenbaarhede te versoen.
So
'n soort proses is ook
aantoonbaar in die bundels van Cloete, veral in die vergestal-
136
ting van die manlike teenoor die vroulike. Cloete, as jukstaposisie-meester, het waarskynlik in die gedig "Karooklip" waarin die grootsheid en tydloosheid van God aan die hand van die afgeskuurde klipgroewe uitgebeeld word, oak 'n moontlike Jungiaanse saadkiem losgeskryf.
Daar word nie met presiesheid uitgeskryf dat dit net oar die siel van die klip gaan nie - dit gaan oar die siel van die siel - dit kan net sowel van toepassing gemaak word op die siel (van die mens) wat soos die klippe oak met primordiale kollektiewe reste belaai is en
waaruit die fyn waarnemer (en psigologiese
reisiger) oak engele uit die klip kan verlos (ala D.J. Opperman).
Die gemeenskaplike deler tussen die klip- en sielbeeld en die veelfasettige vroulike kode, le in die tydloosheid: haar ewigteenwoordigheid in die psige van die skeppende manlike "ek" (maar oak , in die kosmos) : Kyk ek na die melkweg, in die gras, in die water, na die boog van die aarde, maar altyd iewers is jy ingepas. "Anna" (Met die aarde praat:94)
Deur die vroulike kode word oak iets verbeeld van die altydteenwoordige. "Sy" verbeeld 'n medium waardeur 'n inkyk op die ewige, maar oak die teenwoordige verbreed word. Ten spyte van menslike onvolkomenheid/ verbrokkeling hou die "sy" in die gedigte van Cloete tog die belofte in om via haar iets van die
137
volkomenheid te herstel,
ten minste
'n venster waardeur die
"ek" uit sy eie beperktheid en eenogigheid kan verruim. Deur haar kan ontselwing beleef word om so nader aan persoonlike-, maar oak kunsafgerondheid te kom. Deur die wydgeskakeerde vroulike koderings van "haar", soos byvoorbeeld Anna, maar oak as die onbenoemde "sy", beleef die "ek"
deurgang tot iets van die
kollektiewe primordiale.
5.4. DIE ANIMA
Aangesien daar telkens na die konsep anima verwys word, volg daar nou eers begripsomskrywing.
Volgens Jung dra elke individu spore van beide geslagte in hom of haar. Hy postuleer daarvoor die anima as die vroulike argetipe wat op 'n onbewuste vlak in elke man teenwoordig is en gekenmerk word aan gevoel en emosie. Die animus, aan die ander kant, is die manlike argetipe wat logika en rasionaliteit in elke vrou verteenwoordig: The natural function of the animus (as well as of the anima) is to remain in [their] place between individual consciousness and the collective unconscious. The animus and the anima should function as a bridge, or a door, leading to the images of the collective unconscious, as the collective unconscious, as the persona should be a sort of bridge into the world (Jung,1963:380).
'n Volwassene wat kreatief is, is volgens Jung een wat daarin geslaag het om beide die vroulike en manlike komponente van die persoonlikheid te laat integreer het deur genoeg ruimte te laat
138
vir die uitdrukking van beide.
Die anima (siel) is nie siel in die dogmatiese sin nie, nie 'n
anima
rationa~is,
wat 'n filosofiese konsep is nie,
but a natural archetype that satisfactorily sums up all the statements of the unconscious, of the primitive mind, of the history of language and religion ( Jung, 1990: 27) •
Die mens kan dit nie skep nie, dit is altyd die a priori in die mens se stemming, reaksies, impulse en wat ookal spontaan is in die psgiese lewe:
It is something that lives of itself, that makes us live; it is a life behind consciousness that cannot be completely integrated with it, but from which, on the contrary, consciousness arises (Jung, 1990:27).
Hoewel die vrou as
femme inspiratrice dus die noodsaaklike
teenspeelster is wat die man inspireer en tot selfbegrip lei, kan sy ook as demoniese figuur destruktief optree.
Malan (1978:165) wys daarop dat selfs die dubbelkantigheid van literere karakters direk tot die kenmerke van die argetipe herlei word. Juis deur die gebruik van die oertipe word afwisseling verkry en 'n verweefde verdigting.
Volgens Malan (1978:166) word die self in een of ander viervou-
139 digheidstruktuur uitgedruk en word daar ook vier stadia in die ontwikkeling van die anima onderskei: die aangetrokkenheid tot die primitiewe vrou, die suiwer fisieke en biologiese soos gesimboliseer deur Eva. Daarna volg idealisering en platoniese liefde in wie romantiese en estetiese elemente nog met seksuele aspekte vermeng is. Die derde stadium is die vergeesteliking van aardse liefde (Eros), soos gesien in die maagd Maria wat liefde verhef tot 'n goddelike toewyding. Die vierde aspek word gesimboliseer deur Sapientia, die wysheid wat selfs die heiligste en reinste oorskry (bv.Griekse godinne).
Soms word daar in die een figurasie al vier fases onderskei, iets wat karakteriseringskohesie naas verdigting bevorder.
Die religieuse rol wat Jung aan die anima toese, stem ook volgens Malan ooreen met sy siening van seksualiteit as 'n skeppende mag, met 'n sentrale rol in die psigiese lewe. Met die argetipe word daar dus toegetree tot die ryk van die gode, of minstens die sfeer wat die metafisika vir homself toeeien.
Alhoewel dit klink of die anima die geheel van die onbewuste psigiese lewe beheer, is sy slegs een aspek van die onbewuste.
Volgens Jung( 1990:28) glo die anima in die "mooie en die goeie" " a primitive conception that antedates the discovery of the conflict between aesthetics and morals". Hy wys daarop dat dit bykans 'n duisend jaar van Christelike groei geneem bet om te verduidelik dat die goeie nie noodwendig die mooie en die mooie nie noodwendig die goeie is nie.
Die anima is konserwatief en hou graag vas aan die din.g e van vroeere menslikheid (verskyn in historiese voorkoms). In die
140
moderne samelewing verskyn sy egter in vele vorme.
Die verhouding met die anima is 'n toets vir moed,
'n trauma-
tiese "brand"-ervaring, want daar moet nie vergeet word nie dat in die ontmoeting met die anima daar met psigiese feite wat nie vanselfsprekend vir die man is nie gewerk word. Dit vind "buite" homself in die vorm van projeksies plaas.
Volgens Jung vergestalt die anima die "chaotic urge to life" (1990:30). Daarbenewens word sy omhul deur 'n waas van geheime kennis of wysheid, wat skerp kontrasteer met die irrasionele van haar nimfagtige aard. Alleen die persoon wat indringend met haar kontak maak, sal hierdie aspek van haar beleef. Eers wanneer die man versoen is met die volle inhoud van die kollektiewe onbewussyn sal hy in staat wees om in te sien dat onder die anima se soms wrede spel met die menslike lot, daar 'n superieure kennis van die lewenswette le.
Daar word in gedigte van Cloete soos "Sy" en "Gaea"
juis na
hierdie wreedheid verwys. Die onverwagte - geweld - word aan die tradisioneel onderdanige, sagte vroulike gekoppel: daar is pyn daar is 'n vrou by betrokke die orkaan dra haar naam ... die militere fallus vier van 200 000 dooies daarna sy fees deur die vrou se visier "Sy" (Angelliera:4)
141
Sy,. die maker, hou van laat vrek en rol die lewende om tot rolle drek. Sy bly hou van die oorspronklike gevare vir wat lewe en laat loop weer deur my oogare die voorouerlike vrees en laat hoedervleishare op my staan as ek behoue agter motormetaal en -glas kyk hoe ons vroeer deur haar gevaarlik blootgestel was •.. "Gaea" (Met die aarde praat:22)
Jung som hierdie situasie soos volg op: In elfin nature wisdom and folly appear as one and the same; and they are one and the same as long as they are acted out by the anima. Life is crazy and meaningful at once. And when we do not laugh over the one aspect and speculate about the other, life is exeedingly drab, and everything is reduced to the littlest scale (Jung,1990:31).
Volgens Jung is daar sander die interpreterende denke van die mens, nie werklik betekenis nie en daarom is interpretasie 'n manier waarop 'n individu probeer om sin te gee aan moeilike of onverstaanbare dinge. Die anima en die lewe is op sigself betekenisloos in soverre hul geen interpretasie bied nie, want in alle chaos is daar kosmos, in alle wanorde 'n geheime orde: in 'n wereld wat my terugvoer na die krul en geboortereuk van Gaea se moer en vind in 'n volmaakte primitiewe baar en braak perspektief 'n ontmoetingspunt ... "Gaea" (Met die aarde praat:22) As die man versoen is met die verskillende fasette van sy anirna, sal haar chaotiese wispelturigheid hom rede verskaf om te vermoed dat daar 'n geheime orde, betekenis, bo en buite haar
.
"geopenbaarde" natuur le. Sy kan die man verder lei op paaie, waar filosofie, religie en die wetenskap hom slegs in 'n be-
142
perkte mate lei: We are caught and entangled in aimless experience, and the judging intellect with its categories proves itself powerless. Human interpretations fails, for a turbulent life-situation has arisen that refuses to fit any traditional meaning assigned to it. It is a moment of collapse. We sink into a final depth - Apuleius calls it 'a kind of voluntary death'. It is a surrender of our own powers, not artificially willed but forced upon us by nature; not a voluntary submission and humiliation decked in moral garb but an utter and unmistakable defeat crowned with the panic fear of demoralization. Only when all the props and crutches are broken, and no cover from the rear offer even the slightest hope of security, does it become possible for us to experience an archetype that up till then had lain hidden behind the meaningful nonsenses played out by the anima. This is the archetype of meaning, just as the anima is the archetype of life itself (Jung,1990,32). Waar kom betekenis vandaan?
Die vorms wat ons gebruik is his-
toriese kategoriee wat terugreik in die verre verlede - 'n feit waarmee ons nie genoeg rekening hou nie: interpretations make use of certain linguistic matrices that are themselves derived from primordial images. From whatever side we approach this question, everywhere we find ourselves confronted with the history of language, with images and motifs that lead straight back to the primitive wonder-world (Jung, 1990:33). Being a totality it must by definition include the light and dark aspects, in the same way that the self embraces both masculine and feminine and is therefore symbolized by the marriage quaternio (Jung, 1990:63).
Individuasie is 'n "mysterium coniunctionis". Dis wanneer daar 'n huwelikse vereniging tussen teenoorstaandes in die self tot stand kom. Dit word vergestalt as 'n komposisionele "whole" in mandalas wat spontaan by persone onstaan.
143
Cloete (1994b) wys daarop dat gedigte uitdrukking gee aan die kollektiewe en die partikuliere: dit veronderstel nie die een of die ander nie, dit is albei tegelyk die een veronderstel die ander. Cloete se gerigheid op die jukstaponering van teenoorgesteldes as vervulling, bet betrekking. Daar is 'n pallalel met die individuasieproses van Jung.
5. 5. DIE VERSOENING VAN TEENOORSTAANDES
In die bestudering van die vroufigurasies as binnetekstuele -, intergedigtelike -, maar veral intratekstuele kode (sien hoofstuk twee), was dit opmerklik dat vanaf die eerste bundel An-
qelliera tot die sesde bundel Met die aarde praat, daar gedigte is waarin die vroulike inhoudelik vergestalt word alboewel daar deurlopend voorkeur gegee word aan manlike of staande eindrym. Daar hierdie studie gerig is op intratekstuele kodes en nie verstegniese analise nie, gaan bier slegs 'n enkele voorbeelde voorgehou word:
Sy
daar is pyn daar is 'n vrou by betrokke die orkaan dra haar naam haar naam dra die atoomfabriek Zoe dis sy Enola Gay sy wat die born van Otto Hahn puil bo Hirosjima die militere fallus vier van 200 000 dooies daarna sy fees deur die vrou se visier
(Anqelliera:4)
144 Ge.breekte bene
ligeeue verby die m~an / weg van die son deur die heelaJ deur solere membraan na membraan / tuimel sy deur die pneuma valvalval /
paskal gebreekte bene paskal (Jukstaposisie:19) uiteindelike nag
/
na al die letsels wat ek op j9u gevloek het is my dun vingers in berou . / op jou hoe voorkop en die lede van JOU skoon blou oe smekend op so(ek (Allotroop:54) mooi marilyn monroe foto in rooi /
haar huid kyk / het van rosig tot sag / blosend tot teer gesproet s9os die vag van 'n abessynse kat diep tyk ( Idiolek: 52) ik ben aileen met u o venus /
ek is aileen m~ jou Ius ek het jou venus ek kyk jou/rcfud laat jou na/ my wil gedra (Driepas: 19) vrou /
truggekom en klaar / is haar kapsel deurmekaar 'n miedhoop 'n hoop strobi is sy op haar mooiste mob~ kafgedraf (Met die aarde praat:44)
145
Inhoudelik handel die gedig oar die vrou, alhoewel daar in die rym voorkeur aan manlike rym gegee word. Dit blyk dus dat daar _,n natuurlike vervlegting tussen hierdie teenoorstaande pole plaasvind.
Daar vind 'n natuurlike vervlegting tussen die manlike en vroulike komponente in die gedigte van Cloete plaas. Deur die versoening van teenoorstaandes word die self heel/grater.
Volgens Jung is die mens se sinvolle bestaan herleibaar tot psigiese prosesse. Om dus oar 'n proses van "ontselfing" ("Opruim" Met die aarde praat:96) te praat, impliseer 'n psigiese proses.
Wanneer die vrou, as argetipiese kode in die "inkyk" van die "ek" in die self, ondersoek word, word die fokus gerig op die transformasie in die binnewereld van die gedigsubjek.
Daar die manlike en die vroulike teenoorstaandes in die psige is, is daar dikwels by skrywers en digters oorwegend of 'n manlike of 'n vroulike belewingsdomein waarin die "ek" hom of haar tuis voel. Soos wat die bundels van Cloete organies groei, verhoog die natuurlikheid waarmee die manlike en vroulike egter met mekaar vervloei. Aantoonbaar het die "ek" aanvanklik eers die vroulike gedistansieerd soos in "Sy" in Anqelliera beskryf, maar later al hoe meer as deel van die "ek" self soos byvoorbeeld in die intieme huweliksvers "uniseks":
146
ons bet mekaar se tagtig plus jaar lief sander onderskeid van man- en vroulikheid
(Allotroop:55)
Daar die "ek" "uitgesponne" ("Substansiering" Jukstaposisie :62) word deur sy vrou en kinders, is die voor die hand liggende leesmoontlikheid dat dit verband hou met die "ek" se be!ewing en drif om deel te word van die grater geheel. Die substansiering deur sy vrou en kinders is egter maar een van die kringe/lusse, volgens my mening, waardeur die "ek" deel vorm van die grater geheel. Die "ek" beleef algaande substansiering in alle kosmosentiteite (soos duidelik blyk in gedigte soos "In die meentdam" en "Paddaman"). Op hierdie wyse word die uniekheid van die beperkende eie-ek diffuus.
In die grater deel-
wording word die strak skeiding tussen manlikheid en vroulikheid ook ophefbaar. As geindi vidueerde of geintegreerde self is die "ek" enersyds bevry uit die beperkende, waarskynlik manlike self en andersyds in staat o~ by alle synsgrense wat enti tei te van mekaar onderskei,
verby te kyk en iets van die
groat samehang in God se skepping raak te kyk en te verbeeld.
