Verset teen die sosio-politieke stelsel word in die tweeluik deur karakters gekonkretiseer wat metafore is vir eietydse versetkarakters. Brink (1970b: 103) verduidelik: "Die naam van Hans Bezuidenhout sou mens met 'n hele paar eietydse name kon vervang. Niks herhaal hom s6 soos die geskiedenis nie." 4.5.4 Die strukturering van verset in die tweeluik
Daar word eerstens gekyk na die algemene kenmerke van die struktuur van elke onderskeie dramateks van die tweeluik en dan word karakterisering en tydruimte as versetskeppende struktuurelemente kortliks bespreek. 4.5.4.1
Algernene kenrnerke van die struktuur van die tweeluik
Die struktuur van die tweeluik word bepaal deur die feit dat die gegewens aangebied word as 'n historiese rekonstruksie van gebeure soos reeds aangedui onder 4.1 in die periode 1806-1834. Brink (1970b:100) motiveer waarom juis hierdie historiese gegewens en die effense afwyking daarvan in die tweeluik gebruik is: "Maar op stuk van sake is Die rebelle ewe min 'n kroniekstuk as wat Die verhoor dit is. Dat daar by Slagtersnek onder meer Mrikaners en Eng else betrokke was, is 'n historiese feit: dat daar in hierdie stuk Mrikaners en Engelse voorkom, is toevallig en in der waarheid irrelevant." Die tweeluik is dus 'n representasie van die historiese werklikheid wat in die fiksionele dramawerklikheid metafoor vir die eietydse word: " ... die plek en spelers sal voortdurend wissel maar die spel word telkens in die tyd herhaal" (Opperman, 1957:78). Verskeie tegnieke byvoorbeeld die bantering van tyd en ruimte, collage, interpolasie, kontrastering van die banale en die verhewene en die relativering van gebeure is deurlopend funksioneel in die tweeluik hanteer. Sosio-politieke verset is die stramien waarop die tweeluik geskep is. Dit is 'n deurlopende tema wat progressief in die tweeluik ontwikkel is. Frederik se verset teen die wet: "'n Vreemde wet en 'n vreemde orde wat jy leer napraat bet oor dit jou broodjie beter hotter" (p.6) word die rebelle se verset van: " ... Waar kry een volk die reg vandaan om vir 'n ander te besluit? Ons is die meerderheid in hierdie land." (p.20.) Die progressie van die verset le onder andere daarin dat die verset van Frederik van ek-verset na kollektiewe verset ontwikkel. In Die rebelle word die swartes betrek en word die aanvanklike ek-verset van Frederik, verset van "ons van Mrika teen die van oor die see" (1970b:31).
Die progressie van die verset is planmatig ontwikkel: skepping van versetinsidente, emosionele verwikkeling, karakters as versetkatalisators (Booi in Die verhoor en Klein Muller in Die rebelle) en verwysings wat die verset universeel, in albei stukke laat voordoen. (Vergelyk 4.5.4.2.) Verset is gevolglik die belangrikste bindmiddel in die tweeluik. 'n Struktuurkenrnerk van Die verhoor is die acbronologiese bantering van tyd en gebeure. Die drama is 'n terugskouing op die bistoriese gebeure en 'n rekonstruksie daarvan teen die verhoor van Jacob en Hans in die bede. Die gebeure in Die verhoor begin met die speelbandeling waarin Jacob en Hans teregstaan op aanklagte van medepligtigheid aan gewapende verset teen die owerheid. Stockenstrom se openingsbetoog eindig soos volg: ... maar daar is een beskuldigde, die eintlike beskuldigde, wat _vandag nie hier is nie. Wat afwesig is, soos hy nog elke keer afwesig was wanneer hy opgeroep is. Soms het hy siekte gepleit, soms werk, soms het hy glad sonder rede weggebly. Vandag bly hy weg omdat hy dood is.
(1970a:5.)
Die gebeure beweeg nou terug en been en weer in die tyd om Fred erik se opstand en dood dramaties te rekonstrueer en die drama eindig met die vel van die vonnis oor Jacob en Hans. Die toekomsgerigtheid in die slot bet die implikasie van verset wat voortduur. Frederik se vraag: "So maklik geteken, afgedaan. Maar is dit klaar?" (p.99.) word in Die rebelle beantwoord. Die rebelle begin tydens die begrafnis van Fred erik en eindig "in presies dieselfde beweging
as in die openingstoneel" (p.lOO) net na die begrafnis van Hans. Hierdie komposisie bind die tweeluik struktureel. Krugel se slotwoorde (Die rebelle, p.lOl) is 'n antwoord op die vraag van Fred erik (Die verhoor, p.99): "Ek weet nie meer nie. Ek is baie oud en dom voor die dood. Wie weet ooit ofiets verniet is? ... " Verdere bespreking hiervan in 4.5.4.3. 4.5.4.2
Karakterisering as versetskeppende struktuurelement
Die karakters in die fiksionele wereld van die tweeluik is metafore vir mense wat in die eietydse wereld in verset is teen ou gevestigde sosio-politieke instellings. Brink gebruik reele karakters .uit die geskiedenis om daarmee in die tweeluik bepaalde tipes en 'n bepaalde verset wat eie aan die Afrikanerbestel is, te dramatiseer. Hy (1970a:100) stel dit soos volg: " ... uit bloot historiese gegewens sou mens stellig ook vir Flip Opperman se optrede ander motiverings kan aflei as die wat ek aan hom toegedig bet: sy optrede in die stuk pas egter in die kader van die gebeelopset - naamlik om geensins 'n kroniekstuk te
254
skryf nie, maar slegs die geskiedenis as 'n beginpunt te gebruik vir die soektog na 'n mitiese waarheid." In die onderafdeling van die studie word mitologiese Afrikanereiendomlikhede soos die tweeluik dit impliseer, gei"dentifiseer. Daar sal nagegaan word hoe die karakters in die tweeluik as prototipes vir bepaalde figure in die gemeenskap die Afrikanermites bevestig ofbevraagteken. Op die manierword die 'soektog' van Brink in die studie voortgesit. Aan die einde van die onderafdeling word daar gekyk na enkele opvallende tegnieke van karakterisering, na die funksie en aard van die belangrikste versetkarakters en na die universaliteit van bulle verset. Heese (1973:iv) suggereer rassesuiwerheid en godsdienstigheid as Afrikanereiendomlikhede in sy beskrywing van die groepie grensboere van 1815 soos volg: " ... wilde mense soos die betrokke Bezuidenhouts, Faber en sommige van die Prinsloo's was verbrekers van die tradisionele waardes van die Afrikaner, soos sy sin vir rassesuiwerheid en sy eerbiediging van kerklike sakramente. Dit was die bandeloosheid van Freek Bezuidenhout, die wraaklus van Hans Bezuidenhout en die persoonlike wrok van S.C. Bothma en H.F. Prinsloo wat die opstand veroorsaak bet. Die konserwatiewe en ordeliewende 1\frikaner van 1815 wou niks te doen he met mense wat met die vyandelike swartes geheul bet nie." Die Afrikaner se beheptheid met rassesuiwerheid is 'n mite wat deur sekere historici en sosioloe oorbeklemtoon word om aan te toon dat die Afrikaner nie 'n aandeel aan die ontstaan van die bruin man in Suid- Afrika het nie. Van Jaarsveld (1982:298) skryf onder andere oor die herkoms van die Afrikaner soos volg: "Daar is byvoorbeeld die mite van die 'edele' herkoms van die Afrikaner soos onder andere uitgedruk in die begrippe 'heldevolk' en 'heldegeslag'. Eric St6ckenstrom verantwoord die herkoms van die Afrikaners met 'die beste en edelste bloed van die roemryke Nederlandse volk'. Daar bestaan ook mites oor die ontstaan vanAfrikanemasionalisme, swart mense as 'Gamsgeslag', ... bloedvermenging ... "Van Jaarsveld toon aan hoe talle van hierdie mites deur navorsers soos Heese, Boeseken en andere gerelativeer en geontrnitologiseer is. Hy (1982:299) se: "Wie dr. Heese en dr. Anria Boeseken lees, sal weet dat daar sowat sewe persent gekleurde bloed in Afrikanerare vloei en dat die eerste koloniste glad nie so 'edel' was soos enige volk wat soek na sy herkoms geneig is om te glo nie." • Die Afrikaner se tradisionele oorbeklemtoning van rassesuiwerheid is 'n mite wat deur die karakters van die tweeluik ontluister word. Fred erik woon saam met 'n bruin vrou, Anna. Hy bet ook 'n kind by haar. Opperman in gesprek met Olivier beskryf die verskynsel so:
255
OLIVIER: Ek het niks gese nie. Maar ek moet jou waarsku, Flip: Freek is nie jou portuur of myne nie. OPPERMAN: Daarvoor dank ek die Here. Hier het die laaste jare mense uit ons volk begin uitpeul wat soos 'n plaag in die vrugte is. Kyk vir Coenraad Buys daar tussen die swartes, mel Gaika se rna nogal. En vir Freck met sy bruin vrou. Hy en sy broers en sy aangenaaide familie, alma!. Hulle is vreemd aan ons volk, seek vir jou, Kern eels. Ons moet bulle uit ons uitwerk en bulle vernietig, anders sal die toorn van die Here ons oorval. OLIVIER: Die Here is nie haastig nie. (1970a:12.)
Frederik, op sy beurt, spot met die skynheiligheid van Opperman (metafoor vir die verkrampte Afrikanerburokraat) wat nie sy vrou, Anna, wou groet nie en wat 'trots is om Afrikaner te wees' (p.13). Die volgende speelhandeling dramatiseer die spot: OPPERMAN (stadig nader): Wat gaan jy doen, Freek? Daar's nie baie tyd me. FREDERIK: Daar's altyd tyd. (Draai omnaAnna wat opkom.) Anna, Jy ken mos my neef Flip? Hy bly net oor die bult, maar by kom nie kuier tensy die landdros hom stuur nie. ANNA:Dag. OPPERMAN (onseker): Dag. FREDERIK: Groetjynie 'n vrou nie? ANNA: Ag, Freck. FREDERIK: Flip! OPPERMAN (kom nader en neem haar bntin hand): Dag. FREDERIK: Die mense wat onder die wet staan, bet ander maniere as ons, Anna. Maar daar's goeieriges ook. Dis mossy vrou wat nou die dag vir ons so mooi brood gebak bet. (1970a:21-22.)
Opperman in gesprek met Olivier (p.14) verwys ook na Bethelsdorp as 'n plek wat die resultaat is van saamleef in die land. Deur die aangehaalde voorbeelde in die tweeluik word in 'n groot mate die mite van rassesuiwerheid wat as 'n kenmerk van die Afrikaner gevestig is, ontmitologiseer. • Die tradisionele Afrikanerkuisheid en huwelikslewe wat deur die Bezuidenhouts onteer is omdat "bulle huwelikslewe in skrille kontras gestaan het met die patroon wat ons gewoonlik aan die Afrikaner in die verlede toegeskryfhet" (Heese, 1973:1), is nog 'n mite wat deur Die verhoor aangespreek word. Stockenstrom, die landdros, het 'n verhouding met Jeanette, Opperman se vrou. Dit is ironies dat hy "iets beters, iets fyners" (p.6) tussen sy mense pro beer indra, dat hy "beginselsake" (p.6) respek256
teer. Frederik openbaar Stockenstrom se misdrywe met Opperman se vrou s6: "Mens mag ook nie metjou Veldkornet se vrou kooi toe gaan nie, Landdros. Maar die vlees is swak." (p.25.) Opperman se vrou word deur Bezuidenhout getipeer as "'n blonde donsdingetjie" (p.17), "'n klein tefie" (p.18) en dan spreek by haar s6 aan: JEANETTE: As ekjou wil help?! FREDERIK (kom afna haar toe): Gaan huis toe, meisietjie. Jy praat van help, maar jou help is te sag vir die han.le land. Jou help is 'n ledekant met 'n bulsak en fraiings. Hier is iets anders nodig. Gaan terug. By my sal jy net seerkry. JEANETTE: Dit sal ondraaglik eensaam wees. (1970a:18.)
Die verhouding tussen Stockenstrom en Jeanette is herhalend (pp.46, 49, 50, 73, 79) in Die verhoor gesuggereer. In Die rebelle is dit Kruiepiet (pp.15, 55) wat effe uit pas is met die aanvaarde opvatting van Afrikanerkuisheid: KRUGEL: Die ding wat in julie broei, is onheilig. Hulle hunker na 'n apokalips. KRUIEPIET: Apokalips,ja. Ai, mense, ai,julle is te ernstig. Dis die fout met rebellies: ek het die goed al so baie sien kom en gaan. Die mensdom het 'n knippie sout nodig, anders word alles onhebbelik. Ek se nog gister vir Stefaans se vrou ... (1970b:55.)
Die innuendo in die voorafgaande aanhaling van Kruiepiet bet die moontlikheid van 'n seksuele konnotasie. Die tweeluik ontmitologiseer met die aangehaalde gebeure die mite van Afrikanerkuisheid. • Die wetgehoorsaamheid en sin vir orde is 'n mite wat in die geskiedenis van die Afrikaner deur historici soos Sheila Patterson (1959), C.FJ Muller (1974) en F.A van J aarsveld (1982) bevraagteken word. H ulle beweer, onder andere, dat van die oorsake wat aanleiding tot die Groot Trek gegee bet, setel in die ongehoorsaamheid van die pioniers. Die mense bet verkies om te trek eerder as om die landswette te gehoorsaam. Die tweeluik dramatiseer hierdie ongehoorsaamheid en ontmitologiseer in 'n mate daarmee die tradisionele Afrikanergehoorsaamheid aan die regering. Frederik in Die verhoor (pp.4, 5, 6, 15, 16, 20, 39, 49 ... ) en Hans Bezuidenhout en Kasteel Prinsloo in Die rebelle (pp.5, 9, 52 ... ) is grensboere wat bulle eie wette maak. Elke dag bepaal sy eie wet: 257
OPPERMAN: Dis beter om aan di e regte kant van die wet te bly. FREDERIK: Die wet staan met sy gatkant dickant toe. Die wet is vir julie dorpenaars en deftige mense met die mooi hande. Kyk hoe lyk myne. Hier op die grens is dit 'n ander !ewe. Elke dag maak sy eie wet. (Stiller.) Elke nag syne. (1970a:20.)
Die regering beskou ook die boere as "halwe barbare" (1970a: 11, 12, 24, 26). Stockenstrom rapporteer die grensboere soos volg aan die Goewemeur: STOCKENSTROM: Die man is 'n bedreiging vir die rus en or de in my distrik
en verder, Eksellensie. Ander boere begin woelig raak en wil sy voorbeeld volg. Dit kos min, dan is die hele grens aan die rumoer. Dis nie 'n maklike kontrei nie. As daar nie respek vir ons gesag is nie, is daar nie meer vir ons bestaansreg in die Kaap nie. SOMERSET (staan open gee hand): Jy het my steun in die onderneming, Landdros. Met 'n swaar hart. STOCKENSTROM: U Eksellensie se aansien sal ek teen die verwilderdes onder my eie mense verdedig. FREDERIK: (op regbank): Gatkruiper! ( 1970a:65-66.)
Die tweeluik bevestig met hierdie rekonstruksie van die geskiedenis dat Afrikanerwetgehoorsaamheid 'n mite is. • Die dramagebeure vanDieverhoor stel die gereg voor as 'n subjektiewe gesagsimplementeerder. In die vonnisse wat gevel word, is die oordeel van die gereg uiters relatief en eensydig. Jacob Erasmus (Die verhoor) word byvoorbeeld o~kuldig bevind aan die opstand teen die regering maar die bruin man, Hans, word gestraf (p.98). Beide is deur Fred erik gedwing om saam met hom stelling teen die regeringsmag in te neem. Fred erik (Die verhoor) in gesprek met Stockenstrom bet die volgende te se oor die gereg: STOCKENSTROM: Here Heemrade ... FREDERIK: By bulle saljy nie hulp kry nie. Hulle se watjywil he dat bulle se. Soos jy self maar se wat ander weer vir jou voorse. J ulle seerige spul! (1970a:5.)
In Die verhoor beskryf die neweteks die teenwoordigheid van die regters soos volg: Die lig gaan aan oor die hofsaal van die Drosdy op Graaff-Reinet. In die midde/ heel agter is 'n regbank met twee roerlose swartgeklede regters wat dwarsdeur die stuk oor die ton eel afkyk. (1970a:3.) .,_
258
---------------
Die roerlose teenwoordigheid van die regters is ruimtelike kommentaar van die drama wat daarop dui dat die gereg in die fiksionele dramawereld onbetrokke is. Die tekensisteem in Die verhoor bevruugte ken die mite dat die Suid-Afrikaanse regstelsel onpartydig en bevoeg is. (Vergelyk 4.5.4.3.) • Afrikanersuperioriteit en uitverkorenheid in hierdie land is nog een van die mites wat deur die tweeluik geopenbaar word. Veldkornet Opperman van Baviaansrivier is vera! die Afrikaner wat in Die verhoor as metafoor namens die 'uitverkorenes' en 'geroepenes' in die Afrikanergeledere die mite in die fiksionele dramawereld bevestig. In 'n gesprek met Olivier impliseer hy die besondere taak en roeping van die Afrikaner soos volg: OPPERMAN: Jy praat maklik. Maar dis mense die wat nie besef dat ons volk in 'n uur van nood Iewe nie. Daar dickant lc die swart hordes. Duskant druk
die Engelse met bulle vreemdc scdcs en gewoontes. Dis 'n tyd vir suiwer bly en saamstaan, Kerneels. Ons kan nie skietgee aan die grense nie. Dis nie waarvoor God ons na hierdie land gebring het nie. OLIVIER: Het God jou na hierdie land gebring om vir Freek Bezuidenhout te vervolg oor hy nie vir sy Hotnot 'n os betaal het nie? (1970a:13.)
Frederik relativeer die Afrikanersuperioriteit: FRED ERIK: Jyweetwatek kies. Enjy isskytbang, wantjyweetjy's magteloos as ek nie saamspeel nie. Jou hcle ordctjie sak inmekaar as een man vir jou se: 'Nee!' En ek se nee. Wantjou hele kastigc pleidooi oor alles waaraanjy glo, is vals. Dit kom uit vrees, dis a!. As jou oortuigings eg was ... Maar jy's skynheilig. Omdatjou ordctjie gebou is op jou geloof datjy beter is as ander. En skynheiligheid is laer as stront. OPPERMAN: Dus weier jy om te kom? (1970a:73.)
Kasteel Prinsloo (Die rebel/e) illustreer die Afrikanersuperioriteit met die volgende bewering: "En as so 'n man tussen ons deur 'n spul huurlinge doodgeskiet word, dan is daar nie meer plek vir geduld nie. Het Oom vergeet daar was 'n tyd toe ons mense vry wasT (p.21.) By implikasie beweer Prinsloo dat die Afrikaner verhef is bo die pandoers wat die grootste deel van die 'huurlinge' uitgemaak het. Theuns de Klerk (Die rebelle) verwys na die Afrikaners wat neus optrek as of bulle iets slegs ruik wanneer dit by 'n bepaalde tipe kom (p.23). Hans Bezuidenhout (Die
259
rebel/e) verwyt die regering (Goewerneur) " ... omdat julie gereken bet julle is meerderwaardig, die uitverkore volk van God" (p.28). Voorafgaande berbalende bewerings in die tweeluik bevestig die bestaan van die mite dat die Mrikaner in bierdie land uitverkore is en geroepe is om hier te wees. • Die tweeluik suggereer ook dat dit 'n mite is dat die Nasionale Party wat in 1948 aan bewind gekom het die oorsaak van die apartheidsideologie is. Die party bet wel die apartheidsideologie 'n werkende ideologie in die R.S.A gemaak. (Kruger, 1962:563.) Die ontstaan van die ideologie kan egter ver terug in die geskiedenis gevind word. Die fiksionele dramawerklikheid toon dat die dilemma van die bruin man reeds teen 1800 'n werklikheid was. In Die verhoor (pp.lO, 29, 30, 31, 32, 35 ... )is daar verwysings na die blanke se diskriminerende behandeling van die bruin mense en die swartes. Booi gebruik telkens die diskriminerende sosio-politieke situasie om sy probleem skerper te belig. S6 verwys hy na die dilemma van die bruin man: " ... Wie glo vir my? My woord is mos bruin en dis net wit woorde wat tel. My woorde waai weg in die wind ... " (p.24.) Die sug na 'n aparte bestaan word deur Kasteel Prinsloo in Die rebelle soos volg verwoord: " ... Waar kry een volk die reg vandaan om vir 'n ander te besluit?" (p.20.) Die apartheidsgedagte is 'n herhalende motief wat soms eksplisiet en implisiet deur die gebeureverloop van die tweeluikgekonkretiseerword. In Die verhoor (pp.15, 29, 30, 31, 33, 76, 92) en Die rebelle (pp.20, 31, 32, 39) word nie net verwys na die bestaan van apartheid nie, maar daar is ook uitgesproke verset daarteen. Kern eels Faber (Die rebelle) spreek sy afkeer van die stelsel soos volg uit: "Hulle (die swartes) word met dwang daar gebou, nes ons bier duskant. Dis goed vir niemand nie. Dit is nou tyd dat die byrnekaar staan wat byrnekaar hoort: ons van Afrika teen die van oor die see." (p.31.) Kerneels verwys na "aparthede waarin mens eensamer en eensamer word" (p.32). • Verset teen die sosio-politieke stelsel het dikwels klein en nietige oorsake maar ontwikkel gaandeweg na 'n rewolusie as gevolg van rnagte wat nie met die rede verklaar kan word nie. Etienne Leroux (1980:22) verduidelik die verskynsel soos volg aan die hand van die mite: "Ek persoonlik sien in die eendstertverskynsel die neweproduk van 'n kultuur en van 'n gemeenskap met simbole en mites wat nie meer 'n lewegewende eienskap besit nie. Die ouer mense is also gekondisioneer dat hulle die orde sal bewaar, al besef hulle maar al te duidelik dat bulle 'n tydperk van ontwrigting ingaan. Die heel jonges besef intuftief die valsheid van 'n dissipline gebaseer op gebruike waarin daar geen geloof is nie. Verligte wetgewing, beter sosiale toestande, 'boy's clubs' en aldie produkte van sosiale verkeer sal niks help nie. Dreigemente of die roede nog minder. Daar is iets wat in bulle spook wat met die rede nie bereik sal word nie. Hulle organisasies en bendes,
260
taal en ritueel is 'n voorbeeld in die kleine van besitname deur magte wat uit die diep Onbewuste ontplof en ons ook miskien in ander vorme kan verstrik tot tyd en wyl die lewende simbool en mite sy verskyning maak." Die tweeluik se fiksionele gebeure bevestig in 'n groat mate die beskouing van Leroux. Frederik, Booi, die Gesag, Hans en die rebelle beroep bulle alma! aanvanklik op reg en geregtigheid. Die geding tussen Frederik en Booi in Die verhoor wat aanvanklik 'n kleinigheidjie was, 'n "nietigheid" (pp.6, 39, 48) ontwikkel s6 dat Frederik self naderhand nie eintlik die verset wat l)y teen die sosio-politieke wereld opbou, kan verklaar nie: FREDERIK: Dis nie maar 'n kwessie van wie se wil die sterkste is nie. Dit is dit ook, ja: wil teen wil, hulle s'n teen myne. Maar dis oor iets meer dat ons baklei. Hoe kan ek dit se? Ek weet dit net hier binne in my: daar's iets grater as ek, groter as hulle, iets grater as 6ns waarvoor ek baklei. lets wat dit die moeite werk maak. lets waarsonder niks die moeite werd sou wees nie. (1970a:75.)