Volgens Jung is die psige dus 'n dinamies gestruktureerde eenheid wat deurentyd strewe na eenwording tussen die kontrasterende pole van die psige. Die verskillende onderdele van die psige hou verband met mekaar, maar funksioneer tog onafhanklik. Ten spyte van die kontrasterende aard van psigiese komponente, bly die hoofdoel van alle menslike lewe die strewe tot eenwor-
147
ding deur die versoening van die teenoorstaande polariteite om uiteindelik totale integrasie in die self te bewerkstellig.
Jung noem hierdie proses van integrasie die individuasieproses: I use the term 'individuation' to denote the process by which a person becomes a psychological 'individual', that is a separate, indivisible unity or 'whole' (Jung, 1963:383).
Individuasie beteken dus om 'n geintegreerde, homogene wese te word. Dit beteken incomparable uniqueness, it also implies becoming one's self. We could therefore translate individuation as 'coming to selfhood' or 'selfrealization' (Jung, 1963:383).
Die integrasie van polere kragte lei tot 'n balans in die psige en 'n ontdekking van die ware self. Die reis na die self word individuasie genoem. Daardeur vind hergeboorte van die mens as persoo~
in eie reg plaas.
Dit is 'n pynlike proses deurdat die mens deur selfondersoek die
'inisiasie'
van sy innerlike realiteit beleef. Waar die
mens nie in staat is om self die gevaarlike proses van individuasie deur te gaan nie, neem hy sy toevlug tot mitiese projeksie, omdat die psigiese proses, wat individuasie verteenwoordig alreeds in die simbool bevat is. Sekere basiese argetipiese simbole tree as rigtingwysers op, op _die pad na selfkennis en individuasie.
148
Die eerste stap in die individuasieproses is die konfrontrasie van die persona met die skaduwee, die tweede stap is die "ontmeeting" met die anima of animus. Die ontmoeting met die anima hou die potensiaal van persoonlike groei in.
Individuasie word voltooi wanneer die argetipe van die self verskyn. Jung (1968:355) beklemtoon dat die self nie identies aan die bewuste empiriese persoonlikheid is nie: owning to the fundamentally indefinable nature of human personality, the self must remain a borderline concept, expressing a reality to which no limits can be set.
Wanneer die individu daarin slaag om sy bewussyn te verdiep deur onbewuste inhoude bewus te maak, word integrasie of selfverwesenliking bereik. Harmonie en selfvervulling is die noodwendige gevolg van die realisasie van die self. Die simbool van psigiese totaliteit is die mandala: the 1 magically 1 effective symbol which contains those primitive analogies that speak to the unconscious (Jacobi, 1968:136).
As gevolg van sy simmetriese struktuur van elemente om
1
n mid-
delpunt verbeeld die mandala die "primal order of the total psyche" (Jacobi, 1968: 136) _
Die magiese krag van die mandala is gelee in sy vermoe om tot die onbewuste te spreek en ook om namens die onbewuste te praat. Dit skep die moontlikheid van kontak tussen die bewuste en die groat potensiaal van die onbewuste. Fuller (1977:34)
149
wys daarop dat sodanige simboliese eenheid buite bereik van die bewuste wil is. Die mandala verbeeld die mikrokosmiese aard van die self;
argetipes
is konsentries om die self georden en
wentel daarom.
Die universele beginsel van heelwording deur hergeboorte word soos volg deur Fuller (1977:30) verwoord: Life is the realization of a natural whole with individuation, the original tendency toward wholeness becomes a psychic happening. Self-realization is the production and unfolding of the previously potential original wholeness. It is our strongest urge, a law of nature.
Hoe heelwording in verskillende individue plaasvind, sal afhang van die persoon se unieke psigiese samestelling.
Individuasie is die kern van Jung se teoriee: not, however, as an expression of personal power .. but essentially as a function of the whole (Jung 1963: xxiii).
In die gedigte van Cloete is daar 'n progressiewe minimalisering in die onderskeid tussen die manlike en die vroulike as 'n tipe individuasieproses. Ek wil kortliks in 'n paar gedigte, enkele momente van hierdie groeiproses aandui.
5 . 6. DIE GROEIPROSES
"Sy", in die eerste bundel Anqelliera (p.4) is 'n gedig waarin
150
die "ek" se gedistansieerdheid (bedekte vrees?) van die "sy", as anima, blyk: daar is pyn daar is 'n vrou by betrokke die orkaan dra haar naam haar ... naam dra die atoomfabriek Zoe dis sy maar terselfdertyd oak 'n belewing van die belofte van seksuele vervulling deur "haar": die militere fallus vier van 200 000 dooies daarna sy fees deur die vrou se visier
Daar is nag 'n duidelike afstand tussen die "ek" en "haar".
Daar
is
by die
ontoereikendheid,
"ek" ten
'n toenemende belewing van siekte en spyte van poetikale vrugbaarheid.
Sy
impotensie reik verder as bloat seksuele onvermoe. Dit kodeer sy psigiese (die geslagtelike onderskeid is opgehef) afhanklikheid van "haar" soos baie treffend vergestalt.word in "uiteindelike nag" (A11otroop:54): ek le 'n gloeiende gehuide geraamte in jou arms en wag ek le sander geslag teen jou teruggetrokke skaamte
ek betas jou mond in die duister en ek voel hoe jy vergifnis en begrip met hart en sagte geslote lip in die dun skelp van my oar warm fluister
In "uniseks" (Allotroop :55) word liggaamlike en psigiese een-
1 51
wording met die vroulike gesuggereer: ons het mekaar se tagtig plus jaar lief sander onderskeid van man- en vroulikheid sander sterkste en eerste sander taaiste of teerste die eenders is altwee Sou 'n mens die gedigte oar Anna vereng as bloat gedigte oar die eggenoot,
sou daar volgens my mening 'n baie ryker kode
verlore gaan naamlik die proses van ontselwing as individuasieproses waardeur die "ek" tot geintegreerde self kom. Die belewing van Anna vorm deel van die psigiese kartering van die introspektiewelike self-mikrolus (die binne-sirkel van die psige in teenstelling met die makrolus,dit wil se die natuursirkel(s) in die skepping), waarvan die anima (as vroulike deel in die manlike psige) onlosmaaklik deel vorm van die makrolus van God se skepping.
In die proses van ontselwing word, ten spyte van die verwysing na
geslagtelike
impotensie,
vera!
in Driepas
"hergeboorte"
(lewensdrif) gekodeer as seksuele viriliteit, beleef. Driepas getuig van skeppingsdrif en 'n herontdek van manlike viriliteit wat oak gekodeer word as 'n skrywersdrif wat deur "haar" (die anima) ontketen, aangeblaas en gestu word:
152
ek·sit met jou hartstogtend op 'n helder herfsoggend sander dat jy dit weet is jy vir my gereed terwyl jy oor ander goed gesels begin ek jou omhels en jou sander jou medewete met my heupe vashou met my staan met my in jou opgaan vlinder in jou blom ongehinder onderverdeel jou dit kan jou min skeel was nou maar jou skottelgoed jy bly tintel in my bloed terwyl jy nou elders huislik beusel laat jy my hele liggaam soet treusel "ek aileen met jou" (Driepas:18) In die kodering van die vroulike word die blomkode, die deelvan-die-groter-geheel-kode, die seksuele kode, die poetiese kode en die huislike kode geintegreer. Verstegnies word die manlike en vroulike eindrym afwisselend in die koeplette gebruik om die ewewig/versoenende balans tussen die manlike en vroulike (teenoorstaande pole tydens individuasie) ondersteunend ten opsigte van die inhoudelike, te beklemtoon.
In die bundel Met die aarde praat (p.44), word die onbenoemde "sy" van die eerste bundel Angelliera weer vergestalt in die gedig "vrou".
153
Daar is 'n vernuftige perspektiefkruising: 1. Die "ek" kyk "haar" af. 2. Die leser word voyeur. Die grens/skeiding tussen die "ek" en "haar"(anima) bestaan nie meer nie - hy deel haar intiemste oomblikke met haar: haar bloed beur in die tweeklepskelpie tot 'n opgehewe gloed saam haar hele lyf is van alle kosmetiek gestroop platgeloop ontmaskara bly sy vroulik outentiek Die Anna-beeld,
as anima,
word as allesomvattende oorkoepe-
lende vroulike waardeur die "ek"
'n verruimde visie op die
kosmos kry, gekodeer. Dit word baie duidelik in 'n gedig soos "Anna" in die bundel Met die aarde praat:
Kyk ek na die melkweg, in die gras, in die water, na die boog van die aarde, altyd iewers is jy ingepas. Oar die skopus van die oeuvre word 'n tipe Jungiaanse individuasieproses voltrek. Die "ek" dig en beleef veral vanuit 'n toenemende "gevuldheid/ wholeness" wat nie net religieus gelees moet word nie, maar oak as 'n psigiese voltrekking van die self wat die teenoorstaande pole in die self (veral die manlike en die vroulike) kon versoen het.
In die gedig "opruim" (Met die aarde praat:98), word tot die gevolgtrekking gekom dat alles (oak in die self) uiteindelik in spiraalvorm tot 'n afgespitste kern saarnhoos:
154
Vir ons was dit opwinding om besadig in die verborgene woordeloos te voel hoe alles van lig versadig raak en alles en alle sterre saam afkoel Die nietige het ons rykdom geword, die daaglikse het sin gekry omdat ons van die datumlose begin begin weet het en van die datumlose wat kom. Die bestaan spiraal stadig terug na die normale gelukkige bedrywige onbeduidende gewone wonder van spek en bone.
Dit stel die "ek"
juis daarom in staat om veel verder te kan
insien in die skepping van God -
veral in die gewone dinge.
Hierdie skepping wat volgens die waarnemings van die "ek" op menslikbeskou onlogiese teenstrydighede berus.
Die "ek" vind
wel 'n jukstaponerende ordebeginsel waarvolgens God die skepping
geskape
het.
Oenskynlike
liefdevolle vertroeteling;
teenstrydighede
soos
pyn
en
die skrikwekkende wat gelyktydig
· aanloklik mooi is, is twee kante van dieselfde "muntstuk". Ek wil dit waag om te se dat die "ek" hierdie "derde oog" bewerkstellig het omdat hy teenoorstaandes in homself (volgens Jung, die manlike teenoor die vroulike) met mekaar versoen het.
Oat die digterlike "ek" vanuit 'n geindividueerde "wholeness" dig, blyk juis uit die gemak waarmee hy die anima in talle gedigte ontmoet. Die vrye omgang met haar dui op individuasie.
155
As geintegreerde self is die vroulike beginsel in die self gepeel en al versoen met die manlike en juis in die bipolere spanning tussen die manlike en vroulike in die psige word die "in-sien" in die bestaan
1
n
"wanwonderbalans"
( ix,
Driepas:
188).
Tipies Cloete word die belewing van heelheid,
jukstaponerend
gekoppel aan die begrip "ontselwing":
ons was te veel self, te min bestaansdeel "Droom"(Driepas:15)
Ook deur deelagtig te word met "haar"- die vroulike - word die "ek" deelagtig aan die grater kosmosbestel, maar ook greerde self. Daar word vanui t
1
1
n geinte-
n toenemende "wholeness" na die
wereld en die self gekyk.
Die vroulike koderings wat in verband gebring kan word met animavergestaltings in die "ek", gaan in die volgende afdeling gelys word. Die verskeidenheid van animafigurasies wat uiteindelik tog saam harmonieer in die "ek", bewerk ontselwing, maar jukstaponerend juis vervulling. Oat daar egter met gemak met "haar" in realiteitsfigurasie of animafigurasie omgegaan word, sal in Jungiaanse terme wel dui op
1
n geindividueerde "ek".
Ter wille van die volledigheid van die beeld van die anima as een van die fasette van die polivormig-gekodeerde vroulike,
156
gaan
'n empiriese lys voorgehou word van manifestasies wat
~oontlik
oak as animavergestal tings gelees kan word.
Dit is belangrik om daarop te wys dat daar in hierdie hoofstuk weer verwys sal word na vroulike figure en manifestasies wat in die vorige hoofstukke gelys is, maar nou sal daar op hul plek/ rol in die individuasieproses(ontselwing) gefokus word.
Die doel is dus nie om enkele gedigte (of figure) in diepte te bespreek nie, maar slegs om
kortliks die raakpunt met die ver-
skillende anima-stadia in die individuasieproses, as intertekstuele raamwerk, aan te toon.
5. 7.
ENKELE
VOORBEELDE
VAN
DIE
VERSKILLENDE
STADIA
VAN
ARGETIPIESE ANIMA VERGESTALTINGS
Bepaalde figurasies word op verskillende momente deur die "ek" beleef, , omdat die individuasieproses nie eensklaps verloop of geheel afgehandel word nie.
Daar is herhaalde openbaringsvorme en verskillende stadia waartydens die "ek" 'n "haar" beleef en omdig: op die suiwer fisiese vlak,
as vergeestelike en as
'n kombinasie van beide.
Interessant is dat oak die vervroulikte nie-menslike objekte in die animapatroon ingelees kan word.
157
5. 7. 1 .
PRIMITIEWE/SUIWER
FISIEKE
VROU
AS
DIE
VERLEIDSTER-
/(OVERING.
In hierdie anima-kader pas die Marilyn Monroebeeld,
(alhoewel
die figuur en gedigte oar haar tot 'n veel grater konteks behoort soos in hoofstuk drie bespreek is). Sy is seksobjek, verleidster en bied die belofte van ongekende drifvervulling. Haar liggaamlike naaktheid ten spyte van bekleding, beklemtoon haar fisieke goddelikheid: die spanbroek van plooilose blou materiaal is 'n vliesdun vel wat alles wat binne is kaal na buite egalig sag gestrek nerfeus vertel "Marilyn Monroe" (Angelliera:22)
Die "mooi, geronde Dorothea" ("Hagiolied" Angelliera:18) word objek van suiwer fisieke begeerte: die liefdesywer is hard soos die doderyk, sy gloed is 'n gloed van vuur, 'n vlam van die Here
verrukking staar verruk na mooi geronde Dorothea sy ,loop rand in die vroee oggend en pluk blomme vir haar wil die ywer sy siel verkoop
In
"Kernkragvergadering"
(Jukstaposisie: 69)
resse in kontras met die impotente wyses,
is die
sekreta-
die jeugdige ver-
leidster wat gekwalifiseer word in terme van haar seksualiteit: en sy droom-voel die pom-pom in die blom blom
158
Die vreemde vrou in sewe variante in "Die afspraak" (Jukstaposisie:71) kom gee haar "openhartig en vrymoedig aan die "ek" oar: een van haar variante is beslis die fisieke verleidster.
Mitologiese figure soos Leda, Venus en Aphrodite word
getrans-
poneer tot in die hede, juis om hul fisieke "lewendigheid" en viriliteit te beklemtoon: "Ons eeu se Aphrodite" het geslaap by mans uit alle spektrums van die lewe: the beautiful one is come deur psigiese kloon meer as een persoon seksofrenie (Driepas:26)
Die gedig "vrou" (Met die aarde praat:44) kan as die blou-druk van al die ander gedigte waarin die anima lyflike inhoud gekry het, gelees word: is sy op haar mooiste mooi kafgedraf is al die glasuur en room af bedees is sy nbu pure warm vlees
Hierdie anima-kategorie figureer dus baie sterk en die "ek" beleef hierdie fase van konfrontasie met die anima intens alhoewel die onderskeid tussen die manlike en vroulike nag duidelik geld.