Teen die tyd dat Frederik voorberei vir 'n rebellie is Booi nie meer die oorsaak van sy verset nie: FRED ERIK: So lank, so lank, en jy ken my nie. (Gaan na Jacob en Hans.) En julie? Dink julie ooksoos sy? (Hul/e swyg.) Dink julie ook ek is mal? (Fouse.) Hans? HANS: As jy baklei oor Booi ... FRED ERIK: Booi se naam hoef jy nie cens te noem nie. Hy's niks. HANS: Maak jy dit nie skeef as jy Booi wil weglaat nie? FREDERIK: Jy kibbel oor besonderhede. (1970a:76.)
Dieselfde verskynsel herhaal hom in Die rebelle: die aanvanklike redes vir verset ontwikkel na 'n onverklaarbare iets. Hans sweer wraak by die graf van Fred erik en eis dat reg en geregtigheid moet geskied. Sy broer se dood moet gewreek word. Dan ontwikkel die oorsake van die verset na 'n onverklaarbare iets wat soos volg uit verskillende karakterperspektiewe verklaar word: HANS: ... Dit is ons plig om iets tc maak uit sy dood, om betekenis daaraan te gee dat dit die moeite werd kan word ... (1970b:2.) STEFAANS: Roei die hele spul Engclse uit. (1970b:5.) BURGERS: Wreek daardie onrcg! R uk op na die forte! Roei hulle uit! Kom ons ry Slagtersnek toe! (1970b:7.) HANS: Ek baklei om die onrcg gewrcek te kry. Om iemand met my haat by te kom en skoon te maak wat in die pad daarvan staan. (1970b:26.)
KRUGEL: ... lets begin klein, maar hy word altyd erger. Nader hand verdrink 'n mens in bloed ... (1970b:55.) HANS: Maar die waarheid word niL: gL:sc nie. Dis net 'n landstreek waardcur 'n mens trek en wat jy stadigaan leer ken en wat a! die tyd om jou vcrander. Hoe kan ek vir jou uitle wat my dryf'! Dis net iets ... Mens moet net ... (1970b:71.) MARTHA: ... Ons gaan nou wa toe dat jy kan rus. En more is ek by jou as jy laai en skiet. Nie om Freek se dood te wreek nie: maar vir jouself, vir my, vir ons. Vir almal wat durf glo soos ons. (1970b:87.) HANS: En loop dit nou so dood? Soos met Freek? En tog is dit anders. Ne, Martha? lets bet anders geword. lets hct vreesliker en pragtiger geword. Ek weet nie wat dit is nie. (1970b:100.) KR UGEL: Ek weet nie meer nie. E k is baie oud, en dom voor die dood. Wie weet ooit of iets verniet is? Hierdic graf le nog oop. En so lank hy oop is, is niks ooit heeltemal verby nie. (1970b:101.)
Die voorafaangehaalde karakterperspektiewe op die oorsaak en verloop van verset in die tweeluik ontmitologiseer die feit dat rebellies noodwendig logiese grondige oorsake het. Die fiksionele dramagebeure bevestig Camus (1984:21) se beskouing: "Values, according to the best authorities, usually represent a transition from facts to rights, from what is desired to what is desirable ... The transition from facts to rights is manifest in the act of rebellion, as is the transition from 'this is how things should be' to 'this is how I want things to
be~
... " (my kursivering, JH. C.) Die rebel veins dikwels die eintlike rede tot verset
onder die dekmantel van 'n nietigheid of 'n beginselsaak. Sekere tegnieke wat Brink aanwend in die vergestalting van karakters het raakpunte met die werkwyse van Shakespeare en Ionesco. Frederik Bezuidenhout het iets gemeen met Hamlet se "grand soliloquy and brutally colloquial wit". (Vergelyk 3.3.3.) In Die verhoor antwoord Fred erik vir Opperman in taal wat die banale en die estetiese soos mens dit ook in Hamlet aantref, langs mekaar stel: FREDERIK: Lyk dit vir jou soos chaos die? Die oopgekapte landerye, die krale, die opstal daar, my gesprckke met my bure - duskant en oorkant die grens? He? Wat praatjyvan !ewe, met 'n handjievol wette in pag en 'n spul woorde watjyuitjou kop geleer het? Ek ken die !ewe soos ek hom sien roer in 'n kalf se oog, in 'n koei se uier, in 'n aalwyn se vlam, in my vrou se borste; ek ken hom in koringwat opslaan, in die reen wat val, in die son, in my han de,
in my oe; ek ken hom in bloed en pis en sweet. Moenie jy met my kom praat oor !ewe nie. Maakjou oe oop, Flip, en kyk 'n slag. (1970a:21.)
Die sosio-politieke verset van die karakters in die tweeluik word in 'n hoe mate in die stemming van die tragikomedie soos in Die koning sterf van Ioriescovergestarr:--
262
Frederik se humoristiese kommentaar bestaan in simbiose met die ems wat deurlopend in die dialoog gerealiseer word: STOCKENSTROM: Dis wet en orde wat ek verteenwoordig. FRED ERIK: 'n Vreemde wet en 'n vreemde or de wat jy leer napraat het oor dit jou broodjie beter hotter. STOCKENSTROM: 'n Meer beskaafde wet as die ruwe deurmekaarspul van hierdie grens. FREDERIK: Jou eie mense het jy in die steek gelaat om by vreemdelinge se nes te gaan inkruip. STOCKENSTROM: Ek probeer iets beters, iets fyners tussen my mense indra. FRED ERIK: Ek vee my daaraan af. STOCKENSTROM: Soos altyd: jy steur jou mos aan niks. (1970a:6.)
Hans Bezuidenhout en Kasteel Prinsloo is by uitstek die twee karakters in Die rebelle wat die geestige banale en die erns deurentyd in die dialoog vestig. Die versetkarakters spot, skerts en swets. Die amptenare en pro-regeringmanne is emstig en beswaard. Die volgende gesprek toon die vermenging van ems en luim wat deurlopend 66k in Die rebelle bestaan: HANS: En jy, Kerneels: jy moet dadelik oor die grens om met Gaika en sy hoofde te gaan praat, dat ons sou gou as moontlik van hulle hoor. KERNEELS: Maar ek is oud, man. Ek kan nie meer so ver ry nie, ek bet aambeie. MARTHA: So maklik verongeluk 'n aambei 'n hele rebellie. KERNEELS: Ek laat my nie van jou aanse nie, suster! (Aarse/, en gaan dan af.) (1970b:35.)
Uit die idiolek van die onderskeie historiese dramakarakters in vergelyking met die algemene omgangstaal van die sewentigerjare is daar opvallende anachronismes te bespeur: "n skurwe storietjie' (p.9); 'Afrikanerwees en Afrikanerskap' (p.13); 'blonde donsdingetjie' (p.17); 'verkrampte klein bliksem' (p.22); 'bruin mens, brui..'1' in stede van Hotnot, Kleurling ofbasters (p.24); Debray se woorde as deel van die filosofiese versetdenke van Krugel en Hans: KRUGEL: Arm geweer sonder 'n woord. HANS: Arm woord sonder 'n geweer. (1970b:10.)
So kan veral politieke terme soos 'aparthede', 'apartighede' ook aangetOOI!_word. - -·- --- ··· -
263
-
-----
Met die anachronismes as opvallende verskynsels in die dialoog skep Brink die illusie dat die eietydse verset teen die sosio-politieke bestel reeds in 1815 bestaan het. Die tegniek skep ook die skyn van duur. Die woorde van Debray as deel van die versettaal van die karakters verruim bulle verset na universele versetaksies wat uitloop op rewolusie. Brink gebruik met die herverskryning van Bezuidenhout uit die dood, dieselfde tegniek as Adam Small. Makiet (bespreek onder 4.4) herverskyn uit die dood om haar 'storie wat bly' te aanskou. Die tegniek hou die verset van Frederik gedurende die hofsaak wat na sy dood plaasvind, lewend aan die gang. Deur Frederik as't ware 'n ogie te laat hou oor die hofgebeure word die regstelsel en die perspektiewe van die gereg op die ongeregtigheid wat plaasgevind het, deurentyd deur die afgestorwe versetkarakter gerelativeer: STOCKENSTROM: Daar is beginselsake en nietige sake. FREDERIK: Beginselsake is die waarmee Landdros Stockenstrom sy stert kan stoffeer. STOCKENSTROM: Jy het geen respek vir 'n geregshof nie. (1970a:6.)
So relativeer Frederik ook gedurig Booi se storie (pp.9, 10, 23, 25 ... ), Opperman se perspektiewe op plig en Afrikanerskap (pp.19, 21, 22 ... ),die hele kwessie van vryheid en gesag (pp.21, 49, 53 ... ), die rol en funksie van die vroue in die fiksionele dramawereld (pp.17, 18,75 ... ), godsdiens (pp.37, 50,52 ... ),die begrippe reg, verkeerd en geregtigheid (pp.38, 39, 54 ... ) en die kwessie van bestaan op die grens (pp.21, 51, 61 ... ). Die tegniek stel Frederik ook in staat om die gebeure retrospektief in oenskou te neem en dit te projekteer teen die ondersoek van die hofwat aan die gang is: STOCKENSTROM: Die saak moet voortgaan. FREDERIK: Dis waarop ek wag. STOCKENSTROM: Reg sal geskied! FRED ERIK: Ek hoop so. Eindelik. (1970a:6.)
Deur die retrospektiewe tegniek word die gebeure wat verby is gerelativeerd aan die leser/teaterganger geopenbaar. Frederik in lewende lywe teenwoordig by die verhoor na sy dood, se kommentaar op die gebeure verruim die leser/teaterganger se insig en begrip met betrekking tot die wyse waarop verset ontwikkel het van klein nietighede tot sake van groot omvang. Die karakters in die tweeluik se optrede bevestig Hegel
(1975:97) se woorde aangehaal in 2.1 wat die verskynsel verset soos volg verklaar: "Spirit that is wholly itself and a totality will, expanding into all particularity, step forth out of its repose in despite of all satisfaction therein, and involve itself in the contradictions of the broken and confused meddly of earthly existence and is by so doing unable in this divided world to withdraw itself from the ill fortune that cling to finite existence." Die karakters in die tweeluik kan volgens bulle dramatiese funksie breedweg in drie groepe verdeel word: die verset-, die gesags- en katalisatorkarakters. Daar word slegs na die kenmerke van die versetkarakters gekyk. Onderskeidende kenmerk van die karakters (Freek en Hans Bezuidenhout, Kerneels Faber, Kasteel Prinsloo, Stefaans Bothma, Theuns de Klerk) wat ooreenstem met die van die klassieke rebel soos uiteengesit onder 2.3.3, is kortliks die volgende: • 'n Kenmerkende Aristoteleaanse eienskap is by Freek en Hans Bezuidenhout en veral ook by Ka5teel Prinsloo aanwesig: "It wants the motive power which leads to decisive acts of will, which impels others to actions and produces a collision offorces." (Butcher, 1951:310.) Genoemde karakters het almal 'n inherente motiverende dryfkrag, sterk oorredingsvermoens en dwingende persoonlikhede. Freek oorreed Hans en Jacob Erasmus om saam met hom stelling teen die regeringsmag in te neem. Anna dra vir hom 'n bondel kruit aan sodat: " ... jy kan aanhou skiet!" (p.91.) Hans Bezuidenhout en Kasteel Prinsloo oorreed Bothma, De Klerk en Faber om saam met hulle 'n rebellie teen die regeringsmag te loods. Laasgenoemde vyf manne kry gaandeweg 'n hele mag teen die regering op die been - en dit vir 'n saak wat in der waarheid nie meriete het nie! • 'n Oormaat egoi:sme is aanwesig in die versetkarakters se besluitnemings. (Vergelyk 2.3.3.) Hulle neem nie hulle vrouens se besware in aanmerking nie, hulle ontsien nie die ellende wat bulle die meelopers kan aandoen nie. Hulle is oortuig van hulle begrip van reg en geregtigheid en ongeag ander oorwegings, verset bulle bulle teen die gesag. Anna se herhaalde waarskuwings aan Frederik, haar pleidooie om haar en hulle kind te ontsien, laat Freek nie afsien van sy ingeslane weg nie. Hans se vrou, Nel se versoeke en Krugel se praat help nie. Hans is oortuig: " ... Dis nie meer net my saak nie, dis nou ons almal s'n- selfs die wat dit nie wil weet nie." (p.82.) • Camus (1984:19) identifiseer die volgende aspek as een van die belangrikste eienskappe van die versetkarakter: "He rebels because he categorically refuses to submit to conditions that he considers intolerable and also because he is confusedly con-
265
vinced that his position is justified, he has the right to ... "Die twee Bezuidenhoutbroers (Frederik en Hans) word gedryf deur dieselfde mag wat Prometheus (1971: 10) laat se: "I willed willed to be wrong." Die onverklaarbare mag wat Danton (1971:188) dryf, dryfhulle: " ... We had no choice ... We must. This was a 'must'. Who can condemn the hand on which the curse of 'must' has fallen ... " Frederik is 'n intelligente man. Hy skryf 'n beskaafde brief. Hy raak liries oor die bestaan op die grens. Hy filosofeer oor die toekoms. Hy is die intellektuele meerdere van aldie ander dramakarakters (vergelyk Hamlet in 3.3.3.2) en 66k by is in die ban van 'n vreemde krag: " ... unknown powers manipulate our wires. Ourselves we're nothing, nothing! We are the sword wielded by ghosts who fight each other ... " (Buchner, 1971:188.) In die tweeluik illustreer die versetkarakters se optrede die paradoksale universele dryfkrag wat ontspring uit die blinde geloof dat bulle 'n saak het en dat bulle reg is. Voorafgaande kenmerke van die versetkarakters bepaal dat bulle verset teen die sosiopolitieke struktuur verhef word van 'n historiese gebonde na 'n universele verset. Die aanvanklike oorsaak vir die Slagtersnekrebellie, wat sy ontstaan te wyte bet aan 'n geskil tussen Bezuidenhout en Booi bet soos reeds aangetoon, ontwikkel na die universele onderbou vir rewolusies: die soeke na reg en geregtigheid. Booi stel dit so: "My baas. Ek bet hom gese ek gaan geregtigheid soek, ... " (p.7.) Die karakters van die tweeluik dramatiseer die universele oorsake vir verset en bevestig met bulle optrede die bevindings van navorsers soos Brustein, Hegel, Camus en Leach. (Vergelyk 2.3.) Samevattend kom dit daarop neer dat sosio-politieke verset ideologies ge1nspireerd is en dat botsing ontwikkel tussen ideologiee. (Vergelyk 2.3.1.) Die verset wentel6m ideologiee wat die eksistensie van die mense ter sake bepaal. Die versetkarakters in die tweeluik genereer gaandeweg botsing teen die gesag oor die ideologiese begrippe vryheid, reg en geregtigheid en 'n bepaalde wyse van bestaan. Frederik en Jacob Erasmus bet verskillende opvattings oor vryheid. Frederik vat dit soos volg saam: FREDERIK: Jy't gedink vryheid is 'n groot ding soos 'n heme! oor jou kop, Jacob.Jysal ouerword en agtcrkom by's gemaak van klein harde dingesoos klippe en kareedorings. My stukkic vryheid, vandag, is dat ek daardie skaap kan slag vir my seun wat gebore word. Jy't te vee! gelees. Julie jongmense se idees van vryheid kom uit bockc; dit waai oor die see hier aan. En dis die soort saad wat nie hier wortel skict nie. Vryheid is 'n ding waarvoor jy elke dag baklei, in onkruid wat jy uitroci, in water wat jy lei, in 'n ondier wat jy vrekmaak. JACOB: Maar nie in 'n ander man se skaap wat jy slag nie!
266
FREDERIK: Boetman, weet jy wat is vryheid se laaste woord? Dis 'n lag. Hoor jy my mooi? Vryheid is 'n lag wat se: H ier staan ek, en te moer met die wereld. (1970a:52.)
Kasteel Prinsloo (Die rebel/e) verwys na 'n verlore vrybeid: ... " Het Oom vergeet daar was 'n tyd toe ons mense vry was?" (p.21.) Hans vra aan die Goewerneur: "Met boeveel wette en tronke en gewere wiljy jou vreedsaamheid op ons afdwing?" (p.27.) Hierop antwoord die Goewerneur met die perspektiefvan die regering op vrybeid: "Die ware vrybeid luister na die wette ... " (p.28). Nel (Die rebelle) praat ook namens die regering: " ... Elkeen eis sy vrybeid. Mooi. Dis so natuurlik as om kos te vra. Maar as elkeen bandeloos leef, dan skuur die baie vryhede naderband teen mekaar. Daar moet gepas en gemeet word dat daar plek vir almal is. Tog liewer 'n beperkte lewe as volslae onreg!" (p.76.) Teen die aangeduide ideologiese onderbou ontwikkel die aanvanklike lokale oorsaak van verset na die universele wat die tweeluik in Afrikaans geslaagde dramas maak. As metafoor vir 'n eietydse verset in die sewentigerjare en daarna, dramatiseer die tweeluik deur sy karakters dat die verset teen die regering van die dag 'n ideologiese begronding bet. Dit wentel om begrippe soos die vrybeid en die reg van die individu, reg en geregtigheid. Aischulos het vyf eeue v66r Cbristus reeds in Prometheus Bound die meeste van die ideologiese begrippe as raamwerk van verset in die drama ontgin. 4.5.4.3
Tydruimte as struktuurelement van verset in die tweeluik
Die bantering van tyd en ruimte in Die verhoor is 'n verdere ontginning van die vernuwing wat Brink reeds inBagasie triptiek vir die toneel (1965) begin bet. Sy tweeluik is enersyds 'n voorbeeld van die nuwe strukturering van tyd en ruimte: " ... dit gaan nie meer primer om dit wat nog moet kom nie" (Brink, 1986:81). Andersyds is die tradisionele bantering van tyd en ruimte oenskynlik deel van die tydruimtelike struktuur van die tweeluik: " ... Die patetiese mens ... word beweeg deur dit wat sal wees; en sy beweging is gerig teen die bestaande: alles staan in die teken van 'Prazipitation' .... Patos dring voorwaarts net soos die problematiek. Die een wil, die ander vra. Dog wil en vra loop saam in 'n toekomstige bestaan." (Brink, 1986:78.) Die tydbantering in die tweeluik is kenbaar aan die wyse waarop die situasies binne die dramagebeure gekonstrueer is. Frederik woon die verrigtinge by om te sien hoe die situasies gemanipuleer word om sy "kleinwild te jag" (p.5). Brink bet die historiese gebeure in die drama so herskep dat elke situasie gemeet aan die totale gebeure van die grater dramageheel en teen die eietydse vir die karakters binne die stuk en vir die
267
leser/teaterganger onsekerhede ophelder. Die geskiedenis van die 1815-rebellie is bekend. Die oorsake van Frederik en later die vyf rebelle se dood, is bekend. Brink bet nie die bekende 'storie' gedramatiseer nie. Hy het Frederik uit die dood laat verskyn om met ruimer insigte krities bepaalde geselekteerde situasies uit die historiese gebeureverloop, saam met die historiese karakters (Stockenstrom, Opperman, Anna, die Goewerneur ... ) wat betrokke was, te ondersoek. Die "ondersoek" relativeer die afgehandelde bekende situasies. Brink (1986:85) stel dit so: "Die toeskouers word nie gevra om elke moment in die lig van 'n uiteindelike klimaks te beoordeel nie, maar om die voorstelling op die verhoog as't ware ruimtelik, horisontaal, te toets aan die eietydse situasie daarbuite." Volgens die voorafgaande bewerings is dit interessant om slegs twee situasies- een uit Die verhoor en een uit Die rebelle as voorbeelde te neem ter illustrasie van die bantering van tyd in die tweeluik. Fred erik straf Booi drie keer. In Die verhoor word die straf vanuit die perspektief van Booi, Frederik, Anna, Opperman en Stockenstrom geevalueer. Die situasie word dus nie in die drama in die eerste plek gebruik om die ketting van gebeure voort te dwing nie. Die situasie bet in die drama vir Frederik (wat weet dat by gesterwe bet) nou 'n besinnende geleentbeid geword. Die straf van Booi en Frederik se verset teen die sosio-politieke bestel bet vae verbande wat eers teen die einde van die tweeluik in die oop slot by terugskouing deur die leser/teaterganger teen die eietydse omstandigbede gelnterpreteer kan word. (Vergelyk 4.5.4.2.) In Die rebelle is Frederik se dood vir Hans" ... 'n onreg (wat) tussen ons gebeur" (p.4) bet en wat uitgewis moet word. Soos in Die verhoor is die geselekteerde historiese gebeure nou elkeen deur verskillende perspektiewe toegelig. Martha, Hans se vrou, Nel (heernraadslid), Kerneels Faber ('n grensboer), Kruiepiet, Krugel ('n boerefilosoof) en 'n groep burgers is almal net na die begrafnis van Fred erik besig om die se dood in oenskou te neem. Die dramaturg gebruik die situasie om m:et die dood van Hans en die doodvonnis van die vier rebelle terugskouend te soek na die ideologiese oorsaak vir sosio-politieke verset in die gemeenskap. Die begrafnis van Frederik is 'n situasie waarvan die primere dramafunksie nie is om die gebeure toekomswaarts te genereer nie. Dit is veel eerder gerig op die bybring van insigte en perspektiewe wat meehelp om die dood van versetkarakters in die eietydse opset met nuwe betekenis te verruim. Die versetkarakters ontdek self (Frederik, Hans, Krugel) die onverklaarbare van die magte wat bulle dryftot verset teen die totale wereld 6m bulle. Hans stel dit namens bulle: " ... lets bet anders geword. lets bet vreesliker en pragtiger geword. Ek weet nie wat dit is nie." (197Gb: 100.)
------
Die tydruimtelike struktuurfunksie van die situasies in die tweeluik is soos Beckett (1986: 86) dit stel: "There is no escape from yesterday, because yesterday has deformed us or been deformed by us." Brink het veral met Die verhoor baie van sy uitsprake oor die vernuwing van die tydruimtelike in die drama ge'lmplementeer. Hy (1986:92) se die volgende wat treffend van toepassing op Die verhoor is: "Dit word 'n eksistensiele ervaring verwant aan Pirandello s'n, en vooruitwysend na Anouilh: 'You not only live it, but you watch yourself living it ... And as you watch it, you see the thing that they - down there - never know. You see the future. You know what's going to happen afterwards'." Brink skuif die verlede, die hede en die toekoms ooreen in 'n tydruimtelike saambestaan. (Collage, vergelyk 3.2.2.2.) In Die verhoor open die gordyn op duisternis. Die neweteks (p.3) skryf verder soos volg voor: (Die Zig gaan aan oor die hofsaal van die Drosdy op Graaff-Reinet ... ) Simbolies word die toeskouer geneem op 'n verbeeldingsvlug om dit wat duister is in die verlede in die lig van die oomblik met 'n kennis van die eietydse te verken en te interpreteer met die oog op die toekoms. Die neweteks verskaf die volgende informasie met betrekking tot die dramaruimte van Die verhoor: (In die middel heel agter is 'n regbank met twee roerlose swartgeklede regters wat dwarsdeur die stuk oor die toneel afkyk.) (p.3.) Die eerste bedryf begin met 'n hofsaak. Stockenstrom kondig die volgende saak aan: "Ons kom dan by saak nommer 15 op die rol. ... " (p.3). Terwyl hy die saak aanmeld en opsom, verskyn Fred erik Bezuidenhout wat reeds dood en begrawe is volgens die neweteks soos volg op die verhoog: FREDERIK (verskyn agter die Regters, hoer as hulle, indrukwekkend in .ry fierheid en minagting: die skielikheid' van .ry verskyning is belangrik): Ek is hier, Stockenstrom. Landdros Stockenstrom. 'n Titel is vir jou belangrik.