1 59
5. 7. 2. DIE "SY" (ANIMA) IN WIE ROMANTIEK EN ESTETIESE ELEMENTE MET DIE SEKSUELE VERMENG IS
In
"uiteindelike nag" (A11otroop:54)
voorbeeld van
is Anna die sprekende
'n hoogs persoonlik-ingeklede,
gekompliseerde
anima:
*
moeder/eggenootfiguur ek le 'n gloeiende gehuide geraamte in jou arms en wag
*
romanties/estetiese: op jou hoe voorkop en die lede van jou skoon blou oe
*
seksuele/geestelike eenwording: ek betas jou mond in die duister en ek voel hoe jy vergifnis en begrip met hart en sagte geslote lip in die dun skelp van my oar warm fluister
Die inkleding van die anima in die "silhoeet van Beatrice"
(Idiolek:51) openbaar ook 'n verwikkelde stadium:
*
romanties/esteties: Frontaal gaan vanaf die voorkop die ronding oor in die verfynde wip van die neuspunt, buig dan trug en weer op sag in die welwende bolip
*
belofte van die paradyslike: Tussen die baie dwalinge so vervul
*
seksuele: bewaar sy die getroetelde model van die kurwe, die diep ingebore instinto wat neig in die ronding van die appel
160
5 . 7. 3 .
VERGEESTELIKING VAN DIE AARDSE LIEFDE
_l:n twee gedigte "skilderes" en "heilsleervrou"
in
Idiol.ek:
(p.18,27) word getrouheid aan die aardse liefde (Eros) deur engelagtige en byna nonagtige figure,
'n vorm van geestelike
boetvaardigheid:
magdalena die vroom heilsleervrou bet aan haar onbeminlike man getrou haar verlangende skoot vir haar minnaar tot die dood brandend vir haarself gehou
mathilda die mooie is getroud met 'n impotensiaal 'n 1ewe lank het sy sy is nou oud en postmenstruaal liefdevo1 en getrou geb1y in ski1dery na ski1dery
Die naamooreenko~s met Maria (die maagd in diens van God): Mathilda en Magdalena kommunikeer juis 'n vergeestelike, boetvaardige liefde.
5. 7. 4. SAPieNTA, DIE WYSHEID WAT SELFS DIE HEILIGSTE EN REINSTE OORSKRY
In die gedig (en ski1dery)
"Vroue van Vermeer"
(Driepas:38)
word die vroufiguur, as anima, gehul in 'n mistieke, feitlik heilige ruimte waarin daar, ten spyte van isolasie,
'n band
1 61
tussen die vrou en die kosmos via die lig en lug bestaan. Die vrou het ten spyte van misleidende passiwiteit en onskuld, dinamika,
'n
'n verhewe heiligheid en kalmte wat spreek van wys-
heid.
Dit is meestal 'n mooi jong vrou Meestal is sy alleen binnenshuis, dalk met 'n wit veraf brief wat sy vashou
Daar kom 'n ligte geruis van 'n wereld aan uit 'n landof grater wereldkaart wat teen die muurvlak oorkant hang
Sy staan, sy sit, sy buk oar kant sy droom of sluimer in lig wat in vlokkies of korrels brand of dof kaats in die ruimer ruimte van 'n skildery of spieel •..
En altyd is daar lig wat afstraal in in die liefs klein afgemete vertrek, oorvloedig, uit die oop grate universum en wat die klein ardse geslote stilte in die onmeetlike laat asemhaal.
In die vermenging van die vrou- en spinnekopbeeld word die anima as die wyse, die skerpste omlyn:
Sy heg haar vastrapplek deur die hiaat in 'n wyskundige reelmatige weefsel en sy bind haar patroon om die openinge wat sy laat. "Arachne se leegte" (Driepas:185)
162
Juis in die inlewing/versoening met hierdie anima-komponent bekom die "ek" oak wysheid.
5. 8. NIE-MENSLIKE OBJEKTE AS ARGETIPIESE VERGESTALTINGS
Verskillende nie-menslike objekte word [+ vroulik] gekodeer. Die verpersoonliking van objekte weerspieiH enersyds
• n be-
paalde verknogtheid daaraan. Tog is dit oak moontlik om die objekte sinvol binne die Jungiaanse argetipe raamwerk in te lees. So gesien verbreed die perspektief op hoe kompleks die vroulike kode in die oeuvre is. 5. 8.1. DORP
Volgens Jung (1990:208) is die stad (of dorp) 'n maternale simbool;'n vrou wat die inwoners in haarself huisves soos kinders. 'n Jungiaanse lesing van "op loop" (Driepas: 33) kan die vertroostende effek van die dorp as moeder uitwys.
Die genesende verband tussen die belaste trant en die beseerde gemoed word juis moontlik "as ek deur die strate loop I van my stil dorp".
In "Sonante dorp" (Jukstaposisie:31) word die dorp as bloedlustige jagter (dierlik) voorgestel. Die dorp het 'n hanger na "suisbloed". Die dorp versamel alle moontlike geluide soos 'n waaksame moeder (dierlik). Tog le daar in die bekende geluide vertroosting vir die "ek". Dit bied weer eens die geleentheid
163
om deel te wees van 'n grater geheel, om uit die beperktheid van die enkel "ek" te ontsnap en vertroosting te vind in 'n bekende,
beskermende
ruimte
wat
byna
soos
'n
baarmoeder
funksioneer. Vanuit hierdie beskermende ruimte begin die "ek" klanke (her)ontdek, klassifiseer en interpreteer. Dit is 'n tipe heelwording ten spyte van fisiese degenerering.
5. 8. 2. GROND/AARDE
"The idea of the soil as feminine also embraces the idea of continuous cohabitation with the woman, a physical interpenetration" (Jung, 1990:209).
In "Gaea" (Met die aarde praat:21) word hierdie verband tussen gedigsubjek en die aarde uitgebeeld. As "potlood" as falliese objek gelees word, is daar sprake van fisiese penetrasie: Gaea so groat Groot het behoefte aan my potlood Ek ondersoek haar self, sy verwag dit van my, en steur haar, ek kyk haar deur.
Deur die vroulike kodering van aarde word die suggestie van die aarde as oorsprongsbron van alles wat lewe versterk. As die "ek" in sy ontselwingsproses wens om in soveel moontlike lewensvorme
te kan gestalte aanneem,
dan beteken dit
waarheid 'n strewe tot eenwording met die aarde.
in der
Die mees in-
tieme eenwording - seksuele eenwording - word die simboliese deurgang om hierdie strewe te verwesenlik.
1 64
5 . 8 . 3 . WATER
In die gedig "In die meentdam" (Jukstaposisie:110) word water en dorp verbind. In talle mites byvoorbeeld die mite oar Aphrodite word water verbind aan geboorte. Oak die Bybel verwys na water as die simbool van lewe.
Die
watersimbool, as moeder, hou oak verband met die aard van
die onbewuste, aangesien die onbewuste (veral in mans, volgens Jung, 1990:219) beskou kan word as die moeder of baarmoeder/ matrys van die bewussyn.
In "paddaman" (Driepas:171) word die begeerte uitgespreek om tot die onderwaterwereld terug te keer:
Ek sal graag in hierdie baie vorme wil hoort. Charon, as ek van die geliefde aarde sterf, gooi my dan asseblief hier oorboord waar ek suksessief van vorm tot vorm kan bederf
Jungiaans hou hierdie versugting om na die "moederskoot" terug te keer verband met die begeerte tot hergeboorte.
Ander
gedigte
wat
intratekstueel
kommunikeer
met
baarmoederbeeld is byvoorbeeld "Moer" (Driepas:35):
hierdie
165
my hart wiel 'n spul soos 'n sterrestelsel in sy krul word in 'n tregter beroer soos deur die skommel van die oorspronklike moer
Tipografiese word hierdie terugspiraling na die oorsprong (bran waaruit groei moontlik is) oak treffend in "Opruim" (Met die
aarde praat:99) verbeeld: Die bestaan spiraal stadig terug na die normale gelukkige bedrywige onbeduidende gewone wonder van spek en bone.
5. 8. 4. DIE BOOM (VAN DIE LEWE)
Daar is talle mitiese verwysings na die oorsprong van die mens uit borne (moederstam), en oak hoe die held deur die moederboomstam omsluit word, soos byvoorbeeld Osiris in die sederboom en Adonis in die mirteboom. Wanneer Attis homself kastreer, doen hy dit onder die denneboom (as moedersimbool).
Die gevarieerde betekenis van die boom - son, Paradysboom, moeder en fallus - word deur Jung verklaar as libido simbole en nie as allegorie van die konkrete objek nie. Die falliese simbool, sou dus nie noodwendig verwys na die geslagsorgaan nie, maar na die libido, dit beteken nie
ditse~f
nie:
166 Symbols are not signs or allegories for something known; they seek rather to express something that is little known or completely unknown. The tertium comparationis for all these symbols is the libido, and the unity of meaning lies in the fact that they are all analogies of the same thing (Jung,1990:222).
.;,'
In "Harba lori fa" (Anqelliera:11) word Cloete se eie kinders "vyf jong borne jong olyfj in beddings blomme". In intratekstuele verband gelees
saam met
"Substansiering"
word die boomlywe van die kinders
(Jukstaposisie: 62)
'n terugverwysing na die
moeder en hou die belofte van hergeboorte in: in pyn en vreugde maar ek vlug met liefde liefs in bulle terug
my seun my dogter my kind my kind bewaar en beskerm my diep inverbind in julie sag kwesbare vlees ferm
5.8. 5. TUIN
Die
moeder~argetipe
word ook dikwels geassosieer met vrugbare
en vrugdraende plekke soos 'n tuin of 'n geploegde land.
In
die
oeuvre
byvoorbeeld: qelliera:9,
van
Cloete
"Angelier",
is
daar
"Stillewe",
talle
tuingedigte
"Harba
lori
fa"
soos (An-
10,11).
Tuin word in gedigte van Cloete as komplement tot die "ou huis" (sy eie ou liggaam) simbool van vrugbaarheid en heelwording;
167
ek het om my te vestig in vreugde 'n huis gebou vir stoeiende seuns vlinderige dogters verwek in ekstase en 'n geliefde teer gekweste vrou om nes te maak vir baie vriende hangplek 'n plek vir swaels "Huis oordag" (Jukstaposisie:29)
My huis is oud, heelgemaak, maar daar gebeur 'n tuin ..• .•. Hulle (plante) laat my van ondergronds boor by die erdwurms tot swaelvlughoog, laat my rank soos 'n rankplant, maak my boomstamlank bulle gee my nuwe lyf "My hui s" (Driepas:32) Die naelstringsimbool kan beswaarlik misgelees word en bevestig die moederbeeld.
Die naelstringbeeld,
as lewenslus(koord),
figureer dwarsdeur
die bundels. Intratekstueel word gedigte waarin die verskillende
lewensvorme aanmekaar gestring word soos
in
"In die
meentdam" . en "Paddaman", oak in die moederlike naelstringparadigma opgeneem.
Vanwee die beskerming wat dit hied, kan die magiese lus/sirkel 'n vorm van die moederargetipe wees.
In die Cloete-oeuvre word daardie omsluitende moederlike Ius (sirkel), die Ius wat deur eet, paar, ronding en geboorte/ uitskeiding "gewiel" (aangedryf) word,
'n intratekstuele merker
(in die volgende hoofstuk sal hierop uitgebrei word).
168
5 . 9 . SAMEVATTING
Die domein van die moeder (baarmoeder, moer, matrys), simboliseer dikwels die kreatiewe aspek van die onbewuste, ~ibido
dus die
wat as 'n natuurlike krag tegelyk goed en sleg, moreel
neutraal, figureer (Jung, 1990:124).
Dit is hierdie krag wat in die oeuvre van Cloete, veral in die gedigte waarin die seksuele en poetiese gejukstaponeer word, hoogty vier.
In die gedig "Sy"
(Anqe~~iera:
4), word daar klankmatig "ko.itus"
tussen "_yrou, .f'allus, yi.sier (kyk/oog) en .f'eesvier bewerk. In hierdie "koitus" word destruksie, sonder die inagneming van die moreel-"korrekte", die betekenaar van die fallus. Die destruktiewe agente wat opgenoem word, word in verband gebring met die moederlike (oer)matrys "die vrou se visier", wat jukstaposisionerend verband hou met geboorte en lewebaring: die militere fallus vier sy
fees deur die vrou se visier
Hierdie gedig bevestig die simboliese verwantskap tussen driftige kreatiewe krag wat spruit uit die donker onbewuste en juis daarom ook soms 'n destruktiewe krag is en die oermatrys in die vroulike skoot.
169
Die verband tussen argetipe en simbool blyk duidelik: the archetypes are the numinous, structural elements of the psyche and possess a certain autonomy and specific energy which enables them to attract, out of the conscious mind, those contents which are best suited to themselves. The symbols act as transformers, their function being to convert libido from a "lower" into a "higher" form. The symbol works by suggestion; it is able to do this because of the numen, the specific energy stored up in the archetype. Experience of the archetype is not only impressive, it seizes and posesses the whole personality, and is naturally productive of faith (Jung, 1990:232).
Simbole kan 'n positiewe of 'n negatiewe betekenis he. 'n Ambivalente aspek kan byvoorbeeld ingelees word in "Gaea"
waar die
aardmoeder weer alle vorme van lewe opeis.
Die kwaliteite waarmee die moederargetipe geassosieer word, is: besorgheid, simpatie, magiese mag van die vrou, goedigheid en vriendelikheid, dit wat gelyktydig ontbindend en behoudend is en wat groei en vrugbaarheid huisves. Die moeder vergestalt die plek van magiese
tr~sformasie
en hergeboorte.
Aan die negatiewe kant kan die moederargetipe ook in verband gebring word met: geheim, weggesteek, danker, afgrond, die wereld van die dooies, enige iets wat dinge opvreet en verteer, giftig, skrikwekkende (Jung, 1990:82). Jung wys daarop dat die mees bekende voorbeeld van hierdie ambivalensie le in die Middeleeuse opvatting van Maria as moeder van Christus, maar ook sy
kruis.
170
In enkele gedigte word selfs in God,
as die polivormige,
'n
moederlikheid opgeroep:
omdat ek vir Hom 'n las is moet Hy my gedurig oppas Hy is liefderyk met my behep "Ps. 24:1; Job 7:19,20" {Idiolek:58)
ek is sy getroetelde mislukking "Sy mislukking" (A1.lotroop:53)
Every mother and every beloved is forced to become the carrier and embodiment of this omnipresent and ageless image, which corresponds to the deepest reality in a man. It belongs to him, this perilous image of Woman {Jung, 1990:13).
Sy is die kompensasie vir die risiko's, pyn, lyding en teleurstellings van die lewe. Terselfdertyd is sy die illusionere, verleidster wat hom in die lewe
i~trek
saam met haar, nie net
in die redelike en bruikbare aspekte van die lewe nie, maar ook in die lewe se skrikwekkende paradokse en ambivalensies waar goed en kwaad, sukses en mislukking, hoop en wanhoop mekaar balanseer.
As brugbouer tussen die bewuste en die onbewuste, is die anima-argetipe die vuur van die self. Wie hom met haar kan versoen, beleef iets van die onsterflike.
1 71
....
Juis in die wye skopus van die vroulike, van oermoeder (bv. ~'Gaea"),
mitologiese
figure
(bv. "Arachne")
en
kontemporere
vroufigurasies (bv. Marilyn Monroe) in die gedigte van Cloete, le die heenwysing dat ontselwing deur middel van inlewing en instorting in
a~
die anima-manifestasies vervulling en harmonie
bewerk.