(1970a:5.)
Brink skuif met Frederik se verskyning die verlede ruimtelik oor die hede in 'n kritiese ondersoek na 'n moontlike verklaring vir ontwikkelende gebeure in die toekoms. Frederik terug uit die dode word op die wyse in die drama deur die tydruimtelike hantering metafoor vir verset wat ewig lewe. Sy deelname aan die ondersoek kontrasteer met die roerlose swartgeklede regters, metafore vir reg en geregtigheid wat gedistansieerd van die werklikheid hoogstens daaroor waak. Na aanleiding van die voorafgaande kan beweer word dat die tegniek van collage effektief die sosio-politieke verset kompleteer: Fred erik, metafoor vir verset is oar die gebeure wat afgehandel is, geprojekteer, verlede oor hede, en klee al die dramagebeure met 'n toekomsgerigte verset: "Dis 'n rosie van mense en eeue. Dis oor vry-wees of kneg-wees. Dis
269
oor die reg wat ons bet om mens te wees - of slawerny. Vir almal van ons op bierdie plaas en teen bierdie grens. En vir alma! na (JnS." (My kursivering, l.H.C.) (p.89.) Collage is ook in Die rebelle funksioneel aangewend. Die neweteks bepaal in elke episode dat die Goewerneur aanwesig is. Rui7telik waak by as't ware oor die gebeure. Hiermee projekteer Brink die gesag oor al die gebeure in die fiksionele wereld van Die rebelle. Die rebelle is in verset teen die gesag. Die dramakarakters konkretiseer bulle verset teen die agtergrond van 'n oop graf en, vanaf die tweede bedryf, 'n galg met vyf toue aan. Met bebulp van collage word, onder andere, die futiliteit van die karakters se verset teen die gesag gedramatiseer en verder word bevestig dat die gereg seevier oor die verset in die fiksionele wereld van die tweeluik. 'n Besondere kenmerk van die bantering van die tydruimte is die acbronologiese verloop van die gebeure in die Nuwe Drama. Die verhoor se gebeureverloop illustreer die hanteringswyse. Die eerste bedryf van die drama open met die voorlees van die klagstaat in die verhoor van Hans en Jacob Erasmus. Die staat kla bulle soos volg aan: " ... Jacob Jacobus Erasmus ... (Jacob word binnegelei; hy is bleek en gespanne.) En die baster, Hans ... (Hans word binnegelei; hy is oak gespanne, maar loop baie regop.) ... staan tereg op aanklag dat bulle deelgeneem bet aan gewapende verset teen 'n afdeling soldate wat gestuur is ... om Frederik Cornelius Bezuidenhout te arresteer." (p.4.) Die voorlesing van die klagstaat en die betoog teen die aangeklaagde word telkemale (pp.S, 7, 23, 24, 28, 34, 43, 49, 77, 92, 97, 98) onderbreek deur 6f tussenwerpsels van Frederik 6f die oproep van tydruimtelike gebeure uit die verlede (interpolasie ). Die gebeure word dan ten aanskoue van Fred erik 6f deur sy aktiewe deelname in die dramahede, herspeel. S6 word Die verhoor 'n ondersoek na die sin van bepaalde situasies in die verlede eerder as die voorstelling daarvan om chronologies in die ketting van gebeure te skakel. Andersyds gaan dit in die tweeluik tydruimtelik om dit wat nog moet kom, met ander woorde die oenskynlike tradisionele bantering van tyd en ruimte in die drama. Brink hanteer die versetgebeure op so 'n wyse dat dit staan in die teken van 'n durende onmiddellikheid wat onvoltooid uitreik na die toekoms. Hans (Die verhoor) se slotopmerking het 'n duidelike toekomsgerigte tydimpuls: "Die paal. En dan die donkerte. En daarna, rniskien, eendag, 'n bietjie lig." (p.99.) Die rebelle se eerste bedryf open in danker: Agter die gaasdoek op die danker verhoog groei 'n klein kollig stadig tot ... (p.l) en die drama eindig met 'n oop slot met 'n toekomsduiding:
270
KRUGEL: Ek weet nie meer nie. Ek is baie oud, en dom voor die dood. Wie weet ooit of iets verniet is? Hicrdic graf le nog oop. En solank hy oop is, is niks ooit heeltemal verby nie. (1970b:101.)
In Die rebelle word die tyd en ruimte oenskynlik tradisioneel in die drama vergestalt. Die dramagebeure verloop chronologies-------met 'n toekomsgerigtheid na die dood van Hans en sy vrou en die doodstraf van die vier medepligtiges. Agter die skyn van die tradisionele vooruitwysings is die Nuwe Drama verskans in die opheffing van die tradisionele vyf bedrywe. Die rebelle bestaan uit nege episodes. Insidente wat aanleiding gee tot verset (die dood van Fred erik, die optrede van die staat en die wyse waarop die wette afgedwing word) word progressief in die drama uit verskillende perspektiewe in die episodes in oenskou geneem. (Vergelyk p.47.) Martha, Nel, Krugel, Kruiepiet en die Goewerneur relativeer telkemale die versetkarakters se uitsprake. S6 probeer Nel om die verset van Hans teen die staat binne die wet te hou: "Wag. Waarom gaan gee jy nie liewer die luitenant by die landdros aan nie? Dan bet jy die wet aan jou kant." (p.S.) Hans antwoord skerp: "Moet ek gebruik maak van dieselfde wet en dieselfde wetgewers wat my broer vermoor bet? Onder daardie wet is ek uit." (p.S.) Martha se kommentaar hierop relativeer Hans se verset: "Jy's net so moedswillig soos jou broer. Sien jy nie waar dit hom gebring bet nie?" (p.S.) Die toekomsgerigtheid in Hans en Martha se opmerkings is duidelik. Die gebeure in Die rebelle is chronologies s6 georden dat die verset in die tyd groei en ontwikkel. S6 ontwikkel Hans se verset na kollektiewe verset van die grensboere teen die sosio-politieke opset van die tyd. (Vergelyk 4.5.3.2.) N og 'n kenmerk van die vernuwing in die tweeluik is dat die diegetiese en fisies-rnimetiese dramaruimte in diens van verset staan. In Die verhoor beskryf die neweteks die rnimetiese ruimte vir die eerste bedryf soos volg: (Die gordyn open op duistemis.)
STEM: Stilte in die hof!
Die lig gaan aan oor die hofsaal van die Drosdy op Graaff-Reinet. In die middel heel agter is 'n regbank met twee roerlose swartgeklede regters wat dwarsdeur die stuk oor die ton eel afkyk. Vlak voor hulle, op 'n rostrum, sit die SEKRETARIS en skryf. Teen die mure L en R sit altesame ses Heemrade. STOCKENSTROM is besig om die hof toe te spreek. (1970a:3.)
Die spel met lig en duisternis is ook in Die rebelle voortgesit en bet verskeie interpretasiemoontlikhede waarvan die volgende een is: Uit die duisternis van die verlede tree karakters in die lig van die hede op voor die toeskouers om "miskien, eendag, 'n bietjie lig" (p.99) te bring. Die beweging van ruimtelike tekens (die grens, die hof ... ) uit die duistere verlede in die hede en terug, is saam met die karaktersimbole, 'n spel met tyd, met die chronologie van die tyd en die relatiwiteit daarvan. In Brink (1986:96) se terme sou 'n mens van die tweeluik kon se: "Die saamsnoerende faktor in die geheel is dat aldie personasies voortdurend rolle teenoor mekaar vertolk: 'n 'toneelspel' wat n6u aan die gang is, sodat tydsrelief ten opsigte van die verlede opgehef word. Want voordat .die drama begin bet, was daar geen verlede nie: alles wat bestaan, bestaan in die raamwerk van wat nou voltrek word." Die roerlose swartgeklede regters is kommentaar op die fiksionele dramagebeure wat in die lig van eietydse ervaring van die regstelsel in die R.S.A. uiteenlopende interpretasiemoontlikhede bied. Fred erik interpreteer bulle funksie so: " ... Hulle se wat jy wil he dat bulle se ... " (p.S). Die SiOt van Die verhoor bevestig die opmerking van Fred erik. Stockenstrom beweer: " ... Ek is die reg. Ek moet seevier. (Na die regbank.) Edelagbares: die paal. En dan die donkerte." (p.99.) En dan volg die uit~praak soos verwoord deur die sekretaris: " ... Dit bet die hofbehaag: geseling aan die paal; drie maande tronkstraf." (p.99.) (Hierdie bewering sluit aan by wat reeds onder 4.5.4.2 gese is met die mite dat die regstelsel in die R .S.A. objektief is.) Die illusionere dramaruimte in Die verhoor is deurgaans funksioneel as komplement van verset ontgin. Die hofhoor die staat se klag teen Frederik Bezuidenhout aan. In die proses openbaar Frederik sy verset teen die staat. Die hof, metafoor vir reg en geregtigheid in die samelewing, is 'n funksionele dramaruimte waarbinne die verset teen 'n sisteem vanuit verskillende pers-:pektiewe toegelig word. Die illusionere ruimte wat diegeties deur die taal vergestalt word, sluit Frederik se plaas (p.20), sy landerye (p.21), die situasie op Bethelsdorp (p.14), die rantjies om sy huis (p.89) en die sosiale opset van die periode in. Die ruimte in Die verhoorkommunikeer die ruimtelike opset aan die leser/teaterganger wat aanleiding gegee bet dat Frederik afgesonder van die sosiale norme van sy tyd onder sy eie wet geleef bet. Die fisies-mimetiese ruimte van Die rebelle teken die oorsaak en gevolg van die versetkarakters se optrede: heel voor regs is 'n oop graf. Vanaf die tweede episode staan 'n galg in die agtergrond. Die Goewerneur (metafoor vir die staatsgesag) is alomteenwoordig. In episode 4 kom Kruiepiet (p.44) met 'n waentjie vol doodkiste aan. Doodkiste is 'n herhalende motief (pp.4, 11, 44, 59, 60, 88, 89, 90) wat saam met die galg deurentyd dood voorspel. Die diegetiese ruimte in Die rebelle openbaar verder die ruimtelike omstan-
digbede waaronder die mense op die grens geleef bet, byvoorbeeld Freek se plaas (p.19), Graaff-Reinet se drosdy (p.19), die Donker Gat van die Kaapse kasteel (p.20), Gaika se mense, die Visrivier (pp.21, 31, 39) en probleme van die grensdistrikte (pp.24, 30). Die voorafgaande ruimtelike bantering om verset te kompleteer, maak teatersemiotiek 'n bruikbare instrument om verset te interpreteer. Brink (1986:83) konstateer die feit so: "Maar in die Nuwe Drama is dit die verboog self wat belangrik word en wat ontgin word." Veltrusky, soos aangehaal deur Elam (1980:7) konstateer dit verder: "All that is on the stage is a sign." 4.5.5 Die kreatiewe resultaat van verset in die tweeluik Brink (1985a:32) bet in Mei 1964 beweer "dat die kunstenaar vandag 'n bepaalde kreatiewe verantwoordelikheid teenoor sy tyd bet". In die credo-opstel (vergelyk4.5.2) bet by 'n beroep gedoen op kunstenaars om 'n verkenningstog in en op die medium self uit te voer, "om hom te ontgin, om in hom en deur hom te se wat anders onsegbaar sou bly". Brink bet met sy 'eksperimente' in die drama, in 'n groot mate gestalte gegee aan sy oproep aan kunstenaars. Die tweeluik wat in 1970 verskyn bet, is 'n voortsetting van eksperimentering wat in die sestigerjare met Bagasie (1965) en Elders mooiweer en wann (1965) begin is. Huisamen (1986:246) beskou Die verhoor (1970) as '"n hoogtepunt in Brink se dramatiese oeuvre". Die tweeluik is 'n goeie voorbeeld van die Nuwe Drama in Afrikaans. Die volgende uitstaande vernuwende aspekte wat nie in die bespreking aangevoer is nie, word kortliks na aanleiding van die voorafgaan.de bespreking van nader bekyk: die kritiese ingesteldheid van karakters in die fiksionele dramawereld; Brink se heuristiek in die drama; enkele opvallende taalbesonderhede; die sin van die verset. Die kritiese ingesteldheid betreffende die godsdiens, ou maatskaplike nornie (die huwelik, skynheiligheid van gesagsdraers) en die tradisionele aanvaarding van die regeringsbeleid en gesag, verskil in die tweeluik dramaties van die in Die jaar van die vuur-os, Die venninktes en Kanna hy ko hystoe. Die Generaal, metafoor vir die regering en die gesiene Afrikaner (Diejaarvan die vuur-os), die hoofkarakter in die drama, kom tot nuwe insigte: "Ons sal niks kan bereik ... sonder om vee! op te offer van baie ... wat naaste en dierbaarste aan ons is nie." (1952:95.) Hy keur nie apartheid af nie, by erken hoogstens dat daar probleme is wat met groot pyn opgelos kan word. Dit is slegs moontlik met God se hulp in 'n nuwe Suid-Afrika waar Afrikaner en Engelsman met mekaar versoen is. Die Generaal kyk dus uit die perspektief van die intelligente, belese, berese, tradisionele Godvresende
273
nasionalis na tekortkominge in die praktiese uitvoering van die regeringsbeleid. Hy soek \ antwoorde op probleme sander om die sosio-politieke sisteem te veroordeel of te toets. Bart Harmse (Die verminktes, 1960), ook metafoor vir die gesag en die gesiene Afrikaner, voer die beleid van die regering uit want hy " ... moet saamstap in die optog" (Srnit, 1960:1 ). Frans, sy seun by 'n Maleiervrou, verset hom teen die bestel slegs omdat 'n huwelik oor die kleurgrens nie toegelaat word nie. Hy aanvaar sy moeder se armoede en verguising in 'n aparte woongebied. Sy m?eder self aanvaar haar situasie sander verset. Dok Jones se verset teen die einde is eng gerig op die pyn wat gely word deur mense wat oor die kleurgrens trou. Apartheid in sy totaliteit word nie afgekeur nie. Daar is dus nie 'n kritiese ingesteldheid teen die regering nie, hoogstens kritiek teen bepaalde sosiale norme en gebruike. Karma en Makiet (Kanna hy ko hystoe, 1965) kyk met deernis na die lewensomstandighede van die bruin man in die sosio-politieke bestel van die sestigerjare. Die fiksionele dramawerklikheid realiseer die swaarkry, ellende en verguising van die bruin mense. Nie 'n enkele dramakarakter toets ofverset hom eksplisiet teen die sosio-politieke sisteem of die ideologie van apartheid nie. Dit is of die soeke na 'n verlosser vir die bruiri mense daarop gerig is om 'n verlossing binne die stelsel te bewerkstellig. Die drama kla eerder God vir die swaarkry en ellende van die bruin mense aan as die regering of die stelsel van apartheid. Die drama is 'n religieuse uitreiking na God om die bruin mense van die bel van armoede, ellende en verguising te verlos. In die tweeluik "word al die ou rnitiese sekerhede vervang deur vraagtekens ... Agter die baie maskers van die skyn bet 'n vaste, formuleerbare syn verdwyn; die tyd betsy gerusstellende indruk van egalige voortstroming prysgegee. In plaas van die ou stelling: 'S6 is dit', kom die Nuwe Drama met 'n vraag: 'Is dit so?' - of hoogstens met 'n voorstel van 'n moontlikheid: 'So lyk dit my ... '." (Brink, 1986: 104.) Voorafgaande bewering van Brink wat op die tweeluik van toepassing is, verwys na die tradisionele sekerhede (vorm, bou en struktuur) van die drama sowel as tradisionele sosiale en politieke sekerhede van die gemeenskap wat in die drama gerepresenteer is. Na aanleiding van die voorafgaande is die kritiese ingesteldheid van die versetkarakters teen die regeringsbeleid in die fiksionele wereld van die tweeluik 'n uitstaande vernuwende kenmerk van die Nuwe Drama in Afrikaans. In die opsig is die tweeluik die begin van 'n era van kritiese relativering van politieke sekerhede in die Afrikaanse drama. Fred erik (Die verhoor) rnisken nie aileen die politieke gesag nie, maar bet 'n meerderwaardige hovaardige ingesteldheid daarteen. Hy verwerp die 'Kolonie' as sy tuiste: "Wat se
274
'Kolonie'? Ek woon onder die son in die wind ... " (p.20.) Daar is 'n ondubbelsinnige verwerping van apartheid: " ... Dis ons wat bier op die grens sit en die lewe aan die gang hou. Ons, die wittes en swartes hier. Ons is die doringbome en aalwyne van die land. Moenie vir ons probeer uitroei nie, ou nee f. Ons hou." (p.21.) Verder is Fred erik die eerste karakter in die Afrikaanse drama wat by 'n bruin vrou bly, 'n kind by haar bet en wat haar as 'n gelyke mens behandel. Hiermee verset hy hom teen 'n ou mitiese aanname naarnlik dat die bruin man minderwaardig is. Frederik probeer ook Anna se seun, Hans, werf om by hom te staan: " ... As ek en jy bymekaar wil kom, kan dit nie wees in man en vrou se sweet en sug in die nag nie: dit salop 'n ander manier moet wees, deur werk, deur swaarkry, deur deurbreek. ... As jy myne wil wees, sal jy in elke dag se kies van voor af moet bewys jy staan by my." (p.33.) Die gebeure soos die voorafgaande toon dat Frederik hom eksplisiet op 'n kritiese manier teen die ideologie van apartheid in sy totaliteit verset. Die tema is ook herhaaldelik in Die rebelle (vergelyk 4.5.4.2) ontgin. Fred erik relativeer die godsdiens, nog 'n ou Afrikanersekerheid, in Die verhoor. Hy stel die Evangelie summier gelyk aan die wet, stront en Opperman (p.48). En dit is iets ongehoords in die Afrikaanse drama v66r 1970! S6 spot by satiries-komies met die godsdiens van die Afrikaner in sy gesprek met Jacob: FREDERIK (uit-asem Lop): Die bliksem! 0. En waar kruip jy uit? JACOB: Jacob Jacobus Erasmus, Oom, seun van Jacob. FREDERIK: Jacob Jacobus, die seun van Jacob. Jy klink soos 'n ding uit die Bybel. Preek jy? JACOB: Nee, Oom, ek ... FREDERIK (gooi .ry kierie na hom): Vat so. JACOB: (vang mis, buk en tel dit op ): Ekskuus. FREDERIK: Vir my sal jy nie bekeer nie. Of doop jy? Daar's 'n Christen wat lafenis nodig bet daar agter my skaapkraal. (1970a:37.)
Voorafgaande illustreer ook hoe Frederik veral die karakter in die tweeluik is wat in die woorde van Brink (1986:106) met" ... die onthutsende deureenloop van lag en skok, die komiese en die vreeslike, die snaakse en die saaie ... "die leser/teaterganger bewus maak van" ... die see van betreklikheid waarop als dabber". Brink se heuristiek (die kuns om deur logiese redenering tot die ontdekking van waarhede te kom) is nog 'n kreatiewe resultaat van verset. Deur interpolasie (die invoeging van ontbrekende feite) is die historiese kunstig gemanipuleer om die Suid-Afrikaanse opset te tipeer as een groat onveranderlike met interne roeringe wat verandering soek. S6 byvoorbeeld is Lenie de Klerk (1970b:103) nie 'n historiese karakter nie, geskep om die vroue-
tipes ruimer te vergestalt en om 'n artistieke balans in die drama te skep. Flip Opperman (1970a:100) se optrede is 'n opsetlike verwringing van die historiese karakter. Brink het nie 'n kroniekstuk geskryf nie. Hy beweeg in die geskiedenis en beredeneer die geskiedenis met die geskiedenis om tot die ontdekking van waarhede te kom. Deur interpolasie word die historiese karakters en gebeure ingeklee om hulle uit die tydgebonde historie te verlos. Dit word veral taalmatig gedoen. Voorbeelde van moderne Afrikaans en eietydse beelde in die mond van argiefkarakters is 'n tegniek wat geslaagd in die tweeluik ontgin is, byvoorbeeld taalbeelde soos "poor word without a gun: poor gun without a word"; "verkramp", "apartighede", "meerderheid- en minderheidsgroepe", "neuk maar op in die do11ker", "orde gebou op geloof', "met hoeveel wette en tronke engewere wiljy jou vreedsaamheid op ons afdwing" verlos die karakters van hulle historiese gebondenheid en verruim hulle na eietydse versettipes. Besondere gebeure met verwysing na die eietydse problematiek in die sosiale bestel, verlos ook die karakters van hulle historiese gebondenheid. S6 word Frederik en Hans saam in 'n grot (p.89) en Jacob die blanke helper, apart in 'n grot gesitueer. Booi as katalisatorkarakter, Olivier (pp.ll-16) 'n objektiewe perspektief op die karakter van Frederik en Hans, die bruin seun van Anna, wat met die insig en be grip va~ die probleme van die bruin man in die sewentigerjare met Fred erik worstel, dra almal by om die karakters en gebeure metafore te maak van die eietydse. Brink maak ook gebruik van amplifikasie (uitbreiding van historiese feite, die verbreding daarvan) om die historiese karakters grater statuur in sy heuristiek te gee. Frederik, 'n 'bandelose man' (Heese, 1973:iv), word verhef tot 'n heldefiguur in Die verhoor met 'n profetiese siening vir die toekoms: "lets in die land sal voortaan altyd mor." (p.98.) Die amplifikasie van Fred erik word veral deur sy taalgebruik gedoen. Fred erik is met sy liriese beeldende taal 'n klankbord van Brink. Die gesprek tussen hom en Opperman illustreer sy merkwaardige taalvermoe: OPPERMAN: Niemand sal hou as daar chaos is nie. G'n lewe kan bly roer as daar nie orde is nie. FREDERIK: Lyk dit vir jou soos chaos die? Die oopgekapte Ianderye, die krale, die opstal daar, my gesprekke met my bure - duskant en oorkant die grens? He? Wat praatjyvan Jewe, met 'n handjievol wette in pag en 'n spul woorde wat jy uit jou kop geleer het? Ek ken die Iewe soos ek hom sien roer in 'n kalf se oog, in 'n koei se uier, in 'n aalwyn se vlam, in my vrou se borste; ek ken hom in koring wat opslaan, in die reen wat val, in die son, in my han de, in my oe, ek ken hom in bloed en pis en sweet. Moenie jy met my kom praat oor lewe nie. Maak jou oe oop, Flip, en kyk 'n slag.
(1970a:21.)
276
Ten opsigte van taalvaardigheid en beeldende vermoe troon Frederik in die tweeluik uit as die karakter wat sy se kan se. S6 is Booi vergroot van 'n "wegloop-Hottentot wat kom kla" (p.6) na 'n katalisatorkarakter wat in statuur verlos is van die historiese onbenullighede. Hy is in die fiksionele dramawereld geamplifiseer na 'n metafoorkarakter vir die versetgenererende bruin man wat onreg en diskriminasie teen die bruin man ontbloot en reg en geregtigheid eis: " ... Ek bet hom gese ek gaan geregtigheid soek ... " (p.7.) Dit is vera! gedoen deur Booi met intelligensie en 'n buitengewone taalvermoe te beeld. Die vindingryke strategie waarmee by die verskillende instansies teen mekaar afspeel om sy saak te openbaar, bevestig dat by nie 'n gewone "rondloper-Christen" (p.7) of "wegloop-Hottentot" (p.6) is nie. Opperman besef ook dadelik toe Booi by hom aankom, dat by nie bier met die gewone bruin man te doen bet nie: BOOI: Die gal sit in hom, Seur. Hy't my met hierdie brief teruggestuur. OPPERMAN (lees dit): Booi, luistcr nou goed. As ek jou saak vir jou oplos, as ek die dag kan se: 'Die Landdros hct nie kans gesien nie'- sal jy dan kan saampraat? BOOI: Dis baie moontlik, Seur. Mens sal jou woord kan doen. OPPERMAN: 'Dis baie moontlik, Seur. Mens sal jou woord kan doen.' Wat se manier van praat is dit? Kan jy niks reguit se nie? BOOI: Die man wat reguit praat, hang op sy dag aan sy nek. Dis al wat ek weet. OPPERMAN: J ou ou skelmo As ck my sin kon kry, was jy lanka! aan die galg. Ek ken jou. Maar jy weet ook al te goed ons hande is gebind vandat die Engelse oorgeneem het. Mens kan nie meer jou eie kneg op jou eie plaas vrekmaak nie, dan kom neuk die wet tussenin. Hulle sukkel met ons Boere, Booi. BOOI: Dit is so, Seur. Hulle sukkclmet ons Boereo
(1970a:10.)
Hans Bezuidenhout, Kasteel Prinsloo, Faber en Theuns de Klerk is ook van bulle bistoriese eiendornlike "wilde mense .. verbrekers van die tradisionele waardes van die Afrikaner ... " (Heese, 1973:iv) in die fiksionele wereld van Die rebelle verlos en vergroot na karakters wat met die ideologiese insigte van die sewentigerjare die griewe van die Afrikaner verwoord: 0
HANS: Wat met Freek gebcur hct, was maar net die heellaaste bewys dat alles in hierdie land vir ons onhoudbaar geword het. Agter hom le jare en jare se swaarkry en sluk. BURGERS: Onhoudbaar, ja! Lanka!! Ons het genoeg gehad! (Ad lib.) KRUGEL: Jy beskou dit as onmenslik wat hulle aan Freek gedoen bet HANS: Natuurlik.
277
000
KRUGEL: Maar kan een onmenslikheid dan met 'n ander uit die weg geruim word? (Brink, 1970b:10.)
Die versetkarakters in die tweeluik is deur die tegniek van amplifikasie verlos van bulle bistoriese gebondenheid. Hulle figureer in die dramawerklikbeid as metafore vir mense wat in opstand is teen 'n ideologiese sisteem, teen gatkruipery, flikflooiery met die regte politiek en die regte kerk, godskreiende skynbeiligbeid en wanadministrasie. Brink bet 'n deeglike ondersoek van die bistoriese gebeure gedoen. Sy gegewens klop met die van Heese (1973), Van Jaarsveld (1982) en Leibrandt (1902). Hy bet ook moeite gedoen om die bistoriese feite korrek te banteer. Waar by afgewyk bet van die bistoriese bet by dit gemotiveer (1970a:100 en 1970b:102). Die tegniek van enumerasie as komponent van sy beuristiek is gevolglik oortuigend gedoen en verleen aan die tweeluik 'n grater skyn van egtbeid en waarbeid. Die bantering van die bistoriese gegewe in die soektog na 'n "mitiese waarheid" (Brink, 1970a: 100) is gevolglik ook in totaal 'n groat aanwins vir die drama in Afrikaans- die kreatiewe resultaat van verset. Die tweeluik toets ten slotte ook die sin van verset. Daar is geen duidelike gegewe in die opsig dat die versetkarakters enige iets bebalwe pyn en bartseer deur bulle optrede wen nie. Die tweeluik bou die moontlikheid oop dat die saad wat gesaai is, groei en dat niks ooit verniet is nie. Frederik se: " ... Die land is vrugbaar. Saad groei" (p.97). In Die rebelle sterfHans met die woorde: "Maar iets bly oor. Daar's kinders. 'n Gewete biy oar. En dis anders as wat dit was ... " (p.100). Naskrif: Brink bet aan sy verset teen die sosio-politieke struktuur gestalte gegee in die tweeluik. (Die verset waama verwys is, is in talle artikels en geskrifte uitgespel.) Wat egter merkwaardig is, is dat hy op 2 Februarie 1969, een-en-twintigjaar v66r die Staatspresident, mnr. F.W. de Klerk, se kenteringstoespraak van 2 Februarie 1990, sy verset teen die sosio-politieke bestel van die Nasionale party in Die verhoor vergestalt bet en verder bevestig bet met Frederik Bezuidenbout se woorde wat as motto gebruik is: "Niks is so gevaarlik soos 'n ander manse vrybeid nie." ·
4.6
SOSIO-POLITIEKE VERSET
NA TACTIC
4.6.1 Inleidende opmerkings
Sosio-politieke verset is na Die verhoor (1970) en Die rebelle (1970) van Brink skerper en met grater intensie in die Afrikaanse drama gekonkretiseer. M.M. Walters met sy Miskien 278
Kultuur stel dit soos volg: KULTUUR: Sy Majesteit is 'n idca lis en 'n dromer. Die volk is nie gei'nteresseerd in klere nie- bulle kry tc warm. En wat die hanger betref- 'n volk sorg vir homself: Hy verneuk en best eel die Staat; en as by dft die dag nie meer kan doen nie, dan vreel hy uintjies en katte of muise ... MAARSKALK: Of ministers en keisers. (Die Hofnar het op die Keiser se troon gaan sit, onopgemerk deur die ander.)
(1977:7.)
Smit ontgin die sprokie in Die keiser (1977) s6 dat verset teen die politieke bestel in die fiksionele dramawereld deurlopend indirek die onderbou van die gebeure bly. (Vergelyk Schutte, 1980:189-235.) Small se Joanie Galant-hulle (1978) en Die krismis van Map Jakobs (1983) is tematies 'n voortsetting van Kanna hy k6 hystoe. Die dramas eggo die pro~leme van Karma. Die maatskaplike problematiek van die bruin mense word verder deur die dramas uitgebou. Die verset teen die apartheidsideologie soos gedwonge verskuiwings, diskriminerende praktyke, apartheid en armoede is vera! in Map Jacobs se storie skerper en meer spesifiek verwoord. Joanie en Map is alter ego's van die bruin mense (Makiet) wat in ander gedaantes dieselfde probleme ervaar. 'n Grater direktbeid van verset teen die politieke bestel word deur dramaturge soos Fourie, Weideman, Opperman en andere na 1970 in die drama gekonkretiseer. Die blote feit dat die mense se dramas opgevoer is, is gemeet aan wat met Srnit (vergelyk 4.3.5) gebeur bet, 'n bewys dat die breere politieke verset van kunstenaars teen 1980 resultate begin oplewer bet. Daar is van owerheidskant na 1980 'n toeskietliker houding ten opsigte van werke met 'n kritiese ingesteldheid teen die regering. Chris Barnard (1989:34) se: "Dis 'n onverteerbare stuk ironie dat daar vandag so kort na Smit se dood, byna niks meer is wat nfe op die verhoog geduld word nie. En dikwels, ongelukkig, in 'n teks wat Smit nie waardig sou wees nie." Die ATKV se jaarlikse Kampustoneelfees bet sedert 1983 'n positiewe bydrae gelewer om die drama as genre in Mrikaans met nuwe !ewe te laai. Dramaturge soos Deon Opperman (More is 'n langdag, 1984), Pieter Fourie (Ek} Anna van Wyk, 1984), Rennie Aucamp (Slegs vir alma!, 1985), Reza de Wet (Diepe grand, 1985), Nico Luwes (Aku vang }n ster, 1986), George Weideman (M29. 'n Politiekefantasie, 1986 en Gyselaars, 1988), Ben Dehaeck (Die spel van wit en swart, 1990) en Allan Munro (Ons sal offer wat jy vra, 1990) neem deel aan die Kampustoneel met dramas waarin sosio-politieke verset gekonkretiseer is. Pieter Fourie is egter die toonaangewende dramaturg van die tagtigerjare. Verset teen die sosio-politieke hest_el is in sy dramas die volledigste uitgewerk. S.v werk met die klem op
sosio-politieke verset, word as verteenwoordiging van die tagtigerjare se versetdramas bespreek. 4.6.2 Pieter Fourie die doyen van die versetdrama in Mrikaans in die tagtigerjare
Fourie se agtergrondgegewens en die aanloop na Die koggelaar word in die subhoof nagegaan. Fourie is in Philippolis in die Suidwes-Vrystaat gebore. Hy beskou sy geboortewereld as die mees bepalende faktor in sy wereld van die woord. Fourie beweer (1989:12) dat baie van sy dramakarakters (70-80 persent) gebaseer is op mense wat werklik geleef bet. Sy ernstige werk handel feitlik uitsluitlik oor die kwessie van Afrikanerskap. Vir hom is die mooiste reel wathynog geskryfhet Ma Let se woorde inMooiMaria: "Hulle se bloed is dikker as water, maar Afrikanerbloed is klippers" (1989:14). Fourie (1989:14) se verset teen apartheid is ondubbelsinnig: Ek is een van die apartheidskinders. Van die 48 jaar wat ek hier op aarde is, is veertigjaar dee! van hierclie veri ore veertigjaar, hierdie vernederende veertigjaar, hierdie vernietigencle vcertig jaar, wat Afrikanernasionalisme, 'n hele volk geestelik, kulturccl, moreel versmoor het en ek is so intens bewus daarvan. Vir die een is versmoring die kant toe, vir 'n ander daardie kant toe, maar dit is eintlik vcrskriklike jare vanaf '48 tot nou as 'n mens enigsins sensitief is en ingcstcl is op waaragtig Christelike norme, op werklike menslikheid en om jou selfrcspck te behou, in die eerste plek as mens en dan as Afrikaner.
Vir hom is dit belangrik om die bruin en die swart mens op volledige menswaardige wyse in die drama te betrek- "heeltemal driedimensioneel". Hy skryf graag oor die outsiders in die gemeenskap, die alleenmense, verdrukte mense. Vir Fourie is hierdie mense besig met hulleself, 'n soort selfpeiling, 'n soeke, 'n selfsuiwering. Dit gryp hom aan. Die hoogtepunt in sy loopbaan som hyself (1989:14) soos volg op: • op 26-jarige ouderdom artistieke direkteur van KRUIK, • eerste ontvanger van die Johan Nel-prys vir die mees substansiele bydrae tot toneel in Suid-Afrika, • eerste ontvanger van die SAKRUK-prys, • eerste ontvanger van die Danie Malan-prys. Fourie se uitsprake wat by teen die sosio-politieke bestel in die pers maak, is aantoonbaar 'n bepalende faktor vir die keuse van die versettemas in sy dramas. Hy dramatiseer
281
byvoorbeeld deurlopend in sy dramas di e hardvogtigheid en ontoegeeflikheid van Afrikaner teenoor Afrikaner en diskriminerende sosiale apartheidspraktyke.
Die joiner (1976) is Fourie se eerste drama waarin sosio-politieke verset die tema van die draina is. Hy gee aan Sarel en Mina se bewussyn menslike gestalte in personasies wat as alter ego's saam met die karakters funksioneer. Die veruiterlikte sigbare gedagteverkeer van die karakters is 'n ontginning van die alleenspraak (vergelyk Hamlet 3.3.3.2) en 'n vernuwing in die Afrikaanse drama. Die teaterganger ervaar die gedagtestroom van die dramakarakters nou ook visueel. Die neweteks (1984:1) gee die volgende informasie in verband met Sarel 1 en Sarel 2:
Wanneer die stuk begin, sit Sarel 1 op die stoepbankie en Sarel 2 op 'n houtstomp onder die peperboom. Sarel 1 en Sarel 2 is identies aangetrek, identies in voorkoms en saver moontlik vokaal ook van dieselfde register. Dwarsdeur die stuk is dit slegs Sa rei 1 wat van Sarel 2 bewus is. Geen ander karakter reageer ooit in enige mate op Sarel 2 nie. Sarel 2 reageer natuurlik soos en teenoor wie hy wil.
Roux (1983:81) interpreteer die tegniek van Fourie as "die voorstelling van 'n enkele karakter deur twee of drie personasies .... Die metaforiese implikasie hiervan is dat die mens 'n veelvlakkige wese is; dat handeling of uiting dikwels van die gedagtes daaragter verskil ... " Brink (1986:189) toon die veruiterliking van die gedagtes van die karakters soos volg aan: "Mina 2 en Sarel 2 verteenwoordig hoofsaaklik die 'verswee' gedeeltes van die hoofpersone ... " Seyffert (1981:19) verwys na die tegniek as "doeblering van karakters". Sarel as metafoor vir die Afrikaner, is in die fiksionele wereld van die drama beeld van die gespletenheid van die Afrikaner. Brink (1986:189) kwalifiseer dit so:" ... een deel swyendkonserwatief, lydend, berustend; 'n tweede deel opstandig, progressief, 'verlig', skerp van gees; en 'n derde deel, destruktief, verkramp en boos." Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog bet Sarel as vyftienjarige seun sy eerste verraad gepleeg deur Boerestellings by Bloedfontein aan die Kakies te verraai om sy moeder, sy meisie en 'n paar ander vrouens van verkragting te red (p.32). Na die oorlog is hy deur sy familie en die gemeenskap weens die verraad verwerp. Sy verhouding met Mina, 'n Barolongvrou, is 'n tweede oorsaak dat die gemeenskap hom verban na durende isolasie. Vanuit die bannelingsituasie kyk Sarel, 'n belese man (pp.17, 18, 20, 21), na die sk')'nheiligheid van Afrikanergodsdiens (pp.S-9, 20-23), na diskriminerende aspekte van apartheid (pp.13, 18, 20 ... )en na Afrikanersnobisme en dubbele standaarde.
282
Die plaasvervangers (1978) is 'n verdere ontginning van die sosio-politieke versettema.
Fourie gebruik die ruimte funksioneel om die verval van die eens statige Mrikanerfamilie voor te stel. In die opsig is daar 'n verband tussen Die plaasvervangers en Ionesco se Die koning steifwaar die ruimtelike die geestelike verval kompleteer. In die neweteks van Die plaasvervangers wat 'n epiese kommentaar op die gebeure gee, word die ruimtelike gesitueerdbeid in die drama s6 beskryf: Die voorkamervan 'n eens statige ruim en karaktervolle plaashuis. Die karige stukkies huisraad is die van 'n plaasstroois. Die mure is vuii en berook ... (1978:11.) Die verval in die statige Mrikanerfamilie word deur die ruimtelike verval gesimboliseer soos die bouvallige paleis van die koning, sy geestelike verval simboliseer. Tydens die Mrikanervolksfees op 11 Oktober word verset teen die politieke bestel in die fiksionele dramawereld deur die bombasme van die Senator, L.V., Adjunk en die dominee gegenereer. Die skynheiligbeid van die mense wat veral in bulle clicbe-belaaide toesprake verskans is (pp.58-66), en die werklike motiewe agter bulle dade, word deur die Kampmoeder ontmasker met baar klein dramatjie (pp.72-76) in die drama: ADJUNK: (Half orent. ): Ouma! KAMPMOEDER: Sit! Laat sy maar pronk. Dalk laat die testament baar verder nie toe nie. (Die Adjunk gaan sit. Dan tot die kameraman.) Ons speel weer vir u die storie. (Die hooftafel sit stom. Die kameraman kry .1)' kamera en .1)' span reg.) Koela, kom julie nou maar. (Hulle kom nader. Kemeels gaan sit as die Engelse wag in .1)' kamertjie. Koela neem hoed en geweer van kryger by akteur en Jay homself reg as Frans. Die Kampmoeder stap na die tentjie.) SENATOR: Waar's baar bril? (Hy sock en laat die tamatiesousbotteltjie met rooiwyn om val. Albei die presidente word deur die wyn oorstroom.) Sy sal val. (Hy Jay bril en stap na haar.) KAMPMOEDER: Toe maar, Seun ... die kontaklense is aileen ook sterk genoeg. (Die ou senator bly verslae staan met die bril in .ry hand. Die Kampmoeder plaas haar hand in syne.) My kind, jou moeder baat hierdie wreed wees met jou. (Sy rus haar kop 'n oomblik teen .ry skouer. Dan ruk .ry haarself reg en swaai om na die hooftafel.) Maar julie ... julie bet van my ... van dit wat ek aan my volk wou gee ... 'n bespotting gemaak! (Bedwing haarself.) Oordeel oor julie kan ek nie ... maar my !ewe le op bonderd- net beendere. En ek staan voor julie: 'n lappop. (Aangedaan.) Het ek gese 'n bespotting bet julie van my gemaak? Wie is ek dan dat die wraak my toekom? Of bet ek ... julie bespot? Oordeel dan self. (1978:72.)
Die dramatjie wat volg openbaar die leuen van die rasegte Mrikaner wat uit die konsentrasiekamp, Bermuda se kamp en die van Koffiefontein die regering in die fiksionele dramawereld infiltreer bet. Die Kampmoeder is na die ontbulling van die waarbeid bewoe: " ... Die leuen. Die leuen. Mag God gee die leuen is nou verby .... " (p.76.) 283
Die ongenaakbaarheid van Afrikaneroord eel word onder andere ook deur die drama Mooi Maria (1980) gedramatiseer. Piet Lokasie, die pa van Mooi Maria, Ma Let se eertydse man, bet drie weke na bulle troue sy verwagtende vrou agtergelaat en oorlog toe gegaan. Hierop was sy trots. Toe ontdek sy dat hy 'n verraaier was, 'n National Scout wat " ... saam met die swartes gery bet om ons bloed te vergiet terwyl ek sy kind in die berge kraam. Hulle se bloed is dikker as water, maar Afrikanerbloed is klippers." (1980:52.) Hierdie daad van Piet is die oorsaak dat hy, soos Sarel van Die joiner, deur sy familie en die gemeenskap verwerp is. Hy betaa/lewenslankvir sy sonde. Soos in Die joiner ontgin Fourie in die drama ook die veruiterliking van die gedagte of bewussyn. Die drama konkretiseer verset teen apartheid, die skynheiligheid van Afrikanergodsdiens en die onmenslikheid van die Afrikaneroordeel: MOOI MARIA: More, Ennie. ENNIE: Nooi, dit lyk lelik hier oorkanl. (Mooi Maria gaan voort met haar werk.) Dit lyk baie sleg. MOOI MARIA: Mog hy maar vrek. ENNIE: Seblief, Nooi ... dis ook mos mens. MARIA 2: Dis hy wat die Here se vloek oor my gebring het. ENNIE: (S)' kom tot by die hekkie) Nooi, ek is nie 'n nurse nie. MOOI MARIA: Daar's mos 'n dokter. ENNIE: Hy kom net Woensdae na ons dorp. Nooi weet self (Mooi Maria gaan voort met haar werk.) ... Ek bet net my hande, my hart en my gebed. Van gister af is dit nie meer genoeg nie. (Gert verskyn.) Die hele dorp se ore is vir my toe. (Sysien Gertopdie stoep) Oubaas, Ou Ennie kan aileen nicmeer nie. GERT: Skryf maar Engeland toe. Hulle kom dalk help. (1980:12.)
Ek, Anna van Wyk (1986) is Fourie se eerste Kampustoneeldrama (1984) waarmee hy sosio-politieke kommentaar lewer wat andermaal die Afrikaner en sy instellings soos die kerk en die gesiene families aanspreek. Die dominee, die dokter en die patriarg Terre'Blanche ontwikkel in die drama na "karikature van die rassistiese onmenslike Afrikaner wat in 'n soort feodale stelsel die baas speel'' (Britz, 1986: 19).
Anna van Wyk word deur die stelsel waarbinne sy vasgevang is, ontmens. Die proses van ontmensliking vind plaas teen 'n agtergrond van rassemeerderwaardigheid, korrupsie in die kerk, skynheiligheid, onetiese optrede van die dokter, die ongenaakbaarheid van die apartheidsideologie en die gedwonge verskuiwings van bruin mense. Dieter Reible gee die volgende kommentaar oor die inhoud van die drama op die buiteblad: "Nie ons leef- en werkwereld word skynheilig-verklip weergegee nie, maar wel die gevolge van hierdie werelde op die mens."
Tienuurmaakdie deuroop (1986) is nag een van Fourie se Kampustoneeldramas (tans nog ongepubliseer) waarin by die sosio-politieke bestel blootle en hekel. Fourie dryf die spot met die skynheiligheid en dubbele standaarde van die Afrikaner met betrekking tot sy verhouding met bruin en swart mense. Verder is die drama ge!mpliseerde verset teen Afrikanermeerderwaardigheid. Viljee en Schalk is metafore vir die hovaardige Afrikaner en Voorpraat en Kortjan vir die kritiese anderkleuriges. Tienuur maak die deure ook dramatiseer onder ander die onmenslike resultate wat die stelsel van apartheid tot gevolg bet: SINA: 0 Pietman! Pietman! (Abie, Vi/jee en Schalk is totaal uit die veld geslaan.) Ja, nou kan julie maar weet. Dit was ek. Dis oor my ... oor ons dat hy dit gedoen bet. (Viljee staar /war met verbystering aan.) VOORPRAAT: Nee my ou sussetjie, so maklik word jy nie 'n martelaar nie. Dis nie oor jou of oor julie nie. Dis oor die vuil vrot wat die gemeenskap aan hom sou smeer ... jajulle. Jy Abie,jyWitfontein se baas enjyou Skuttery Schalk ... en elke ander draer van die pit wat etter in die vrot van 'n wit vel. Julie witbefoktheid bet jul Pietman na die bloekom gedryf ... en ek bet daarvoor gesorg! 0 hoe maklik is dit nie ... hoe maklik. In hierdie land op ... op elke dorp, elke plaas ... hang die Pietmans in die borne; versmoor bulle
in gasgevulde motors, in wolsakke en verwurg in die repe van tronklakens. 0 Here, hoe vieslik, mislik maklik is dit nie! (ViZiee laat .ry kop tussen .ry hande sak.) (1986:57.)
Soos in die vorige dramas van Fourie, relativeer by ook in die drama die godsdienssin van die mense: VOORPRAAT: Net Pietman, net Pietman ... dit klink soos "net blankes!" Jy't jou geld op die verkeerde perd gesit my ou sussie! Nes pa ... vir hom was dit weer: net God. Net Hy! Altyd net Hy, die Here God. En wat word toe van sy altyd toe hy die emmer skop? JIM: Toe sien hy sy God was a! die tyd maar net 'n Boer se melkemmer!
(1986:58.)