Uit die groat kosmos word simbole gehaal en deur die unieke belewing van veral die gewone, word nie net tot insig in die bestaan nie, maar oak insig in die self gekom.
Die simboliese terugkeer tot oermites en die vernuwende omdigting daarvan, bevestig dat in die gedigte van Cloete die deurkyk van die kosmos nie net 'n empiriese kyk is nie. Daar word oak deur middel van bewussyn (persoonlik en kollektief) veel van die magiese en onverklaarbare beeldend in die bestaande wereld in geprojekteer.
Dat die digterlike "ek" in die gedigte van Cloete vanui t
'n
versoende self/"whole" dig, blyk uit die natuurlikheid waarmee die verskillende personifierings van die anima (gekodeer bv. as droomfiguur, destruktiewe, moeder, geesgenoot, die reine, adellike,verleidster, heks) verweef is in die oeuvre - die digterlike subjek ken haar: die spinvrou!
172
5.1 0.
"Dog" AS VOORBEELD VAN KRUISING VAN KODES
Een van die gedigte waarin moontlik 'n kunstige integrasie van verskillende kodes verweef en deur poetikale verdigting tot kunswerk omgedig is, is "Oog" (Met die aarde praat:9).
Oog Die mooiste vorm vir die ronde oog in sy eie oe is sy eie vorm. Hy maak die aarde se boog. Hy is sy eie norm. Die illusie van af-ronding vat aan ons hele bestaan. Hy maak die reenboog van ligroos pers en blou onder die boog van die hemel na die storm as j~kals onder die ronde son trou. Hy is sy eie norm.
Daar
is
'n
besondere ooreenkoms
stellings en die beelde in "Oog":
FIGUUR A:
tussen die volgende
voor-
173
FIGUUR B:
FIGUUR C:
--·
·---------·
---......._____
174
Volgens Jung ( 1990:377) dui "oog", soos in figuur A,
op die
bewuste. Hy wys verder daarop dat "oog" terugkoppel aan 'n mitiese figuur soos an Anthropos, who does the seeing. This seems to me to point to the fascination which, through a kind of magical stare, attracts the attention of the conscious mind. In die bespreking van figuur B, afkomstig van 'n manuskrip van Hildegard van Bingen, wys Jung die aarde omring deur die see, hemel en sterrehemel uit. Die aardbol in die middel is in vier verdeel. Die periferie omsluit 'n danker en ligter hemisfeer, rug op rug gekeer. Hulle verteenwoordig onversoende teenoorstaandes, wat deur die sentrale "hart/kern" wat tussen beide staan, verenig word. Volgens Jung (1990:377) gee die skets uiting aan die onopgeloste morele konflik wat ten grondslag van die Christelike beskouing van die wereld le: 'The Soul', Bohme says, 'is an Eye in the Eternal Abyss, a similitude of Eternity, a perfect Figure and Image of the first Principle, and resembles God the Father in his Person, as to the eternal Nature'.
In figuur C word die geboorte van 'n nuwe insig of bewuste belewing uit die diepte van die see (onbewuste) verteken. Daar dui die oog, volgens Jung, op die self.
Die enkele (verskillende) figure waarna verwys is, het almal 'n sentrale punt (in die psige) waartoe alles verbind is, wat alles arden en wat self 'n bran van energie is:
175
Although the centre is represented by an innermost point, it is surrounded by a periphery containing everything that belongs to the self - the paired opposites that make up the total personality (Jung, 1990:357).
Hierdie eenheid omsluit eerstens bewussyn, dan die persoonlike onbewuste en laastens 'n groat segment van die kollektiewe onbewuste (en die argetipes).
In Jungiaanse terme hou oog ook verband met eier (Jung, 1957: 295). Die eiers (as saadkiem van die lewe) is nie slegs kosmogoniese simbool nie, maar ook 'n filosofiese sinnebeeld van the vessel from which, at the end of the opus alchymicum, the homunculus emerges that is, the Anthropos, the spiritual, inner and complete man. Die onlogiese in die eerste kwatryn van die gedig "Oog", word verstaanbaar in die lig van die volgende uitspraak van Jung: The phase of non-differentiation produces the golden egg, which is both man and universe and yet neither, but an irrational third. Wie hierdie irrasionele derde is,
is volgens my mening die
Skepper, die "Hy" waarna in "Oog" verwys word.
Die konsep "rand" roep die mandala op, en dit word in hierdie gedig klankmatig ondersteun deur die herhaling van die "o"klank: oog, mooiste, boog, vorm, norm, rending, roos, ronde son.
(reen) boog,
176
In "Oog" is daar vier boe/ rondinge wat as kwarte saamgetrek word in die kern: "Sy norm"/God se norm(afronding) . In strafe een is daar die verwysing na die aarde (eksoteries [+ oog = bewussyn] se boog; in strafe drie - die hemel (esoteries) se boog.
Daar word oak in strafe drie verwys na die reenboog (wa-
ter [onbewuste]) en ook- die ronde son (lig van God). Al hierdie (teenoorstaande) boe word verening in "Sy" (die Skepper en Afronder van alles) se norm.
5 • 1 0. 1 • UNIEKE VORMLIKE MANDALA-DUIMDRUK IN DIE GEDIG "Dog"
In elke versreel is 'n verwysing na sirkelvoltooiing: versreel 1: 2: 3: 4: 5: 6. 7. 8. 9. 10.
ronde oog eie oog - eie vorm (refleksiewe terugkering) aarde se boog Hy - eie norm (refleksiewe terugkering) af-ronding hele bestaan reenboog boog van die hemel ronde son Hy - eie norm (refleksiewe terugkering)
Die tipografie van die gedig beklemtoon oak 'n refleksiewe sirkelvoltooiing. Dit laat die suggestie van twee helftes wat saam in 'n afgeronde eenheid sluit. Die kruiseindrym random die middelstrofe wat as kern parend rym, beklemtoon oak die refleksiewe aard:
177 oog ~ vorm · ' boog · norm ) aan ·) bestaan · blou storm . , trou )~ norm J Naas die tipografiese insirkeling, bewerk die pleonastiese beeldherhaling wat terugkaats vanaf strafe een na die slotstrafe 'n uiterlike assosiatiewe afronding van die gediginhoud: strafe een: ronde oog strafe drie: ronde son.
5 . 1 0. 2. INTEGRASIE TUSSEN DIE VERSKILLENDE SIRKELSFERE IN "OOG"
Soos reeds gese (p. 174) word daar in die gedig "Oog" verskillende sirkels/rondinge onderskei.
Volgens Jung
(1963:101) is die sirkel
'n simbool met
'n
universele betekenis. Dit dui op die volmaakte, balans en die voltooide.
Oog hou, naas reeds gestelde betekenisse, simbolies verband met insien,
insig,
deurskou. Reel een en twee suggereer
self-afronding en kyk na die geintegreerde objek: oog en die eie vorm daarvan. Op psigoanalitiese vlak kan dit ver-
178
band hou met die "kyk na die self as 'n afgeronde eenheid". In Jungiaanse terme ontstaan die self wanneer teenoorstaande pole versoen is, reel een en twee suggereer dat die proses voltooi is, daarom die treffende woordkeuse "mooiste vorm", d.w.s. harmonie is bewerkstellig. Die gedig begin dus met 'n stelling: geharmonieerde afronding is die hoogste ideaal. Anders gestel: integrasie van teenoorstaandes bewerkstellig
selfheling/ -afronding of
vervulling ~
Daar
word dus selfinsig gesuggereer, die insien dat die mooiste in die eie self le (wanneer teenoorstaandes geintegreer is).
Die interpretasie van die eerste reels hang ten nouste saam met die geheelinterpretasie van die gedig.
Meerduidig is die gebruik van die
11
Hy 11 telkens aan die
begin van 'n nuwe sin (reel 3,4,7,10). Dit lyk na die bloot logiese begin van die nuwe sin, maar daar le fyn betekenismoontlikhede ingebed. In aansluiting met die stelling in reels een en twee kan die "by" dui op die ronde vorm, dan lees reel drie en vier soos volg: (Die ronde vorm) maak die aarde se boog. (Die ronde vorm) is sy eie norm. Maar dit kan ook anders gelees word: (Hy = God die skepper van die aarde) maak die aarde se boog. (God) is sy eie norm.
179
Wat is die verband tussen die ronde vorm en God wat hierdie poli-interpretabele lees moontlik maak? Die God wat alles geskep bet (ronde aarde, later in die gedig ook verwysende na die ronde hemel), bet self afgerondheid beleef toe by die skepping voltooi en gese bet dat dit vir hom mooi was.
Maar dit kan ook nog anders gelees word: die feit dat die "ek" die vermoe bekom bet om in homself in te kyk en alles wat in hom is (bewussyn [ego] en onbewuste [anima, skadu],) te aanvaar, te integreer (geharmonieerde self te bewerkstellig), maak die "ek" se oe oop om die mooi van die skepping te kan raaksien. Die afgerondheid in die self open die oe om die afgerondheid in God se skepping te kan insien. Die afgerondheid impliseer dan ook noodwendig die integrasie van teenoorstaandes,
dink maar aan die ui terstes wat teenoor mekaar in die
skepping staan.
In hierdie verband sluit dit aan by Jung se
oortuiging dat die ontwikkeling van die self aangewakker word deur 'n religieuse instink en 'n transendentale funksie wat die psige dwing om die teenoorstaande pole in 'n nuwe balans te versoen.
Die gepersonifieerde beeld van die oog, bind tog logies 'n iemand aan reel een en twee, want dit is slegs 'n iemand se oog wat kan sien, die oog kan nie selfstandig onafhanklik funksioneer nie. Juis daarom word daar in die tweede strofe aangesluit by "ons".
180
wat dus in strafe een van toepassing was op die individu (met die geopende "oog" wat na binne kan insien "self kan insien") is ook van toepassing op die mens in die algemeen. Ons hele bestaan word na analogie van die ingeskape skeppingsbeginsel deur die strewe na afronding geraak - na die sewe skeppingsdae [getal van die volmaakte] was alles klaar, die een lewenstrata aangewese op die ander en in die interafhanklikheid is 'n afgeslote afgeronde eenheid bewerk deur God - en dit was mooi. Nie net na binne
(psigologies/individu as mikrokosmos)
moet die
afronding ingesien en bewerkstellig word nie, maar ook na buite in die grater makrokosmos.
waarom begin strafe twee met die verwysing na "illusie" (droombeeld, hersenskim)? Dui dit moontlik daarop dat die afronding nooit voltrek kan word nie, buite die mens se insien le? In hierdie konteks kan die gedagte aan die verlore paradys (na die sondeval) betrekking he: die mens het die goddelike vermoe tot al-insig verloor. Die afrondingsmoontlikheid le in die mens en die skepping, maar die mens beskik nie werklik oor die vermoe om dit te kan insien nie.
Die feit dat illusie egter die konnotasie van droombeeld huisves, open egter 'n ander leesmoontlikheid. Die reenboog en die aarde se voltooide sirkelvorm le buite die sig van die individu wat op 'n bepaalde plek staan en daarna kyk - die horison verdwyn - maar dit beteken nie dat die sirkel nie voltooi word nie Die individu wat kyk moet egter sy/haar eie illusie van vol-
181
tooiing skep, die "ek" sien dit nie, maar die sirkel word valtrek.
Maar dit kan oak op 'n metafisiese vlak die suggestie laat dat alles wat ons kan insien nie noodwendig al is wat bestaan nie - die ander helftes le net buite die ek se sig- of belewenisveld. Dit herinner baie sterk aan die belewing van bewustelike ervarings, wat oak nie die totale geheel omvat nie, die "droom wereld van die onbewuste vorm die teenpool wat die mens se bestaan in geheel afrond. Dit funksioneer nie met beelde vanuit die bewussyn nie, maar droombeelde en argetipiese beelde. Al sou die bewustelike mens hierdie vlak van bestaan nie reeel kan "sien" nie is dit die noodsaaklike anderkant wat die bestaan afrond.
Die slotstrofe weerkaats weer die kunstige meerduidigheid ten opsigte van "Hy". In die verwysings na ronde vorms, voltooide self (bewuste en onbewuste in harmonie met mekaar)
is Uy in-
verweef.
Die verwysing na die reenboog,
laat verhoogde klem op die
moontlike inlees van God as die "Hy" val,
want dit is Hy wat
die reenboog as verbondsteken aan die mens geskenk het: Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, 'n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld: my reenboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde ... Die reenboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal ek dink aan die ewige verbond tussen my en al die lewende wesens op die aarde" (Genesis 9: 12).
182
Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op aarde (Genesis 9 : 1 7) .
Die reenboog is dus simbool van die geintegreerdheid en verbondenheid tussen alle lewende wesens en God -
'n makrokosmies-
transendentale sirkelsluiting. In hierdie verband word hemel en aarde harmonies in mekaar ingerond en word die mens deelagtig aan die groat sirkel van Godgeskape bestaan wat siklies omsluitend selfs die mees teenoorstaande pole met mekaar in versoening bring.
Die geopenheid wat inleesbaar is in "Hy", maak die volgende psigoanalitiese afleiding oak moontlik: na analogie van God se afronding van heme! en aarde, beskik die mens oak oar die strewe na afronding tussen teenoorstaande pole: bewussyn en onbewuste. Daarin speel die self die normerende krag, want volgens Jung ontwikkel die self uit 'n religieuse instink en transendentple werking wat die psige dwing om te probeer om teenoorstaande sisteme tot 'n nuwe balans en eenheid te versoen. Die selfintegrerende psigiese proses
( indi viduasie)
kan dus
gelees word as 'n naskepping van die ingeskape bestaanswerklikheidsbeginsel van afronding wat deur God daargestel is.
Andersyds kan die slotreel oak beklemtoon dat selfs die geindividueerde individu of geintegreerde hemel en aarde, nie die volkome Godsirkel betree nie: " Hy is sy eie norm".
steeds
183
5 . 11 . SAMEVATTING
Met die eerste lees van sommige van die gedigte van Cloete, mag dit voorkom asof die teks geen heenwyse na psigologiese patrone toon nie. Deur die intratekstuele kodes veral ten opsigte van die vroulike na te speur, het ek egter tot die oortuiging gekom dat daar veral in die spoor van die intratekstuele merker [+ rond]
'n psigologiese rigtingwyser le wat oenskynlike onver-
wante sake met mekaar in verband bring.
Om aan die ander kant, elke gedig te wil verskraal tot dit wat psigoanalities sou "werk" sou 'n literere sonde wees, want daar le soveel semantiese lae in die gedigstrukture wat mekaar onderskraag en teenspreek. Die integrasie, interreferensie en interrelativering van die verskillende lae, waarvan in die onderhawige gedeelte van die studie in hoofsaak gekonsentreer is op die psigoanalities moontlike denklaag, bewys dat in die gedigte van Cloete nie sprake is van 'n ydele kennisvertoon nie. Ten grondslag le ' n filosofie gewortel in perspektiewe uit die astrologie, paleontologie, entomologie, mitologie, psigologie en die Christendom.
Die stelling kan weliswaar gemaak word dat die Cloete-poesie geskryf word om die Skepper en sy almag te besing en uit te wys aan
'n wereld waarin godsdiens en mite ontluister is. Alles
word ingesluit in Sy afronding.