Fourie betrek in hierdie dramawerklikheid 'n groepie karakters in 'n kroeg. Die groep is verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse plattelandse opset: die Jood, Engelsman, Afrikaner, sportman, bruin en swart mense. 'n Papegaai funksioneer as 'n eksterne perspektief deur satiriese kommentaar op die gebeure te lewer. 'n Voorbeeld hiervan is die papegaai se kommentaar op Sina, 'n bruin meisie, wat haar verhouding met Pietman, die dorp se rugbykaptein en gemeenskapsheld, gedenk deur 'n glasie sjampanje op haar minnaar te drink. Sy gooi die lee glas aan skerwe teen die spanfoto wat in die kroeg hang
285
Tienuur maak die deure oop (1986) is nog een van Fourie se Kampustoneeldramas (tans nog ongepubliseer) waarin by die sosio-politieke bestel blootle en hekel. Fourie dryf die spot met die skynheiligheid en dubbele standaarde van die Afrikaner met betrekking tot sy verhouding met bruin en swart mense. Verder is die drama ge1mpliseerde verset teen Afrikanermeerderwaardigheid. Viljee en Schalk is metafore vir die hovaardige Afrikaner en Voorpraat en Kortjan vir die kritiese anderkleuriges. Tienuur maak die deure ook dramatiseer onder ander die onmenslike resultate wat die stelsel van apartheid tot gevolg bet: SINA: 0 Pietman! Pietman! (Abie, Viljee en Schalk is totaal uit die veld geslaan.) J a, nou kan julie maar weet. Dit was ek. Dis oor my ... oor ons dat by dit gedoen bet. (Viljee staar haar met verbystering aan~) VOORPRAAT: Nee my ou sussetjie, so maklik word jy nie 'n martelaar nie. Dis nie oor jou of oor julie nie. Dis oor die vuil vrot wat die gemeenskap aan hom sou smeer ... ja julie. Jy Abie, jy Witfontein se baas en jy ou Skuttery Schalk ... en elke ander draer van die pit wat etter in die vrot van 'n wit vel. Julie witbefoktheid bet jul Pietman na die bloekom gedryf ... en ek bet daarvoor gesorg! 0 hoe maklik is dit nie ... hoe maklik. In hierdie land op ... op elke dorp, elke plaas ... hang die Pietmans in die borne; versmoor bulle in gasgevulde motors, in wolsakke en verwurg in die repe van tronklakens. 0 Here, hoe vieslik, mislik maklik is dit nie! (Viljee laat sy kop tussen sy hande sak.) (1986:57.)
Soos in die vorige dramas van Fourie, relativeer hy ,ook in die drama die godsdienssin van die mense: VOORPRAAT: Net Pietman, net Pietman ... dit klink soos "net blankes!" Jy't jou geld op die verkeerde perd gesit my ou sussie! Nes pa ... vir hom was dit weer: net God. Net Hy! Altyd net Hy, die Here God. En wat word toe van sy altyd toe by die emmer skop? JIM: Toe sien by sy God was al die tyd maar net 'n Boer se melkemmer! (1986:58.)
Fourie betrek in hierdie dramawerklikheid 'n groepie karakters in 'n kroeg. Die groep is verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse plattelandse opset: die Jood, Engelsman, Afrikaner, sportman, bruin en swart mense. 'n Papegaai funksioneer as 'n eksterne perspektief deur satiriese kommentaar op die gebeure te !ewer. 'n Voorbeeld hiervan is die papegaai se kommentaar op Sina, 'n bruin meisie, wat haar verhouding met Pietman, die dorp se rugbykaptein en gemeenskapsheld, gedenk deur 'n glasie sjampanje op haar minnaar te drink. Sy gooi die lee glas aan skerwe teen die spanfoto wat in die kroeg hang
285
met emosioneel belaaide woorde: "Pietman. 0, Pietman!" Die papegaai eggo skerp satiries hierop: "Vrystaat!" (1986:14.)
r
Voorbeelde soos die is talryk in die drama (vergelyk pp.2, 3, 4, 18 ... Die papegaai vervul die funksie van 'n objektiewe buitestaander wat die insidente deur ironie en die banale omskep in satiriese sosio-politieke versetsituasies. "Vrysta~t" en ''Tjorts" is tussenwerpsels wat dramatiese kommentaar is op die sportbeheptheid van die Afrikaner en sy provinsialisme (vergelyk pp.4, 14, 32 ... ). Dit is ook in die verband 'n duidelike satirisering van apartheid. Fourie rriaak in Tienuur maak die deure oak van twee spoke gebruik om as deel van die dramakarakters die sosio-politieke stelsel te satiriseer. Soos in Hamlet verskyn die spoke net aan bepaalde mense. Fourie se spoke is sinjaalkarakters wat aan die leser/teaterganger se dat al maak die deur oop en al is almal nou skielik van tienuur af gelyk, is apartheid en diskrirninasie nie dood nie. Die manier waarop die oudstryderspook slegs van die anderkleuriges en die Dingaan-spook van die konserwatiewe Schalk bepaalde reaksies ontlok, is kornies. Abie die Jood verstaan nie Schalk se skielike probleem nie: SCHALK: Dis geen kakie nie. ABlE: Wat is hy dan? SCHALK (Emstig): Abie sienjy hom wragtig nie? ABlE: Kortjan, Sina ... sienjulle hom? KORTJAN EN SINA: Nee, Meneer. ABlE: Oom Danie? (Viljee skud .1)1 kop) Wei ek ook nie. SCHALK (Lang pause. Open na toilet. Praat terwyl hy loop): Gooi nog 'n dubbel port en bitters! (Hy verdwyn in toilet. Dan steek hy net .1)1 kop by die deur uit. Hy wuif bangerig vir Dingaan wat natuurlik niks merk nie.): En maak sy beker maar weer vol! (1986:37.)
Die bediendes tree gekondisioneerd en onderdanig teenoor die blankes soos in die verlede op. Die aanspreekvorm "Baas" in plaas van "Meneer" stel die oudstryderspook tevrede en die bediendes voel veiliger. S6 ook is Dingaan, die swart spook, op sy beurt net aan sekere blankes sigbaar. Hy temper hulle opmerkings en reaksies. Schalk (metafoor vir die konserwatiewe Regse) roep dringend na Sina (die bruin meisie) as "Juffrou" en "Juffrou Kelnerin". Die drama satiriseer apartheid en die menseverhoudings binne die sis teem. Die karakters is metafore vir tipiese Suid-Mrikaners op die platteland: Boere, sakelui, Engelse, bruin en swart mense. Die skerp angel van verset is deur die humor versag want die leser/teaterganger glimlag met deernis vir die besondere Suid-Afrikaanse situasie wat gedramatiseer is.
286
Fourie se bekroonde drama (die SAKRUK-prys in 1986 en die DALRO-prys, 1987), Die koggelaar, vergestalt verset een die sosio-politieke bestel wat boere, bankiers en plaaswerkers in die fiksionele dramawereld betrek. Die drama word in meer besonderhede bespreek as voorbeeld van 'n versetwerk na Die verhoor (1970) en Die rebelle (1970). 4.6.3 Die koggelaar (1988) 4.6.3.1
Algemene kenmerke van die drama
Hough (1987:2) toon aan dat Fourie die drama oenskynlik op 'n lukraak manier voor die gehoor se oe struktureer. Knaplat stap in die ligkol in na die boer wat doodle, gee bepaalde agtergrondgegewens aan die leser/teaterganger en stap uit met die woorde: "Die Here het toe t6g gesien" (p.2). Boet word dan lewendig met die woorde: "God het my in die steek gelaat." (p.2.) Die eksposisie volg deur die dialoog tussen Knaplat en Boet en Boet se laaste wens: "Ja. As alles dan verby is ... as ek reeds dood is ... Ek vra net: laat my verduidelik." (p.3.) Hierop volg die strukturering van die verduideliking wat uiteindelik vir B6et suiwervan die onheil wat in horn was. Odendaal (1989:333) beweer datDie koggelaar " ... is een van die mees gedronge en heggestruktureerde dramas in Afrikaans". Die koggelaar is 'n voorbeeld van die situasiedrarna in Afrikaans. Situasionele kuns soos in Die koggelaar gekonkretiseer, fokus op aktuele situasies. Karakterisering is afhanklik van
die uitbouing van die situasie (vergelyk Schutte, 1980:2). Die drama be.staan uit twee bedrywe. Hiermee ontgin Fourie die komposisie van die drama funksioneel in diens van die fiksionele drarnawereld in die sin dat die clrarnatiese gebeure in die eerste bedryfveral foh.Lis op Anker (die bruin man) se vernedering en pyn en die tweede bedryf op Boet (die blanke) se vernietiging. Die koggeltema is deurlopend in die dramagebeure ingebou en is 'n belangrike struktuurelement van Die koggelaar. Odendaal (1989:333) toon dat die karakters koggelaars van mekaar is; die mens koggel God; God koggel die mens en die natuur koggel. Knaplat, 'n swart akteur agter 'n wit draadrnasker, figureer as 'n sturingsrneganisme wat gedurig relativerend na die situasies in die gebeureverloop k)'k. Die diegetiese ruimte van Die koggelaar kodeer die Koggelkaroo, Nooitgedacht, Volvlei, skaapboerdery en plaasdinge. Die ruimte is ironies deel van die koggel: Koggelkaroo, Nooitgedacht en Volvlei is rneerduidige beelde wat die konflikterende betrokkenheid van die ruirnte in die dramawereld bevestig.(Verdere verduideliking volg onder tydruirntebespreking.)
'n Besondere kenmerk van die drama is die taal wat Reible (1988) op die skutblad van die drama soos volg beskryf: " ... Dit is die taal van 'n volledige, aktuele realisme wat die ganse werklikheid omvat- nie die van die ortodokse realisme wat ons steeds metal sy foute moet verdra nie, maar dit wat die ware, sinlik-tasbare oppervlak van dinge met die dinge self verwar." Fourie verhef die taal van die Koggelkaroo na dramataal wat deur die loop van die diskoers met informatiewe intensiteit gelaai word. So word eie-, plek- en soortname soos "Anker" en "ankerkaroo" en beelde soos "koggelmandervoet", "kleinkampie", "uitskotooi", "grootuierooi", "disselboompie" kodes wat die gebeure in die drama 'n realistiese herkenbare Afrikanerkarakter gee. Verset teen verskillende aspekte van die sosio-politieke bestel in die fiksionele dramawereld is die tema van Die koggelaar. -41 die situasies betrek Fourie die aktuele werklikheid soos: • • • • •
apartheidsideologie, diskriminasie en uitbuiting, eiewaan en trots, Afrikanereksistensie op die plaas, tradisionele godsdiens.
Die bantering van tyd en ruimte en die relativering van 6u sekerhede (godsdiens en bepaalde tradisionele sosiale kodes soos die verhoudings tussen die verskillende groepe . mense) is elemente van die Nuwe Drama wat in Die koggelaar ontgin is. Hough (1987:2) se: "Die koggelaar is 'n ekspressionistiese drama in die modeltradisie van dramaturge soos Brecht en Pirandello." Karakterisering en die bantering van die tydruimte word as die belangrikste versetskeppende struktuurelemente van Die koggelaar bespreek. 4.6.3.2
Karakterisering as struktuurelement van verset
In die afdeling word gekyk na die metaforiese funksie van die belangrikste dramakarakters, situasies wat die sosio-politieke problematiek in die fiksionele dramawereld openbaar, die gevolge van die situasie op die karakters en die aard van die verset wat in die drama vergestalt is. Die uitgangspunt vir die cloel van die bespreking is dat Die koggelaar 'n voorbeeld van 'n situasiedrama is (vergelyk Schutte, 1980:2, 51-59). Schutte (1980:51) maak onder andere die volgende bewering betreffende die ontginning van die situasie in die letterkunde: "Die skrywer gebruik sy eie subjektief-individuele siening van die situasie en le dit in die mond van die karakters. Tog is die totale weergawe-'-n-durctelike weer-
288
spieeling van die tydkonteks en die maatskaplike bestel waarin die kunswerk tot stand gekom bet want die skrywer is 'n produk vun sy tyd." Boet Cronje is metafoor vir die tipiese jong boer in die Suid-Afrikaanse landelike omgewing: Godvresend, boer met behulp van anderkleuriges, Afrikaner, veranker in die plaas, bakkie met die plaashulp agterop, meerderwaardige houding teenoor die plaashulp, modem seksbewus met 'n openheid omtrent die seksuele wat 'n besliste groei weg van die tradisionele Afrikanerkuisheid toon. Sy vrou, Anna, ervaar hom as 'n eiesinnige man wat tradisies respekteer waar dit hom pas: ANNA: Nooitgedacht! Hier is ons! Boetmimeer hoe hy die perde intrek en die kapkar kom tot stilstand. BOET: Pa se bruid, Oupa se bruid ... net soos jy, Anna ... so het hul hier aangekom. ANNA: 0, hoe wonderlik! BOET: Net jammer jou pa en rna was sulke klipkoppe. ANNA: Maar jy het teruggeveg. 'n Hofbevel in die Kaap loop kry. Jy het geveg
vir my. Agtien ofte nie. Ons trou! Juis clit bewonder ek in jou. Jou krag. Jou onverbiddelike trots. (1988:5.)
Anker is metafoor Vir die bruin man wat op die plase werk. Hy is soos Frans Harmse in Die venninktes (bespreek in 4.3), die buite-egtelike kind van 'n gesiene Afrikanerboer by 'n bruin vrou. Aanvanklik weet slegs by en sy pa, Ben Cronje, dat hy die halfbroer van Boet is. Anker vergestalt in die fiksionele dramawereld die gesindheid jeens die blanke wat die resultaat is van die sosio-politieke sisteem se diskriminerencle maatreels teenoor anderkleuriges. Hy is onderdanig, gedienstig en oenskynlik tevrecle met sy lot. Anker se gedwee aanvaarding van sy swaarkry sonder enige duiding van verwyt of verset, oortuig nie. Ben, sy pa, word slegs pa genoem waar niemand hom sien of boor nie. Die wyse waarop by sy gevoelens tydens die geboorte van Klein-Ben (p.S), die drinkepisode by die boorgat (pp.17-21) en die kroegvoorval (pp.26-32) onder beheer hou, oortuig nie. Anker weet dat hy biologies deel is van die familie en dat daar teen hom gediskrimineer word. T6g verdoesel by sy gevoelens en hou by hom op sy plek, apart, sonder verset. Selfs waar hy reeds in sy verhouding met Boet veel mider aan hom beweeg bet, (pp.44-45) bly hy gereserveerd: BOET: Ek is aileen, verskriklik aileen. ANKER: Is so, meneer. BOET: Ken jy van aileen wees? ANKER (rou): Ek ken. (Pouse) Maar nie uit cie keuse nie. (1988:44.)
- -- ----
289
--- ~
--- ~ --
Knaplat is metafoor vir die swart arbeider. Die neweteks verskaf die volgende inligting oor hom: " ... 'n swart akteur geklee in 'n roomkleurige pak. Oor sy kop dra hy 'n wit draadmasker ... " (p.l.) Uit die dramateks kan verskeie interpretasies van Knaplat gemaak word: " ... (Lakonies) Maar nou ja, ek is maar net ... die skaap hier rond." (p.l.) Die woorde kan geinterpreteer word dat Knaplat uit die perspektief van die baas 'n weerlose onnosele mens is. Later ontdek Boet dat Knaplat kan praat: KNAPLAT ('n kolligdoofin op hom): Ja ... BOET (verstom): Knaplat! Jy praal? Jy hct 'n stem? KNAPLAT: Ja,jare al. BOET: Maar ek het altyd gedink jy bier maar net. Ek ... ek is jammer. (1988:2.)
" ... Jy bler maar net" kan daarop dui dat die swarte op die plaas net altyd kla of huil- by implikasie is hy gedurig ontevrede! Dit impliseer ook dat die swarte se mening nooit op die plaas getel het nie. Daar is nie na h6m geluister nie. Verderaan volg nog 'n toeligtende opmerking van Knaplat: BOET: Asseblief, jy sal dalk verstaan. KNAPLAT: Vustaan! Jy het my alles wat ek is, ontneem. En nou moet ek verstaan? BOET: Ja. As alles dan verby is ... as ek reeds dood is ... Ek vra net dit: laat my verduidelik. KNAPLAT: Jy mag dood wees, maar jou selfsug is nog daar. (1988:3.)
Die betekenisvolle ommekeer van rolle wat lateraan uit die dialoog tussen Knaplat en Anker blyk, voorspel 'n krisis in die dramatoekoms en motiveer onder andere die feit dat Boet in sy staat van herverskyning met nuwe insigte na die gebeure in die verlede kyk: KNAPLAT (aan Anker): Hy was verstom toe hy ontdek ek het 'n stem. Kan jy dit glo? ANKER: Ja, hy't graag net na homsclf geluister. KNAPLAT: Die stomme skaap. (Pause) Toe, span die kapkar in. (1988:5.)
Die aangehaalde opmerkings dramatiseer clat Knaplat op die plaas in die fiksionele dramawereld uitgebuit en geminag is asof hy 'n mens is wat nie bestaansreg het nie. Boet se sterwe bring bevryding en verlossing vir Knaplat en Anker. Dramaties word die bevry-
290
ding gekodeer deur "skaap", "sneller", "bloedlyn", "water", "reen". Die kodes kwalifiseer die proses waarvolgens hulle bevryding voltrek is. Ben (metafoor vir die uittredende boer) en Anna en Betta (boervroue) is newekarakters wat die situasie waarteen die dramagebeure afspeel, aanvul. Klein-Ben, die afgestorwe seun van Boet en Anna, word in die drama as 'n gees-uit-die-dode (vergelyk die spook in Hamlet) aangewend om Boet in sy versteurde toestand tot uiterstes te dryf. Hy funksioneer as 'n gewete van die konserwatiewe Mrikaner wat eis dat reg moet geskied. (Verdere verduideliking volg.) Fourie struktureer 'n reeks situasies in 'n achronologiese tydorde waarbinne die karakters in bepaalde verhoudings teenoor mekaar optree om enersyds die oorsaak van Boet se geestelike agteruitgang en sterwe te dramatiseer. Andersyds openbaar die situasies die sosio-politieke sisteem waarbinne die mense lewe en hulle lotsgebondenheid. Die situasies in Die koggelaar is in terme van Brink (1986:110) geslote omdat die karakters in 'n kloustrofobiese atmosfeer vasgevang is. Die oop slot van die drama maak 'n appel op die leser/teaterganger om die gebeure te interpreteer wat daarop neerkom dat die leser/ teaterganger in verset teen die sosio-politieke bestel kan kom! Vervolgens 'n verduideliking om voorafgaande bewering verder te illustreer: Die sentrale handelingsgeheel van die drama is die van Boet Cronje se herverskyning in die lewe net mi hy selfmoord gepleeg het (pp.1-4) en v66r hy weggesleep word (p.61), om aan Anker en Knaplat te verduidelik: KNAPLAT: Dis reeds klaar. BOET: Goed! En juis daarom moet jy luister. Ek moet my einde en dit wat daartoe gelei bet ... ek moet dit verduidelik. KNAPLAT: Moet? BOET: Ja. Ek bet reeds gese ek is dit verskuldig ... aan Anker. En miskien veral aan jou. (1988:4.)
Die handelingsgeheel word deur interpolasie onderbreek om aan Boet die geleentheid te gee om met die nuwe insig wat hy verwerf het, situasies uit die verlede op te roep om sy optrede te motiveer. Die eerste situasie wat Boet diegeties oproep, is sy troue en die geboorte van Klein-Ben (pp.4-9). Die speelhandeling waarin die situasie gedramatiseer word, openbaar onder andere Boet (die Mrikanerboer) se arrogansie teenoor die bruin man en die swartetjies: "Ek sien hulle begin hans word." (p.5.) Verder word Boet se menssentriese verhouding 291
met sy God geopenbaar. Boet som die verhouding soos volg op: BOET: Ja ... hy was my God. As jy boer, is jy en jou God saam. Dis 'n pcrsoonlike ding. Hy's soos jou bankbestuurdcr, 'n soort vennoot, 'n vertroueling ... Dis 'n snaakse ding, maar dis anders. Jou verhouding met God is anders as die van 'n dorpcnaar of stcdcling ... (1988:4.)
In die speelhandeling is daar twee gebede. Die versettema manifesteer in die drama ook in die gebede. Soos Boet later deur die natuur verrnink word en geestelik versteur raak, word hierdie versteuring in sy verhouding met God in die gebede gekonkretiseer as verset teen God. Afrikanerfarnilietradisies, die plaaslewe in die Koggelkaroo, die 'onverbiddelike trots' (p.S) van Boet en hoe hy teensy skoonouers se sin, t6g met Anna getrou het, word in die speelhandeling as deel van Boet se verduideliking aan Anker en Knaplat voorgehou. Ben se subtiele inskakeling van Anker in die gesinswedervaringe word ook gedramatiseer: BEN: Betta, roep daar vir Anker. BEITA: Ag nee, nie nou nie. BEN: Ek het gepraat, Betta. (Betta af. Dan aan Anna) Hier is ons maar soos een familie, my kind. ANNA: Natuurlik, Pa. (Ben kyk weer in die wiegie. Bact soen Anna op haar voorkop.) ANKER: Dan moet ek seker maar weer ingaan. (Hy stap uit die ligkol) (1988:8.)
Knaplat lewer deurentyd (pp.S, 6, 7, 9) relativerende, soms spottende kommentaar op Boet se verduideliking, byvoorbeeld: BEN (klop Anker op die skouer): J a-nee, jong, 'n Cronje is 'n Cronje! Kom mense, die drietjies moet nou bymekaar wees. (Betta en Anker af. Net voor Ben uit die ligkol verd~ryn, draai hy om) Boet, on thou dis nog twee maande in die kleinkampie vir jou. BOET (hy en Anna lyk verlee): Pal BEN: Nee, ek se maar net. Julie kan intussen die stuitigheid vir my en vir Ma los. (Hy knipoog en stap uit die ligkol!) KNAPLAT: Aitsa! Hoor vir Oupa! (1988:8-9.)
Boet selekteer verder situasies soos die van Daan Diaken van Volvlei (pp.9-12), die boorgatepisode met Klein-Ben se dood (pp.13-24) en dan terug in die tyd v66r sy troue,
292
' - ~-
die kroegvoorval (pp.24-32) om sy geding met God enersyds te rnotiveer en andersyds die vernedering van Anker te dramatiseer. Hy eis ook van Anker om hom nie meer te 'meneer' nie: ANKER: Vertel hom net. Asseblief, ek kan nie alles weer herleef nie. BOET: Asseblief, Anker, help my. Dit moet uit. Ek kan nie swyg nie. (Hy staar pleitend naAnker) Asseblief.
ANKEF (stil): Goed, meneer. BOET: Nee, moenie my "meneer" nie! ANKER: WAt dan? BOET: Vergeet dit. Kom ... die kroeg. ('n Nuwe ligmimte suggcreer die kroeg. Hulneem p!aas op twee kroegstoeltjies. Daar is nog geen kmegman nie. (1988:28.)
Die eerste situasie uit die verlede wat in die tweede bedryf gedramatiseer word, is die van Anna geklee in haar trourok wat op veertigjarige ouderdorn deur Boet kaal in die veld gelaat word as deel van 'n vrugbaarheidsritueel: ANNA: Sjampanje op ys, die Karooveld, my trourok aan ... tienuur in die oggend! En ek is more veertig! BOET:En? ANNA: Ir. dit nie eintlik verspot nie? BOET: Vcrspot? Jyvergeetdie termomcter,jou temperatuurkaart, diemaande en jare se toetse, voorbereiding ... afwagting. En jy praat van verspot? (Hy maak die sjampanje oop)
ANNA: Droog? BOET: Natuurlik. ANNA: Dankie. BOET (skink): Jy is pragtig.
(1988:35.)
In die speelhandeling word Boet se groeiende verbittering teen God en ook sy geestelike versteurdheid wat aan die ontwikkel was, geopenbaar. Knaplat verset horn teen Boet se houding teenoor Anker na laasgenoemde hulp aan die kaal Anna in die veld verleen het: ANNA: Dis goed so. (Sy draai om en kyk na Anker wat vlak by haar staan) Jy staan gevange, raak verlore in die niks om jou. Jy weet iewers is daar lewe ... gebeur iets. Maar jy weet net van die stilte. Word later self die stilte. (Fouse) As jy nie gekom bet nie ... (Sy verloor beheer oor /war emosies en val met haar kop teensy bors) Dankie ... BOET: Nee! Nee! Dit sou sy nooit gedoen hct nie! Nie Anna nie! Nie my Anna
nie. Sy ...
293
KNAPLAT: Jy, jy hct net een ding in jou kop: Tccl! Sufwer teel. Dit is oor Anker se bloedlyn dat jy geskok staan toe Anna teen sy bors aanleun. Toe, erken dit. (Geen reaksic van Boei) Erh:n! Erkc n! BOET: Ek sal later. (1988:40.)
Knaplat se verset teen Boet se houding is sosio-polities geinspireer. Hy wys Boet op Anker se bloedlyn en Boet se beheptheid met suiwer teel. Die dominee-insident en die biddag om reen (pp.41-44) is deel van 'n speelhandeling wat veral Boet se geestelik versteurde toestand en sy groeiende eensaamheid dramatiseer: "My grand, my God, myvrou- almal het my verlaat." (p.44.) Die speelhandeling openbaar oak 'n faset van apartheid: Anker (die bruin man) en Knaplat (die swarte) is nie saam met die boere in die kerk nie. In die fiksionele dramawereld ly Anker saam met Boet en Ben, bid bulle saam, " ... drie korhane roep ... " (p.14). Die gemeenskap laat die bruin man egter nie toe om saam met die boere voor God te verootmoedig nie! Anker oorreed Boet om die wateraar oop te boor en verduur vernedering as gevolg van die gekondisioneerde sosiale houding van Boet: BOET: Ek is rou binne. Verneder in myself. Stukkend in my omgang met my vrou en my familie. (Pause) Wat maak ek? ANKER: Glo net. (Hy neem albei Bact se hande) En doen. BOET:Wat? ANKER: Boor die water oop. Boet word bewus van Anker se han de in sync. Die familiariteit van die oomblik trefhom, maak hom effens ongemaklik. Hy trek sy hande los enlaat hullangs .ry .rye hang. Anker is duidelik seergcmaak.
BOET (meer saaklik): Ja. (Pause) Ek sal. ANKER: Dankie, meneer. (1988:45.)
Die speelhandeling (pp.45-51) eindig met Boet en Anna in die bed en uiteindelikweerversoen. In die situasie verskyn Klein-Ben egter aan Boet met die volgende woorde: " ... Pa m6et onthou: daar is bloed in die water ... " (p.46.) Die versh.')'ning ontstel Boet Hy roep Anker en in die teenwoordigheid van Anna vra hy dat Anker, indien hy weer 'snaaks raak' soos in die laaste weke, moetomsiennaAnna: "As ekweer so word ... jy sal moethelp.Jymoetmevrou beskerm." (p.49.) Voorafgaande speelhandeling dramatiseer 'n verdere agteruitgang in Boet se geestelike toestand. Hy begin hallusineer. Boet is nou meer afhanklik van Anker en daar is duidelik 'n gesindheidsverandering jeens Anker: die bruin man word direk gevra om die wit vrou
294
te beskerm! Hierdie daad van Boet is gesien teen di e sosio-:-politieke klimaat van die stelsel in die besondere histori ese periode, die daad van 'n versteurde!
Na Boet en Anna se versoening verskyn Klein-Ben weer aan Boet (p.52). Hierna is hy geestelik totaal versteur. Hy skiet na God (p.52), kollekteer vir Hom vir 'n bril (p.55) en slaan Anker onderstebo. In die speelhandeling (pp.Sl-61) word onthul dat Anker Ben se seun en Boet se halfbroer is. Boet 'ontdek' die werklikheid en beleef pyn op dieselfde manier as wat Anker in die kro'eg dit beleef het: ANKER: Pa ook. Anker glip uit die ligkol. Boet se mond gaan oop asof hy wil gil. Sy liggaam ruk. Dan, mond »yd oop, sak .1)1 kop vorentoe. Hy vomeer presies soos Anker oor die kroegtoonbank gedoen het.
(1988:58.)
En dan verskyn Klein-Ben die laaste keer aan Boet: KLEIN-BEN (verskyn. Boet nogin dieselfde oopmond-posisie. ): Pa, nou moet Pa klaarmaak. Pais bespot. Ons familie, ons hele stamboek ... (Boet druk sy ore toe. Klein-Ben haal Boet se hande weg van .1)1 ore. Dan fluister hy ... dringend, gebiedend) Maak klaar, Pa. Dis jou plig. Ons stamboek ... ons stamboek is beklad! BOET (haal swaarasem): Hulle moet almal nou in die huis wees; Ma, Anna en ... (Hy sukkel om die woord oor .I)' Iippe te kry) Pa. ('n Glimlagverskyn om Klein-Ben se mondhoeke. Hy help Boet orent en stoat hom eftens vorentoe. Boet stap stadig, doelgerig uit die ligkol. Ter»yl die Zig op Klein-Ben uittrek, verhelder die glimlag op .1)1 gesig. Na drie sekondes van algehe/e donkerte trek 'n Zig op Klzaplat in. Stilte, 'n skoot lena!.) KNAPLAT: Sy pa. (Nog 'n skoot) Sy rna. ('n Derde skoot) Anna. (Stilte. Dan trek die Zig in op Anker wat nag uit-asem is) Kon jy toe nie hulp kry nie? (1988:59.)
Die speelhandeling eindig waar Boet in 'n totale versteurde geestelike toestand die dam se vloer wit verf sodat God kan sien hy's leeg. Daarna skiet by homself dood. Die situasie bied verskillende interpretasiemoontlikhede aan die leser/teaterganger. Sosio-polities beskou, is die volgende 'n moontlikheid: kosmiese steurings in die fiksionele dramawereld bet 'n direkte invloed op die rasegte blanke Afrikaner. Die Cronje-familie ('n familie met 'n stamboek), gaan ten grande en word totaal uitgewis as gevolg van omstandighede in die natuur. Die bruin en swart man kom sterker uit hierdie krisis na vore. Dit is opvallend dat Anker (nie 'n rasegte Cronje nie) geestelik al sterker in die groeiende droogte word. Hy filosofeer oor die dro_ogte in 'n mens se gees (p.54) en hou die hek op die plaas as simbool ·-, _
295
- - --
vir Boet soos volg voor: ANKER: En ek se ja ... op hicrdie oomblik. Hier, Boet, by hierdie hek. Mens peuter nie met hekke ni e. Jy maak hulic oop as iets moel in of uit. Maak die hekke in jou oop. (Boet staan nou met sy gebalde vuiste) Kyk na jou han de. Toe soos hekke. Maak oop. Voeljou vingers. Vingers kan vo\··, kan vat, kan gee. 'n Toe hand hou net vas ... kan 11ie gee nie. BOET: Dit kan jou 'n vuis in jou bek gee. ANKER: Noemjy dit gee? (Pause) Ja, s6lykjou gee. (1988:55.)
Sosio-politieke kommentaar wat dui op die selfsug en bebsug van die blanke boer ten koste van die anderkleuriges is duidelik aantoonbaar in '"n Toe band bou net vas ... kan nie gee nie." 'n Moontlike interpretasie van die dramagebeure is dat die mense van Afrika (die bruines en swartes) in Afrika kosmiese steurings beter oorleef as die suiwer Europeaan. Die oop slot van die drama maak 'n appel op die leser/teaterganger om die toestand wat apartheid op die mense van die land afdwing te berwaardeer. Die dramagebeure openbaar koggelend die futiliteit van Afrikanertradisies soos rasegtbeid, familiestamboek en blanke eksklusiwiteit: KNAPLAT: Trek die sneller! Boet trek die sneller. Hy val neer in dieselfde posisie as aan die begin. Fouse. KNAPLAT: 'n Hele bloedlyn uitgewis.
ANKER: Nee, ek is nog daar. KNAPLAT: Jyweet wat ek bedoel. (Ankerknik) Nou is die plaasjoune. ANKER: En joune. Saam salons die water losboor en die kampe laat volloop! (Musiek van vreugde en bevryding begin sal speel) Luister, Knaplat, luister na die reen!
(1988:61.)
4.633
Onderskeidende kenmerke van Fourie se versetkarakters
Die boofkarakters in Fourie se versetdramas kan basies geklassifiseer word onder die verminkers of die verminktes. In sy dramas word die proses van verminA_-ing gedramatiseer. AI die hoofkarakters is metafore vir een of ander faset van Mrikanerskap. Die proses van verminking metaforiseer, sander uitsondering, die resultaat van die sosio-politieke situasie in die R.S.A. van die periode voor 1990. Die verminker in die dramas is soms saamgestel uit 'n verskeidenheid karakters wat in 'n kollektiewe hcedanigbeid metafoor is vir die Afrikaner wat die verteenwoordiger is van
296
die uitvoerende gesag van die sosio-politieke sis teem in die fiksionele drarnawereld. In Die joiner is die verrninker saamgestel uit die Dominee, Piet wat sterwend le, Sarel se familie en die hele dorp wat ses-en-vyftig jaar gelede al vir Sarel uit die gemeenskapsbestaan verban het. Sarel beleef die jaarlikse besoek van die oorlewende oud-stryders psigologies op 4 Oktober soos volg: SAREL 1: En die brommers kak oor hom! MINA 1: Maar jy kan die vliee wegja. (Sy waai haar hand.) Kyk. SAREL 1: Hulle kom weer en weer en weer! Ses-en-vyftig jaar al kom die brommers klokslag 4 Oktober. Hier- reg voor my stoep ... hier kom staan bulle. Elke jaar een of twee minder. Maar die wat oorbly, kom. Nie cers kanker of bloedklont hou hul op 4 Oktober in die bed nie. Hulle haal my uit, dop my om en koek en kak oor my! MINA 1: Sarel, ken togjou tale. (1988:15.)
In Die plaasve!Vangers is die kollektiewe beeld van die verrninker saarngestel uit die senator, die L.V., die Adjunk en die Elpee-erretjie. Die drama ontluister die mite van Afrikanersuiwerheid, rasegtheid. Die kollektiewe karakter van die verrninker in Die plaasve!Vangers is onder andere in die drama rnetafoor vir die politici en die super Afrikaner. Fourie ontgin in Mooi Maria dieselfde terna as in Die joiner. Seyffert (1981:19) beweer: "Mooi Maria kan as deel van 'n trilogie gesien word, want die drie jongste dramas van Fourie handel oor gebeure tydens die Tweede Vryheidsoorlog wat intense gevolge in die hede het." Die verrninker in die drama bestaan uit die farnilie (Ma Let, Mooi Maria en Gert Koei- tweede man van Ma let), Dorninee en by irnplikasie die 'hele dorp' (p.12) wat rnetafoor is vir die Afrikaner. Piet Lokasie is soos Sarel1lewenslank verban uit Afrikanergeledere. Die beeld van die verrninker rnetaforiseer in die drama die Afrikaner se hartelose verwerping van die verraaier: "Waar jy trap is daar nie eens spore nie. Nie eens die grond wil horn metjou bevuil nie." (p.52.) Senior, Dorninee en Dokter is kollektief die beeld wat in Ek, Anna van Wyk rnetafoor is vir die onrnenslike rassistiese en rasegbehepte Afrikaner. Tienuur maak die deur oop se verminker bestaan uit boere, sakelui, bruin en swart rnense. Fourie trek alrnal saarn in Witfontein se hotelkroeg op die dagwaarop die kroegdeure vir alrnal (wit, bruin en swart) oopgaan. Boet Cronje (Die koggelaar) is verskillend van die anderverrninkerkarakters gekonsipieer. Sy pa en rna, sy vrou en Klein-Ben en die ander boere, die dorninee en die kroegrnan is alrnal figurante wat in die drama 'n bydrae lewer om die mens in Boet, sy ontwikkelende 297
geestelike verwringing en die verwerwing van nuwe insigte, te vergestalt. Boet is as drarnakarakter 'n voorbeeld van die enkeling soos onder andere Frederik Bezuid enhout, Kanna, Bart Harmse, Hamlet. In die fiksion ele dramawerklikheid is hy metafoor vir die Mrikanerboer op 'n skaapplaas in die Koggelkaroo. 'n Eienskap wat al die verminkerkarakters met mekaar gerneen het, is 'n hartelose gevoellose gesindheid teenoor die verminkte. Fourie se verrninkerkarakters dramatiseer "Mrikanerbloed is klippers" (1989:14). Die gemeenskap in Die joiner en Mooi Maria verwerp Sarel 1 en Piet Lokasie met 'n durende meedoenlose onchristelike houding teenoor die oortreders! Steenberg (1978:17) kwalifiseer die harteloosheid van die gerneenskap na aanleiding van Drieka se selfmoord in Die joiner soos volg: "Haar selfmoord ... is 'n appel teen die mag wat die oorsaak van alles is, naarnlik die verkrarnptheid en gebrek aan vergewensgesindheid van die gemeenskap." Senior (Ek, Anna van Wyk) take! Anna van Wyk af met 'n berekende hartelose reeks voorvalle wat uiteindelik die dier in haar wakker maak: ANNA: Nee! Julle lieg! Ek het hom vermoor! Ek sweer voor God! Ek het hom vermoor! STEM: Laat sak maar die gordyne vir ons. (Die gordyne begin sak.) ANNA: Nee! Moenie! Julie moet na my luister. (Absoluut pleitend terwyl die gordyn stadig sak) Glo my! Dit was ek ... met my eie hande. Kyk na hulle! Hy kon nie net sterf nie! Hy moes vermoor word!
(p.62.)
In Die plaasvervangers neem Senator, L.V., Adjunk en die Elpee-erretjie almal met 'n opvallende hartelose, gevoellose gesindheid deel aan die spel om Karnpmoeder op haar honderdste verjaardag te bluf. Sy ontmasker hulle berekende wreedheid soos volg: " ... Maar julie ... julle het van my ... van dit wat ek aan my volk wou gee ... 'n bespotting gemaak! ... " (p.72.) Tienuur maak die deur oop se kollektiewe verminker (Abie, Sk.'Uttery Schalk, Sersant, Danie Viljee, Kortjan, Voorpraat, Jim die petroljoggie, Gerrie die rugbyspeler ... ),metafoor vir die hele samelewing se hartelose gevoellose gesindheid, word deur Voorpraat soos volg in die drama aangekla: "Vra vir haar ... vra haar wat ... watter stinkende verrottende wereld moet 'n bruin vel deur voordat hy aan 'n witte kan raak?" (p.59.)
Boet Cronje (Die koggelaar) se gesindheid teenoor Anker is ook aanvanklik harteloos en wreed. Hy laat Anker in die bitter koue agter op die bakkie ry om vir hom hekke oop te ma'ak (p.25). Hy hanteer Anker sielk.'Undig meedoenloos (pp.27-32) in die kroeg en hy slaan hom met een geweldige hou onderstebo toe Anker hom aanspreek oor sy koggelende 298
houding teenoor God (p.55). Die wedergebore Boet kyk egter met nuwe insigte na sy optrede in die verlede en met die geselekteerde situasies bied by 'n verduideliking vir sy " ... arrogansie ... " (p.4). Die verminktes in Fourie se dramas is ook oorwegend voorbeelde var, outsiders, alleenmense, verdrukte mense. Die tema in die aangehaalde dramas dui hoe Afrikanerskap die lot van hierdie mense bepaal. In 'n gesprek met Herselman (1989:14) dui Fourie aan dat hierdie mense in bulle isolasie besig is met "'n soort selfpeiling, 'n selfsuiwering". Dit is opvallend dat die verminktes in die dramas oorwegend Afrikaners is. Sarel 1, Piet Lokasie, Mooi Maria, Anna van Wyk, Kampmoeder, Pietman en Bennie en Boet Cronje is almal metafore vir Afrikaners terwyl Sina en Voorpraat, Anker en Knaplat, Huishulp en Plaaswerker metafore is vir die bruin en swart mense. Sommige verminkte Afrikaners in die fiksionele dramawerelde van Fourie, bet die sosiopolitieke norme van die Afrikaner oortree en is as gevolg van die oortreding deur die Afrikaners verwerp. Sarel1 en Piet Lokasie is verraaiers wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog bulle mense verraai bet. Sarel 1 bet verder met 'n swarte, Mina, saamgewoon. Piet Lokasie bly saam met die swartes in die lokasie. Hulle is deur bulle bloedfamilie verwerp en deur die gemeenskap tot totale afsondering gedoem. Kampmoeder en Anna van Wyk is boervrouens wat deur Afrikanerhebsug, -rasegtheid en -rassemeerderwaardigheid uitgebuit word om die sindroom van Afrikanersuperioriteit in die fiksionele dramawereld te dien. Beide vrouens is intelligent en beide ontmasker in hul selfpeiling en -suiwering die kenmerke van die Afrikaner wat die oorsaak is van bulle lyding. Pietman die rugbykaptein en held van Witfontein hang homself aan die bloekoms op eerder as om die gemeenskapsoordeel oor sy verhouding met Sina die bruin kroegmeisie te verduur. Die verminkte karak.'iers in Tzenuur maak die deur oop is metafoor vir tipiese jong mense op die platteland wat 'n hoe premie op rugby plaas en wat as gevolg van sportprestasies tot heldefigure in die gemeenskap verhef word. Voorpraat, 'n bruin onderwyser en die broer van Sina, verteenwoordig in die drama die intelligente opgevoede bruin man wat die skyn van die sosio-politieke bestel ontmasker in sy verset daarteen. Die verminktes in die drama (wit en bruin) ly as gevolg van die hartelose sosio-politieke stelsel waarbinne bulle leef. In Die koggelaar is die verminkte karakters deur karaktertransformasie verander van verminker na verminkte en die verminktes (Anker en Knaplat) word in die sentrale handelingsgeheel eintlik die verminkers. Die sentrale handelingsgeheel (reeds aangedui onder 4.6.3.2) is die hederaam waarin Anker en Knaplat die dooie Boet koggelend van die
299
verhoog afsleep. In die situasie is bulle nou in die rol van die verminkers. Na die dood van al die Afrikaners in die fiksionele dramawereld is die plaas nou Anker en Knaplat se verantwoordelikheid: " ... saam sal ons die water losboor en die kampe laat volloop! ... " (p.61.) Die koggelaar dramatiseer dat die sosio-politieke sisteem waarbinne die gebeure in die fiksionele dramawereld afspeel, eintlik al sy mense leed aancioen. Boet, in sy staat van herverskyning is skaam oor sy leefwyse. Hy ondergaan 'n suiwering en bely 'n veranderde gesindheid aan Knaplat en Anker: BOET: Anker, ons is broers! ( Geen reaksie van Anker nie) Knaplat, jy is nie net skaap nie! (Geen reaksie van Knaplat nie) Asseblief! Hulle gebied weer saam, dreigend:
ANKER: Trek die sneller! KNAPLAT: Trek die sneller! Boet trek die sneller. Hy val neer in dies elfde posisic as aan die begin. Pouse. (1988:61.)
Knaplat en Anker se lyding in die verlede is nou deur transformasie omskep in 'n nuwe bestaan wat die moontlikheid van 'n bevryding van die juk van die verlede inhou: KNAPLAT: Jy weet wat ek bedoel (Anker knik) Nou is die plaas joune. ANKER: En joune. Saam salons die water losboor en die kampe laat volloop! (Musiek van vreugde en bevryding begin sag speel) Luister, Knaplat, luister
na die reen!
(1988:61.)
'n Opvallende kenmerkvan Fourie se hoofkarakters in syversetdramas is dat die karakters metafore vir die gewone man op straat is. Die Generaal van W.A. de Klerk, Bart Harmse van Bartho Smit en Germanicus van N.P. van Wyk Louw- enkele dramakarakters van die bekendste Afrikaanse dramaliteratuur wat nog aan die klassieke Aristoteleaanse norme vir 'n dramakarakter beantwoord (vergelyk 2.3.3)- is deur Fourie in sy dramas vervang met Sarell, Mooi Maria, Anna van Wyk, Kampmoeder, Pietman en Sina, Boet Cronje, Anker en Knaplat. Die karakters, metafore vir die alleman se lyding en selfondersoek in die gebondenheid van die sosio-politieke stelsel waarbinne bulle in die fiksionele dramawereld vasgevang is, spreek die leser/teaterganger direk aan omdat bulle nader aan die gewone man geskep is. (Vergelyk Shipley, 1972:421 aangehaal in 4.4.2.) 4.6.3.4
Tydruimte in diens van sosio-politieke verset in Die koggelaar
Die koggelaar is soos Die verhoor (1970) van Brink 'n drama waarin tyd en ruimte in die
gees van Beckett se uitspraak 'n klemverskuiwing bet na die verlede: "There is no escape from yesterday, because yesterday has deformed us or been deformed by us." (Brink, 1986:86.) 300
Die situasies in Die koggelaar is in 'n achronologiese orde in die gebeureverloop gedramatiseer. Boet, Knaplat en Anker besin na die voltooiing van sommige speelhandelings oor die gebeure in die situasies ten einde dit enersyds as 'n oorsaak vir Boet se dood te evalueer. Andersyds dien dit as 'n openbaring van die sosio-politieke toestand in die fiksionele dramawereld. Daar is 'n hoe mate van voltooidheid, afgerondheid, aan die situasies. Die gevolg is dat dit in die gebeureketting van die drama eerder langs mekaar staan as skakel. Met hierdie tegniek van Fourie is die primere toekomsgerigtheid van die situasies wat 'n kenmerk van die tradisionele drama is, vervang met 'n verlede wat in Die koggelaar 'n teenwoordige mag is wat die hede verklaar en die toekoms bepaal. Brink (1986:91) skryf soos volg oor hierdie tegniekvan die modeme dramaturg: "Hiermee is ons by een van die skouspelagtigste tendense in die Nuwe Drama, naamlik om nie net te praat oor die v~rlede of dit deur simbole of voorwerpe in die hede te verteenwoordig nie, maar om dit- as deel van die spelgegewe van die stuk- opnuut voor die oe van die gehoor te laat gebeur. Die uitgangspunt is die woorde uit Pelleas et Melisande: 'Kom, ons gaan kyk wat gebeur bet'." Die dramatiese gebeure in Die koggelaar bevestig Beckett se opmerking dat "there is no escape from yesterday, because yesterday has deformed us". Vervolgens 'n verduideliking ten einde voorafgaande te illustreer. Die volgende temas wat in die situasies herhaal word, le verbande wat die drama as 'n eenheid bind: die verhouding tussen Boet, Anker en Knaplat; die droogte wat Boet gaandeweg geestelik aantas en uitdroog, maar wat Anker sterker maak; veral Boet se verhouding met God en laastens die algemene eksistensie van die mense op die plaas in die Koggelkaroo. Die situasies wat gedramatiseer word, is op een uitsondering na, almal terugflitse. Knaplat wat as 'n soort seremoniemeester funk~ioneer, hou toesig oor die opvoering van die gebeure wat in die dramahede gespeel word. Die gebeure uit die verlede dien uiteindelik om die enigste toekomsgerigte situasie in die drama te motiveer naamlik die koggelende wegsleep van Boet se lyk (p.61) en die begin van 'n nuwe toekomstige eksistensie op die plaas. (Vergelyk situasieontginning onder 4.6.3.2.) Hiermee word gese dat die sfn van die bestaan in die toekoms van 'n nuwe dramawereld bepaal is deur 'n verlede wat sy mense verrnink en gevorm bet. Die ruimte word ook deur Fourie funksioneel ontgin om die impak van die verlede op die karakters te dramatiseer. Die verhoogruimte (mimetiese ruimte) is opvallend gestroop van detail. Die neweteks beskryf die verhoogruimte soos volg: 'n Kaal verhoog. In die middel 'n wit, sirkelvormige vloerkleed, drie meter in deursnee; dit stet die bodem van 'n plaasdam voor. Op die kleed le die lyk van
301
'n boer; in .1)' een hand 'n kalkkwas, langs hom 'n emmertjie en digby .1)' ander hand 'n .38-rewolwer. Net buite die sirkel Le die karkas van 'n werk-ouelammetjie.
(1988:1.)