184
Naas
hierdie
~erker
tema waarin die
gemeenskaplike
intratekstuele
[+ rand] is, het die tema van afronding van die manlike
deur die vroulike oak aan die hand van die intratekstuele merker [+ rand] my oak opgeval. Dit is asof die "ek" in talle gedigte die hoop koester om in die mikrokosmos van die psige met die "waarheid" bevrug te word, en dat die individuasieproses as versoeningsproses tussen teenoorstaandes (manlike teenoor die vroulike) een van die "inkyk"-instumente is waardeur die "ek" aan die makrokosmos deelagtig kan word. Juis daarom word die empiriese ruimte soms, volgens my mening, deur 'n subjektiewe perspektief en mitiese parallelisme tot argetipiese ruimte getransponeer.
In hierdie hoofstuk is daarop gewys dat daar oak vanuit
'n
psigologiese leesraamwerk na sommige gedigte van Cloete gekyk kan word. Bepaalde afrondings- en mandalamanifestasies is, met behulp van bepaalde konsepte in Jung se teorie, uitgewys. Sander die Jungiaanse,
intertekstuele perspektief sou dit on-
moontlik gewees het om tot die insig te kom dat die digterlike subjek 'n eiesoortige individuasieproses oar die loop van die ses bundels ondergaan. moontl.ik
gemaak.
om
die
'n Jungiaanse leesperspektief het dit kunstige
ineengroei/vervl.egting
van
manlike en vroulike komponente wat uiteindelik lei tot die opheffing van die "beperkte" insig van die manlike (soos vergestalt in "uniseks", sien p.150) te kon raaksien.
185
In die volgende hoofstuk gaan die argument dat daar bepaalde intratekstuele bindinge via die vroulike koderings leesbaar is, ook vanuit 'n nie-psigologiese perspektief gedoen word.
Uit beide hoofstuk vyf en ses sal die semantiese merker [+ rand] as intratekstuele kode duidelik blyk. Daar is dus organiese groei tussen verskillende gedigte en bundels.
186
HOOFSTUK SES
-INTRATEKSTUELE KODES ~
6. 1 • INLEIDING
Die doel van hierdie hoofstuk is om kortliks aan te toon dat daar
'n eiesoortige
intratekstuali tei t
ten opsigte van die
vroufigurasies in die verskillende bundels geld. Dit is een van die kodes in die gedigte van Cloete wat binne die tema van eenheid tussen veelheid (sien hoofstuk een) heenwys na die grater kosmos (die skepping van God).
Die sterkste gemeenskaplike raakpunt tussen die ses bundels van Cloete, kan moontlik soos volg omskryf word: dit is poesie wat meestal, direk of indirek, heenwys na die wonderbare Skepper van die heelal. Deur die onderlinge kosmos-entiteite, veral in hul eenvoud en gelyk ingewikkeldheid,
te "deurkyk"
(Met
die
aarde praat:87) en dit poeties om te dig, word na analogie van
God wat met die wonder van die Woord oeroorspronklik eerste geskep het, in taal iets van die wonderlike van die Skepping nageskryf.
Dit is ook moontlik om die opvatting dat die Skepping van God jukstaponerend mooi en skrikwekkend is, as tweede gemeenskaplike bindingslyn in die oeuvre aan te toon.
187
Die mens, as kroon van die skepping, word in die figurasie van die gedigsubjek "ek" dwarsdeur die oeuvre gebeeld as die gepynigde, maar ook begenadigde. Die "ek" is deurlopend bewus van sy eie gebrokenheid (on-heel-heid),
juis omdat "ons te veel
self en te min bestaansdeel was" ( "Droom" Driepas: 15). Die tema van deel-tot-geheel is reeds in die vorige hoofstukke as belangrike tema in die oeuvre uitgewys.
In hierdie studie is dan ook
'n ander sirkel/lus uitgewys,
naamlik die vroulike as intratekstuele kode.
Die vraag ont-
staan of en hoe die vroulike kode met die deel-tot-geheel tema skakel.
In haas elke bespreking oor Cloete se digbundels word verwys na die uiteenlopendheid en tog verbandhoudendheid tussen gedigte. Ek verwys na enkele sulke omskrywings in Grabe & Pretorius ( 1981 :69):
Die vindingryke titel van T.T. Cloete se debuutbundel, Angelliera, is 'n insiggewende karakterisering van die sterk uiteenlopende en tog uiteindelik met mekaar verbandhoudende en harmonierende afsonderlike gedigte in die bundel. Verder word daarop gewys dat
'n poetiese verband ontdek is
tussen die oenskynlik willekeurige temas: Meestal word samehang bewerkstellig deur metaforisering; die seksuele word byvoorbeeld gekarakteriseer in natuurlike terme of die aktualiteit word in die opvatting van die dood of die religieuse bel ewing ingedra. Dikwels word die klank ingespan om semantiese ui teenlopende sake in 'n assonans, alliterasie of rym te laat saamklink Soms sorg 'n uitgebreide sintaksis daarvoor dat 'n sinvolle eenheid bewerkstellig word in 'n uiteenlopende verskeidenheid.
188 Grabe & Pretorius (1981:78) wys op 'n sentrale aspek van Cloete
se denkwereld in die 80 verse in Angelliera: sy geloof dat daar 'n harmoniese eenheid bestaan tussen alle dinge. In gedig na gedig blyk sy verbeeldingskragtige soeke na 'n sinvolle samehang van oenskynlik disparate verskynsels: dis 'n soeke na "Correspondances" (p. 41), na "Saamhorigheid"(p.34) na "Lemmas"(p.24-28), na "Herbenutting"(p.3) dit wil se 'n proses waardeur "elke deel/deeltyds heel word in alle gedaantes van die ewige geheel"; dis die soeke na 'n raakpunt tussen ver uiteenliggende metaforiese komponente in die vorm van "Beeldspraak" ( p. 1 9) , di t is die strewe na die kernagtige saamvat van die uiteenlopende ervaringe van 'n enkele menselewe in die digterlike balladevorm (Ballade van die patriot, p. 20); begrippe soos "Polifonie" en "koisie" vertel van dinge wat eenstemmig is en van dinge wat pas; "Geosentrie" en "homosentrie" verwys na kragte wat na een middelpunt, na dieselfde sentrum soek.
Ook Venter (1988) wys in haar ondersoek van Jukstaposisie op twee onbetwisbare sake:
intertekstualiteit en intergediglike
verhoudings in die sin van bundelkomposisie tussen verskillende gedigte in Jukstaposisie.
Cloete (1977) verwys in 'n Langenhoven-gedenklesing na Totius se organiese beskouing. Dit impliseer dat die opdrag van die Calvinis is om
di~
hele komplekse werklikheid en menslikheid te
verken en te verower. Hy wys op die feit dat al Totius se werk 'n eenheid vorm en dat Afrikaanse digters soos Van Wyk Louw en Opperman eis dat die literatuur hom met die hele mens moet bemoei, omdat in Gorter se woorde uit Mei: Er ligt in elk ding schuilend fijne essence ... van and're dingen. Hierdie uitspraak sluit die bundel Allotroop af en bevestig in samehang met talle gedigtitels (bv.
"Correspondences" Angel-
1iera:41) en intergedigtelike verwysings na samehang, dat ons
189
sekerlik kan aanneem dat ook in die Cloete-oeuvre 'n organiese samehang raakgelees kan word. Sekere navorsers het dan ook al -sulke bepaalde "organiese sfere" in die oeuvre aangedui.
Grabe & Pretorius (1981) onderskei die volgende tematiese sfere in Angelliera: 1. 'n religieuse grondtoon en 'n sterk erotiese element wat harmonies saam 'n morele ideaal stel: die suiwerheid en sedelike stabiliteit van die huwelik; 2. skoonheid en vrugbaarheid wat ten grondslag le aan die skeppings- en lewensvreugde; 3. identifikasie tussen natuur en mens; 4. die vrou, voortplanting, die lyflike; 5. aktualiteitsverse waarin die werklike "aangesig" van die moderne samelewing aangespreek word. Van Rensburg (1990) identifiseer jukstaponering van hemel en aarde as die sentraal-deurlopende tema in die gedigte van Cloete.
Du Plooy (1993) sintetiseer die konsentriese sfere in die oeuvre soos volg: a. Fisies~ ruimte 1. ek (met sy siekte), 2. ek en sy allernaaste (eggenoot), 3. ek en die gesin, 4. ek en die huis/tuin, 5. ek en die dorp Potchefstroom, 6. ek en die land Suid-Afrika, 7. ek en ander lande; b. Abstrakte ruimte 1. gesprek deur die kunste, 2. gesprek deur die kosmos in totaliteit en die Bybel as die openbaring van God: die algemene openbaring in die natuur en die besondere openbaring in die Bybel.
Ten slotte wys Du Plooy daarop dat al die afsonderlike sfere met mekaar versmelt is. Daar word spesiaal melding gemaak van
190
die besondere ineengetrokkenheid van die afsonderlike in 'n grater verband.
Cloete (1977:6) haal Totius se lesing "De dichter als ziener" se uitspraak ten opsigte van die digter aan. Die digter beskik oar die vermoe om met sy "arendsogen, zoeklichten X-stralen" deur die sienlike te kyk en die Onsienlike daaragter raak te sien, sonder om die sienlike mis te kyk.
6. 2. DIE VROULIKE AS INTRATEKSTUELE KODE
Oak die vroulike, in verskeie figurasies en in talle relasies, groei organies deur die digter-oe in die gedigte van Cloete tot verbandhoudende kode, wat weer ingepas is in die grater legkaart van die oeuvre.
Daar is van bundel tot bundel(in chronologie van publikasie) 'n duidelike gevarieerde uitbou van die vroulike. Binne die tektoniek van samehang tussen die veelvoud, hou die vroufigurasies met mekaar verband weens die gemeenskaplike vroulike. Deur variasie en parallelisme, word die vroufigurasie, oar die bestek van die oeuvre,
'n eiesoortige "Ius" (sirkel). Naas die
tematiese verbondenheid word die vroulike ook deur bepaalde intratekstuele, verstegniese vernuftigheid tot samehangende paradigma gekodeer.
Die beeld van Anna toon verruiming oar die verloop van die
191
bundels. In Anqe11iera(welriekende, gekultiveerde blom wat tradisioneel simbolies verbind met suiwer liefde en veral die huwelik)
is daar
'n groat aantal gedigte waarin die egtelike
liefde besing word. Angel bet ook seksuele konnotasies en verskeie gedigte handel ook oor die erotiek soos in die Tuinreeks. Die seksuele verwysings is egter nog implisiet in verskeie natuurbeelde wat metaforiese betrekking bet op die geliefdes wat in die privaat-ingeslote ruimte van die tuin lewe ingewerk, soos byvoorbeeld: kyk wat kom van die by wat die blom boor soet bloekom rooi granate sagte pere "Tuin I: Angelier" (Anqelliera:9) Anna word metafories omgedig tot Kanna, wat haar laat inpas by bogenoemde blombeeld.
In die tweede bundel. Jukstaposisie word die seksuele verbintenis met Anna, alhoewel sy nie direk benoem word nie, maar tog as moeder van sy kinders gesuggereer word, meer direk uitgebeeld:
ek bet my jubelend bly in my seuns en dogters uitgedeel my droom deur 'n vrou uitgesponne vyf maal in vyf kokonne "Substansiering"(Jukstaposisie:62)
192
In die derde bundel word die intimiteit tussen die "ek" en An-
na direk verdig, maar daar is 'n kwalitatiewe verskil tussen hierdie "oop- en blootheid" en die "oop- en blootheid" wat in die Monroe-gedigte geld: ek voel hoe jy jou medelye in my inleef uit jou buik uit jou heupe wat skeef stuik en jou afgemoederde dye
"uiteindelike nag" (A.1.1otroop:54)
In die meerduidige titel "uiteindelike nag" word enersyds die assosiasie van
'n soort wittebroodsituasie opgeroep wat die
klem op die seksuele sou plaas, andersyds word 'n assosiasie met uiteindelike rus, vertroosting en empatie geskep. Laasgenoemde bevestig eerder 'n geestelike verbondenheid wat in die opvolggedig "uniseks" bevestig word. In hierdie gedig word die onderskeid tussen man en vrou opgehef in die gemene deler van "ons is soos een mens". Die "hy!' en "sy" is nie net deur koisie tydelik aan mekaar verknog nie, maar in wese en grein ineengegroei sodat die een nie meer onderskeibaar van die ander is nie.
Verstegnies word die ineengestrengeldheid geikoniseer deur die strofelose vers en die omgekeerde piramidiese spieelbeeld.
Soos reeds in hoofstuk vyf daarop gewys is, moet die Anna-beeld nie net in die konteks van eggenoot gelees word nie. Sy ver-
193
teenwoordig letterlik die "ander helfte" van die manlike "ek". peur haar verkry hy oak deel aan die algemene vrou - die onbenoemde "sy". Die snypunt tussen die besondere vrou Anna en die algemene vrou le in die verwysing na beide se vermoe om deel te wees van 'n grater geheel waarin die "ek" oak graag wil deel.
Die vyfde bundel Driepas begin organies groei,
soos in An-
gelliera, vanaf die natuurparingsbeeld by die langnekswane en pelikane tot menslike seksualiteit. In die herbevrugting van die mitologiese met die kontemporere, word egter 'n stap verder gegroei: seksuele omgangsdrif tussen man en vrou word die vehicle vir skeppingsdrif wat musiek en poesie tot stand laat kom.
Drif of (seksuele) lus/sirkel word dus 'n intratekstuele merker waardeur samehorigheid tussen gedigte met gevarieerde inhoude bewerkstellig word - weer eens word die tema van
e~nheid
in die
veelheid benadruk.
Jukstaponering van die negatiewe aspek van skepping/paring: vernietiging - en die positiewe aspek van paring: bevrugting /groei/nuwe lewe - beklemtoon oak weer die versoening van twee teenoorstaande helftes. In hierdie "lus" is elke enkele ding (oak die positiewe) aan 'n ander (oak die negatiewe) gebind. 'n Gedig waarin hierdie oortuiging van Cloete tematies en vormlik meesterlik verdig is, is "In die meentdam" (Jukstaposisie: 11 0):
194
die menigvuldige vorme van die wrede lus wiel die aarde, laat die seisoen pols en lanseer ons flambojant deur die heelal.
Oar die bestek van die verskillende bundels kan oak intratekstuele vormlike verbande aangetoon word tussen gedigte waarin die seksuele en vroulike prominent figureer. As voorbeeld word die volgende vier gedigte bespreek: "uniseks" (Al.l.otroop:SS), "Olympia word wakker"
( Idiol.ek: 40),
"ik ben met u aileen o
venus" (Driepas:19) en "vrou" (Met die aarde praat:44).
Elk van hierdie gedigte toon 'n strategiese tipografiese uitstulping wat aan die verseindvorm 'n falliese voorkoms verleen, die tipografiese plasing van die slotrymwoorde van "vrou" word ter illustrasie voorgehou: klaar deurmekaar strooi mooi kafgedraf af bedees vlees haar bloed opgehewe gloed kosmetiek gestroop platgeloop outentiek
Die penetrasiebeeld word ikonies vergestalt. die falliese visuele aanbod?
Waarom dan bier-
195
Die moontlike verklaring van hierdie tipografiese verwantskap ;t.e,
volgens my mening,
in die visualisering van die oog se
vermoe om, soos die fallus, te kan penetreer.