Die belangrikste ruimte in Die koggelaar is die diegetiese ruimte wat 'n appel op die leser/teaterganger se verbeelding maak om die gebeure visueel voor te stel. Die kapkar waarvan slegs die sitplek (p .5) op die verboog geplaas word, die plaasomgewing wat deur Boet aan sy bruid uitgewys word, die grootuierooi en die kleinkampie (p.6) en die geboorte van Klein-Ben met sy 'spogknaters' en 'disselboompie en wiele' wat uit die staanspoor wys (p.7), is voorbeelde van die diegetiese ruimtelike voorstelling wat in die speelbandeling waarin Boet se huwelik gedramatiseer word, deur woorde tot stand gebring word . In Die koggelaar funksioneer die ruimte as 'n mag wat die lot van die karakters medebepaal. Ditis 'nbesondere kenmerkvandieNuwe Drama. (Vergelyk2.3, 3.3.4, 3.5.3.) In die drama is dit nie slegs die kosmiese ruimte (die natuur) wat die verminking van Boet veroorsaak nie, maar ook die sosiale, politieke en metafisiese ruimte wat 'n lotsbepalende faktor is. So byvoorbeeld, vry en trou Boet en bet bulle 'n kind in 'n geil periode. Boet beskryf die volbeid en oorvloed van die natuur soos volg: BOET: As jy God nie inneem as vennoot nie, kan jy maar vergeet van boer. Kyk hoe sorg Hy. Kyk daar- so skuins teen die skurwe rantjie- die rooigras. En laer af die ankerkaroo, die muistepel en die koggelmandervoet. Anna, dit 'n goeie begin vir ons. ANNA: 'n Geseende begin. (1988:5.)
Maar dan volg die droogte. Die kosmiese ruimte verniel veral vir Boet: BOET: Here, Pa, nou verniel die aarde ons. BEN: Ja, Boet. BOET: Hoe is dit dan met God? BEN: Ek weet nie, seun. BOET: Koggel Hy ons? BEN (lang stilte): Nee. (Pouse) Hy toets ons. BOET: Ek is jammer, Pa. BEN: Ek verstaan, seun. (1988:13.)
Bebalwe die kosmiese ruimte wat lotsbepalend is, lee£ die mense volgens die voorskrif van 'n sosio-politieke ideologie wat uiteindelik 'n bydraende faktor word in die totale uitwissing van die rasegte deel van die plaasmense. Klein-Ben wat slegs aan Boet verskyn, dryf 302
hom as 'n sosio-politieke gekondisioneerde mens tot die dood: " ... Pa, nou moet P::1 klaarmaak. Pais bespot. Ons familie, ons hele stamboek ... " (p.59.) Die mimetiese en diegetiese ruimte van Die koggelaar is van so 'n aard dat dit ondubbelsinnig die Afrikaner metaforiseer in die besondere sosio-politieke opset van Suid-Afrika. (Vergelyk Hauptfleisch, 1985:213.) Die koggelaar betrek veral die boeregemeenskap, die predikant en die politieke bestel van die R.S.A. _in die breere ruimtelike verwysingsraamwerk van die dramagebeure. Die oop slot van Die koggelaar maak 'n appel op die leser/ teaterganger om die dramagebeure te interpreteer teen die referensiele verwysing van die metaforiese ruimte wat meebring dat verset by die leser/teaterganger teen die lotsbepalende mag van die sosio-politieke bestel gegenereer kan word. 4.6.4
Sosio-politieke verset in Fourie se dramas: 'n samevatting
In Tienuur maak die deure oop en Ek, Anna van Wyk word verset teen die sosio . .politieke bestel in die fiksionele dramawereld direk vergestalt. In die ander versetdramas word die sosio-politieke stelsel se funksionering en die resultaat daarvan op die mens deur die situasies geopenbaar. AI die dramas is in terme van Brustein (1964:3-4) versetdramas " ... where myths of rebellion are enacted before a dwindling number of spectators in a flux of vacancy, bafflement, and accident". Brustein voorspel ook die reaksie van die gehoor wat dramas soos die bywoon: "They gaze at their images for a moment, painfully transfixed; then, horrorstruck, they run away, hurling stones at the altar and angry imprecations at the priest." (Brustein, 1964:4.) F ourie is 'n priesterdramaturg wat in die Afrikaanse dramawereld revolusionere aantygings
maak en die mense konfronteer met 'n beeld van bulle wereld. Sy dramas representeer sy uitsprake (1989:14) teen die sosio-politieke stelsel. Vervolgens word die aard van die sosio-politieke kommentaar soos reeds in die voorafgaande bespreking gedeeltelik aangetoon is, gesintetiseer. Die volgende aspekte van die Afrikaner in die R.S.A. van v66r 1990 kom aan die bod: 0
Afrikanermeerderwaardigheid, rassesuiwerheid en eksklusiwiteit
Sarel 1 worstel in Die joiner onder andere met Afrikanermeerderwaardigheid. Hy bid:
" ... 0 God ... baal die meerderman uit my!" (p.13.) 'n Bietjie later word die gebed in sy veruiterlikte gedagtespraak deur Sarel2 herbaal: " ... As al die baat en meerdermanskap te verstane en goed te prate is ... wys U my dan: die dorp, met skool en kerk inkluis is reg.
303
Amen." (p.16.) In dialoog met homself identifiseer Sarel 1 deur Sarel 2 hoe die meerdermanskap van die Afrikaner ook in die taal vasgele is: "As 'n vis volop is, is hy hotnotsvis en as 'n vygie volop is, is hy hotnotsvygie! Die meerdermanskap penal sy dorings in my taal." (p.23.) Sarel 1 besin ook oor rassesuiwerheid en eksklusiwiteit in sy gedagtewereld. Sarel 3 wys hom daarop dat sy tweelingbroer wat as gevolg van sy verraad by Bloedfontein dood is nou een-en-sewentig kon gewees bet: "Met nageslagte Boere-adel. Miskien 'n springbokkaptein inkluis!" (p.36.) Die verskil tussen Boere en anderkleuriges word soos volg deur Sarel 1 gebeeld: " ... Nie Boere-adel nie, maar Easters, Geelbekke, Hotnots ... " (p.37.) Sarel 3 beklemtoon die meerderwaardige suiwerheid van Afrikanerbloed soos volg: " ... Bloedbase steur bulle nie aan Amperbase nie." (p.41.)
Die plaasvelVangers dramatiseer die waan waarin die Afrikaner hom bevind ten opsigte van rasegtbeid en eksklusiwiteit. Kodes soos Stoetdrif (p.12), stoetvader (p.30), stoet uit die Groot Trek geteel (p.32), stoetmowwe (p.32) en die talle verwysings na suiwer teel (pp.12, 30, 32, 30, 40, 45, 69) is satiriese kommentaar op die waarbeid wat uiteindelik deur Kampmoeder openbaar gemaak word. Kryger suggereer die valse konsepsie van die super Mrikaner met die volgende woorde: " ... Daar was geen romantiek nie. Net 'n uitgeputte, sweetvuil en bonger kryger ... en saam met hom 'n bedroefde en siek jong meisie. Dit was soos bul enkele liefdesuur vir bul beskore was. Nie vir bulle nie. Maar vir bul volk en bul trotse nageslagte. Hul Afrikanerbloed bet saamgesmelt tot 'n bron van lewe ... " (p.69.) Kampmoeder se opvoerinkie onthul die waarbeid van die konsepsie so: KAMPMOEDER: (Kyk in .ry lewenslose oc. Druk hul dan toe. Sy bly tussen die twee liggame sit. Vir minute.) Hy bet belowe ... Pa was akkoord. Hul verbond. (snik) Laat ek hul in die steek? (Pouse. Tot haarself.) Bettie, laat jy hul in die steek? (Streel een hand deur .ry hare) Jou dalk nog ... Pa dalk nog ... maar my volk? Nooit! (. .. Die Kampmoederglimlagjlou vir die Engelse wag. Hy kyk verbaas na haar. ... Dan kyk .ry na hom soos net 'n vrou na 'n man kan kyk ... )
(1978:75-76.)
Die plaasve!Vangers is 'n drama wat verskeie interpretasiemoontlikbede hied. Die drama moet soos Conradie (1980:62) aandui "nie met die maatstawwe van die realistiese drama gemeet word nie ... Die verbaal van die kind se verwekking in die kamp klink nie baie waarskynlik nie ... "Die drama is situasiekuns wat met karakters as karikature die SuidMrikaanse werklikheid satiriseer. Die feit dat Kampmoeder, 'n nooi Bettie du Toit, in die fiksionele dramawerklikheid vergestalt is as 'n dame uit 'n gesiene familie en die feit dat 304
sy in die konsentrasiekamp geboorte gee aan 'n onegte seun, kan m oontlik gei"nterpreteer word as sou die ware feite naamlik die buite-egtelike verhouding met 'n Engelse soldaat toentertyd, verdoesel gewees het met die mite van 'n waaghalsige kryger wat vir sy nooi kom kuier bet. bie trotse familie se goedbewaarde gebeim is na die oorlog omskep in 'n politieke instrument: " ... Bettie du Toit ... daardie klein simbool van 'n volk se ewige verbintenis en trou aan sy Skepper ... " (p.62.) Die politici in bierdie drama is almal mense wat bevoordeel is deur die feit dat bulle die nageslag is van Bettie, simbool van " ... die volk se vrugbaarbeid en wil tot 'n eie, suiwer identiteit ... " (p.61). Die plaasvervangers satiriseer gesiene Afrikaners (politici en predikante) se oordadige en skynheilige betrekking van God en die volk selfs by sosio-politieke vergrype.
In Ek, Anna van Wyk word Afrikanerskap, die sug na rasse-eksklusiwiteit en die bebeptbeid met die voortsetting van familietradisies vergestalt wat uiteindelik lei tot Anna se vernietiging. Anna se verset teen die tradisionele opvatting van Afrikanerskap wat versluier is met die masker van die Cbristelik-nasionale en alles wat sy daarmee assosieer, is ondubbelsinnig: ANNA: Ek is agt-en-veertig. Geskei. Blank. Afrikaner. Christelik-nasionaal. My agt-en-veertig is 'n voldonge feit, my huwelikstaat 'n hofbevel, my blankheid 'n wetsversekering, my Afrikanerskap 'n turksvy. Ja, Christeliknasionaal, na elke letter van die woord: cliche. (1986:3.)
Sy beskryf die gesiene familie soos volg: ANNA: Pierre Terre'Blanche. Hy was uit 'n gesiene familie. 'n Herehuis op die plaas. Die hele familie-ding nog baie patriargaal. Ses geslagte al Pierre Terre'Bianche'e. My man natuurlik die laaste draer van die amper heilige naam ... die soort van towerwoord van die kontrei. Ek was die teel-ooi wat die stoet verder moes dra. Fyn ... versigtig geselekteer. Ek betsy pa se oe op my lyf gevoel die eerste dag toe ons ontmoet het ... maar dit was nie die oe van 'n man nie. Dit was die oe van 'n teler wat die mistiek van die gene tot spier, been en weefsel gereduseer het. Sy rna se oe was nog skerper, indringend en analiserend. Mymoederinstink is geidentifiseer, gekodifiseer en geklassifiseer ... (1986:7.)
Annale 'n duidelike verband tussen die gesiene Afrikaner en 'ongenaakbaarbeid', 'selfvoldaanheid' en' ... leuens wat loop onder die sambreel .. .' van Afrikanerbebeptbeid (p.l5). Sy ontmasker die rassistiese meerderwaardigbeid van Senior en sy bartelose hantering van die bruin mense (pp.34, 35, 38, 39, 41-44 ). Verder blyk die geroepenheid en die hovaardige
305
houding van die gesiene Afrikaner wat homself as 'n deur-God-geroepene in hierdie land beskou (p.60). Mouton (1988:23) beweer: "Senior word deur sy naam gekarakteriseer- 'n persoon in 'n magsposisie, met konnotasies van hardheid, ongenaakbaarheid, onwrikbaarheid. Hierdie konnotasies word almal gerealiseer in Senior se verhoudings tot ander mense- en veral in sy optrede teenoor Anna." Dit is veral opvallend dat die tipe Afrikaner hom deurentyd in die fiksionele dramawereld van Fourie as 'n Godsverbonde in 'n omringende sekulere wereld sien: SENIOR: 0, ons Almagtige Hemelse Vader, ek sit vanaand hier voor U soos geslagte en geslagte voor my hier voor U gesit het. Gesit het uit nederigheid en dankbaarheid teenoor U - Skepper en Beskermer van ons as nietige maaksels van U hand. Nietig, ja - maar onvernietigbaar deur die mens. U het in ons 'n vlam ontketen wat onuitblusbaar deur die land en deur aile tye hoog en suiwer in U naam sal brand. Wil u ook vanaand en vorentoe met ons wees- en in besonder met Junior. Hy wat van sy geboorte af alles teen hom gehad het ... wees U met hom. Na liggaam is ek oud. En al staan my gees nog sterk in die edel en suiwer beginsels van dit wat eie aan farnilie en volk is, word ook ek ... hier op hierdie grond ... bedreig deur die kloue van die liberale denke, die valk van vryheid wat oor ons losgelaat is. (Agter hom verskyn Anna in haar vo/le bruidsgewaad. Sy gaan staan reg agter
.ry stoel.) Maar ons weet: as ons U hand neem soos ons as volk hom oor die eeue geneem het, sal daar duiwe in ons borne koer. Bewaar ons teen die aanslag van die aspirerende heiden. Teen die wolf wat in skaapklere tussen ons kuddes kom wei. (1986:60.)
Prente van stoetramme en perde versier die kroeg van Witfontein in Tienuur maak die deure oop. Kortjan gebruik 'n soortgelyke beeld ashy na Pietman se dood verwys: " ... Ja, en skaars 'n jaar later toe kry ons Baas Pietman aan 'n spanriem bo in die bloekomboom. Die laaste ram in die bloedlyn van die Viljees ... " (p.lO.) Danie Viljee (die pa vanPietman) is paslik die "voorsitter van die stoettelersvereniging" (p.17). Schalk verwys spottend: "Stoetdrif se syferfonteintjie het gaan staan ... nie 'n druppel tussen die riete vir die witgatspreeus nie." (p.44.) Met die beelde as metafore vir die Afrikaner, word Afrikanerskap en blanke meerderwaardigheid in Tienuur maak die deure oop gesatiriseer. Die gebeure en situasies in die drama openbaar die verhouding van 'n Afrikanersportster met
--~
-3o6--- -- --
'n Kleurlingmeisie en ontmitologiseer hiermee Afrikanerkuisheid wat histories deel is van die gesiene Afrikanerbeeld. (Vergelyk 4.1.) Fourie kodeer ook die stoettema in Die koggelaar met beelde soos "meesterteler" (p.37), "saad tap" (p.40), "teel, suiwer teel" (p.40), "bloedlyn" (pp.40, 61 ), "ons familie, ons hele stamboek" (p.59). In die drama is die bekladding (p.59) van die Cronje-familie se stamboom die deurslaggewende faktor wat Boet aanspoor om die hele familie, hom inkluis, uit te wis. Die aangehaalde dramas van Fourie funksioneer metafories as 'n 'Brustein-spieel' (1964:3) " ... the mirror reflects them sitting stupidly on rubble". Dit kaats 'n faset van die Afrikaner in die sosio-politieke stelsel waarbinne by leef. Dit mag, soos Brustein (1964:4) dit stel, sommige met afgryse ver\rul om na s6 'n beeld van 'n gemeenskap waarvan bulle deel is, te kyk.
0
_
Sosiale diskriminasie, vernedering en uitbuiting van anderldeuriges deur Afrikaners
In sy versetdrarrias vergestalt Fourie een of ander vorm van sosiale diskriminasie, vemedering en uitbuiting van anderkleuriges deur Afrikaners. Sarel1 en Mina 1 peins dikwels in Die joiner oor hierdie verskynsel. S6 veruiterlik Mina 2 Mina se·gedagtes oor die toestand op die plaas: " ... Die swart kinders is maar van die werf af weggehou ... maar wasdae, elke Maandag, was ek oorle Ma se regterhand .... Toe, een aand, toe ons terugstap stroois toe, vra ek oorle Ma hoe kom dit dan dat kleinnooi Sannie sommer vir elke dag van die week 'n ander Sondagrokkie dra ... Later se oorle Ma: 'Dis oorlat sy wjet is en jy swart' ... " (p.18.) In gesprek met Dominee vat Sarel 1, die durende vemedering, diskriminasie en verguising van die anderkleuriges in die fiksionele dramawereld soos volg saam: SAREL l(op): Ken u van spot? Ken u van klein-klein se ingeprente oordeel: Aia-bly-in-'n-kaia! Baas-bly-op-'n- plaas!
He, Dominee? Ken u van: "Kyk die verdomde klein Am per- baas, by waag dit jou waarlik in die dorp met 'n wit hemp en flennelbroek sonder gat- of knielap!" Of: "So 'n safswarthelsem! Gee glo skool in die Kaap, dan dink by by kan hier kom ry met 'n Mercury in ons strate! V annag sny ons sy taaiers flenters." Of: "Luister, Geelbek, as jy hier wil koop, dan kom jy agter by die winkel se jaartdeur in en wag tot ek klaar is met die witmense. En los jou meneer en jou pondnote in die Kaap! (1976:22.)
Die joiner dramatiseer hoe Sarel as uitgeworpene die lewe van 'n swarte saam met 'n swarte leef. Die dominee spreek hom aan as 'Ou Sarel' terwyl by van sy broer as 'Oom Piet' praat.
307
Tydens besoeke (pp.3, 20) gaan die dominee ook nie in Sarel se pondok nie. Hy verkies om buite onder die peperboom te staan en praat: DOMINEE (kom aangestap. Gaan staan onder peperboom, skaars 'n meter
van Sare/ 2 af Dan roep hy na Sare/ 1. ): Middag, Ou Sarel! SAREL 1 (bly sit op die stoep): Dag, Dominee. DOM:INEE: Ou Sarel, vir wat is jy nou so oninskiklik, man? SAREL 2: Hoor net hoe praat hy met my. Mens sal sweer ek is 'n Kaffer. DOMINEE: Ek praat met jou, Ou Sarel! SAREL 1: Miskien boor ek nie so goed nie! \
SAREL 2: Ditsim! Gee hom nog 'n stekie. SAREL 1: Hoekom staan Dominee nie nader nie? Die tokkelossie sal nie pia nie. Hy loop net snags. DOMINEE: Ou Sarel, luister nou ... asseblief. SAREL 2: Gee hom n6g een! SAREL 1: Of pla die reuk daar uit die kombuis?
(1976:4.)
In Die plaasvervangers word sosiale diskriminasie en die uitbuiting van anderkleuriges spottenderwys gebeeld. Feia, 'n tagtigjarige ou Griekwa moes aileen agtduisend gemmerkoekies, drieduisend melkterte en vierduisend koeksisters bak vir die huldigingsfunksie (p.24). Koela haar vyf-en-tagtigjarige ou man en swart gehuurde hulp, moet Stoetdrif se huis en tuin vir die geleentheid regkry. Kerneels satiriseer Mrikanersentimente met kodes soos "poepol", "moersleutel", "Black is beautiful", in die volgende speelhandeling: KERNEELS (Tel beeld op ): Hou poepol hou. (Met altwee anns omhels hy die
beeld terwy/ hy dit versigtig in posisie laat sak.) Toe maar, Boertjie, ek sal jou nie laat val nie. (Die bee/d sak netjies in posisie in.) Waar's die moersleutel?
(Tel dit uit lauiwa. Begin moere vasdraai.) Word die beeldjies nie stewig gemoer nie, val bulle. (Tot bee/d.) Toe maar, vorentoe sal my seunskind jou dophou. My seun, ja. ( Glimlag.) Black is beautiful.
(1978:48.)
Katoes, die kleinkind vanFeia som die begeerte van die minderbevoorregte anderkleurige op die plaas s6 op: KATOES: Ai, Ouma ... ai ... om darem wit te wees. En as die Here wil ... Afrikaner! FEIA (Stil.): Ja, maar toe maak die Here ons maar swart, wantons hoef nie te bloos nie.
(1978:57.)
308
~-----
--~----------------- -
------- ----·
Ennie en Piet Lokasie onthul in Mooi Maria ook die sosiale diskriminasie en vernedering wat anderkleuriges in die fiksionele dramawereld van Fourie se dramas beleef. Piet, 'i1 National Scout is deur sy familie en die gemeenskap lewenslank verban: MA LET: Ons wil geen stank in ons huis he nie. Wat jy ook aJ aan raak ... stink! Hoor jy my? Dit stink! Skoert, National Scout. Lokasie toe! Waar jy hoort. (1980:52.)
Die lokasie is vir Ma Let die swakste plek waarheen sy Piet kon verban- die woonplek van die dorp se swartes "langs sy kakvelde" (p.60). Die karakters in Tienuur maak die deure oop openbaar die sosiale diskriminasie en die vernedering van anderkleuriges met beelde soos Baas, Hotnot, Kaffer, Geelbek, Houtkop, Nature! (p.5). Schalk reageer soos volg op Sina se meneer: "Ek laat nie 'n hotnot vir my kom staan en meneer nie." (p.33.) Voorpraat som die sosiale diskriminasie en vernedering waaraan die anderkleuriges in Witfontein onderwerp is, s6 op: VOORPRAAT: 0 nee, dit stink soos aile witgeld. Stink na kaffersweet op die Iande, in die skeerhok, in die skaapkraal. Dis witmansdoepa. Dit stink na bloed! Hotnotbloed onder die sjambok, op die kooie van meide se miskrame en dooikindgeboortes, uit die kele van uitgerafelde teringtoue. Die Boeremuti! Geld? Dit stink seek vir julle! Stink na die laventelhals en -poise van 'n nagmaalmedem, na die polish op duur motors, na kreef en kaviaar, na sjampoo op poedelhondjies en reukverfrissers in marmergeteelde toilette ... (p.58.)
Senior Terre'Blanche jaag Lina met haar "hele gebroedsels" (p.41) summier van die plaas af weg nadat by eers neerhalende opmerkings oor haar gemaak bet: "Mens kan nie stof sien op 'n bruin vinger nie!'; en "Jy moet ophou saarnkoek met die meide. Nie op my grond nie. Ek duld dit nie." (p.39.) Ek, Anna van Wyk representeer met aangehaalde voorbeelde sosiale diskriminasie en vernedering van die bruin mense. Knaplat en Anker ly in Die koggelaar as gevolg van Boet Cronje se diskriminasie teen bulle. Anker, die halfbroer van Boet bly apart in 'n werkershut. Knaplat verwoord die omstandighede waaronder by (metafoor vir die swart man) aldie jare op die plaas bestaan, s6: KNAPLAT: Aan my? Wil jy he ek moet lag? Jy bet my nooit werklik geken nie. Ons was een met hierdie grond, maar vir jou was ek iets om getap te word; die skaap met wie jy kon maak soos en wat jy wou. My hele bestaan was net vir jou. (1988:3.)
309
Anker word deurentyd in die drama in verskillende situasies onderwerp aan sosiale diskriminasie en vernedering. Klein-Ben verwys spottenderwys na hom as 'n 'Hotnot' (p.17) en Betta vra hom uit na sy blou oe (p.21). In die kroegvoorval word hy deur Boet verguis met 'n " ... Toe, hotnot, jy't nou genoeg witmeneer gespeel, loop sit agter op die bakkie". Hierop antwoorde Anker: "Reg, baas. (Aan Danny) Naand, baas." (p.31.) Die versetdramas van Fourie kommunikeer sander uitsondering dat die bruin en swartmense in die fiksionele dramawerelde onderwerp is aan sosiale diskrirninasie en 'n gepaardgaande uitbuiting en vernedering. Die dramaspieel kaats 'n werklikheid wat die leser/teaterganger met afsku kan vul. D Die skynheiligheid van die Mrikaner soos dit verskans is agter die masker van godsdiens en die uitbuiting van die godsdiens in diens van 'n sosio-politieke ideologie is nog 'n faset van Mrikaners wat deur Fourie in sy versetdramas belig word.