In "Olympia word
wakker" ( Idiolek: 40), word die wonder like vermoe van die oog besing: Die oog maak die dooie lewendig: Die oog penetreer die reele en in die bevrugtingsmoment word deur verbeelding, meer as die reele "gesien". Die advertensie waarin die skamelgeklede vrou en 'n lee fles voorkom, word omgedig tot verbeelde voorspel tot geslagsomgang: Die fles le op oogafstand. Sy kyk hand oor hand, voel haar nakend beweeg in haar yl sinlike nagklere. Haar gesig ondersoek die vertrek. Die drambuiefles le leeg op sy sy. Die oog maak die dooie lewendig: hy le rond bloot en oop glasstyf ontlyf 'n fallus uitgestrek sy lengte na haar gerig, 'n snuffelende uitreikende loop. Sy laat 'n druppel langsaam uitlek.
Steeds
bly die
vraag:
waarom
juis die bepaalde omdigting?
Enersyds as bevestiging van die sensueelbehepte gekommersialiseerde moderne samelewing. Indien in intratekstuele verband gelees word, hou dit ook verband met die "illusie van afronding" ( "Oog" Met die aarde praat: 9): die drif om oenskynlik disparate dinge in versoening met mekaar te bring. Deur rond "hy le rond oop en bloot", word 'n verband gele tussen glasfles (dooie), fallus (lewendig/viriel), maar ook oog wat die "dooie lewendig maak"
=
in-sien
=
in-sig.
196
In intratekstuele verband is "rond'' verwant aan die vroulike, !_llond en veral aan oog. "Oog" en variante van "kyk, sien, be-
skou" is baie opvallende intratekstuele merkers. Volgens Riffaterre (1983:126) is: "The spectator a meditative witness, the spectacle an object of contemplation instead of mere perception".
Die digter, moet soos Cloete (1977:93) dit omskryf in die bespreking van Totius se poesie, oar die vermoe beskik om die omringende realiteite met die digterlike oog "af te rand": Die realiteit was vir Totius soos vir Baudelaire 'n boek, 'n stuk literatuur, en met sy begenadigde oe moet die digter dit lees en bestudeer. Hy moet die woordeskat van die realiteit lees asof dit 'n palimpsest is met twee skrifbeelde op mekaar: 'n oppervlakkige skrif, maklik sigbaar, met daaronder 'n goddelike skrif.
Indien "rand" as intratekstuele merker nagespeur word, word die volgende objekte met mekaar in verband gebring:
1. Vrou: -
... mierkoninginlik dik ... "Lyfspraak ongetroude swanger meisie" (Anqelliera:39)
- Meisies nael getuit in spanbloese .... minibroekies wat oogsoet sluit om rondinge "Atlete" (Anqelliera:38)
197
-
·Die duine le roomkleurig en rond sag soos 'n vrou se liggaam "Kreunsand Noordwes-Kaap"(Driepas:SS)
2. Oog: Die mooiste vorm vir die ronde oog in sy eie oe is sy eie vorm "Oog" (Met die aarde praat:9) My straalveseloog is rond, "Prediker 11:7" (Jukstaposisie:96) 3. Aarde: die ronde aarde die geil goeie vrou "trugtrek" (Idio1ek:115) 4. Hemel: onder die boog van die hemel "Oog" (Met die aarde praat:9) Tussen die kategorie gedigte waarin daar verwys word na
'n
ronde "lus" as omsluitings/integrasiekode, moet onderskei word tussen: 1. Die omvattende lus van God: Hy wat die hemel uitstrek het hemel en aarde denkende aan my geboog gemaak "Van Hom en my" (Jukstaposisie:109)
198
.,.
dat ons almal in die groat roteer binne die voor le saam uiteindelik sal omgaan in 'n onderons onder- en bogronds binne 'n bestendige veranderlike Naam "naturalis" (Driepas:57) 2. lewensirkel/aardse lus van (vr)eet, paar en uitskei: Die mens se gesig loer in die grillige argulus se kloppende hanger buik .•• die menigvuldige vorme van die wrede lus wiel die aarde, laat die seisoen pols en lanseer ons flambojant deur die heelal "In die meentdam" (Jukstaposisie:110) Hierdie lus betrek al die gedigte waarin eet, paar/seks, en totnietgaan uitbeeld word. Hemelse en aardse word dus op mekaar betrek deur die allesinsluitende sirkel van God.
Tussen bogenoemde twee sfere,
is daar die lus
(ronding en
drifbegeerte) van die vrou wat enersyds vervul, ekstase verskaf, maar andersyds ook kan vernietig. Baie treffend word dit gesuggereer
in
die
metafoor
van
die
"Venuskarnivoorblom"
(Driepas:106):
Die dionaea muscipula lyk en geur begeerlik soos 'n vulva maar sy is wreed: om te blom moet sy vlees en bloed vreet. Die vroulike figureer,
soos reeds vroeer aangedui,
in talle
vorme. In "die afspraak" (Jukstaposisie:11) verwoord die "ek"
199
haar in terme van "sewe variante".
Sewe is die Bybelse val-
!f1aakte getal en dus beskik die vroulike volgens die "ek" oar 'n potensiaal om te vervolmaak, moontlik juis dit wat die "ek" in homself as onvoltooid ervaar. Die gedagte aan afronding aan die manlike word dan oak baie sterk verbeeld in "koppelia" Idiolek: 14):
skielik in 'n heerlike grimas vertrek sy sy mond en druk hom nat met haar kwas om hom totaal af te rand kragtig ekstaties vas op die kannevas
Hier word die skilderes van die mansfiguur uitgebeeld in terme van 'n oomblik van liefdesopwelling en uiteindelike geslagsgemeenskap. Primer word vroulike afronding dus deur die "ek" as seksuele/liggaamlike voltooiing, maar oak afronding en transformasie deur haar, wat 'n kreatiewe handeling veronderstel, beleef. Talle gedigte resoneer die gedagte aan seksuele omgang as 'n verlies(verdeling) van die eie en daardeur grater deelwording, soos verwoord in "ek alleen met jou" (Driepas:18):
met my staan met my in jou opgaan vlinder in jou blom ongehinder onderverdeel
Daar is egter oak die konnotasie van afronding deur die vrou as
200
moeder. In hierdie verbeelding word die "ek" weer embrio, maar na analogie van die mitologie, ook gelyktydig eggenoot.
In hierdie vereenselwiging tussen die "ek" en moeder, word die moeder, meestal die Gaea-figuur/aarde soos in "Gaea" (Met die
aarde praat:21). In hierdie omdigting, word die moederfigurasie gekoppel aan die oermoer/die oorspronklike: na die krul en geboortereuk van Gaea se moer
Deur eenwording met haar, word die vroufigurasie ook medium tot indringing in die "oerbegin van die
skepping". Gelees teen die
mistieke begeerte om deur die verskillende openbaringsvorme van die Skepper tot die Skepper toe "deur te kyk", word die vrou • n geboortekanaal terug in "teen die groot vergeet": man en vrou 'n oogwenk loop uiteen begin verstaan die langsame leegloop van onthou "eskapade" (Driepas:16)
Die tragiek dat selfs deur die ekstatiese mistifisering en totale penetrasie van die vrou nie aan die tydelikheid van menswees ontsnap kan word nie, word ook dikwels herhaal.
In die musiekmetaforiese omgangsbeelde is dit veral die slot van "piccolokonsert" (Driepas:23) waarin hierdie tragiek verbeeld word:
201
bang vir die tristesse van la petite mort na die lirieke kart seksesse
Die "ek" bly deurgaans van die onbegryplikheid van God bewus. Tog bly die "soek en kyk" tog sinvol vir die "ek" te wees. In die begeerte tot "ontselwiging" ( "klankkoitus" Driepas: 24; "Opruim" Met die aarde praat:96), gelees as 'n begeerte tot grater heel-/ deelwording, moet die rol van die vroufigurasie gelees word as een van die mediums waardeur die ek uit die beperking van die self "uitgesponne" ("Substansiering" Jukstaposisie:62) raak.
Die vrou is egter nie net fisiese afronding vir die "ek" nie, maar oak geestelike vertrooster,
veral wanneer die "ek" nie
meer gesteld op "seks en soma" is nie. Die impotente "ek" word steeds in die arms van die minnares/moeder vertroos:
ek le 'n gloeiende gehuide geraamte in jou arms en wag ek le sander geslag teen jou teruggetrokke skaamte
ek betas jou mond in die duister en ek voel hoe jy vergifnis en begrip met hart en sagte geslote lip in die dun skelp van my oar warm fluister "uiteindelike nag" (Allotroop:54)
"Sy", veral as Anna, word oak die geestelike mentor en rigting-
202
wyser na die allesomvattende makrolus van God, waarvan die vrou ~soos
hemel en aarde)
'n onlosmaaklike deel is:
Kyk ek na die melkweg, in die gras, in die water, na die boog van die aarde, altyd iewers is jy ingepas "Anna" (Met die aarde praat:95)
Deur "haar" afronding, in die manifestasievorme van minnares, sondares, vrou, moeder en anima, word die "ek" se oog "heel" om meer van die geopenbaarde polivorme van God te kan insien en bewonder (en natuurlik te kan verdig).
In die tipografiese inspiraling van die "ek" tot die essensiele of oorspronklike moer, soos in "moer" (Driepas:35) en "Opruim"
(Met die aarde praat:99), kan 'n geestelike penetrasie gelees word: 'n penetrasie in die bevrugte self waarin die yin en yang (ook dink en voel) geintegreer is,
'n penetrasie in die oop-
dink/oopskryf van die essensiele. Deur geestelike individuasie (integrasie van alle teenoorstaandes) getransponeer tot 'n jukstaponerende, bevrydende inperking tot die essensiele, is die "ek" heel, in staat tot onderskeiding tussen die wesenlike en die nonwesenlike, in staat tot 'n afgeronde "insien"
(in die
self, maar sekerlik ook in die kosmos) waartoe "sy" hom, as die pupil van sy oog, help kom het:
Ek leef volledig tinktinkie. Daar sit 'n hele liggaam vas aan my pinkie. "Tinktinkie"( Met die aarde praat:90)
203
In die kunstige intratekstuele verwewing van vrou,
aarde en
oog, in oorvleuelende lusse oar die spektrum van die oeuvre, word 'n besondere hoe betekenisdigtheid bewerk.
As deurlopende kode kan die vroulike figurasies semanties gekodeer word in terme van: + rand + baarmoederlik(oer)oorspronklik
+ helend + insiggewend + lewendgewend/vernietigend
Hierdie koderings bind nie net die vroulike kodes met mekaar nie, maar word inderdaad 'n intratekstuele kode wat oak meer as net die vroulike kodering omsluit, soos in bogenoemde bespreking aangedui is.
6. 3 . SAMEVATTING
In hierdie hoofstuk is aangetoon hoe daar 'n organiese, intratekstuele groeilyn tussen verskillende bundels, bepaalde gedigte en bepaalde vroufigure, vee~heid
binne die tema van eenheid in
(hoofstuk 1,p. 4), bestaan.
Enkele menings oar die samehang in bepaalde bundels van Cloete, is as vertrekpunt geneem. In aansluiting daarby is oak daarop gewys dat die vroulike (inhoudelik, tematies en verstegnies),
204
as intratekstuele kode, kohesie bewerkstellig.
Die uitbeelding van veral die figuur Anna, toon groei in verskillende gedigte - van eggenoot, moeder, reisgenoot, maar oak uiteindelik as wegwyser na die makrolus (sirkeleenheid tussen die afsonderlikes) in God se skepping.
In die paradigma [+ vroulik] is veral die kode [+ rand] as intratekstuele merker uitgewys. Daar is op bepaalde verbande tussen vrou, oog, hemel en aarde gewys. Die [+ vroulike] kode dien as mikro~us/sirkel wat die gedagte dat alles in die allesomvattende
makro~us
dersteun.
van God se skepping met mekaar verband hou, on-
205
HOOFSTUK SEWE SAMEVATTING
Die sentraal-teoretiese argument in hierdie studie was dat die vroulike, as deurlopende kode in die oeuvre van T.T. Cloete, 'n
eiesoortige verwikkeldheid vertoon. Die doel van hierdie studie was dus om vas te stel of die vroulike 'n deurlopende kode vorm en om die vroulike te beskryf en te interpreteer.
Die navorsing wat met behulp van 'n intratekstuele intertekstuele lesing, perspektief,
gedoen is,
met besondere klem op
en ook
'n Jungiaanse
bevestig onomwonde dat die vroul.ike
(omskrywing hoofstuk 1:1) 'n komplekse kode in die oeuvre van T.T. Cloete, is.
7. 1 •
SAMEVATTING VAN DIE VERLOOP VAN DIE STUDIE
Aanvanklik is bepaalde teoretiese vertrekpunte wat ten grandslag van hierdie studie le, uitgestippel. Die doel was nie om op besondere teoretiese kwessies in te gaan nie, maar om bestaande teoretiese insigte te gebruik in die analise en interpretasie van geselekteerde gedigte. Semiotiese begrippe soos teken en kode, in relasie tot die vroulike kode, is omskryf en
deurlopend in die studie gebruik. In die analise van afsonderlike gedigte is gekyk na metaforiese taalgebruik, sintaktiestipografiese eienskappe, klank- en ritmies-metriese verskyn-
206
sels.
Binne die kader van poesie as literere kode, is uitgegaan van die teoretiese oortuiging dat teks die resultaat van die koeksistensie van baie kodes is. Die teks is as't ware
'n oop
gesprek waarin die digter bepaalde kodes kies en manipuleer. Die leser dekodeer weer vanuit sy/haar eie koderaamwerk. Geen teks kan dus in isolasie bestaan of gelees word nie. Die teks is 'n translinguistiese proses. Dit is 'n opvatting wat in die konsep van intertekstualiteit verreken word.
Die veelstemmigheid van die teks het die moontlikheid om intratekstuele- maar ook intertekstuele relasies ten opsigte van die vroulike as kode raak te lees, geopen. Dit het die moontlikheid geskep om 'n Jungiaanse leesperspektief ter verruiming van die interpretasie van die vroulike as kode te gebruik. Jung se teorie het as 'n intertekstuele leesraamwerk bygedra tot die illustrasie van hoe verwikkeld die eiesoortige manifestasie van die vroufigurasie in die gedigte van Cloete is. Hierdie perspek tief bet beslis daartoe bygedra dat die kompleksiteit van die vroulike as kode, verhelder is.
In die loop van die studie is daarop gewys hoe kompleks die
vroulike gekodeer is. Die verskillende kategoriee vroufigurasies dek feitlik die hele spektrum (en fases) jong meisie,
moeder,
van vrouwees:
liggaamlik-volmaak-geskapene,
seksueel-
onvervulde, eggenoot, afgestorwene, ongespesifiseerde "sy" en
207
mitologies-gekodeerde figurasies.
Daar is oak aangetoon dat daar 'n modus is om nie-menslike objekte (konkreet en nie-konkreet) met vroulike attribute te kodeer. Uit die kategorie was dit duidelik dat kongruensie tussen verskillende lewenstrata in die skepping bewerkstellig word deurdat
die
animale
(die spinnekop),
die organiese
en die
plantaardige (byvoorbeeld blom) dikwels gemeenskaplik [+ vroulik] geattributeer word.
Daarnaas is 'n intratekstuele verband tussen oog, vrou en aarde uitgewys. Hulle word in dieselfde sirkel ingetrek deur hul omskryfbaarheid met die semantiese merker [+ rand] (hoofstuk 4: 96). Hierdie insirkeling sluit oak intratekstueel aan by die gedagte dat alles met alles verband hou omdat dit uit dieselfde Skeppershand kom. Binne die makrolus (die skepping van God) , bestaan die vroulike, een van die mikrolusse. Hierdeur groei die digterlike "ek" tot grater in-"sien" in homself(die tipe indi-, viduasieproses waarna in hoofstuk vyf verwys word), maar oak grater "in-kyk en in-skryf" in die skepping van God as die oorkoepelende ronding/insluiting/afronding.
Daar kan oak vanuit 'n psigologiese raamwerk na die vroulike kode gekyk word. Jung se individuasieteorie, met besondere-aandag aan die werking van die anima (as argetipe), is van toepassing gemaak op bepaalde gedigte. Oak vanuit hierdie intertekstuele leesraamwerk kon die heenwys na die sentrale tema
208
van "ontselfing" ( "Opruim" Met die aarde praat: 96) aangetoon word. Die "ek" belee£ so 'n verruimingsproses en ontsnap aan die enkelheid van die manlike in die groter menslikheid van geintegreerde
man~ike
en
vrou~ike.
Ook hierdie kodering van die
vroulike ondersteun die sentrale tema van eenheid in
vee~heid.
Omdat daar vanuit 'n intratekstuele perspektie£ gewerk is, kon bepaalde intratekstuele werkinge, wat die tema van eenheid in vee~heid
ondersteun, aangetoon word. [+ rond] is as die belang-
rikste intratekstuele merker uitgewys, omdat dit in sleutelgedigte die komponente oog, aarde,
heme~
en vrou met mekaar in
verband bring. Hierdie paradigma het weereens die sentrale tema ondersteun: daar is eenheid in
vee~heid
in God se skepping -
alles hou in die makrolus van God se skepping met mekaar verband omdat dit alles uit dieselfde Hand kom. Juis daarom is daar oor die skopus van die oeuvre die versugting by die "ek" om in soveel as moontlike vorms uitgestort (uitgesponne)
te
raak. Die vroulike kode vorm een van die mikrolusse waardeur die "ek" na homself en die skepping om hom kyk.
In hierdie
verruimde perspektief kom die "ek" waarskynlik nader aan die insien in die AL.
7 •2
BEVINDINGS
Die tema van eenheid in
vee~heid
as oorkoepelende raamwerk,word
juis in die ontplooiing van die vroulike as kode herbevestig. Dit is baie duidelik dat die verskillende vroufigurasies en hul
209
hoedanighede 'n deurlopende kode in die oeuvre van Cloete vorm.
Juis uit die wye skopus en die groei in die uitbeelding van die
vroulike kon 'n eiesoortige/bepaalde drif by die "ek" aangetoon word. Die "ek" wil in soveel as moontlik vorme inlewing vind om so in staat te wees om tot groter insig en verwondering oor die skepping van God te kan kom ("Paddaman" Driepas:171).
Ook die integrering van teenoorstaande pole:
manlik teenoor
vroulik (individuasie) vorm vir die "ek" 'n medium om uit enkelheid tot groter heelheid te ontsnap. Deur die navorsing is 'n besliste groeilyn aangetoon: die grens tussen die manlike en vroulike word toenemend uitgewis, sodat daar in 'n gedig soos "Anna" (Met die aarde praat:94) 'n belydenis kom van juis hoe een die "ek" en Anna, as lewensmaat (maar ook vanuit die Jungiaanse leesperspektief geinterpreteer as die universele "sy") is. Saam groei hulle tot 'n grater universele menslikheid.
Veral die beeld van Anna kan dien as voorbeeld van hoe ryklik gekodeer die vroufigurasies in die oeuvre van Cloete is. Anna word gekodeer in terme van gespreksgenoot, reisgenoot, moeder van die "ek" se kinders en lewensmaat - eintlik die appel van sy oog.
'n Verdere wins wat uit hierdie ondersoek geblyk het,
is dat die beeld van Anna ook die sleutel dra tot die "ek" se "veelvuldigheid". Deur haar en die kinders word hy veelvuldig
210
"ui tgesponne".
Anna word
een van die belangrikste "mediums"
waardeur die "ek" weggroei uit die enkel (manlike) self tot 'n grater belewing van menslikheid. Hierdie proses impliseer heelwording/individuasie deur geslagtelike en geestelike eenwording soos in "uniseks" uitgebeeld. Die Anna-beeld is dus ryklik gekodeer. Die egtheid waarmee by haar bewonder, maar ook gelyktydig die hoop op verlossing wat die "ek" van haar koester, bly die leser by.
Juis die verwysing na die ongeidentifiseerde "sy", illustreer baie treffend die verwikkeldheid van die vroulike kode: "sy" is die gernene deler wat oar die vermoe beskik om enkelhede met mekaar (in 'n web - soos ook uitgewerk in die spinnekopbeeld) te versoen. Sy is die oorspronggewende, maar ook die destruktiewe. "Sy" dra verhuld dus in haar web (ook tekstuele web) die sluier van moeder, vriendin, maar oak verleidster wat na die spel/genot dikwels beloon met vernietiging - selfs die dood. In Jungiaanse perspektief gelees, kan hierdie oorgawe deur die manlike aan die vroulike (as 'n proses van versoening tussen teenoorstaandes om deel van 'n grater geheel te word) as 'n tipe individuasieproses gelees word.
Die algemene of spesifieke vrou word dikwels met mekaar in verband gebring deur die gerneenskaplike attribuut van ruimtelike ekspansie -
'n oralteenwoordigheid. Juis deur die mistiek
van diffusie, beskik die vrou oor die vermoe om in vorm te varieer.
211
Ondanks die bekendheid met die kontoere van haar lyf en die vreugde-pyn sensasie wat deur geestelike - en seksuele omgang ervaar word,
bly die valle kompleksiteit van die vrou(l.ike)
steeds, in totaliteit, onbegrypbaar as een van die wonders van God se skepping.
Intratekstueel hou die beeld van die vroulike spinnekop verband met die gedagte dat "sy", soos die aarde, die mense aan mekaar verbind/verweb (ook gevange hou), binne haar kunstige web wat ook metafories verband hou met die skeppingsaksie soos byvoorbeeld die woordweb van 'n digter. Juis die tema van veel.heid in eenheid word deur hierdie intratekstuele ."insirkeling" beves-
tig:
ons sit almal saam vas in die spinnekop se mooi net van die liefde - stadig vreet sy ons op "Ons almal" (Driepas:137)
Haar web,
soos die natuursirkel, impliseer vreet/voedsel af-
breek, paar en weer vreet. Ook die mens vorm deel van hierdie "argulus" ("In die meentdam" Jukstaposisie: 110). Die mens is altyd onlosmaaklik verbonde aan hierdie siklus waarin die vroulike
'n sleutelposisie vertolk:
sy voed,
teel, maar eis ook
weer dit wat uit haar lewe gevind bet, op. Daar skuil dus vernietiging in die [+ vroulik] oerbron: die menigvuldige vorme van die wrede lus wiel die aarde, laat die seisoen pols en lanseer ons flambojant deur die heelal. "In die meentdam" (Jukstaposisie: 110)
212
Nie-lewende enti tei te soos byvoorbeeld musiek en kreasie is eiesoortig gekodeer in terme van 'n gemeenskaplike [+ vroulik]. Die kreatiewe dighandeling toon in wese ooreenkoms met die bevrugting tussen verskillende klanke van verskillende musiekinstrumente. As voorwaarde word disintegrasie van die enkele voor die grater geheel gestel. Dit is vergelykbaar met die ekstase tydens koitus wanneer versmelting tussen die manlike en vroulike plaasvind om so deel te kan word van 'n grater harmonieuse eenheid.
Daar le tussen erotiek, dialektiek/idiolek en musiek in 'n gedig soos byvoorbeeld "klankkoitus" (Driepas: 23) nie net rymende -, maar ook semantiese verbande.
Veral die gepersonifieerde Gaea/Aarde bevestig ook die verwikkeldheid van die
vrou~ike.
Die aarde word in
'n mitologiese
beeld verwoord en in terme van die vermoe tot lewegewing (baring) en sintuiglike belewinge uitgebeeld. Aspekte van leweskepping, maar ook vernietiging, word binne die kader [+ vroulik] gekodeer.
In die gedig "Gaea"
(Met die aarde praat: 21)
word die aarde
soos volg gekodeer: in terme van 'n dubbele lyflikheid -
'n
metaforiese vereenselwiging tussen die spreker en die aarde wat 'n aantoonbare ooreenkoms toon met swangerskap as vroulike attribuut. Soos "n swanger vrou vir die embrio kyk, proe, ruik en dinge beskryf, moet die "ek" dit vir Gaea doen.
Die aarde word
213
. " e mb r1o . ". dus gebee ld as d 1e
Daarnaas volg die beeld van die aarde as vroulike god wat daarvan hou om dinge te baar/ uit te skei. Sy word dus gekodeer in terme van vernietiging, ekskresie en verbranding: "Sy die rnaker, hou van laat vrek". Die aarde word vroulik verpersoonlik, maar die "normale" vroulike attribute van sagtheid, passiwiteit en die eteriese, ontbreek. Gaea word uitgebeeld as die "rou" aarde wat deur die "ek" toegang verkry tot die sintuiglike werklikheid. Sy realiseer dus "deur" die digter met taal as skeppingsinstrument. As ongestruktureerde matrys, beskik
sy
oor
die vermoe om verskillende vorme aan te neem. Volgens hierdie gedig is
sy
die aartsmoeder wat aan alle vorme van lewe oor-
sprong bied, in alle vorme van lewe pols en die oermatrys is waarna alle vorme van lewe uiteindelik terugkeer. In die eenwording met Gaea, bekom die "ek" toegang tot die oeroorspronklike. In die in-lyf-in saam eet, kyk, ruik en skryf tussen die "ek" en Gaea word iets van die oeroorspronklike oopgebreek. Hierdie proses word in terme van versmelting tussen manlike en vroulike gebeeld. Dit ondersteun weer die tema van deelwording aan die groter geheel.
As wins het dit geblyk dat die belewing van hierdie integrasie tussen die manlike en vroulike binne die kader van die
a~le-
daagse/aardse/gewone beleef word. Dit le soos alles wat, volgens Cloete, wesenlik is, in die (Gods)wonder van die gewone gang/dinge van menswees (bv. liefhe, reis, dig, musiek luister,
214
seksuele belewinge) .
Di t
word treffend verwoord in "Opruim"
(Met die aarde praat:96): Vir ons was dit opwinding om besadig in die verborgene woordeloos te voel hoe alles van lig versadig raak en alles en alle sterre saam afkoel. Die nietige bet ons rykdom geword, die daaglikse bet sin gekry omdat ons van die datumlose begin begin weet bet en van die datumlose wat kom. Uiteindelik is die jolyt uitgeput. Die tyd syg af na die noodsaaklike en sobere, bevry van die vermaaklike en feestelike. Die bestaan spiraal stadig terug na die normale gelukkige bedrywige onbeduidende gewone wonder van spek en bone.
Die vroulike bet binne die kader van iets alledaags/gewoon verruim tot gemistifiseerde Godswonder.
7 •3
GEVOLGTREKKING
Dit bet uit die navorsing geblyk dat die vroulike, een van die sterkste temas in die oeuvre van T.T. Cloete is . Dit ondersteun die opvatting dat God se skepping bestaan as eenheid in veel-
heid.
Die wye skopus van vroulike figurasies - byvoorbeeld van jong meisie, gestorwene, eggenoot, reisgenoot en seksgenoot, beves-
215
tig dat die vroulike in die valle omvang van manifestasiemoontlikhede aangespreek is. Verruimend tot hierdie kategorie figurasies, dien die kodering van nie-menslike objekte as [+ vroulik] as bevestiging van hoe veelfasettig die vroulike gekodeer is.
Die verwysing na die anonieme "sy" bet as sleutel gedien om die Jungiaanse individuasieteorie as verruimende leesmoontlikheid te kon ondersoek.
Dit is so dat die belewing van die integrasie tussen die manlike en vroulike, as 'n deurlopende eiesoortige individuasieproses, die weg open tot grater universele menslikheid met 'n breer in"kyk"/sien in die wonder van bestaan en die skepping van God.
Die blywendste indruk ten opsigte van die vroulike as kode is, na my mening, die uitskryf/uitboetseer van die oortuiging dat die manlike en die vroulike, ten spyte van hul teenoorstaande/ uiteenlopende pole, mekaar aanvul - so hul halwe/gebroke menslikheid herstel. Juis hierdie interverweefdheid bied 'n verruimde in-kyk/insien/insig in die skepping/menslike syn.
Die deurreis/deurkyk van die makrokosmos van God word nie net in religieuse/mistieke sfeer beleef en omgedig nie.
T. T. Cloe-
te se poesie word veel eerder gekenmerk deur die aardsheid
216
daarvan. Aardsheid,
in die gedigte waarin die
vrou~ike
figu-
reer, hou in 'n groat mate verband met die mitologiese oorlewering van aarde as almoeder of argetipiese moederfiguur wat in die gedigte eiesoortig-gevarieerd uitgebeeld is.
Die hegte ineenvlegting van kodes uit verskillende perspektiewe tot verrassende nuwe verband oor die bestek van die oeuvre, kan net uit die hand van die literere virtuoos spruit. Nie net le daar die uitbeelding deur middel van die sikliese (lus) verbindinge nie, maar die wonderbaarlike is dat die vroulike kode ingesluit is in in die ronde sirkel van eet, paar en weer eet (sien hoofstuk 1,p.4) die natuursirkel wat altyd omsluit word deur die sirkel wat terugverwys na God as bron van die wonder en die lewe - die religieuse voltooiing/lus.
As die vroulike as sentrale kode misgelees word, hou die leser hom/haar doof vir een van die belangrikste stemme in die wydgeskakeerde verwysingsraamwerk in die gedigte van T.T. Cloete.
Ten slotte wil ek die belangrikheid van die vroufigurasies wat in verskillende personasies gekodeer is in die oeuvre van Cloete, opsom in die woorde van H. Marsman se gedig "De vrouw met den spiegel":
: gij staat groat (en virginaal) in het weerkaatst heelal ( Dekker & Cloete, 1977:252)
217
Die digteroe by T.T. Cloete ontneem "haar" haar maagdelikheid wanneer daar onbeskaamd in "haar" rondgekyk word om te probeer om tot iets van die Al(wysheid) deur te kyk. Dis egter juis in hierdie inkyk en deurkyk(selfs stroping) van haar wat die "ek" al meer deel word van haar (in al haar vorme) en iets beleef van die "ontselfing"
( "Opruim" Met die aarde praat: 96)
groter heel-/deelwording: Kyk ek sonder jou, is daar skille oor my diep oogkasse, ek kyk sonder pupille. "Anna" (Met die aarde praat:94)
tot
218
BIBLIOGRAFIE
AFCHAIN, M., BABIN, L., BECET, M. & BRIERE, P., reds. 1957. Larousse Classique. Parys : Librairie Larousse.
BAKHTIN, M.M. 1986. Speech genres and other late essays. Austin : University of Texas.
BAL, M., red. 1981. Literaire genres en hun gebruik. Muiderberg : Dick Coutinho.
BARTHES, R. 1986. Het plezier van de tekst. Nijmegen
SUN.
BEUKES, M.P. 1993. Ginogenese as diskoers van maggestaltegewing van die nuwe vrou in tekste van Krog, Van der Vyver
en
Goosen.
Mmabatho
Universiteit
van
Bophuthatswana. (Proefskrif- D.Phil.)