In Die joiner besoek die predikant vir Sarel 1 nie om die Woord aan hom te bedien nie, maar om hom te oorreed om sy broer Piet se sterwe en begrafnis by te woon. Met hierdie daad probeer die predikant seker maak dat sy kerk die alleenerfgenaam van Piet se boedel sal wees. Die predikant besoek Sarel in die naam van die Here: "Wat se jy, Ou Sarel? Maak jou hart oop ... laat die Here binnekom." (p.5.) Sarel se antwoord in sy gedagtewereld en die gesprek wat volg, wys op die skyn van Afrikanergodsdiens soos hy dit beleef en soos dit in die predikant gemanifesteer is: DOMINEE: Wat makeer? Is dit die Here watjou tot beter insigte bring? SAREL 2 (Sare/1 staar nog steeds): Dominee, julJe wat so van "insigte" praat, vinger wys en op die straathoeke staan en uitroep: "God slaap niel" - julJe is reg. God slaag nie. Eenuur, twee-uur vannag as julle saf en salig in jul binneveermatrasse slaap, kom God na ons hoepelkatel en ontferm Hom oor ons ... en vertroos ons ... en ... (Sarel 1 is aangedaan.) SAREL 1: Dominee, loop nou asseblief ... asseblief, loop. DOMINEE: Maar, ou Sarel, jy is dan nou net op die punt om tot inkeer te kom. (1976:5.)
In Die joiner word implisiete religieuse kommentaar sernioties deur die peperboom gesuggereer. Die boom funksioneer vir Sarel 1 as 'n sekuriteitsimbool met sy "wortels wat nie eers deur drie- en-dertig" bygekom kon word nie en sy stam en kruin wat vertikaal na die hemelse reik. Die boom is die plek waar hy dikwels bid (pp.6, 7) en waar hy ook begrawe
310
wil wees (p.44). Onder die boom ontvang hy die predikant wat religieus in kontras met hom staan. Seyffert (1987:8) beweer: "In die dramatiese ruimte is die peperboom 'n deiktiese simbool wat die opregtheid van die geloofvan Sarel in sy verhouding tot God deur die hele verloopsplan bevestig." Die familie van Sarel en die hele gemeenskap word in die drama vergestalt as godvresende mense. Tog verwerp bulle Sarel in die naam van God om hom lewenslank op 'n uiters onchristelike wyse te straf vir 'n daad wat by as vyftienjarige onervare impulsiewe kind gepleeg het.
In Die plaasvervangers open die dominee die huldigingsverrigtinge op 11 Oktober met 'n retoriese gebed. Hy antwoord as predikant "en veral ook as 'n kleinneefvan onse oud-senator" (p.62)- op die bombastiese politieke toespraak van die senator met verdere cliches in di~ naarn van die Here:" ... Ja, Broers en Susters, bose magte bet hul die vernietiging van die Afrikaner se siel en geloof ten doel gestel. ... As ons kyk na wat om ons gebeur - die bomme in groot winkelsentrums van ons stede; die verrassingsaanvalle van terroriste op afgelee plase - dan moet ons aanvaar dat die vernietiging van die biduurkerkie 'n fynbeplande set van die kommunisme was. (Die Kampnweder laat haar hoof sak.) Hulle wil die siel en die geloof van die Afrikanervolk vernietig ... " (p.62.) Die diens kon nie in die kerkie gehou word nie, want die Elpee-erretjie bet die kerkie omskep in 'n stal vir sy stamboekperde. Verskeie sprekers, byvoorbeeld die Senator, Adjunk en Kryger, verwys na die Here se wil en genade met betrekking tot die feestelikheid en betrek die godsdiens by die blufspul waarmee bulle die Kampmoeder probeer bedrieg: "Mag die Here u nog lank spaar" (p.62), " ... soos die spreekwoordelike mosterdsaadjie, die geloof in homself sou gee ... " (p.63), '"n geloofsdaad vir die onsterflikheid van ons volk" (p.69), "Mag God gee dat dit 'n seun sal wees" (p.69). Die dramagebeure in Mooi Maria openbaar ook 'n predikant wat 'n onchristelike houding handhaaf teenoor 'n man (Piet Lokasie) in pyn en afsondering. Ma Let is s6 Christelik dat sy bekommerd is oor die doodtrap van miere (p.15) maar sy toon geen Christelike genade teenoor Piet Lokasie nie. Sy beroep haar ook deurentyd op haar Christenskap: "Nou ja, kom wees 'n Christen en spring aan die werk ... " (p.15). Die dubbele standaarde wat Ma Let en die gemeenskap van Dominee eis, word soos volg gedramatiseer: DOMINEE: Hy was boonop die laaste jare glo 'n uitgesproke godloenaar. MA LET: Dan weet u mos as man van God wat u te doen staan. DOMINEE (Onseker): Suster, selfkan ek nie gaan nie. Ek staan 'n leeftyd in die bediening van die gemeente en ... MA LET: ... en u bet 'n plaas in die distrik as dit volgende jaar by aftree kom. DOMINEE: My hande is ...
311
MA LET: ... gebind. En dis goed dat u dit weet. Die dorp die weet dit ook. Nie 'n haan sal kraai oor u versuim nie. DOMINEE: Is Ennic ons nie dalk tot voorbeeld nie? MA LET: (Weer kyk .ry hom in die oe) Haar ou man het aan Piet se sy gery. Vergeet u dan? U praat van voorbeeld? Daar! (Sy .rys na die miere.) D ie miere! Hulle is my tot voorbeeld. Werk en nogmaals werk. Let Lappiesgoed hou dje dorp in klere. Gert Koei kry hul melk op die tafels en Ou Mooi Maria sorg vir 'n hele boel se wasgoed. (Wys weer na die miere.) H ulle is ons tot voorbeeld. (Begin werk.) En rut bet die Here ons uit Sy Woord geleer. HUlle bet ons nie in skande gedompel nie. (Amper in trane, maar ruk haarself
reg.) Hulle bet ons leer werk. Ons ons koppe hoog laat hou. My Mooi Maria kon vandag rue distrik se voorste vrou gewees bet. En Neels Cronje is nie te blamere nie. He, Dominee, is hy? DOMINEE: Nee, Suster.
(1980:25.)
Die bruin mense satiriseer die God van die boere in Tienuur maak die deure oop. Preek Petrushet volgens Sina op sy sterfbed 'n heiden gesterf (p.7). Voorpraat verklaar Sina se woorde: "(Hy maak .ry sterwende pa na met gebaar en stem) As daar dan dalk 'n God is ... dan is by ook maar weer niks anders nie as net 'n Boer!" (p.30.) Die petroljoggie praat met die ou .Boerspook: " ... Ek weet bulle roep my Jim Kommunis ... maar sowaar as daar 'n Vader in die hemele is ... ek was maar sommer nog so 'n klein kaalgat pikenien-kaffertjie toe sing ek al 'What a friend we have in Jesus' ... " (p.30.) Voorpraat en Jim reageer met die volgende dialoog op Sina se pynlike verwyt: VOORPRAAT: Net Pietman, net Pietman ... rut klink soos "net blankes!" Jy't jou geld op rue verkeerde perd gesit my ou sussie! Nes pa ... vir hom was rut weer: net God. Net Hy! Altyd net Hy, die Here God. En wat word toe van sy altyd toe by die emmer skop? JIM: Toe sien hy sy God was aldie tyd maar net 'n Boer se melkemmer! (p.57.)
Die voorafaangehaalde uitsprake van bruin en swart mense in Tienuur maak die deure oop impliseer 'n verset teen die Afrikaner agter sy masker van godsdiens. Senior Terre'Blancbe en die predikant tree in die naam van Christus uiters onchristelik op in Ek, Anna van JfYk. Die gebeure in die fiksionele drarnawereld dramatiseer hoe die predikant met sy oog op wat by van Senior kan ontvang, Anna in die naam van die Here probeer oorreed om Senior tevrede te stel (pp.21-24). Senior, 'n belydende Christen, leer Junior om die swartes te haat (p.34 ). Verder dryf by Anna intensioneel na drank. Die slot van die drama toon Senior in sy binnekamer met die Statebybel oop voor hom in 'n holklinkende gebed vol Sondagcliches (p.60). Terwyl Anna hom vennoor projekteer sy 312
Senior, in die drama metafoor vir die gesiene Afrikaner uit 'n 'stamboekfamilie', teen die godsdiens en die sosio-politieke karakter van die Afrikaner: ANNA: Jy, jy is die kinderkransonderwyseres elke Donderdag. Jy, jy is die sendeling, die dokter, die predikant. Jy, jy is die boggel op my kind se brein, die kilheid in system, die afsku in sy oe. J y, Senior, jy is die byt en de noordwes wat winternagte deur die stukkende vensters van jou plaasstrooise sny. Jy is die mos wat gis in die donker kuipe van jou werkers se oe. J y is die spa tare wat oor my bene skarrel! Jy is die gebarste aartjies op my neus en teen my wange, die oggendbeweging in my hand, die suurslym in my Jcots. Jy is die kinders wat nie meer wil kerk toe nie sodra hul die huis verlaat het. Jy is die dorpies wat soos droe perskes wegkrimp en broeiplek word vir die wurm en miet. (Sy /aat die kierie los. Senior se /ewe lose Iiggaam val vooroor op die
tafel. Anna kyk verbaas na die dooie liggaam.) Hoe durf jy? Hoe durf jy sterf as ek nog nie klaar is nie! (Sy tel die kierie omhoog en slaan die lyk met al/e
krag tot haar beskikking.) Jy ... (Die ligte begin uitdoof op haar.) Jy is die witroes op die wingerd van die gees. J y, jy is 'n spotprent van God - van ware geloof! (1986:61.)
Die koggelaar dramatiseer dat die Afrikaner se verbondenheid met God soms 'n gewoonte is eerder as 'n oortuigende deel van sy bestaan. Boet Cronje verwys meganies na sy verhouding met God (pp.4, 5, 9 ... ),bid geroetineerd by alle moontlike geleenthede, dra outomaties sy tiende vir die kerk by en tog weerspreek sy optrede sy veronderstelde Christelikheid. Hy is byvoorbeeld onchristelik in sy onmenslike bantering van Anker in die bitter koue (pp.25-32) en in die kroeg. In sy versteurde toestand verwyt by God van blindheid (p.55), kollekteer vir Hom vir 'n bril (p.55), skiet na die wolke, verf die lee damvloer wit (p.60) en rig hom in die laaste instansie verwytend tot God: BOET (begin huil. Hy tel die rewolwer op en gaan leun teen die denkbeeldige damwal. Hy kyk na die plaas, die huis, .ry hele klein were/d. Dan kyk hy boontoe): Is Jy n6u tevrede? Sien Jy wat het Jy gedoen? Sien Jy (Pause) Jy ... Jy, God ... Jy's net so doof soos jy blink is. Jou koggelaar! (Hy luister asof
hy 'n antwoord verwag) Waarom so stil? Waarom? Is dit dan ek? Is ek die droogte? (Pause. Sag) Is ek die stilte? (Hy bring die rewolwer stadig tot teen
.ry kop, maar huiwer. Hy kyk pleitend naAnker en Knaplat) Asseblief ... (1988:61.)
Fourie se versetdramas vergestalt die godsdiens van die Afrikaner in die fiksionele dramawereld as pretensieus. Dit is of sy dramas samevattend openbaar dat daar 'n skyn, 'n onegtheid, 'n soort van 'n meganiese godsdiens by die Afrikaner bestaan. Die dramas funksioneer as 'n spieel wat 'n situasie kaats waardeur die leser/teaterganger in verset na homself kan kyk.
313
0
Ten slotte word gekyk na die apartheidsideologie en hoe dit in Fourie se dramas gemanifesteer is.
Fourie se versetdramas dramatiseer situasies wat die resultaat van apartheid openbaar, byvoorbeeld die bestaan van aparte woongebiede, die gevolge van die verbod op gemengde sosiale verkeer en huwelike, die reservering van geriewe vir eksklusiewe blanke gebruik, die kwessie van grondbesit, gebrekkige onderwys vir anderkleuriges, die rol van die Broederbond en die verweefdheid van godsdiens en politiek.
Min a 2, die gedagtespraak van Min a 1, verwys in Die joiner na " ... die lokasie groei steeds !anger langs die rioolsloot af. En die dorp krimp kleiner by die dag .... Haai, Mirra, jy mag rue jou naaste se huis begeer nie!" (p.39.) En Sarel2 peins oor Samprietikan wat ses houe met die kats gekry bet "oor by drie minute na nege nog in die dorp is ... op pad lokasie toe!" (p.40.) Hiermee beklemtoon Fourie die bestaan van aparte woongebiede en die aandklokreel wat swartes na 'n bepaalde tyd in bulle gebied beperk. Die drama onthul die konsekwensies van apartheid vir mense: " ... Die Boere moet glo ook 'n pas kry as bulle die lokasie wil in ... " (p.25.) Die verbod op gemengde sosiale verkeer bepaal dat Mina en Sarel nie saam in die '·' kerkie op die bult kan aanbid en sing" nie (p.29). En Sarel en Mina se "nie Boere-adelkinders" (p.37) word deur die wet verplig om soos ander nie-blankes slegs by aparte toonbanke te koop: "Luister, Geelbek, as jy bier wil koop, dan kom jy agter by die winkel se jaartdeur in en wag tot ek klaar is met die witmense. En losjou meneer enjou pondnote in die Kaap! Hier koop jy met pennies en tiekies en asseblief-my-baas! " (p.22.) Sarel besef ook datal sou sy broer Piet wat kinderloos sal sterf sy besittings aan Sarel se kinders bemaak, dit nie volgens die Wet toelaatbaar is nie: "Jy weet datal sou Piet sy eie bloed erken, die Wet hom sal verbied om Oukraal aan my kinders te gee." (p.23.) Die drama openbaar die volgende met betrekking tot stemreg vir nie- blankes: SAREL 3: Gaan lees die Wet. Jou regte word bepaal deur die Reg. Die R eg het klaar vir jou kinders gesorg. SAREL 2: Duimafdruk en 'n kruisie vir identifikasie ... maar nie vir die stembriefie ni e! (1976:37.)
Die bestaan van die Broederbond, 'n geheime organisasie wat in die naam van die rasegte super Afrikaner politiek bedryf en staatsinstellings beheer (vergelyk 4.2.3.2), word soos volg deur Fourie in die fiksionele dramawereld betrek:
314
SAREL 3: Kaffer en Hotnot word nou geknichalter of kry 'n stang in die bck. Ons klim die hede bloots; galop die toekoms uitnck tegemoet. SAREL 2 (sinies): Jul staan met rassc skrcde stil. SAREL 3: Die Broedcrbond bearbei die banke en die bcsighede. SAREL 2: En die bietjiesbreins. SAREL 3: Die lokasie groei. Arbeid is volop! (1976:41.)
Mina is deur Sarel geleer "en nou spring die ou Barolongtong net pure Boer" (p.17). Sy kan nie skryf nie. Haar opvoeding is die resultaat van die gebrekkige of geen onderwys aan die anderkleuriges. Hierdie situasie is subtiel in die drarnagebeure verwerk. S6 verwys Sarel 1 na die dalende getalle van die blankes in die skool (p.44) en Sarel 2 besin " ... jou kleinkinders kan hom opstoot tot matriek" (p.45). Natuurlik is dit as gevolg van die Wet nie moontlik nie! Die verweefdheid van die Afrikaner se godsdiens en sy politiek, is nog 'n sensitiewe faset van die ideologie van apartheid wat in Die joiner subtiel gedramatiseer word. Die ingeligte leser/teaterganger kan die verwysing na Malan en die 1948-verkiesing (p.37) interpreteer as die bestaan van 'n wisselwerking tussen kerk en politiek: "Hy was 'n man van God", "Hy bet hom op God beroep vir ons toekoms, ja. Nie op Engeland nie!" (p.37.) (In die Suid-Afrikaanse werklikheid is D.F. Malan, 'n oud-predikant maar een van die talle geestelikes wat met politiek gemoeid was. Dr. Koot Vorster, Desmond Tutu, Beyers Naude, dr. A ~oesak, dr. A Treurnicht, eerw. Allan Hendrickse en andere is voorbeelde van geestelikes wat aktief en toonaangewend in die politieke wereld betrokke was.)
Die plaasvervangers openbaar ook die bestaan van aparte woongeriewe vir nie-blankes (pp.15, 18). Koela verwys na die 'strooise' wat langs die ou pad van die opstal staan (p.15). Die plaasvervangers is egter 'n drama wat hoofsaaklik oor politici handel, die skynheiligheid van bulle politieke bestaan en die wyse waarop daar 'n valse beeld van die rasegte Afrikaner in die fiksionele dramawereld geskep word. Die drama openbaar hoe bulle in die politieke poste beland. Koela (p.22) maak die volgende opmerking oor die L.P.R.: "Dis ok net sy Bonthuys-bloed wat die klein bog so vroeg so ver kon stoot." Feia vra aan Kampmoeder: "En hoe't die L.V. in die parlement beland?" (p.29.) Kampmoeder antwoorde hierop soos volg: "Kampe stuur jou nie na die parlement nie. Dit was bulle trots in die Bonthuys-bloed. Afrikanerbloed wat bulle opgehou bet met die jare. Daarin geglo bet. (Trots.) Afrikanerdag bet die hele nageslag gebring waar hul vandag is." (p.30.) Verder satiriseer die drama met kenmerkende politieke bombasme en fyngekose meerduidige taalbeelde byvoorbeeld "Bonthuys-familie", "volk se vrugbaarheid" (p.61), "suiwer identiteit" (pp.60, 61, 62) die ontginning van volksfeeste in belang van politieke gewin. Die elfde Oktober in die fiksionele dramawereld kan metafoor wees vir die tiende Oktober en 31 Mei. Die openingswoorde van die Adjunk "Geprese en vir u volk onsterflike Kamp315---- -- --
moeder, geagte kieserskorps ... " (p.63) bet vir die ingeligte leser/teaterganger raakpunte met 'n herkenbare politieke styl. Die dramagebeure van Tienuur maak die deure oop satiriseer ook die apartheidsideologie. Die karakters soos Voorpraat, Sina en Kortjan verwys dik:wels na bulle aparte woonplek - die lokasie. Die deure wat om tienuur oopmaak, metaforiseer die opheffing van apartheid. In die kroeg kyk die karakters na die resultaat van die verbod op sosiale verkeer, bulle beleef die pyn van die Wet op gemengde huwelike, bulle spot met die duplisering van geriewe. VOORPRAAT: ... Julie betaal! Elkeen van julie betaal oor 'n leeftyd 'n spogplaas se geld vir elke vierkante sentimeter van jul wit vel. J a, so werk ek dit in sommetjies vir my leerlinge uit as bulle met ongeloof, verbittering en haat na·my kantoor toe kom. 'n Nico Malan en 'n Joseph Stone, 'n klipgooi van mekaar in hierdie eindelose land. 'n Dubbele stasie langs die Goue Akker in die Kaap. Skole, kerke, poskantore, al die duurdom dubbel dinge. En julie betaal daarvoor. 'n Hotel, 'n garage, 'n winkel se geld vir elke vierkante sentimeter van jul wit vel! ... (p.59.)
Voorpraat, 'n bruin skoolhoof, praat met groot verbittering van die opvoedkundige diskriminasie van apartheid: VOORPRAAT: J y Boer, jy hou jou bek uit my sake uit! (Bitter) Gegradueerd? Ek wou Stellenbosch toe. Daar my man loop staan tussen hierdie dorp se uitverkoorne stoepsitseuns, hu1 kniee laat swik en arms laat windvang op Coetzenburg se veld. Ek wou gemeet word: man teen man. Nie opgepomp word soos 'n rugbybal met verdraagsaamheid op die Kaapse vlakte nie! Vergeet maar van die standaard, die toetse, die eksamens ... solank jy in jou bruin spore en nie op wit tone trap isjy O.K! (p.59.)
Anna se implisiete verset teen die sosio-politieke bestel, is verskans in haar opmerking " ... my blankheid 'n wetsversekering ... " (p.3). Die woorde refereer na een van die talle wette van die apartheidsera wat in die fiksionele dramawereld van Ek, Anna van Wyk die lot van die mense bepaal. Die drama I ewer ook kommentaar oor die gebrekkige onderwys vir die bruin mense: HUISHULP: Stu deer! Mevrou Anna help n:iy met matriek. Toe sy bier op die plaas gekom bet, toe't ek maar standerd vyf. (p.39.)
Die koggelaar representeer, soos al Fourie se aangehaalde versetdramas, bepaalde gevolge van die apartheidsideologie. Die verbod op gemengde sosiale verkeer word deurentyd in die fiksionele dramawereld geimpliseer deur die wyse waarop Anker in die Cronje- familie se daaglikse bestaan betrek word. Ben, die pa van Anker, probeer hom gedurig sub tiel teen
316
die sosiale gebruike van die tyd in, by familieaangeleenthede betrek. Tydens die geboorte van Boet se seun blyk so 'n optrede van Ben: BOET: Anna-pan. Jong ... magtig, man ... He!, dis lekker! ANNA: Dankie, Boet. BEN: Betta, roep daar vir Anker. BETTA: Ag nee, nie nou nie. BEN: Ek het gepraat, Betta (Betta af. Dan aa11 Anna) Hier is ons maar soos een familie, my kind.
(1988:8.)
Die gevolge van die Wet op die Verbod van Gemengde Huwelike van 1949 is nog 'n faset van die apartheidsideologie wat in die fiksionele dramawereld geopenbaar word. Ben, die pa van Anker, is deur die sosiale mening en die Wet gedwing om sy oo1treding s6 te verdoesel dat niemand daarvan weet nie. Toe Boet in sy versteurde toestand die waarheid (pp.58, 59) ontdek, was dit vir hom so 'n vernederende skok dat hy tot die uiterste gedryf · is: to tale uitwissing van die bekladde farnilie! Die koggelaar dramatiseer ook dat die apartheidsideologie geriewe vir die eksklusiewe
gebruik van blankes reserveer. Anker is nie in die blankes se kerk (pp.42, 43) toegelaat nie; hy word in die kroeg (pp.25-32) verneder en hy eet en bly totaal apart van die Cronjefarnilie. Tydens die boorgatepisode (pp.15-23) word Anker teen die normale sosiale gebruikskode toegelaat om saam met die farnilie uit een van bulle glase 'n drankie te drink en Klein-Ben nooi hom selfs uit: "Oom Anker kan maar bier kom sit" (p.19). Die onverwagte gulhartigheid (saamdrink en sit) maak Anker bewoe juis vanwee die onverwagte menslike optrede (p.19). Fourie voldoen met sy dramas aan die eis wat Orson Welles (1964:103) aan die kunstenaar stel: "An artist's every word is an expression of a social attitude ... An artist must confirm the values of his society; or he must challenge them." Fourie se dramas bevestig die bestaan van 'n sosio-politieke toestand en die implisiete auteur in sy dramas is nieneutraal nie: hy fokus intensioneel op sosio-politieke fasette wat in die verlede deur die regering uit die letterk'Unde verbanis. Ookin die opsigvoldoen hy aan 'n eis wat Welles (1964:104) aan die avant-garde kunstenaar stel: "It is not politics which is the arch-enemy of art; it is neutrality which robs us of the sense of tragedy."
317