BOSMAN, M. E. van
die
1989. Op Hom die groat hosannas: enkele aspekte moderne
Christelike
poesie
Grahamstad : Universiteit van Rhodes.
in Afrikaans. (Proefskrif -
Ph.D. )
BREMMER, J. 1987. Interpretation of Greek mythology. London Crook Helm.
219
BRINK,
A.P.
1985.
Oor die
religieuse en die
seksuele.
(In
Brink, A.P. Literatuur in die strydperk. Kaapstad : Human en Rousseau. p.34-42.)
BRONZWAER, W. 1993. Lessen in lyriek. Nijmegen
SUN.
CIRLOT, J.E. 1962. A dictionary of symbols. Translated from the Spanish by Jack Sage; foreword by H. read. London : Routledge & Kegan Paul.
CLOETE, T.T. 1970. J. H. Leopold oor die dromende denke.
(In
CLOETE, T.T. Kaneel. Kaapstad : Nasionale Boekhandel Beperk. p. 167-196.)
CLOETE, T.T. 1977. Totius se organiese beskouing. Langenhoven gedenklesing,
Universiteit
van
Port
Elizabeth,
Seminare, simposia en lesings, B5. 16 September 1977.
CLOETE,
T.T.
1982.
Hoe om
'n gedig te ontleed.
Pretoria
Academica.
CLOETE, T.T. 1985.
'n Klinkende vergetelheid. Ensovoort 5(1):
3-4.
CLOETE, T.T., red. 1992. Literere terme en teoriee. Pretoria HAUM.
220
CLOETE, T.T. 1994a. Brief in besit van auteur. Potchefstroom.
CLOETE, T.T. 1994b. Gesprek met T.T. Cloete. Kasset in auteur se besit. Potchefstroom.
COULSON, J., CARR, C.T., HUTCHINSON, L . & EAGLE,D. 1962. Oxford illustrated dictionary.
London
: Oxford University
Press.
CULLER, J. 1983. On deconstruction: theory and criticism after structuralism. London : Routledge & Kegan Paul.
CUSSONS, S. 1978. Die swart kombuis. Kaapstad. Tafelberg.
CUSSONS, S. 1983. Omtoorvuur. Kaapstad. Tafelberg.
DEGENAAR,
J
1983. Understanding myth as · understanding.
Afrikaanse
tydskrif vir
wysbegeerte, ( 2): 58-71,
Suid-
Mei
1993.
DEKKER,
G.
& CLOETE, T.T.
reds.
1974. Van Hoeft tot Luyken.
Pretoria : Van Schaik.
DEKKER,
G.
&
CLOETE,
T.T.
reds.
Gorter. Pretoria : Van Schaik.
1976.
Van
Bilderdijk
tot
221
DEKKER,
& CLOETE,
G.
T.T.
reds.
1977.
Van
Leopold
tot
Achterberg. Pretoria : Van Schaik.
DERRIDA, J. 1977. Structure, sign and play in the discourse of the human sciences.
(In Macksey,
eds. The structuralist controversy:
R.
&
Donato,
E.,
the language of
criticism and the science of man. Baltimore : John Hopkins University Press. p. 247-272.)
DE VRIES,
A.D.
1981. Dictionary of symbols and imagery.
Am-
sterdam : North-Holland.
DE WAAL,
A.
1990.
Die primordiale verbeelding in Die Swart
Kombuis van Sheila Cussons:
'n Jungiaanse lesing.
Pretoria : Universiteit van Pretoria. (Verhandeling M.A.)
DU PLOOY, H. 1986. Verhaalteorie in die twintigste eeu. Durban : Butterworth.
DU PLOOY, H. 1990. Die polifoniese gesprek: intertekstualiteit as leesmodus. Stilet, 2(2):1-14.
DU PLOOY,
H.
1992.
Semiotiek (In Cloete T.T.,
red.
terme en teoriee. Pretoria : Haum. p.473-476.
Literere
222
DU PLOOY, H. 1993. Die heelal in 'n taalkristal: die poesie van T.T. Cloete. (In Woordwerk,11 :19, Sept.)
EASTHOPE, E. 1983. Poetry as discourse. London
ECO,
u.
1976. A theory of semiotics. London
Methuen.
Indiana Univer-
sity Press.
ECO,
u.
1977. A theory of semiotics. London
FULLER, A.R.
Macmillan.
1977. Psychology and religion. New York
Uni-
versity Press of America.
GARMONSWAY,
G.N.
& SIMPSON,
J.
1969.
The
Penguin
English
dictionary. London : Penguin Books.
GILBERT, S.M. & GUBAR, S. 1980. The madwoman in the attic: the woman
writer
and
the
nineteenth-century
literary
imagination. London : Yale University.
GENOVA, J. 1987. Introduction: power (Father), gender (Son), values
(Holy
Ghost).(In
Genova,
J.,
ed.
Power,
gender, values. Edmonton: Academic Press. p.1-12.)
223
GOUWS, T. 1988. Die transskriptuele lees: hiaat, haplografie en transkripsie in die poesie van Breytenbach, Krog en Cloete -
'n logolinguale lesing. Potchefstroom : PU
vir CHO. (Proefskrif- D.Litt.)
GRaBE, I.
&
PRETORIUS,
R.
1981 .
Angelliera:
Van
twee
kante
bekyk. Tydskrif vir letterkunde, 19 (2):69-83, Mei.
GRaBE,I. 1984. Aspekte van poetiese taalgebruik. Potchefstroom: PU vir CHO.
GRaBE,I. 1986. Droogte: aspekte van poetiese taalgebruikteoretiese uiteensetting en toepassing. (In Senekal, J., red. Teks-leser- konteks. Johannesburg: Perskor . p. 12-43.)
HAMBIDGE,
J.
1984.
'n Herwaardering van Jukstaposisie.
Enso-
voort, 4(1):7-9, Mei.
HAMBIDGE,
J.
1986.
Marilyn Monroe
foto
in blou:
'n dekon-
struksie van die gedig as fototeks. (In Senekal, J., red. Teks-leser-konteks. Johannesburg : Perskor. p.
68-80.)
HARTY, E.R. 1985. Text, context, intertext. Journal of literary studies, 1(2): 1-13, April.
224
HASSAN, I. 1955. The problem of influence in literary history; notes towards a definition. Journal of aesthetics and art criticism, 14:66-76.
HASSAN, I. 1986. Pluralism in postmodern perspective. Critical inquiry, 12(3): 503-520, Spring.
HAT kyk
ODENDAL, F.F. red.
ISER,
w. 1978. The act of reading: a theory of aesthetic response. London : Routledge & Kegan Paul.
ISER, W.
1989. Towards a literary anthropology.
(In Cohen,R.
ed. Future literary theory. New York : Routledge. p.
208-228.)
JACOBI, J. 1968. The psychology of C.G. Jung. London: Routledge
& Kegan Paul.
JORDAAN,
D. J.
1993.
Op
soek
na
die
paradys:
paradigma-on-
dermyning as leesstrategie toegepas op "Vrees van die arbeider"
(Heilige
beeste)
Literator,14 (1):13-24, April.
deur
D.J.
Opperman.
225
JOOSTE, E. 1989. Idiolek van T.T. eloete: vers, sin en woord in Jukstaposisie. Potchefstroom : PU skrif
vir eHO.
(Proef-
- D.Litt.)
JOUBERT, A. 1992. Die verwikkeldheid van die vrouebeelding in die
po~sie
van Sheila eussons. Potchefstroom : PU vir
eHO. (Verhandeling- M.A.)
JUNG, e.G. 1953.
Two essays on analytical psychology. London
: Routledge & Paul.
JUNG,
e.G.
1959.
New developments in analytical psychology.
London : Routledge & Paul.
JUNG, e.G. 1960. Answer to Job. New York
JUNG,
e.G.
1963.
Memories,
dreams,
Meridian.
reflections.
New York
Pantheon Books.
JUNG, C.G. 1964.
Man and his symbols.
London
Aldus Books
JUNG, C. G. 1966. The spirit in man art and literature . London : Routledge & Paul.
JUNG, e.G. 1968. Psychology and alchemy. Princetown town University Press.
Prince-
226
JUNG, C.G.
1976. Mysterium Coniunctionis. Translated by Hull,
R.F.C. Princeton University Press : Princeton.
1978. Aion. Translated by Hull, R.T.C). Princeton
JUNG, C.G.
: Princeton University Press.
JUNG,
C.G.
1989.
Hull,
R.F.C.).
Symbols of
transformation.
Princeton
Princeton
Translated by University
Press.
JUNG,
C.G.
1990.
scious.
The archetypes and the collective uncon-
Translated
by
Hull,
R.F.C.).
Princeton
Princeton University Press.
KRISTEVA, J. 1980. Desire in language: a semiotic approach to literature and art. Translated by Gora, T.). New York : Columbia University Press.
KRITZINGER, M.S.B., LABUSCHAGNE, F.J. & PIENAAR, P de V.1971. Verklarende
Afrikaanse Woordeboek.
Pretoria
Van
Schaik.
KRUYSKAMP, C. 1970. Taal.
Van Dale Groot Woordenboek der Nederlandse
's-Gravenhage : Martinus Nijhoff.
227
LIBOREL, H. 1992. The spinners. (In Brunel, P. ed. Companion to literary myths, heroes and archetypes. London : Routledge. p. 1054-1075.)
LOTMAN,J.
1976. The content and structure of the concept of
literature,
PTL:
a journal for descriptive poetics
and theory of literature, 1:339-356.
LOTMAN,
J.M.
1977.
Arbor, Mich.
MALAN, C.
The structure of the artistic text.
Ann
: Ardis.
1978. Misterie van die alchemis. Kaapstad
Acade-
mica.
MEYER,
W.F.,
MOORE,
C.
& VILJOEN,
H.G.
1990.
Personality
theories: from Freud to Frankl. Johannesburg Lexicon.
MILLER, J. Hillis. 1989. The function of literary theory at the present
time.
(In
Cohen
R.,
ed.
Future
literary
theory. New York: Routledge. p.102-111.)
MORGAN, T.H. 1984. Is there an intertext in this text? Literary and interdisciplinary approaches to intertextuality.
American journal of semiotics, 3(4)):1-40.
228
NEL, B.F., SONNEKUS, M.C.H. & GARBERS, J.G. 1965. van die psigologie. Stellenbosch
Grondslae
Universiteitsuit-
gewers en -boekhandelaars.
ODENDAAL, B.J. 1993. Via alruin en seks tot God: die eiesoortige mistiek in die poesie van T.T. Cloete. Litera-
tor,
ODENDAL,
14 (2):1-23, Aug.
F.F.
hoofred.,
1992. Verklarende Handwoordeboek van
die Afrikaanse Taal. Johannesburg : Perskor.
OHLHOFF, H. 1992. Kode.
(In Cloete, T.T., red. Literere terme
en teoriee. Pretoria : HAUM. p.221-224.)
OLIVIER, S.P. 1985. Mistiek in die Afrikaanse poesie. Potchefstroom: PU vir CHO.
(Proefskrif- D.Litt.)
OLSON, A.M. 1980. Myth, symbol and reality. London
Univer-
sity of Notre Dame Press.
OPPERMAN, D.J. 1975. Groot Verseboek. Kaapstad
PRETORIUS,
R.
1981.
Bespreking van Angelliera.
letterkunde, 19(2):77-83, Feb.
Tafelberg.
Tydskrif vir
229
PRETORIUS, R. 1984. Skouspel en Carcasonne: die "klankdenke" in
Jukstaposisie.(In Viljoen, H., Grabe, I., Jooste, E.
& Steenberg D., reds. In teen die groat vergeet: 'n bundel opstelle opgedra aan T.T. Cloete by geleentheid van sy sestigste verjaardag op 31
Mei
1984.
Potchefstroom : PU vir CHO. Wetenskaplike bydraes van die PU vir CHO, reeks A 44. p.79-92.)
RIFFATERRE, M. 1982. Semiotics of poetry. Bloomington
Indiana
Press.
RIFFATERRE, M. 1983. Text production. Translated by T. Lyons. New York : Columbia.
ROBINSON, H.S . & WILSON, K. 1965 . The encyclopaedia of myths
& legends of all nations. London : Edmund Ward Publishers.
ROCHENBERG, J. 1983. Symposium of the whole. Berkeley
Cali-
fornia Press.
SCHOLTZ, M.G. 1984. Die digter as leser. (In Viljoen,
H., Gra-
be, I., Jooste, E. & Steenberg, D., reds. In teen die groat vergeet:
'n bundel opstelle opgedra aan T.T.
Cloete by geleentheid van sy
~estigste
verjaarsdag op
31 Mei 1984. Potchefstroom : PU vir CHO. Wetenskaplike bydraes van die PU vir CHO, Reeks A 44. p.108-116
230
SCHOLES,
R.
1982.
Semiotics and Interpretation.
New Haven
Yale University Press.
SEGERS, R.T. 1980. Het lezen van literatuur. Baarn
SENEKAL
red.
J.,
1986:
Teks-leser-konteks.
Ambo.
Johannesburg
Perskor.
SHUKMAN,
A.
1977.
Literature
and
semiotics.
Amsterdam
North-Holland Publishing Company.
STANDER, C.
1994. Aspekte rondom die ontginning van vroulike
seksualiteit in States of emergence van A.P.Brink.
Stilet, 6(1):99-109, Maart.
STORR,
A.
1983. The essential Jung.
New Jersey
Princeton
University Press.
VAN DER HORST, boliese
E.
1994.
'n Ondersoek na die mitologies-sim-
indi viduasieproses
van die
gedigsubjek
in
Breyten Breytenbach se tronkbundels. Port Elizabeth : Universiteit van Port Elizabeth.
(Verhandeling -
M.A.)
VANDER MERWE, C. & SNYMAN, N. 1991. Intratekstuele kodes in 'Winterreis 1980' van Lina Spies. Sti1et,3(2):81-95, Sept.
231
VAN LUXEMBURG, J., BAL, M. & WESTSTEIJN, W.G., 1981. Inleiding in
de
literatuurwetenschap.
Muiderberg
Dick
Coutinho.
VAN REETH, A.1994. Ensiklopedie van die mitologie. Vlaeberg Vlaeberg Uitgewers.
VAN RENSBURG, J.H. 1990. Die jukstaponering van hemel en aarde in die poesie van T.T. Cloete. Potchefstroom : PU vir CHO.
(M.A. - verhandeling.)
VANWYK, J. 1994. Die Bakhtin-groep en intertekstualiteit. Sti-
let, 6(1):123-130.
VAN ZYL, S. & RYAN, R., eds. 1982. An introduction to contemporary literary theory. Johannesburg : Danker.
VENTER, I.L. 1988. Intergedigtelike verhoudings in die poesie van T.T. Cloete, met "Jukstaposisie" as vertrekpunt. Pretoria : Universiteit van Pretoria.
(Proefskrif -
D.Litt.)
VILJOEN, H. 1986. Die klou dui al die dier aan: oor semiotiek en
literatuur.
(In
Senekal,
J.
red.
Teks-leser-
konteks. Johannesburg: Perskor. p.81-97.)
232
WELLEK, R. & WARREN, A. 1976. Theory of literature. Amsterdam : Harmondsworth
WOODWORTH,
R.S.
1965.
Contemporary
schools of psychology.
London : Methuen.
YOUNG,
R.,
ed.
1981. Untying the text:
a post-structuralist
reader. Boston : Routledge & Kegan Paul.